May 27, 2007...5:29 pm

Conception…

Jump to Comments

So hierdie is die eerste pitjie van  my mielie! Vandag is ‘n goeie dag vir “conception” -  die sonnetjie skyn vir ‘n slag en die wind is op langverlof….al vir 3 dae in elk geval!

Ek het al my dae gehad met hierdie blog! Geswets, vuis-op-tafel-aksies, stoel-hard-uitgeskuif-aksies…dit het natuurlik als niks gehelp nie want die ding wou steeds nie werk nie! Toe gaan klets ek op ‘n chatroom, en swets maar toe daar – gelukkig was daar darem een ander ou wat bietjie verveeld was soos ek en hy het my gehelp! En siedaar! Hier post ek ‘n pit!

Kom loer hier in. Kom leer my beter ken. Maar soos die goudgeel vrug ook maar is, is hierdie pitkos ook onvoorspelbaar…party dae suikersoet, ander dae verbrand, rou, pap, vrot, bitter, suur….ie I WEAR MY PERSONALITY ON MY SLEEVE (OR COB?)

Lekker Maandag vir julle, mag julle sommer baie mense laat lag  vandag.

Elke keer as ‘n taxi vandag voor jou inry dink aan my -  en laat die man maar begaan, dis regtig nie die moeite werd nie!

Tot later en tot siens

RenPie

3 Comments

  • Nou maar namens die feeskomitee: Welkom.
    Hoop die mieliestronk gaan nog vir jou eindelose plesier verskaf!

  • hallo renpie
    Is dit jy deffie?
    groete kobus en Tersia

  • Hi Rene

    Het eintlik gesoek na koek resepte en toe perongeluk op jou site afgekom. En ek moet se “ENJOYABLE” Ek love dit. Dis reguit en eerlik, en regtig wat jy dink. En ek moet se met baie van dit stem ek saam. Sal nou gereeld kom loer wat het jy om te se.

    Baie groete
    innit


Leave a Reply