Toe gaan ek gister gou gou ”mall” toe. Moes net ‘n paar goedjies gaan doen…nie moeilike takies vir my nie. In die een winkel toe sien ek mos nou dat as jy R200 of meer spandeer by die mall jy ‘n persentjie kan gaan kry by die Centre Management…And off I went – dis nie eintlik in my om dit te doen nie, maar seuna was saam en ek dog what the hell. Toe stap ons maar…en ons stap en ons stap….na 40 dae en 40 nagte kom ons uiteindelik by die Centre Management se kantoor…dodgy. Elke geval hul vra toe my slippie en ek moet die vorm ok invul want ek kan ‘n spa-treatment wen…..hel ek wassie lus nie. So toe vul ek in en wag vir my presentjie……en wat kry ek??? Chocolate -flavoured-incense!!! Ja dis die waarheid, ek loop 40 dae en 40 nagte vir wierook wat soos tjoklik stink….het ek al gese ek haat wierook??? Wel die naaste asblik kry toe die special gift…
Toe gaan verdrink ek my sorrows met ‘n aarbei smoothie…wat eers gekom het as ‘n aarbei melkskommel…..en toe na die tjoklik wierook episode was ekke nie lus vir die verkeerde sorrows-drowning-drankie nie. Maggies, kry dit reg die eerste keer. Dis nie asof ek eers kieskeurig was nie, maar net gese “no cream”….wat miskien uitgekom het as “a strawberry smoothie please but i actually meant a strawberry milkshake WITH cream just to piss me off” – ek kan verstaan hoe hy my verkeerd verstaan het…
Die dienste in die plekke darem.
Lekka koue dag verder
RenPie
4 Comments
May 29, 2007 at 12:24 pm
Ek is so bly jy is ok nou met ons . . . Lekker om te lees! Bly ek is nie die enigste een wat verkeerd verstaan word met orders nie.
May 29, 2007 at 5:41 pm
def is dit jy die ?
groete
kobus en tersia
May 29, 2007 at 5:42 pm
Sterkte
Is die jou plekkie Def?
Groete
Kobus En Tersia
May 30, 2007 at 2:18 pm
wat ‘n dag! kom nou eers hier uit! ja kobus en tersia, dis my plek hierdie! tks vir die comment.
Rene