June 19, 2007...11:32 am

aartappels

Jump to Comments

Vandag gaan ek so ‘n paar aartappel spesialiteite oplaai. Party vir die braai ander sommer vir skool-aand-etes.

 1.  Gevulde aartappels

  • 1 Aartappel per persoon. In die skil, smeer aartappels met olyfolie en sout 
  • Bak aartappels in die oond – op 180 vir ongeveer 1 uur [toets na 'n uur, moet lekker sag binne en bros buite wees]
  • Halveer aartappels [in lengte] en skep die binneste uit – wees versigtig om nie skil te beskadig nie
  • Sit al die binneste in ‘n bak en mens so 2 T margarien, fyngekapte grasuie, gerasperde cheddar, sout en peper by [jy kan room insit maar ek kook nie met room nie]
  • Als als deeglik gemeng is, skep terug in die skille. Strooi nog bietjie kaas bo-oor en grill in die oond totdat kaas gesmelt is. Enjoy!

2.  Wholegrain mosterd kappok aartappels [genoeg vir 4]

  • Maak kappok aartappels soos gewoonlik – gebruik 6 groot aartappels
  • Sodra dit lekker fyn gemaak is voeg by: 2T margarien, 3T wholegrain mosterd [dis belangrik om goeie mosterd te gebruik, ek gebruik net Maille, hy't 'n swart plakker op], genoeg melk om die aartappels te verdun, sout en peper na smaak. Hier, weer kan jy room byvoeg, maar dis net so lekker sonder room
  • Meng alles goed saam en voila! Dis my gunsteling kappok aartappels

3.  Yougurt sous vir gebakte aartappels [genoeg vir ongeveer 8 mense]

  • Neem 500ml plein joghurt
  • Kap grasuie baie fyn [so 4 grasuie is genoeg]
  • Sout en peper na smaak
  • Ongeveer 2T suurlemoen sap [of na smaak]
  • Vars knoffel [weereens na smaak, ek gebruik so 1 knoffel huisie]
  • Meng die hele boksemdaais saam en sit voor saam met bros gebakte aartappels!

Daarsy! geniet. Dis almal regtig baie maklike resepte, net die aartappel bak gedeelte vat effens tyd, maar dis die moeite werd.

Geniet

Ek dink more is die dag vir die lekkerste tjoklik koek resep nog. En dan, my gesondheids beskuit resep….mmmmm

Ciao

Deffie-die-sjef ;)

4 Comments


Leave a Reply