June 23, 2007...12:59 pm

It has arrived…DIE tjoklit koek resep!

Jump to Comments

So, ek het nie heeeeltemal toestemming gekry om die resep te plaas nie, so julle beter gou skryf, more is hy nie meer op die hoofpost nie…

Hierdie is meer ‘n tjoklik koek in ‘n bak resep, hy moet in ‘n oondbak gemaak word.

1. Sit oond op 160

2. Sif saam:

  • 1 koppie meel
  • 1 koppie suiker
  • 2t bakpoeier
  • 1/2t sout

2.  Meng:

  • 4 eier gele
  • 1/2 koppie kookwater
  • 1/2 koppie olie
  • 1/2 koppie cocoa

Metode:

  • Klits eierwitte styf [puntjie moet styf regop staan]
  • Maak ‘n gat in die droe bestanddele en voeg die vloeistof mengsel by
  • Meng totdat die suiker gesmelt is
  • Vou die eierwitte by die mengsel
  • Bak die koek vir 30 minute in ‘n voorafgespuite oondbak [ek gebruik 'n medium lasagne bak]

Vir die ‘topping’:

  • Smelt ‘n 3/4 blik ideal melk en 1 koppie suiker
  • Gooi egalig oor die warm koek
  • Sodra die koek goed afgekoel het, smelk die res [1/4] van die ideal melk + 1 ’slab’ cadburys neute tjoklit – baie stadige hitte, die tjoklit skif maklik
  • Top die afgekoelde koek met die gesmelte tjoklit – rangskik die neute in die tjoklit oor die hele koek

WARNING: THIS COULD BE DEATH BY CHOCOLATE!!!!

Geniet dit 

Deffie-die-sjef ;)

6 Comments


Leave a Reply