Ek kan partykeer vir mense sit en luister en net lag. Die dinge wat mense kwytraak is somtyds so bleddie stupid, it’s worth repeating! Ek stel hier ‘n paar insidente wat ek al eerstehands ondervind het…ek gaan maar probeer antwoorde bymekaar maak vir sommige van die vrae net ingeval julle al dieselfde ondervinding sou he in die toekoms.
1. Jy kom terug van ‘n begrafnis. Jy’s terug by die kantoor en die eerste vraag is die klassieke “Shym, hoe was dit?”….uhm, so nou antwoord jy in die vervolg so om die stupid persoon 2 maal te laat dink:
“Dit was FANTASTIES!!! Die beste bleddie begrafnis waar ek al was! Die dekor was fab, die overlays het so flippen mooi gepas by die oorledene se uitrusting, en AL die mense was defni-flippen-tief 100% committed met emmers vol trane”. Daar dom vent, gaan sit nou in die hoek.
2. Jy eet elke dag dieselfde broodjie by die werk – salmon en cream cheese op ‘n bagel. Jy bestel hom van die plekkie in die mall [die een is gebasseer op 'n ware verhaal...]. Derek dumb-ass kom eendag by jou en vra “Hey, ek sien jy eet elke dag daai bagel, is dit lekker?” Ek sweer. Goed. “Uhm, weet jy, nee. Dit proe soos ooouuuu gemufte gymsokkies en elke keer as ek dit klaar geeet het dan word ek siek. Maar ek gee die restaurant elke dag nog ‘n kans en miskien, miskien eendag dan sal dit beter proe. Idiot”. Gaan weg dom persoon.
3. Iemand het nou net die Nobel Peace Prize/Academy Award/Beautician of the month Prys gewen, en die MC vra, “Hoe voel dit, is jy bly?”…..Aaah, ‘n pearler! “BLY??? WAT BEDOEL JY BLY???? Ek is DE MOER IN!!!! Ek’s so depressief oor hierdie award dat ek wil vrek. Ek wil eerder ‘n gat in my kop he as die Nobel Peace Prize DUH!!!!!!!!!! Ek HAAT dit om die beste te wees, en ek is absoluut disgusted in myself as ek wen!!!!…..”. Liewe hel. Gaan in die politiek in of iets.
4. So, jy word nog ‘n jaar ouer. Die eerste vraag van Sannie die vriendin is “Hoe voel jy? Voel jy 40?”. Liewe Sannie, Hoe op die moer se aarde voel dit om 40 te wees? Hoe kan dit menslik moontlik wees om verskillend te voel van GISTER toe ek 39 was tot VANDAG op my 40e verjaardag? Is daar ‘n switch erens wat ek misgedruk het? Is daar ‘n “tonnel-van-40″ waardeur ek nie gekruip het nie? So, Sannie, baie dankie vir jou gelukwense, maar bel my weer as jou breinselle verdubbel het na 5. Dankie. Drink iets.
En my laaste een is my gunsteling gunsteling….
5. Nou ek het al gesien dat dit SLEGS hier in ons land gebeur. Nerens in die wereld, eerste wereldse lande that is, het ek al hierdie phenomenon raakgedrink nie. Net hier. Ek’s in ‘n restaurant en ek bestel my koffietjie. Ek bestel altyd dieselfde ” A Skinny cuppachino”. En dan kom die gesogte vragie “Eh, with cream or froth?”. En dan kry ek so ‘n klein twitch hier agter my regteroor, en ek se “skinny please…” En dan weer, “Yes but with cream or froth ON TOP?” Asof ek nie die vraag verstaan het nie, haha dom ek! “I would like FAT FREE milk inside my coffee but please do take care to put DOUBLE cream on the top because I’m an idiot!!” NEEEEE, olifant neushaar, skinny beteken vry van vet. Moenie, ek herhaal, moenie my vra of ek room of skuim verkies nie!!!! Wat’s fout met hulle? En behoed die een se onskuldige siel as hulle my op ‘n slegte dag in hulle koffie kroegie kry….ai ai ai. Ek stap sommer saam agter in die kombuis is en gaan blend die eienaar se tsoggos.
Maar! Helaas!!! Vandag is ‘n goeie dag so miskien moet ek ‘n koffie kroegie gaan besoek. En ‘n dubbel espresso bestel en wag dat hulle vra “with hot or cold milk?”……..
Ciao
Def
11 Comments
August 1, 2007 at 5:06 am
Ek ken ook ‘n paar van daai . . . maar dink altyd NA die tyd aan al die slim/skerp goed wat ek kon geantwoord het . . .
August 1, 2007 at 5:32 am
Kom ons buig ons hoofde vir een minuut stilte ter gedagtenis aan ons goeie vriend “common sense” wat ons so ontydig moes verlaat. . .
Dankie dames en here.
Common sense: go get some, its the right thing to do!
August 1, 2007 at 8:27 am
hehe, mense bly darem maar vermaaklik, né!
August 1, 2007 at 11:58 am
Wow, ek het nou lekker gelag. Of die een wat ek al gekry het – dit reën erg en sodra jy in die gebou kom dan vra hulle jou of jy nat gereën het, terwyl jou hare en klere alles sopnat is. Duh???
August 2, 2007 at 7:43 am
Nog ‘n paar pearlers.
Het jy jou hare gesny?
- Nee, jy het sekere al daai stories van die rooi roman spinnekop gehoor……..
Ek sien jy het jou arm gebreek, was dit seer?
- Ag nie veel meer as die rooi roman affere nie!!!!!!
Pap wiel?
- nee fik, ek laat net elke nou en dan die lug so bietjie uit en vervang dit dan met varses
My absolute beste
Persoon 1: Hello hoe gaan dit?
Persoon 2: Goed en met jou?
Persoon 1: Nee goed en met jou?
Persoon 2: Fik!!!!!!
August 3, 2007 at 10:09 am
Soos wanneer die dokter jou vra hoe dit met jou gaan as jy boude op die stoel neer plak…? As dit met my goed gegaan het, sou ek mos nie daar wees nie.
August 3, 2007 at 12:51 pm
ja dankie ek het lekker gelag veral vir daai begrafnis een dis oulik
Iets anders wat ek nooit kon verstaan nie is as mense vir jou sê geluk met jou verjaarsdag…… ek sou wens eerder die persoon ‘n lekker dag toe….
Of geseende kersfees……….of jy dit nou sê of nie die dag gaan dieselfde wees
Of voorspoedige nuwe jaar ……..dieselfde storie.
ens..
August 3, 2007 at 2:06 pm
Of soos toe my Ouma dood is en ek al huilend by die begrafnisondernemer in stap. “Ag shame, wat’s fout mevrou.” Drie raaie!!!
August 8, 2007 at 10:49 am
Ja, basically kan jy net jou kop skud en lag… Ek het nie ‘n probleem met dom mense nie, ek myself het nie biskruit ontdek nie, maar mense wat hulle dom hou…. dit maak my sommer de d*nner in.
Dankie, ek kon darm lag.
August 8, 2007 at 12:12 pm
Sommer baie oulik inderdaad…
August 10, 2007 at 9:45 am
Um, gaan dit ‘n refleksie op my breinselle wees as ek se dis tyd vir ‘n nuwe posting….?