Die ding met ‘n blog is dat die ding aan die gang moet bly! Tussen die kinders en siekte en na-skoolse goed en snot neuse en maagwerkings en dan, o dan nog die “normale” elke-dag-goed, sukkel ekke so bietjie…so asb, leen geduld aan die dag my mens!! Nou’t ek nog die stres van die blog ook! What to write what to write…
Ek wil nie net skryf omdat skryf tik is nie
Ek lees partykeer van die ander blogs en so halfpad deur wanneer my kop die keyboard slaan van die slaap-geid dan X-ie ek maar na ‘n ander blog toe….asb, laat my weet wanneer jy aan die slaap raak voor my blog??? My suster stuur hoeka vir my “harassing” smse omdat hier niks aangaan nie…gmpf! Ek wag nog vir jou blog!
Toe dag ek, vanaand sal ek dan die groot AFRIKANER VS ENGELSMAN debat aanvat. So in die oog van die storm oor sal ons gaan of moet ons bly. Want dis al wat op almal in SA se lippe is: die GROOT vraag….gelukkig het ek dit al hier behandel, so dis uit die pad – alhoewel, ons nog nie ‘n besluit gemaak het nie.
Soos jy by nou seker weet, is ek grootendeels in ‘n ingilse sosiale kring grootgemaak. Ek, kleindorpie Afrikaner. Maar geensins kleindorpie mentaliteit nie! Dit ook seker te danke aan die ingilse met kunsbeen? So daar’s julle geldjie – geldjie! Toe ek Johannesburg toe getrek het om my studie te begin was dit weer ingils. Ingilse tech, vriende, kerk, socials. Enigste Afrikaans wat ek gedoen het was om in Afrikaans te vry! My vlerkslepende kerel van toe het dan ook wel my eggenoot geword. Bless hom :-* Ek moes toe al besef het ek’s nie klaar met die Afrikaners nie…
Soos ons ouer geword het, het ons Engelse kring net groter geword. Amper soos as jy ‘n plat rivier klip in die water skiet en daai kringe word net groter en groter. Jy dink dit word vir ever net groter…en dan, skielik word dit weer plat? Ek weet nie, miskien kom hierdie ding al vir ‘n lang pad, miskien het die besef my getref toe ek in Desember 30 geword het. Ek vermoed die eersgenoemde. Die laasgenoemde het dit dalk net gefinaliseer.
Sal ek nou nie tjorts praat met julle nie, ons is almal mos vriende hier? So uit daarmee: Ek het nie baie regte pelle nie. Nog nooit eintlik gehad nie. Dit laat my darem effens beter voel oor myself hier op my start-life-crisis!!! Ons beweeg nog steeds meerendeels in Britse territory. Alles wat ons doen hier in die Noorde word noodgedwonge saam die Engelse gedoen. Die skool, swem, kerk, parkie, winkels, pottery, werk, dokters, ma-en-kleuter goed, you name it! Daar is nie EEN enkele sosiale geleentheid (ek praat daagliks, weekliks, maandeliks) wat ons saam met uitsluitlik Afrikaanse mense doen nie. Voorheen het dit my glad nie gepla nie. Dit was maar deel van my lewe. Soos ek grootgeword het. Moet my nie verkeerd verstaan nie: ek sal weer my kindertyd oordoen saam die Engelse. Die Afrikaners waar EK vandaan kom was nie my koppie tee nie…storie vir ‘n ander dag
Ons sien ons Afrikaanse vriende min – niemand van hulle bly hier in ons area nie. Seker oor al die Engelse! Haha, hulle was slimmer as ons. Maar wanneer ons hulle sien is dit net anders. Dis asof ons almal mekaar verstaan. Nie letterlik in die taal sin van die woord nie…duh! Dis net asof mens tuis is? Asof almal dieselfde groot gemaak is. Meestal klein dorpies – nie een van die stad nie. Nooit hope geld gehad as kinders nie. Vir ma en pa geluister (meeste van die tyd. Wanneer dit getel het). Respek vir ander. Lojaliteit aan jou vriende. Aanvaarding vir ander, afgesien van ENIGE omstandighede. Almal op dieselfde voet ervaar, dws, hier tussen die engelse praat hulle nie sommer met jou as jou kar enige iets onder R200 000 kos nie…seriaaaas!!! Njannies. Dis bisarre!! Toe ons seun die eerste 6 maande in sy nuwe kleuterskool was het my man gewonder hoekom niemand hom eintlik groet nie…tot hy ‘n Volvo gekoop het! Ewe skielik, Dis ‘n wonderwerk! Hy’t uit die hemele geval reg tot binne in die skool en niemand het hom al OOIT voorheen gesien nie! En hulle groet tot vandag nog. Weird ne? Nie so weird vir ons nie. Net weird hoe ons dit nou eers begin agterkom.
Ek yarayara nou. Die bottom line is. Dus. Ons is Afrikaans sprekende mense. Ons het baie Engels sprekende kennisse. ‘n Paar goeies. I’ll give them that. Maar ons boertjie vriende is ons mense. Ek hou nie van die se-ding Christen-huis nie. Dis so groot. So, verskriklik omvattend dat ek nie eintlik die lig of die betekenis daarin sien nie. Byvoorbeeld is daar baie “christene” wat maar verkieslik nie met my oor kerk moet kom praat nie. Sussie, my Christen en jou christen ken mekaar nie! So ek kan nie hier se ons is almal in “Christen huise” grootgemaak nie. Want dit was ook anders in ons dae. Maar ek glo dat in ons huis is daar sekere fundamentals (ja skuus vir al die Ingils, ek probeer ten minste!!) wat GEEN van hierdie Britte sal verstaan nie. Bygese, hulle het nie soos ons grootgeword nie. Daar was meer geld, meer vryheid, meer grootmens geselskap, meer klubs, meer musiek en ‘n Mall! Ons het nie eers ‘n mall gehad nie! Net ‘n checkers
Goeie ou checkers. Room doughnuts, clap gewere, kondensmelk…..my hel. Waarheen gaan hierdie storie? Ek’s nie seker nie. Ek wou praat oor ons as Afrikaners vs Engelse. Nou praat ek oor Checkers. Ek vermoed my brein werk vinniger as my vingers of vice versa. Of iets werk GLAD nie? Dalk die laasgenoemde………………………
My punt wat ek wil maak. So op die rug van die voorlaaste post. Oor ons land. As ons ooit die land sou verlaat sal ons altyd hier wees. Nerens sal dit ooit 100% wees nie. Geen doemprofeet ek nie. Net realis. Iemand wat weet het die ander dag vir my gese: “‘n plek is wat jy daarvan maak”. Waar woorde. Ek hoor jou. Maar dis nie te se ek wil ‘n ander plek ooit myne maak nie. Ek’s van Afrika. Hel ons is uniek!!! Dis my bleddie land hierdie. Waar die Afrikaners (b)ly. Ek verag die wat ons hier uitdryf. Soos daai eg-Afrika-virus. So verag ek elke siel wat ons hier uitdryf.
Ciao.