vader tyd…

Gits frits, ek kon sweer ek het ‘n halfuur terug eers uit die bed uit opgestaan! nous dit at 16h20! Hoe op aarde vlieg die tyd so? Hel tyd is ook ‘n ander ding. Ek onthou as ‘n tjokkertjie het die tyd so staaaddddig verby gegaan, ‘n jaar was regtig 365 dae en ‘n dag meer soos 48 uur…maar soos mens ouer(s) word gaan jou lewe verby sonder dat jy dit agterkom…en partykeer geniet?

My teorie oor die dae wat deesdae net 12 ure lank is, is natuurlik omdat almal se lewens so vooruit beplan is! dis nie net meer van “more doen ons dit en dat nie” dis meer soos “oor 3 maande, die 16e moet ons oophou want dis die se partytjie en daai rugby game…” dis crazy!!! Ons beplan ons lewens asof dit die einde is –  wel dit is seker maar dis ‘n post vir ‘n ander dag…! In  my  tjokker dae kan ek die dae so goed onthou, Maandae, Woensdae, vrydae en helfte Saterdag was engelse tv dae en die res afrikaans – onthou julle nog? Moet se ek kan nie veel onthou van  die afrikaanse aand-programme nie, maar o hel, die engelse dae! Dit was die beste – A-Team, Magnum, McGuyver, Airwolf…o ja die afrikaanse dae was “dubbed” amerikaanse programme (wat ons in elk geval op Radio SA op ingils gesit het…) Onthou julle Onder die Dekmantel? Jel, ek en my sussies het behoorlik gevrek oor daai man – en toe gaan staan en speel hy russion roulette…well the rest is history – letterlik. Stupid (Mooi) ou.

Vandag se uurglas is ook al amper uitgeloop, en wat konstruktiefs het ek uitgerig? Wel ten minste is die beskuit blikke nou weer vol…Wat julle gedoen vandag??

Rustige, salige res vannie-Woensdag vir julle,

Mooi bly,

RenPie 

Advertisements

3 Comments

Filed under Uncategorized

3 responses to “vader tyd…

  1. Ek het vandag boggerall gedoen…nada, niks, zip jack squat.
    En ek voel nie eers skuldig nie…..wel nog nie. Gee kans tot so 11 uur vannag

  2. krista

    Ek het vandag my gat af gewerk. En my bes probeer om nie histeries te word nie. G’n wonder ek is so moeg nie . . . 😀

  3. As jy ‘n begrip wil kry vir hoeveel tyd daar nog werklik oor is… http://www.timehasanend.org of luister saans na die radio op AM 1197khz na Family Radio

    Ek sou nie in my wildste drome kon dink dat daar so baie inligting in die Bybel is oor tyd nie… Sjoe dit eintlik skrikwekkend.

    Tyd Het ‘n Einde

    (Openb 10:6) en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s