celebs – it’s a dog’s life.

Soos ek groot geword het wou ek altyd ‘n celebrity geword het – al daai aandag was my cuppa tea! Maar ek kon nie sing of dans nie – act kon ek blykbaar…so se hulle, drama queen se mooooses!!! Maar as ek die storie nou so beloer dan weet ek darem nie? Ek dink beroemdgeid issie lekker, nie hier nie en nie in die res van die wereld nie. Hier dink ek kan mens nog so effe van ‘n lewe he, maar o hel, poep nou net in die publiek en more is daar ‘n foto van jou, bruin vlek oppie broek gephotoshop en die tabloids het almal ‘n ander storie!

Ek kyk na die celebs oor die see en ek willie so wees nie. En ek verstaan Posh se dilemma oor die flashes wat die arme kind epileptiese aanvalle gee – dis mind boggling!! Hoekom, vra ek, hoekom wil enige iemand soveel kiekies he van iemand anders wat ‘n kaas toebroodjie en coke sit en eet? Verbeel jou – ORAL waar jy gaan bar jou eie huis, neem mense fotos van jou? In en uit jou kar, by funksies, innie winkel, jou  kinders, die haarsalon, innie aand, nugter, dronk…nee hel, it’s positively a DOG’S life! Maar nou contradict ek myself williglik in dieselfde asem en se but i told you so??? Sekerlik het elke een van daai mense geweet waarvoor hulle hulself inlaat? Ek sien hoeka Keira Knightley wil haar onttrek van die celeberity life en haar eie lewe begin lei…skattebol, sorry for you, maar jys klaar in jou moer in! Vir die res van haar lewe sal sy gehaunt wees. En dan is daar die “sadder” deel van die celeb beweging…aaahhh die fans. Dit gaan my verstand te bowe drie dubbel maal ‘n honderd! Die Letties van die lewe, die Sussies wat die kunsternaars so volg. Die e-possies. Ek lag alte lekker as ek op die beroemdes se blogs gaan en daars mamma wat net gou wil kom se dat “Ek was gisteraand by jou show, ek het 4e van links gesit en jyt my kind se hare gestreel, en ek het ‘n blou hemp aangehad en ek het jou oom se sussie se beste vriend in 1994 ontmoet…onthou jy my….????” Goeie sonde, dis my kleintjie dood ek sweer. Skatlam, hy HET jou nie gesien nie, hy STEL nie belang om jou te ontmoet nie, en NEE hy sal jou NOOIT onthou nie!!! So daar het jy dit. Hy piepie nie Earl Grey nie, en hy snork nes ek en jy innie aand…

That’s my story and I’ll stick to it.

Beboude bekoude dag aan almal.

Ciao ciao

RenPie

Advertisements

3 Comments

Filed under Uncategorized

3 responses to “celebs – it’s a dog’s life.

  1. Nice post.

    Gelukkig is ek nie ‘n celeb nie….I would not have been very well liked.

  2. krista

    Nee gonna, ek dink ok nie ek sou die celeb ding kon handle nie . . . Jy mag dan niks doen nie!

  3. Heitopotatoe! Ek’s bly jy het nou jou spot op die net. Welkom en plaas bietjie foto’s. Wil ook sien hoe lyk die kroos. Dis nou kotsertjie en die se boetie. Ekke is nog nie so gesort soos jy nie. Sukkel nog met my site maar gaan kyk maar solank by http://kruidjieroermynie.wordpress.com/tag/welkom/ na my work-in-progress. Def, dit was goed om jou te ontmoet. Jy het my al menige maal lekker laat lat. Laat die voorspoed jou verveel. Welgedaan girl.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s