Monthly Archives: June 2007

Elke pot het ‘n …. skeppende siel

Of hoe gaan daai stelling?

Ek dink ek was ‘n pottebakker [of ceramacist of iets] in my vorige lewe – NEE daai was NIE die cue vir ‘n reinkarnasie-debat nie…for heaven’s sake…

Ek het sowat ‘n jaar gelede opgehou potte maak toe die swanger maag te groot geraak het vir my werksarea. Die weke wat daarop gevolg het, het ek absoluut leeg gevoel. Dit was vir my baie emosioneel dat ek nie kon doen waar my hande my lei nie. Toe, gister gaan ek terug na my klei toe…’n nuwe studio, nuwe mense, nuwe ‘teacher’, maar dieselfde tuis gevoel wat ek so inniglik gemis het.

Ek se altyd, ek wens entertaining en koskook was nie my passie! Dis lang ure en die fisiese werk is erg, but once the bug has bitten, it’s tickets! My passie vir die potte [die selfgemaakte potte, that is!] is ewe groot. Ek verloor myself in daai studio. Dis iets wat ek nie aan iemand kan verduidelik nie – maar ek weet my ceramics onnie verstaan die gevoel. Ek hou haar dop as sy werk, sy verdwyn in ‘n ander wereld in. Die kunswerke wat sy optower is onbeskryflik. Daar gaan soveel passie, liefde, tyd, talent in haar stukke. Ek se gister vir haar, hoe de hel kan sy hierdie goed maak en dit verkoop? Jel, dis soos om ‘n orgaan te skenk! Die stukke se soveel van die mens, dis amazing. Daar is ‘n paar mense in die klas, en as ek kyk wat hulle maak, kan ek min of meer hul persoonlikheid opsom, net deur te kyk na die finale produk. Once the name has been put on the bottom, die persoon is opgesom.

My eerste twee stukke waarmee ek gister begin het, is twee koppies en 2 pierings vir my dogter. Ek werk nie op ‘n wiel nie – het al 2 keer probeer, kon dit nie regkry nie, en summier opgegee! Tong in kies, koes vir vlieende voorwerpe, persoonlik verkies ek handgeboude kunswerke van klei baie eerder as iets wat gegooi is op die wiel. Jy sien, die wiel is nie vir my soveel van ‘n ‘achievement’ soos iets wat van die begin af gebou, gepolish, reggemaak, geshape, gepinch ens. is nie. Daar is nou weer baie ‘wielwerkers’ wat geheel en al nie saamstem nie! Die idee van ‘n bol klei wat ‘n beeldskone pot word oor weke se werk is vir my bitter verryklik [daar so ‘n woord?].

Ek het ‘n pot hier in my kombuis. Hy is gedoop die ‘Armani’ pot toe hy uiteindelik klaar is. Die stukkie kuns het my seker 3 maande gevat om klaar te maak. Ek kan op een hand tel die kere wat ek met ‘n set idee begin het en daarmee geeindig het! Die Armani creation het begin as ‘n koelronde bak – toe kry ek hom nie koelrond nie, toe dog ek, as jy nie koelrond gaan wees nie, dan gaan jy so crooked wees, jy gat wens jy was nie so hardegaai in die begin nie! Die pot is baie special – ongeveer 600mm hoog, ‘n snaakse groen kleur en lyk soos ‘n katplank Armani skepping – gedraai, amper soos ‘n St. Josef lelie…pragtig. Hy loop van nou aan die onderkant, wyer na boontoe – ek moet ‘n foto van hom oplaai…Ek werk aan meer as een pot op ‘n slag, so dis nie asof ek net 3 potte ‘n jaar maak nie! Sien, die studio is nie myne nie so ek kan elke Dinsdag net 3 ure aan die skeppings werk – soos die een se ‘coils’ droog word deur die week, werk ek aan die ander potte. My vorige pot-samajoor was ‘n wereld klas ‘ceramacist’. Die man het kunste vir die Conran Shop in London geskep, en hy het slegs op die wiel gewerk. Hy is fenomenaal. As hy sit en werk dan maak hy altyd sy oe toe, hy voel sy pad van begin tot einde, en by george, elke keer as die skepping klaar is, is dit perfek.

Ek’t oor die jare ook geleer om eerder met toe oe te werk. ‘n Werk met die hand gemaak moet nie perfek wees nie – anders kan ons mos net sowel die goed by Loads of Living gaan koop of hoe? Gister se koppies is toe-oe gemaak. ‘n Mens se oe is bedrieglik, jy sien dinge wat jy nie eintlik veronderstel is om te sien nie, net wat die vingers kan voel. Soos ek gister daar in die nuwe plek gesit het, het ek ‘n punt daarvan gemaak om uit die venster te kyk – my uitsig was die mosbedekte muur van ‘n stokou rekreasie sentrum in Norwood. En dit was so mooi. Die absolute natuurlike skoonheid van God – die mos, groen en swart. Die reuk van skool en potlode en klei. Ou boek bladsye…ek’t myself amper verloor!

Ek kan boekdele skryf my vriende. Van die gevoel, die liefde, die skeppende ek. Om te skep is my passie, be it in die potte van staal of met potte van klei…

Ciao

Rene

Advertisements

10 Comments

Filed under Uncategorized

Ek antwoord ‘n paar vrae

Gister het ek ‘n comment gelos op SSSB. Granted, dit was ‘n comment made in a moment of emotional rage. Ek is daarop gewys deur ‘n blogger – een wat gewoonlik my skryfstyl verstaan, maar nie met my saamgestem het nie. Ek het gedink oor haar comment en toe besluit om vandag hierdie inskrywing te maak.  Dis ‘n lange, so as jy werk het om te doen, hou maar nou op met lees.

Ek het al voorheen op my blog sowel as op SSSB bietjie van my agtergrond vasgele, so ek gaan nie in die detail in gaan nie. Ek dink wat meeste mense vergeet is dat ek in TOTAAL en al verskillende omstandighede grootgemaak is as jou standaard afrikaans sprekende SAer. As ek se ek HET NIE APARTHEID GEKEN as ‘n kind nie, dan lieg ek nie. Ek’t nie geweet die regering en wit mense in die algemeen hou nie van swart mense nie. Ek’t nie verstaan dat swart mense in ‘swart skole’ is omdat hulle swart is nie – ek’t maar aangeneem hulle gaan skool erens anders want hulle bly in ander gebiede. Ek het van die pas-wet gehoor toe ek ouer as 18 was…ek’t uitgevind swart mense is gejag in plakkers kampe deur polisie en die weermag toe ek reeds skool verlaat het. Ek’t met ongelooflik emosie en onaanvaarding verneem dat kaspirs bo-oor shacks gery is en dat mense so vermoor is. En toe gaan swot ek by Wits. 

Ek’t grootgeword met swart mense om my, op my pa se plot, dwarsdeur my kinderlewe saam met my ouers deur ‘n liefdadigheids program naamlik Round Table, en daarna Rotary International. Ek is ook geleer dat swart mense in die algemeen minder bevoorreg is as ons wit mense en dat ons vir hulle moet omsien – my pa het dit so vir ons verduidelik, ek neem aan die hele apartheid ding was nie van pas om aan ons te verduidelik nie. Die punt wat ek wil maak, in kort, is dat ek nog altyd net die goeie dinge geleer is van swart mense. Geleer is dat hulle mense is soos ons. Dat hulle onderdruk was vir meeste van hulle lewe.

Maar, ek is nie blind vir hulle foute nie. Ek is nie blind vir enigiemand se foute nie – in fact, ek sal erken, ek sien menslike foute nogal vinnig raak…is daar ‘n woord soos fout-soekig? Maar die verskil is, ek is nie kleur-krities nie…goed, daar contradict ek myself! Ek sien wit foute vinniger raak as swart foute. Ek veralgemeen nie sommer nie – MAAR as dit kom by rasse-moord/aanranding, en die slagoffer is swart, is die kans dat die skuldige ‘n wit afrikaanse persoon is, bitter goed. Ek wil se opgevoed, maar ek se eerder geskoolde, wit previously-advantaged afrikaanse suid afrikaners. Ek het voorheen in my lewe, toe ek veel jonger was, nie erken aan Engels [en Afrikaanse] mense dat ek Afrikaans is nie – ek was skaam vir Afrikaners. Die stigma van rassisme was te veel vir my. Die klein-dorpie erfenis, die eg Boere nooiensvan, die Afrikaanse skole. Ek het gese ek is Engels. Toe ek in Johannesburg kom het ek ‘n  paar afrikaanse mede-studente en lecturers gehad. Ek het stadig maar seker die front laat val en besef nie alle Afrikaners is dieselfde nie. Tog, die toekoms in, was die meeste van my vriende en kollegas steeds Engels sprekend. Haha, toe trou ek met ‘n dutchie! En vandaar my effort met Afrikaners…

Ek het ‘n baie goeie, spesiale ‘swart’ vriendin. Uit respek vir privaatheid, kan ek nie haar naam noem nie. Wat ek in konteks moet se, is dat sy ‘n hoe profiel televisie persoonlikheid is. Ek spandeer baie funksies, kuiers en familie ‘do’s’ saam met haar. Granted, sy is nie die ‘run of the mill’ swart afrika persoon nie, maar die hoeveelheid wat ek al by haar geleer het, is dekades se kennis. Eerstehandse kennis wat ek nerens ooit sou raaklees nie. Ons het al funksies gedoen vir privaat, semi-privaat en regering beheerde maatskappye. Ons is albei deur dieselfde emosies met die funksies. Maar vir haar is ek ‘n vriendin en vir my is sy ‘n vriendin. Ons deel akkommodasie, kos, drank, trane, geluk, mamma-wees, you name it!

Gisteraand was dit haar 40e verjaarsdag partytjie. Ek verneem daar was omtrent 80 mense, waarvan ongeveer 14 van hulle wit was – die vrou het ‘n enorme familie!! En ek kan sonder om ‘n oog te knip se, dat dit een van die genotvolste parties was wat ek nog bygewoon het. En die verskil was: Ek het alleen gegaan, en ek was skaars 5 minute daar of 3 mense het na my toe gekom, hulself voorgestel en net gepraat en gepraat en gepraat. 2 van daai ‘swart’ mense, het met my NET in Afrikaans gepraat – en hulle was tussen die ouderdom van 30 en 35…ek was absoluut stomgeslaan! En soos ons almal saam in een saal gesit het, ons almal anders, van verskillende plekke, anders grootgemaak, verskillende tale, 1 swart en 1 wit, het ek so emosioneel geraak oor die toestand van ons land. Want wat ‘n fantastiese plek kan hierdie nie wees nie. En dit begin by die individu. By elkeen van ons wat dink ons is beter as die volgende swart mens wat in die straat loop. Dieselfde mense wat ons kinders grootmaak, wat altyd vriendelik is by vulstasies, wat dit ONGELOOFLIK waardeer as ons hulle in zulu groet…hoe kan mens neerkyk op ander???? Ongeag van hulle kleur…ek kan nie, ek kan nie.

Ek weet ook dat sekerlik 90% van geweld in hierdie land deur swart mense gepleeg word – hulle maak afterall 84% van Suid Afrika se bevolking uit en die meerderheid leef in armmoede, ongeleerd, siekte, geweld van hul eie. Ek verafsku wat in ons land gebeur in terme van totaal en al chaos tov geweld bekamping – en ek blameer die regering daarvoor, deur en deur. Maar die verskil is, ek blameer nie die swart regering nie, ek blameer die REGERING wat nie bevoeg is om hul werk te doen nie. Ek dink regstellende aksie is ‘n pot snot, dit werk nie, dit sal nooit werk nie. Maar ek kritiseer die aksie, nie die mense nie. Wat ek nie kan kleinkry nie, is die wete dat geskoolde, behuisde, volwasse, previously-advantaged wit afrikaner mans nog STEEDS op ‘n swart-rampage kan gaan, met die gedagte om onskuldige swart mense dood te maak. ‘n 8 Jarige seuntjie sterf in sy pa se arms en volgens hul reaksie, selfs na die dood, kon hul steeds nie ‘verstaan wat hulle verkeerd gedoen het nie’…DIT my vriende, is die tipe ding wat die ‘volksgebonde eerbied aan ons afrikaner volk’ vir my, in stukke laat spat. Dis dan dat ek weer bietjie terug kruip in die Afrikaner erkenning. Dat ek voel ek is nie trots om Afrikaans te wees nie. Want net as die stigma sy kloue effe begin losmaak, dan gebeur so iets, en dis weer daar, van voor af. As ek nie planne gehad het om vanaand te slaap nie, het ek deurnag hier geskryf. Woorde op papier doen wondere, maar in party gevalle is die aangesig tot aangesig verduideliking beter. Soos in hierdie geval.

Ek hoop wat ek hier bo gese het maak die prentjie duideliker. Ek respekteer mense se opinies, selfs op die geloofs debat. Maar my denke oor menswees, oor leef en laat leef, het GEEN grys areas nie. By all means, lug jou mening, ek kan dit vat – ek veg hiervoor al vir baie jare. Ek gaan nie met jou saamstem nie, maar voel vry.

Tot ons weer praat,

Def

16 Comments

Filed under Uncategorized

It has arrived…DIE tjoklit koek resep!

So, ek het nie heeeeltemal toestemming gekry om die resep te plaas nie, so julle beter gou skryf, more is hy nie meer op die hoofpost nie…

Hierdie is meer ‘n tjoklik koek in ‘n bak resep, hy moet in ‘n oondbak gemaak word.

1. Sit oond op 160

2. Sif saam:

  • 1 koppie meel
  • 1 koppie suiker
  • 2t bakpoeier
  • 1/2t sout

2.  Meng:

  • 4 eier gele
  • 1/2 koppie kookwater
  • 1/2 koppie olie
  • 1/2 koppie cocoa

Metode:

  • Klits eierwitte styf [puntjie moet styf regop staan]
  • Maak ‘n gat in die droe bestanddele en voeg die vloeistof mengsel by
  • Meng totdat die suiker gesmelt is
  • Vou die eierwitte by die mengsel
  • Bak die koek vir 30 minute in ‘n voorafgespuite oondbak [ek gebruik ‘n medium lasagne bak]

Vir die ‘topping’:

  • Smelt ‘n 3/4 blik ideal melk en 1 koppie suiker
  • Gooi egalig oor die warm koek
  • Sodra die koek goed afgekoel het, smelk die res [1/4] van die ideal melk + 1 ‘slab’ cadburys neute tjoklit – baie stadige hitte, die tjoklit skif maklik
  • Top die afgekoelde koek met die gesmelte tjoklit – rangskik die neute in die tjoklit oor die hele koek

WARNING: THIS COULD BE DEATH BY CHOCOLATE!!!!

Geniet dit 

Deffie-die-sjef 😉

6 Comments

Filed under del.ici.ous

Rookwalms, Trompie en clap gewere…

Ek’t grootgeword op ‘n klein dorpie in die Oos Transvaal, naamlik Witbank. Vandag is die dorpie ‘n stad en hy bevind hom tans in Mpumalanga. Ek’t verneem sy naam het ook verander, maar wie weet wat hy homself deesdae noem? Vir my sal hy altyd die klein dorpie Witbank bly…

Ek’s die jongste van 3 dogters – en ek hoor die gossip dat ek ook die balhhorigste en bederfste was….gmpf se ek…Ek het net ‘n goeie selfbeeld gehad en was die cuteste – 🙂

As ek dink aan my kindertyd oppie dorp dan kom daar oor en oor dieselfde gedagtes op by my: my skooldae, my maaikies [almal seuns I’ll have u know…] my trokke, treine en gewere, my 2 ouer sussies ens ens. Ek deel hiermee graag my herrinneringe met my screen, want dis so lekker om aan hierdie memories te dink!

Soos ek gese het, het ek meestal net seuns as maats gehad. Die meisies was moerse veeleisend en hulle kon nie ‘n regterhaak slaan so goed soos ons ‘manne’ nie. Daai rokkies was dan ook erg ongemaklik, wat met die bene toe, maggie op die glyplank gaan nie, beentjies wat koud kry. Nee hel, uit die staanspoor het ek maar eerder gestem vir cuorduroys en tekkies.

In die kleuterskool het ek 2 maatjies gehad, Tommie en Ruan. Ekt nog ‘n ander maatjie gehad, sy naam was Jacobus…Nou Jacobus was NET my maatjie…hy was ‘n special seun…hy’t elke dag ‘n ander houertjie van sy ma se make-up skool toe gebring en dan gaan ons badkamer toe [met daai kleeeein toiletjies] en ek moes vir Jacobus opmaak met die make-up…Ja ja, ek weet, ek moes die tekens al daai tyd gesien het. Maar wats dan nou beter vir ‘n tomboy as haar maaitjie ‘n seun is EN hy dra make-up!!! Kosie, mog jou grimering skills en sykous stelery jou vandag die BESTE ‘part in the parade’ bekostig, jy verdien dit vriendin…

Witbank het nog altyd opslae gemaak vir die hoeveelheid rookwalms in die lug. Die stad is omring deur mynhope en groot fabrieke. Daar rook die mense vir vars lug – regtig. Ten minste dan weet jy presies wat in jou longe ingetrek word. Die nie-rokers se longe is vrot van die staal walms. Ek onthou dae toe my susters van die skool afgekom het [hulle was in die Tegniese skool, reg langs een van die groter fabrieke] dan lyk hulle of hulle sopas ‘n shaft laat sak het – appies met swart stoffies op hulle bo-lip. Ek aan die ander kant, was in die akademiese skool aan doeriekant van die dorp. Weg van die shaft-sakkers.

My grootste herrinneringe was in die middae, na skool. Laerskool en Hoerskool was bietjie van ‘n non-entity vir my – nie my beste 12 jaar van my lewe nie. Ek was konstant in die moeilikheid. Ek onthou een dag in Std1 toe noem ‘n ene Willem Abrie [be afraid Willem, be very afraid] my pa ‘n k*****boetie. Voor jy kon se DP toe wiks ek vir Willem so hard met ‘n regter dat hy bo-oor die skool bank vlieg en op sy gaai te lande kom! Obviously, more moes ma en pa skool toe kom om die rasse geding uit te sorteer. Pa se antwoord was toe tromp-op ‘as iemand dit weer se dan gee ek haar die volsste reg om weer te donner. En die onderwyser wat sy hand lig vir my dogter sal nie weer in die onderwys werk nie…’ Ai ja jai, miskien is dit waar die moeilikheid begin het?

Ek onthou ‘n episode toe ek in Std3 was en daar was ‘n outjie in Std5 wat ek “kwaai gelike” het! Die dag met die jaarlikse skoolkonsert was ek ‘n blom of iets – HOEKOM WAS EK ALTYD ‘N BLEDDIE PROP??????? Nooit was ek die hoofspeler nie….gmpf….Anyway, my beurt kom toe op om te ‘warrel’ oor die verhoog en Moederaarde sluk my in…aan die onderkant van die blaar se 3e aar steek 2cm van my wit flennie panty uit en DIE seunskind sien dit en vertel vir almal en almal begin lag…en ek hardloop alla-Juliet van die verhoog af…die gedagte daaraan laat my sidder. Nou ja, dink ek, daai tipe gedrag verdien 1 times roomys in ‘n cone in die man se gesig, en EK PRAAT NOOIT WEER MET JOU NIE!!!! En ek dink jy’s vet, se ek hom ook voor sy pelle. Eina. Maar ekt beter gevoel 🙂

Afrikaanse middae op tv, 16h00 elke Dinsdag was Trompie op. Trompie was my lewe, my held my alles-wat-ek-eendag-wou-wees! Ek het nooit 1 episode gemis nie. Ek’t myself so in daai program ingeleef, en natuurlik het ek ook my eie bende gehad met ‘private membership boekies’ en weeklikse vergaderings in ‘n GROOT asblik – nee moenie vra nie…En ek was die leier van die bende, Duh? Solank ek die leier kon wees was ek happy. Ons het tamatie kissie stoele gehad, ‘n vlag en geheime kodes. Maar ons was nie regtig stout nie…wat ek wel onthou is die dag toe ek en ‘n ander, baie loyal maatjie van my, Pierre, hulle huishulp met lemoene gegooi het van haar fiets af…julle dit was ‘n donker dag in Witbank…ek het een van die grootste pakslaes van my lewe gekry. Ekt nie gedink dit was sooo erg nie, maar in daardie jare het ek NIKS van apartheid geweet nie, en ekke het maar net gedog, fietsryer=teiken=pret…huh, NOT as jou pa die leier van die DP in die tagtigs IN Witbank is nie!!! Ai Pierre, bless you seun. Hy was regtig ‘n goeie seun. Hy’t in ons straat gebly en ek het daar geboer. As ek terugdink aan daai tyd onthou ek hul huis wat soos sigaretrook ruik, doodse stilte altyd, baie sagte radio in die agtergrond en grasgroen matte deur die huis. Daai was goeie mense met diepe probleme van hulle eie maar kinders weet mos niks op daai ouderdom nie? Dit was my lekkerste tyd! Hy was die enigste kind en het die meeste speelgoed gehad van al my maats. Sy huis was net agter ons ander maatjie, Jaco. Jaco se ouers was loaded en hulle huis baie prim en proper. Een van daai wie se bediende gekook het, middag en aand, kosblikke was altyd vol biltong, cheese wedges en regte boks sappies…Maar ek’t ook ‘n geheime crush gehad op Jaco – en ek, as een van die ‘boys’ kon dit mos nie erken nie. So, om my te spaar om al die pad om die blok te stap om by Jaco te gaan speel, het ek na Pierre toe gegaan. Hulle het ‘n leer teen hulle muur gehad waarop ons oor mekaar se heinings kon spring. Dan gaan ek na Pierre en ek ‘challenge’ hom – elke keer dieselfde storie. As ek vir Pierre met 1 skop in die maag kan laat huil, dan mag hy nie saam met my na Jaco se huis gaan nie. Goed se hy, go for it. Ek line op, ek staan trug, en ek round-house hom in die gut dat die mannetjie trek!!! En dan kom die trane, en dan se ek ok bye, sien jou later! En dan gaan jol ek by Jaco! Slim ne? Blerrie kinners…die wiel draai…

Ek en Pierre het ook clap gewere gehad. Daai tyd kon mens nog by Checkers regte staal gewere gekoop het wat kwaliteit was en soos ‘the real mccoy’ gelyk het. Dan, as ek of hy sakgeld het, stap ons Checkers toe en gaan koop claps met al ons geld. Claps innie sak, loop ons dan so kruip-kruip agter die bosse terug huis toe, en elke siel wat verby kom en ons nie gewaar nie, trek ons op los! Dat ons nie in die moeilikheid gekom het daaroor nie, is beyond me! Maar dit was die dae…

Ek kan boeke vol skryf oor hierdie magical tyd in my lewe. Dit was die fantastieste tye ooit. Die vryheid, die onskuld, die stoutigheid, die ware ware pelle, die atletiek en kerrie en rys en dik, meestal rou pannekoek, seer maag na atletiek, son verbrande wange en v oppie bors…ai, dit sit hier vlak in my hart en siel. Dis herrinneringe wat my altyd sal by bly. Herrinneringe wat ek so wens vir my kinders. Die onskuld, die vryheid. Vir ewig in my hart.

Pierre, Tommie, Jaco, Jacobus – julle was goeie pelle. Pierre, skies man ou tjom, nie bedoel om daai round-house hier van agter uit te haal nie 😉

En pakslae was SO die moeite werd!

Ciao

Rene 

12 Comments

Filed under pitte

aartappels

Vandag gaan ek so ‘n paar aartappel spesialiteite oplaai. Party vir die braai ander sommer vir skool-aand-etes.

 1.  Gevulde aartappels

  • 1 Aartappel per persoon. In die skil, smeer aartappels met olyfolie en sout 
  • Bak aartappels in die oond – op 180 vir ongeveer 1 uur [toets na ‘n uur, moet lekker sag binne en bros buite wees]
  • Halveer aartappels [in lengte] en skep die binneste uit – wees versigtig om nie skil te beskadig nie
  • Sit al die binneste in ‘n bak en mens so 2 T margarien, fyngekapte grasuie, gerasperde cheddar, sout en peper by [jy kan room insit maar ek kook nie met room nie]
  • Als als deeglik gemeng is, skep terug in die skille. Strooi nog bietjie kaas bo-oor en grill in die oond totdat kaas gesmelt is. Enjoy!

2.  Wholegrain mosterd kappok aartappels [genoeg vir 4]

  • Maak kappok aartappels soos gewoonlik – gebruik 6 groot aartappels
  • Sodra dit lekker fyn gemaak is voeg by: 2T margarien, 3T wholegrain mosterd [dis belangrik om goeie mosterd te gebruik, ek gebruik net Maille, hy’t ‘n swart plakker op], genoeg melk om die aartappels te verdun, sout en peper na smaak. Hier, weer kan jy room byvoeg, maar dis net so lekker sonder room
  • Meng alles goed saam en voila! Dis my gunsteling kappok aartappels

3.  Yougurt sous vir gebakte aartappels [genoeg vir ongeveer 8 mense]

  • Neem 500ml plein joghurt
  • Kap grasuie baie fyn [so 4 grasuie is genoeg]
  • Sout en peper na smaak
  • Ongeveer 2T suurlemoen sap [of na smaak]
  • Vars knoffel [weereens na smaak, ek gebruik so 1 knoffel huisie]
  • Meng die hele boksemdaais saam en sit voor saam met bros gebakte aartappels!

Daarsy! geniet. Dis almal regtig baie maklike resepte, net die aartappel bak gedeelte vat effens tyd, maar dis die moeite werd.

Geniet

Ek dink more is die dag vir die lekkerste tjoklik koek resep nog. En dan, my gesondheids beskuit resep….mmmmm

Ciao

Deffie-die-sjef 😉

4 Comments

Filed under del.ici.ous

my klein swart boekie…

Na my amper 30 jaar van dienslewering op moeder aarde het ek al ‘n klomp lessies van die lewe geleer.  Baie moes ek ‘n paar keer deurmaak voor ek verstaan het hoekom dit ‘n les is en sommige net een keer se foolishness…Hiermee deel ek graag ‘n paar van my lesse uit my persoonlike swart Lewenslessies boekie met julle. En dis gratis, pasella lesse, en glo my, ek praat uit ondervinding:

Verhoudings [tussen man en vrou]:

  • Moet nooit se “I told you so” nie        
  • As jy [werklik] hoofpyn het, laat hom vroeg in die aand weet, net so voor lig afskakel tyd werk nie vir hulle  nie…
  • As jy stront aangejaag het, maak sy gusnteling bord kos VOOR jy hom vertel
  • As iets R499 kos en jy koop dit, se altyd “dit was vierhonderd en iets rand” want dis mos die waarheid?
  • As iets R1000 kos en jy koop dit op UITVERKOPING, praat altyd eerste van die merkwaardige waarde vir geld uitverkoping en dan oor die prys
  • As hy in sy familie se karakters inklim, moenie saampraat nie…NET hy mag praat oor die familielid wat almal wegsteek
  • Indien jy ooit jou/sy motor stamp/krap….hehe sterkte! Ek’t nie advies vir daai een nie
  • Indien HY die motor stamp/krap, se NIKS. Sien punt nommer 1…
  • Intoxicated mans is nie in staat om in ‘n verskil ENIGE sin te maak nie – ignoreer tot more oggend. Dan, speel horende doof vir kinders wat vroeg op is 🙂
  • Moet nooit, maar nooit vorige kerel-ondervindings met jou huidige een verwar nie, ie. “onthou jy daai keer by my ouma se huis…..?” Uhm, nee dit was seker iemand anders….ouch.
  • Vind by voorbaat uit wie speel elke Saterdag rugby. Moet nooit vra wie speel nie.

Kinders:

  • Moenie ooit noem hoe lekker slaap die kinders nie…hulle sal binne die volgende 2 minute wakker word. Njannies, trust my
  • Moenie over cautious wees as jy by die kamer probeer uitsluip nie. Wees gewaarsku, jy SAL in die tafel vasloop, jy SAL op ‘n squeeky toy trap of jou enkel SAL click maak
  • Die boks is regtig die gunsteling speelding. Regtig.
  • Moenie die blaas-effek-oulike-ding probeer bevorder by babas nie. Hul sal dit slegs beoefen en bemeester tydens ‘n maaltyd
  • Goue reel: As hulle stil raak, doen onmiddellike ondersoek. Soos in Onmiddellik
  • ‘n Loperige verrassing in die luier is wonderlike verf vir ‘n kot…
  • Moenie worry nie, jou kind is werklik liewer vir jou as vir die bediende. Hulle gee net voor om jou hart te breek
  • Katte krap kinders wat aanhoudend hulle sterte trek
  • Indien jy die oulike bad kryte gaan koop, moenie by my kom huil as kind nie uit die bad wil klim nie. Wat my by die volgende punt bring;
  • Maksimum 2 speeldinge in die bad. Anders word badtyd speeltyd, word skree tyd, word uur en ‘n half in diee badkamer tyd
  • Wit leuens is ok vir kinders. Mamma word ‘n monster as my kinders stout is, is ok. Veiligheids gordels vas ten alle tye [selfs in vliegtuie] anders sluit die polisie jou toe en dis brood en water vir ewig mannetjie – ook ok

In die kombuis:

  • Raspers kan ook naels/vingers/kneukels rasper
  • Maak ALTYD seker die handvatsel van die pan is nie oor die vlam van die ander plaat nie…derde graadse brandwonde gewaarborg. Weereens, vertrou my
  • SUURLEMOEN EN WYN LAAT MELK GIS
  • Tamatie laat melk gis
  • Die stoompot KAN regtig ontplof…
  • ‘n Kenwood chef Master is ‘n ander naam vir die perefekte vrou, so JA ELKE VROU MOET EEN HE!!!
  • Blaas die kos koud voor jy proe – die verbrande verhemelte en tong vat sowat 4 dae om gesond te word
  • Moenie die houtlepel in die pan los terwyl die pan warm is nie, hy sal brand
  • In fact moenie eers met ‘n houtlepel werk nie, alles proe naderhand soos hout
  • MOENIE vrugte op dieselfde voorbereidings bord sny as uie nie…oooo een van my pethates
  • Zucchini = Baby Marrow
  • Koop soles wat klaar skoon gemaak is – dis nie mooi wat daar uitkom nie. Dieselfde gaan vir garnale
  • Garnale = Prawns 😉
  • Moet nooit die verpakking glo as dit se die spinasie is ‘washed and ready to cook’ nie. Spinasie moet, dink ek, deur die karwas borsels gaan, altyd
  • Fish sauce is ‘n wonderlike bestanddeel. Waarskuwing, MOET NIE inhoud van bottel ruik nie. Nooit nie. Jy mag dalk berading nodig he daarna…

Algemeen:

  • Hadedas is regtig balhorige gediertes
  • Praat altyd eerder die waarheid. ‘n Leuen kom trug en zap jou in die foefenjolletjie
  • Moenie die lemoen sakkie eers probeer ontknoop nie. Sny daai bleddie toutjie met ‘n sker
  • Hou maar die beenhaartjies kort. Mens weet nooit…
  • Dit is welliswaar nie moontlik vir iemand om hul eie elmboog te lek nie – ek probeer al vir die beste deel van my lewe
  • Dis wel moontlik om ‘n klein eendjie wat verdrink het, mond-tot-mond asemhaling te gee en dan leef hy. Ek het – maar dan kyk die eienaars nie na hom nie, en die volgende dag verdrink hy in sy drinkwater….goeie liewe donner. Berading. Ek se jou
  • Leer om vir jouself te lag

In Afrika:

  • Eish het 58 verskillende betekenisse
  • Daar is werklik iets soos afrika-tyd. Dit is tyd wat absoluut van geen betekenis is nie
  • Ja-nee beteken eintlik Wel
  • Ag shame het ook 58 verskillende betekenisse
  • En Fect is ‘n GROOT sin-beginner. Mense dink jy is baie geleerd as jou sin met daai 2 woorde begin
  • As geweld jou tref en jy leef, dan word jy as gelukkig bestempel – seriaaaas
  • In die winter word jou gras bruin op kolle. Die skuldiges vir die bruin-wording noem ‘n mens truck-and-trailers. Dit is ‘n insek wat soos ‘n Mazda bakkie lyk met ‘n 10 voet trailer. Wag vir ‘n warm dag. Versuip jou gras in water. Strooi bokse vol Surf wasgoed poeier op die gras….en wag!!! Truck-and-trailers by die duisende!!!! En nuwe, groen gras – dis die reine reine waarheid, weereens getuig ek daarvan

Daarsy! My jare lange gedagtes op een vel papier…maar dis wyshede hierdie gehoor!

Ek begin more om resepte hier te sit.  Meestal my eie aanmekaar-slaan-goete vir ‘n quick-dinner-recipe. Ek gaan dit onder del.ici.ous file. Kyk uit vir die lekkerste tjoklit koek resep in die wereld 😉

Mag julle in vrede leef vir die res van die middag, en more oggend nog ‘n sonnige dag hier in Afrika beleef

Ciao

Ren 

8 Comments

Filed under Uncategorized

girls in white dresses and blue satin sashes…

Snaaks hoe party mense oor dieselfde dinge sit en tob op dieselfde tyd? Ek sien een van my mede-bloggers het oor dieselfde onderwerp geskryf ‘n dag of so terug as wat ek ook vandag gaan skryf! Miskien is dit die lug of hoe? Ek vermoed dalk dis oor al die negatiwiteit wat op die oomblik aan die gebeur is in die land en om ons. Dan sit mens terug en kry ‘n blik op jou eie lewe en besef opnuut, It’s not all that bad???

So kom ek toe af op my gunsteling dinge. Daar is DUISENDE, letterlik, party diep ander die nie-so-diep tipe…maar ek dink vandag begin ek met die laasgenoemde. Ja, hier besluit ek nou sopas ek sal die lysie-ding doen:

GUNSTELINGE:

KLEUR:  blou

KOS:  Medium rare fillet steak

DRANK:  Water/gin & tonic/rooi wyn

KLEDINGSTUK:  My Urban jeans

VAKANSIE PLEK [local]:  Heidestrand – ‘n plek aan die einde van die wereld, sowat 2 ure van PE af, ‘n halfuur van Kareedouw

VAKANSIE PLEK [oorseee]:  Die suide van Frankryk

WINKEL:  Crabtree & Evelyn/Cabbages & Roses

FLIEK:  1. Dirty Dancing…. 🙂 2. Life is beautiful 3. Amelie 4. Cinema Paradiso

MUSIEK: So many to choose from…1. U2 2. Sting 3. Sarah McClaghlan 4. Robbie Williams … daars erg baie, te veel om op te noem!

AKTEUR: Jack Nicholson, Anthony Hopkins, Edward Norton

AKTRISE: mmmm, ek kan sweerlik aan niemand dink nie??? Charlise Theron kom op…

BLOM: Tulip

LOCAL PERFORMER: Casper de Vries

LOCAL ARTIST: Antoinette Kellermann

LOCAL MUSIEK/GROEP: Parlotones/Tree 63

BOEK: Power of One

TYDSKRIF: House & Leisure/Tuis

MEUBELSTUK: My seun se antiek hangkas

PROGRAM [komedie]: Friends

PROGRAM [drama]: Prison Break, Greys Anatomy

HELD: Nelson Mandela

CARTOON: Winnie-the-Pooh

MOOISTE MAN [plaaslik]: ok behalwe my eie, dit tel nie! Mmm as ek hieroor moet dink is dit ‘n probleem! So, my man wen 😉

MOOISTE MAN [nie-plaaslik]: Sting, Bono, Matt Damon,

ERGSTE CELEB [plaaslik]: Patricia Lewis/Nicholas Louw

ERGSTE CELEB [nie-plaaslik]: Tom Cruise, Paris Hilton, Coutrney Love

So! Daar is dit nou! Oor die naweek raak ek biekie dieper, maar hierdie was al die vlak dinge 😉

Lekke vrydag,

Bye

Ren Continue reading

4 Comments

Filed under Uncategorized