goeters.

Vandag een van daai dae. Ek dink alweer te veel. Al die ifs en buts and maybe’s. Aan groot besluite wat ons moet neem, dinge wat gebeur, hoekom dinge gebeur en hoekom  die besluite geneem moet word?  Ek wag maar nog vir daai HANDLEIDING VAN DIE LEWE. Bestaan so iets? Is die regte antwoord Die Bybel? Ek weetie. Ek dink darem nie dis so maklik nie. Ek dink ook nie dit kan so moeilik wees soos die Bybel nie. Ek kyk na my Joodse vriende en dink, as my christenskap darem soveel “kultuur” gehad het, dan was dit mos ‘n avontuurlustige geloof? Dan kyk  ek dieper in hulle geloof en kultuur en ek besef dis nie so lekker nie. Genugtig hulle handleiding is bleddie confusing vir ‘n start en wat leer dit jou? Bacon is sleg, prawns nog slegter, kersies brand op ‘n Vrydagaand, schull op Vrydae, besnyding vir boeta, lang hare vir boeta…en oppie einde van die dag? ‘n Klomp reels wat almal maar navolg for the sake of keeping the peace….? Onse handleiding is baie meer user friendly. Daars al daai stories, al daai feite(?) die feel-good-movies (moses in sy mandjie was my feel-good) die drama (ai Noag had me on the edge of my seat!) en  die minder mooi – die horror van die kruisiging. Ek dink diep binne my dink ek nog altyd aan die Bybel as die prosa en poesie op skool – al daai boeke en gediggies wat eintlik NIKS met die titel uit te waai het nie, maar wat jyself moet ontsyfer – doen wat werk, se wat jy dink hoe dit moet wees en so meer. Daar is ‘n madgom boekies vir die Eerste-ma: hoe, wat, wanneer, poefie-ontsyfering, slaap, eet, kruip, omrol. Ek het nie een gelees nie. Want dis bog. Loutere snert. Wie is Miriam Stoppard om vir my te se hoe my kinders gaan wees? Suckers, daai mammas wat so by-the-book grootmaak. So ook die Bybel. Dis privaat, dis my eie gedagtes, my interpretasie, my eie siening. Ek kan raad vra, ek kan vra hoe bedoel Jy nou? Maar ek gaan op die ou end self kies wat ek daarvan wil maak. Ek dink dis hoekom die Bybel in die eerste plek daar gesit is. Die Grootbaas check ons uit. Hy sien wie doen wat met Sy boek en hy dink “Dit is goed…”.

Ook heeltemal van die punt afgedwaal but it’s my prerogative.

Ek dink vandag aan Ingrid en Denise wat gisteraand hulle pappa en man so skielik aan die dood verloor het. Buck, he’ll never stop praying for you. He liked you from the start. So did we all.

RenPie

Advertisements

2 Comments

Filed under Uncategorized

2 responses to “goeters.

  1. Hi Deffie,
    Jy’s reg. Dis persoonlik. Tussen jou en God. Snaaks, ek het ook vandag oor die onderwerp geskryf… Sterkte vir jou vriende in hierdie moeilike tyd.
    Mooi bly!

  2. Ons is in hierdie lewe as saaiers, om dan aan die einde van ons aardse bestaan, maaiers te wees en die Bybel is ‘n handige, noodsaaklike hulpmiddel tot ‘n wonderlike oes. Sterkte

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s