spasies en drome

Hiers ‘n lekker een wat sommer baie by my opkom. Ek het ‘n ding vir spasies. Nie soos die spacebar of die gap tussen mens se voortande nie. Sommige spasies om en by plekke. Die ding laat my partykeer dan wel oor reinkarnasie bespiegel…ek is nie 100% seker dit bestaan nie, maar waar kom hierdie snaakse dinge dan vandaan? miskien uit mens se kindertyd uit, ek weetie. Ek sal na plekke toe gaan en een kyk gee vir die “aesthetics” van die plek en dadelik afgesit wees. En met aesthetics (skies kennie afrikaans daarvoor nie) bedoel ek of die hele plek of dele daarvan. Soos gister. Gaan ek en ‘n vriendin na ‘n nuwe kinder speelplek/coffee house. Daar gekom was dit oraaiterig. Toe loop  ons af na die onderste deel waar die “canteen”/kombuis is. I stopped dead in my tracks…die plek het my die CREAPS gegee!!!! En ek kan dit eerlikwaar nie verduidelik nie!!! Dis net een van daai spasies wat my siek tot in my maag laat voel het. Ek het naderhand met my rug na die kombuis gaan sit, maar ek kon voel hoe “staar” die bleddie kombuis vir my…ok, so dit klink of ek ‘n freak-show is, maar ek is nie (heeltemal nie). Dan verwys ek na my drome. Vandat ek kan onthou gebeur hierdie met my  – ek sal net voor ek aan die slaap raak die onaardigste ding beleef. As ek my oe toemaak dan is ek die kleinste swart speck in die GROOOOOTSTE WITSTE kamer. In die middel van die kamer, alles net wit waar jy kyk en ek die klein swart speck. Ek voel nie bedreig nie, maar dis asof die witgeid in my siel inklim. Dis eintlik nogal ‘n “safe haven” gevoel. Dit maak my rustig. Dan  party dae sal ek weer hierdie walglike spasies imagine, groot oop bruin winters grasperke voor ‘n huis. Huis in die middel van die erf, gras oral, draad heining. Ek wil sover gaan soos ek HAAT daai bleddie spasie-gevoel!! Dis so bleddie weird. Nee niks het ooit met my gebeur by so ‘n huis nie. Ek kom van ‘n myndorp af en daar was definitief baie sulke huise, maar hoekom sal dit so ‘n slegte gevoel by my opbring? Ek weet geniune nie.

Al wat ek weet is daai speelplek met die horrible kombuis area sien my nooit weer nie. Ek wil sover gaan soos om te se dis soos ‘n shoddy local sitcom se set. Ontou julle Orkney snork nie se stel?  wel, so klein soos ek was het  dit my UITGEFREAK!!!! Daai tv kamer…

Miskien  is  ek ‘n interior designer at heart hahaha! Dis nou maar die meer sinlikke konklussie? Laat ek maar nie te veel delf daarin  nie, net nou kom die ouens met die wit van en die wit jassies…

So is die wereld maar ook ‘n anderse plek vir verskillende mense of hoe?

Lekke naweek

Rene

Advertisements

3 Comments

Filed under Uncategorized

3 responses to “spasies en drome

  1. Def, ou girl, jy’t hulp nodig. ha ha 😉
    Ek het weer so ding as kind gehad oor lyne. Kon nie op lyne trap nie. Moes in die middel van teëls trap. Weird… Bly ek is oor dit. Phew!

  2. Koeksuster

    Hi Deffie my maatjie,

    Dis lekker om by jou te kuier. Dis warm en knus. Hou so aan. Ek voel asof ek en jy al jare vriende is.

    Rachelle

  3. EK sukkel nou nog om op lyne te trap! Teëls is oraait, maar sypaadjies….ai…daar waar twee sementblokke bymekaarkom…
    Ek verbeel my hoe die kar daaroor “hop” wanneer ek aan die passesierskant is en die lyne op die sypaadjie sien!
    Issues!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s