ja nee die vrou het issues…

So op die rug van my laaste post, het ek vir 2 dae hieroor getob en besluit om hierdie op my blog te sit. Kyk as niemand na al hierdie jare vir my wil luister nie, dan praat ek maar met my geduldige screen…

Julle praat so van op die lyne trap en nie. Toe ek 10 jaar oud was het my obsessive compulsive disorder ingeskop – ek onthou nog die dag by die laerskool. From that day forward it was all down hill…

Vandag is ek ‘n volslae “OCD lyer”.  Ek sal probeer verduidelik, daar is ‘n paar dinge wat my “consume” 24/7….bear with me if you can…

1.  Ek tel woorde. Meeste woorde wat ek sien, hoor, lees, praat. En ek het sequences. My gewildste sequence is 6,9,10 en 12. Die letter van ‘n woord moet in daai sequence pas anders pas ek die woord aan met ‘n letter…ok kom ek gee ‘n voorbeeld:

David Brent – 10 letters, pas nie in (lekker) sequence nie, so ek sit by “is” of “an” of “my” dan is dit twaalf. Die res van die tyd, tot ek ‘n beter woord kry “recite” ek “isdavidbrent” op my vingers…honderde kere oor en  oor….dus konsentrasie vermoe bitter kort.

Panasonic – 9 maar nie lekker 9 nie, so dit word 10, dan sit ek by “a” en dan “apanasonic” recited vir die durasie tot beter woord opkom…ek blok gewoonlik die anderste deel van ‘n fliek met my hand want net-nou vang my oog ‘n lekker woord dan mis ek die helfte van die fliek…..ENSOVOORTS.

Nommerplate is my dood. Ek jok nou nie, seriaas…ek sien elke nommerplaat wat verby my ry, en ek lees hom memoriseer hom tot die volgende een verbykom…ek dink baie gebeur in my onderbewussyn, maar dit gebeur.

Dan die stippellyne in die teerpad…o dis ‘n lekker een! Ek ken die stippellyne in meeste van johannesburg (definitief op al my daaglikse roetes) ek weet presies watter lyne waar, is 31 (31 is die wen nommer met stippellyne, bome, lamppale ens) SO as daar nie 31 lyne/bome/pale is nie, dan tel ek se 28 lyne plus 3 bome = 31!!!! Ok ek’t hierdie paragraaf weer gelees en ek verstaan hoekom julle nou finaal oortuig is “I’m touched…” ek dink ook so.

Ek tel trappe, ORAL. Ek sal een keer met trappe loop dan sal ek weet hoeveel daar is en met watter voet ek moet begin om met die regtervoet op die laaste trap te trap. As ek sien dit werk nie uit nie hier op die einde, dan ruil ek voete so in die loop…my man weet al, hy kyk maar net en se niks…ok so ek het al menigte kere amper geval, maar nog nie heeltemal nie.

Ek line alles op – die bank se hoek moet in lyn wees met die trap se punt. Ek line hom sommer so met die oog as ek dit nie fisies kan doen nie. Ek’t al agtergekom vreemdes neem aanstoot as ek hul meubels begin rondskuif…

En ja, daar is ander goed ook, maar ek sal heel aand hier sit. Dis om die minste te se, HIGH MAINTENANCE!!! My hele lewe is omsingel met syfers, heeldag elke dag. Ek is enige sielkundige se droom.

Nou moet ek eers gaan. Things to count, furniture to move.

cheers (6 so als onder beheer 😉 )

Ren

PS as ek groente sny tel ek met elke sny. Dit gebeur net, ek beplan dit nie eers nie, regtig…

Advertisements

8 Comments

Filed under Uncategorized

8 responses to “ja nee die vrou het issues…

  1. Sjoe moeilike onderwerp. Whatever makes you cope girl.
    Jy het my vanmiddag beskuldig van bemoerdgeit (unemotional), well we all cope in our own little way!
    May the force be with you!

  2. Girlfrênd! Sjoe, ek dog ek is erg. Ek moes lag vir die meubels skuif probleempie. Daai een het ek ook en dan sal my man sommer vir die grap die bank so sentimeter skuif net om my te sien koppie verloor. Gelukkig lag ek vir myself, maar jy my ding, herinner my aan daai ou op die TV – Mr. Munk. Ha, Ha! Sê my, as jy baba se doek aansit, moet die strappies ook so reguit moontlik in lyn wees met die bokant van die doek. Nee wag, lyk my ek IS tog so nutty soos jy…

  3. BB

    As Dr B nou maar haar eier mag lê – jy het baie beslis Tourette syndrome (daar is ‘n magdom verskeie ‘simptome’ wat daarop kan dui – en dit invlove nie altyd compulsive swearing nie) – ek wil nie sê dat jy ‘n lyer is nie – dit sal klink of jy ‘suffer’ – jy’s dalk eerder ‘n carrier… en hier’s nog ‘n interessante benaming : Arithmomania(c) – Compulsive mental counting. Ek kan nie imagine hoe uitputtend dit mentally moet wees nie!
    Ek weet die meeste van ons het seker al op ‘n langpad woorde en sinnetjies probeer maak met nommerplate – maar daar is perke! Ek klim in ‘n kar en ry van punt A na punt B en as ek daar kom kan ek partykeer nie eers onthou hoé nie!! Ek weet net ek is nou daar… sjoe! en dan moet ek nog wit strepe tel?? hoe del hel hou jy dit van hier tot in die Kaap??
    Jy is seker mal oor riddles??
    Have a great day girlfriend! x

  4. Dellie

    Ek tel wasgoed pennetjies soos wat ek die klere ophang, maar sodra ek klaar is, kan ek nie onthou hoeveel dit was nie! hehe

    Lekker dag!
    Dellie

  5. Krista

    Ek tel ook alles, maar vergeet sodra die experience verby is. Jy’s goed hoor!

  6. hulle (die slimmes) noem dit “obsessive compulsive behavior” deffie, en dis eintlik baie meer algemeen as wat mens dink! het juis gisteraand ‘n artikel daaroor gelees! hulle wat weet sê as dit jou lewe in totaliteit oorneem, kan jy behandel word daarvoor, maar as dit regtig nie vir jou of enige iemand om jou ‘n probleem is nie en jy kan saamleef daarmee, moet jy maar net aanvaar hoe jy is!

  7. Big D

    Ek dink dit is ‘n teken van intelligensie

  8. laaks3

    Hallo Deffie

    Ek ken die gevoel ek tel ook alles so in die stilte. Ek doen links en regs dieselfde. As ek regs iets doen dan doen ek dit links ook. Ek wasmy hande 40 keer `n dag. Ek tel karre, pale, bome, net nie geld of mense nie. Nie omdat ek nie kan nie ek het nie geld om te tel nie en wie wil nou `n overdraft tel!

    Moennie alleen voel nie ons doen dot ook al is dit in die geheim.

    Groete

    Kobus.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s