hartseer, bemoerd, de bliksem in

Wie’t daai ongelooflik optimistiese liedjie gesing? Was dit Karike? Daar’s ‘n land….sy’t mos die song vir onse land Suid Afrika gesing….? Ek wonder watter jaar was dit.

Vandag kan ek daai woorde vat, op dit trap, daarop spoeg en dit in die strontpyp afdonner. Want DAAI land is nie die een waarin ek nog steeds bly nie, die vet weet. Ek bly in ‘n siek, verwronge, hartseer, hopelose, afgrond-wagtende land. Dis my land Suid Afrika.

My sus bel my uit London uit om te vertel dat ‘n jarelange vriend van haar man se ouers gisteraand doodgeskiet is in Olivedale. In sy multi-million oprit van sy multi-million estate. Net so. Uit die kar geklim, daar wag 3 van lucifer se beste kliente hom in, 1 skoot deur die hart, vat die selfoon, breek sy vrou se vinger om haar ring te kry en vat die pad. VIR ‘N LOUSY FKN FOON EN 1 RING?!?!?!?! Moenie vir my se hulle kry so swaer dat ‘n doodonskuldige man en pa met sy lewe moet boet vir ‘n foon en ‘n ring nie. Dit is NIE meer aanvaarbaar nie.

Die etter ‘n ene Ronald Jones kerel wat die 6 jarige Micaela Ganchi verkrag, gemartel en toe haar keel afgesny het, het 2 lewenslange vonnisse gekry + 25 jaar. Sy mede etter prokureur meen “die misdaad is nou nie die ERGSTE wat mens kry nie…” JY domdrol, JY moet koelbloedig van kant gemaak word want JY en Jones was ‘n fout. Erens het iets verkeerd gegaan en julle is grootgemaak. Hier is wel ‘n DEFINITIEWE geval van die pasgebore baba wat uitgegooi is en die placenta wat grootgemaak is. Toe ene Jones die vonnis gekry het, toe draai hy na die familie en skree, “Ek kry julle buitekant!” Have you ever in your life??????  Julle hoort in driene, gekastreer, gemartel, gelos vir die dood. Want moenie vir my se Die tipe van ding is als deel van die GROOT plan nie. Dit is nie, en ek sal dit nie glo nie.

My medemens, ek kan vandag met alle eerlikheid se hier is nie ‘n toekoms vir ons in hierdie land nie. Al rede hoekom ons nog hier is, is omdat geweld ons nog nie persoonlik geraak het nie –  en ek TOUCH wood – en die donner weet, ek gaan nie daarvoor wag nie. I want out. Dis te danke aan ‘n magdom van redes, maar die grootste seker hiervan is die beheer liggaam van die plek naamlik die government (julle verdien nie ‘n hoofletter G nie, julle moere). 

En waar begin dit als? As kinders in die ouerhuis. Dissipline. Daar is 9 jarige kinders in hierdie land wat cocaine gebruik. Hulle is wit, hulle het ouers hulle het geld. Maar hulle is verantwoordelik vir die toestand van hierdie land oor 10 jaar. Dieselfde land waarin EK my gat afwerk om my kinders reg groot te maak. Net om die cocaine verslaafde, die verkragter, die moordenaar, die dief OF aan bewind te sien OF nog steeds op die straat gaan he om MY kinders se lewe in gevaar te stel. Ek stel nie belang nie. Ek was nou vir lank genoeg patrioties – goed ek sal erken, ek was nog NOOIT patrioties nie, so daar. Maar my blinde oog het visie gekry en ek weier om hieraan blootgestel te word of dit te aanvaar. Suid Afrikaners is gedesensitised teen geweld, siek mense, diefstal, verkragting. En ek het al voorheen gese, voor ek my empatie verloor wil ek eerder hier uit. Wel vandag is deel van my empatie daarmee heen, en once lost, never to be regained.

Rot in hell Ronald Jones.  Moenie eers probeer jou Bybel boekies oopmaak in die tronk alla-Paris nie. U are past forgiveness, u died a long time ago, why you’re still here, who knows? Jy en daai siek draak-drek Andrew Jordaan.

Eks kwaad. Regtig kwaad.

R

Advertisements

7 Comments

Filed under Uncategorized

7 responses to “hartseer, bemoerd, de bliksem in

  1. marat

    Ekke voel ook so.

  2. sonkind

    Jy is SO reg. Die wette in hierdie land is really really fucked up (pardon my French). Jy kan steel, jy kan moor, solank jy net nie rook of te vinnig ry nie.

  3. Koeksuster

    Deffie,
    Hoor, hoor vriendin. Die spyker op die kop.

    Dis presies hoe ek gevoel het na ons episode – met my kinders in die kar – never you mind. Ek haat die fokkers – en ongelukkig vir sommige, haat ek almal ewe veel. Dit – weet ek baie goed – sal my eendag uit my Vader se Sonpaleis hou.

    My man se die goed is slegter as diere, want diere kan jy nog oplei en liefkry – en by die goed bedoel ek nie net ons spelonk broers nie, maar ook daai aap wat haar kind so aangerand het. Slegter as krap kak op die seebodem.

    More skyn die son weer helder, vriendin, en ons kry weer perspektief, maar vandag is vandag.

    Sela op jou songkie – ek hoor jou!!
    R

  4. Jammer dat ek jou nou gaan teleurstel, maar jy ken vir my as ‘n reguit ou.

    Nou dat die sterre uit jou oë en bleeding heart liberalism uit jou sisteem is kan ek met reg vir jou sê, hartlik welkom in ons Suid Afrika, die plek waar die res van ons nog die heeltyd bly!

    Met een verskil. Ek gaan nêrens. 8 geslagte het voor my gebloei vir die land, ek het gebloei vir die land. Jy was nie Afrika se stof net uit jou siel uit en loop nie. Staan op, kyk op en verdomp baklei vir wat joune is! Of loop en los die true patriots om die job te doen.

    Your choice
    Jaco

  5. Hierdie post was nie geplaas omdat ek oornag ‘n rassis geword het nie. Ek diskrimineer nie teen ‘n spesifieke groep mense nie, ek HAAT wat gebeur in hierdie land – van die top notches wat nie gekwalifiseerd is om besluite te maak nie, tot by die audacity van kriminele wat dink hulle kan doodmaak vir iets wat nie aan hulle behoort nie.

    Jaco, die dag toe my kinders by my voordeur ingedra is, het my patriotisme by die agterdeur uitgewaai. EK gaan nie aan iets probeer veg omdat ek voel ek skuld my land of my voorvaders iets nie. Ek sal nie my lewe in die spel sit vir patriotisme as dit beteken die lewe van my familie is in gevaar nie. Dan sal ek eerder my kop hoog hou, my goed vat en op ‘n beter plek ‘n lewe gaan maak. Want hier gaan dit nie meer oor my nie, hier gaan dit oor die toekoms vir my kinders…en dis waar die hartseer inkom. Daar is geen waarborg dat daar een is vir hulle nie.

  6. kokkewiet

    Ek voel ook so! Wanneer gaan al hierdie dinge ophou!!!!

    Ek het altyd gehoor en saam hartseer gevoel oor almal wat deel is van die statistiek, maar noudat ons familie ook deel daarvan is, is dit nie so maklik om sommer te vergeet nie. Dit is so sleg om te weet dat daardie varke weggekom het en seker nooit sal boet vir dit wat hulle gedoen het nie. Ons is gelukkig almal sterk mense en kan aangaan en ek moet sê dat alhoewel daar geestelike letsels gelaat is darem nie fisiese letsels nie.

    Al voel ek so, sal ek ook nie die land kan verlaat nie. Dit is hier waar ek groot geword het en waar ek wil doodgaan (hopelik vreedsaam). Ek dink dit is tyd dat ons as Afrikaners opstaan vir dit wat reg is en veg vir ons vryheid!!!!

    Hoop jy voel beter!!

  7. arra alias griet

    Hallo Def

    Het altyd jou comments op Steve se blad geniet. So bly jy het nou jou eie spreekbuis.

    Ek stem 100% saam. Mens voel nog redelik gerus oor die land omdat dit ons ook nog nie so direk en dodelik geraak het nie. Daarom is dit tyd om nou te pak en te gaan. Patriotisme se gat!!! Ons het so 2 jaar in Amerika gebly en wat ‘n wonderlike ondervinding. Ek berou die dag wat ons besluit het om terug te kom. Moes eerder finansieel en emosioneel aan daai kant vasgebyt het, verlange na familie was BAIE erg. Nou moet die hele proses van emigreer weer oor begin, maar die keer doen ek dit vir my seunas (3 en 1 jaar). Die verlange sal die keer onder beheer wees want “familie” gaan mos saam, of hoe?

    Nee wat, wil nie bly en fight nie, gee nie om wat hier gebeur nie. Ek het net een lewe gekry en so waar as wragtag ek offer dit NIE vir die land nie. Ander lande het net soveel om te bied. Ek dink hoeka my man is eintlik ‘n under cover yankie – hy het so goed ingepas en ingeskakel. Hy was so tuis asof hy daar gebore is.

    Nou ja, enough said (soos uit Ocean’s 13 – ladies night monte casino.)

    Het jy vanoggend op highveld gehoor van die anti crime plan? Klink belowend, sal maar vanuit Amerika hoor of dit ‘n verskil gemaak het (I wish ons kan so vinnig daar kom) Keep up the good work – put those thoughts to “paper”, ja?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s