ok maar lekker stupid…

Ek het ook partykeer ‘n  ‘rotten’ streek in my, maar die lewe is mos te kort om nie gekke van ander mense te maak nie….veral as hulle bietjie gullable is…

So 3 maande terug toe gaan eet ek en manlief uit vir sy verjaardag. Daar gekom loop ons ‘n pel van ons raak by die plek. Nou hierdie vriend van ons is ‘n celeb – ek sal sy privaatheid respekteer – maar die publiek LOVE die ou! Anyway, hy’t toe ‘n yankee pel van hom daar saam en die vier van ons geniet dus toe ons ete by kerslig en ‘n paar glase rooi.

Klaar geeet toe gaan sit ons buite op die balkon. Die yankee stap toe badkamer toe en met sy terugkeer sien hy 2 van SY pelle en die wil toe ons kom join. In a nutshell, hierdie 2 mensies was mmm…hoe kan ek nou se? Commen en kru en ja, stupid – dis mooi gestel. Sy sien toe saam met wie sit ons en toe is daar GEEN manier om van hulle ontslae te raak nie. Kyk, die taalgebruik het selfs hierdie pel van ons na sy asem laat snak en die man issie bang vir swets homself nie – I’m talking WAY BELOW the belt, hierdie girl. Elk geval, op een stadium toe vra sy hom of sy ‘n foto van hom en haar kan kry vir HAAR MA!? Hy’s toe nie links nie en se goed, maar hy neem net fotos as ekke in die foto is saam met hom…sys toe nie heeltemal happy nie, maar sien toe sy gaan nie wen nie en ons pose toe mooi vir haar selfoon-foto-vir-haar-ma. Toe sy hom toe vra “[naam] hoe cope jy met al die fotos en mense?” gebeur iets hier in my brein wat ek nie kan verduidelik nie – daai swart sin vir humor miskien? En ek se, ag mens raak maar gewoond daaraan…waarna sy natuurlik vra “hoekom is jy ook ‘n celeb?”, waarop ek [poker faced] antwoord, jaaaaa…..

Dit blyk toe dat ek myself toe voorstel as die naaswenner van Survivor SA [ek’t maar gereken niemand het daarna gekyk nie, so niemand sal weet nie?]. Maar ek het OOK nie gekyk nie, so effektiewelik het ek nie geweet wat my eie naam is nie – net geweet die wenner was swart dus kon ek nie die wenner gewees nie. Goeie polony, die volgende oomblik dag ek ekke kry ook die epilepsie van die flashes soos sy en haar kerel my begin click en pose saam my, en toe begin die vrae…wat het julle geeet, wat het jy saamgevat, hoe’t jy gecope, wie was die REGTE enemy???? Ek [en subsequently almal saam ons] het naderhand so gelieg ons het nie meer geweet watter stories vertel wie nie! Maar hoe meer ons lieg, hoe meer drankies koop hierdie star-struck couple! Ek het naderhand so ver gegaan om letsels te wys van die Survivor episode, [naam] was so in daarop, hy het gese ek doen interviews saam met HUGE celebrities, en hul moes my maar net vra wat my opinie is van al hierdie mense!! In die meantime, is hulle so star-struck hulle kan nie cope met al hierdie “celebs” om hulle nie!!!  Teehee, julle, dit was histeries snaaks! Ons kon net nie ophou nie, en hoe meer ons vertel hoe meer hang hulle aan ons lippe.

Ok, so die volgende dag het ek klein bietjie skuldig gevoel. Meer oor die twee leke mensies wat vir ALMAL hul kiekies gaan wys van [naam] en Survivor se naaswenner…Kan julle die reaksie picture? Uhm, NEE dit is nie die girl van survivor nie! Maar aan die ander kant, ek dink hulle aand was gemaak en hopenlik sien ek daai 2 nooit weer nie!

Smile 😀 you’ve been caught on camera…

Ciao

RP

Advertisements

5 Comments

Filed under Uncategorized

5 responses to “ok maar lekker stupid…

  1. You are a dark horse you….maar enige kans vir payback aan die yanks kan nie verbygegaan laat word nie

  2. Oi, wys jou nou net wat algemene kennis jou als van kan red, lol.

    Nice blog, en lekker stories. Doen so voort dolla…

    Toedels vir eers
    Mwah

  3. marat

    Ek kan dink dit was vet pret – ek dink die hele petalje het soos ‘n fliek afgespeel . . .

  4. Baie snaaks! Laat my dink aan my vriend wat in USA was op kursus toe vra die tannie vir hom oor sy liefdeslewe. Hy vertel haar toe synde dat hy in Afrika bly het sy grootste vrees waar geword (snik, snik). Sy liefde is deur ‘n leeu gevang en opgeeet. Ag flip, die vrou was in trane en my vriend…sprakeloos! Kan ‘n mens nou so stupid wees?

  5. Naamgenoot…partykeer wonder ek oor jou! hehehe 😀

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s