untitled

Wat maak saak in die lewe? Ek wonder partykeer wat die eintlike rede van ons bestaan is? Om voort te plant? Om die aarde te benut en die beste uit hom te kry [ja, dit het so 50 jaar gestop, nou neuk ons hom net op]. Om soveel geld moontlik te maak? Om soveel moontlik van ons talente te gebruik en die beste daarvan te maak? Of om net te leef, dag in en dag uit. Want op die oomblik jaag ons net wind. Ons dagboeke is vol vir die volgende 2 maande, ons parties bespreek, ons vlugte gebook, kersfees beplan, kinder partytjies gereel [vir volgende jaar…]. En intussen is daar soveel wat ons mis…

Ek mis:  Om my werklike talente uit te leef. Ek het soveel Godgegewe talente, regtig, maar ek gebruik dit nie. Ek gaan deur fases wat ek hulle gebruik, dan voel ek so goed oor myself. Dan gaan dit verby en ek begin die volgende ding aanpak. Dan gaan dit verby en so gaan dit aan. Ek het soveel drome – nie onmoontlike dinge nie – bereikbare drome wat net EK kan maak werk. Ek het als wat ek nodig het om die drome te bewaarheid…maar ek lack die guts. Die balls om my gluteus in rat te kry en iets daaraan te doen. Want, die eerste gedagte wat in my kop opkom, is, wat as dit nie werk nie???? En DAARTEEN is ek nie beskut nie!!!  O nee, this little piggy doesn’t take failure very well…Maar die realiteit van die saak is, hoe meer ek uitstel hoe meer fail ek? Is dit nie so nie? Hoe verder die tyd aanstap, hoe minder het ek om te wys vir al hierdie versteekte talente waarmee ek so brag? So, the next obvious approach, is SKAT, KLIM VAN JOU GAT AF EN DOEN IETS!!!! Die harde approach het nog altyd beter gewerk met my jy sien.

Die onmiddellike gedagte is dan, more is nog ‘n dag. Vandag kan ek nie met die besigheids plan begin nie want dis rugby en more is Moms & Babes, en dan lunch ek met my Durban vriendin, en dan is dit naweek….so VOLGENDE week begin ek. Dis mos nou loutere k….amper se ek kak.

My middel-jaar voorneme, hier in die openbaar, in die kuberruimte, vir die hele wereld om my getuie te wees is dus: 2007 gaan ek iets aan my lewe doen. Ek gaan my talente gebruik, ek gaan doen wat my gelukkig maak, my passie. En nie noodwendig vir die geld nie, net omdat ek WIL.

And that’s a wrap.

Njannies, sputt sputt, bloedsusters met myself. Dis ‘n belofte.

Ren

Advertisements

7 Comments

Filed under Uncategorized

7 responses to “untitled

  1. DOEN dit net! As ek die moed bymekaar kon skraap om ook ‘n blog te begin, kan jy doen wat jy moet doen! You go girl!

    Lovies
    Dellie

  2. marat

    Jy is bevoorreg om te kan (al is jy te bang vir failure). Ek droom vanni kans . . .

  3. BB

    Jip! doen dit – want jy kan! ek imagine net altyd as ek eendag ‘daarbo’ kom en die Vader wys my als wat Hy eintlik vir my beplan het – met ‘n bietjie blood, sweat ‘n tears van my kant af – en ek sien al hoe sit ek met my gesig in my hande en !ween!…
    Ek ‘leen’ jou een van my favorite quotes:
    “When I get to Heaven I will not be asked: “why were you not all that Moses could be”?, but I will be asked: “why were you not all that BB could be”?”
    Gaan doen nou “daai deng” en gaan doen dit na die allerbeste van jou vermoë en tot Eer en Glorie van Hom wat jou geskep het!
    x

  4. You only have one life, and it could end today! Vra eerder verskoning vir dit wat jy gedoen het as om verskoning te vra vir dit wat jy nie gedoen het nie.

    Gaan nou en doen wat jou passie is!

  5. Sonstudio

    Ek lees lekkerrrr aan jou blog. Stunning. Stunning verby!
    Dit lyk my die jaar 2007 is die jaar ‘for getting real with yourself’… Ook my gluteus in rat gekry en drome begin realiteit maak. Love elke oomblik daarvan.

  6. Thea

    Wees soos ‘n posseël – klou vas aan een ding totdat jy jou bestemming bereik.

  7. Sami

    Deffie
    Ek kan so met jou stellings assosieer. Hierdie jaar was vir my net so moeilik. My laatlam is weg koshuis toe – 2 1/2 uur van hier want die skole het nie lekker uitgewerk vir ‘n Dux nie. Toe sit ek na ek kinders vir 25 jaar grootgemaak het in hierdie “empty nest”. Te aaklig gewees. Nes jy voel, het ek op die ou end begryp dat dit oor attitude gaan. Gaan ek die besluit maak om jammer vir myself te voel oor die feit dat ek my kind so ver moes wegstuur en my joppie nou klaar is of gaan ek die geleentheid gebruik om my kennis, ondervinding en Godgegewe talente beter aan te wend. Elke dag is maar ‘n sukkeldag maar so stappie vir stappie raak dit beter. Dis beslis ‘n attitude wat mens moet aanleer. Ek verstaan waar jy is, maar jy gaan een oggend wakker word en daardie besluit neem. Vat daardie talente en werk daarmee, deel dit. Dis die geheim, deel dit!!
    Liefde en sterkte
    Sami

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s