girls in white dresses and blue satin sashes…

Snaaks hoe party mense oor dieselfde dinge sit en tob op dieselfde tyd? Ek sien een van my mede-bloggers het oor dieselfde onderwerp geskryf ‘n dag of so terug as wat ek ook vandag gaan skryf! Miskien is dit die lug of hoe? Ek vermoed dalk dis oor al die negatiwiteit wat op die oomblik aan die gebeur is in die land en om ons. Dan sit mens terug en kry ‘n blik op jou eie lewe en besef opnuut, It’s not all that bad???

So kom ek toe af op my gunsteling dinge. Daar is DUISENDE, letterlik, party diep ander die nie-so-diep tipe…maar ek dink vandag begin ek met die laasgenoemde. Ja, hier besluit ek nou sopas ek sal die lysie-ding doen:

GUNSTELINGE:

KLEUR:  blou

KOS:  Medium rare fillet steak

DRANK:  Water/gin & tonic/rooi wyn

KLEDINGSTUK:  My Urban jeans

VAKANSIE PLEK [local]:  Heidestrand – ‘n plek aan die einde van die wereld, sowat 2 ure van PE af, ‘n halfuur van Kareedouw

VAKANSIE PLEK [oorseee]:  Die suide van Frankryk

WINKEL:  Crabtree & Evelyn/Cabbages & Roses

FLIEK:  1. Dirty Dancing…. 🙂 2. Life is beautiful 3. Amelie 4. Cinema Paradiso

MUSIEK: So many to choose from…1. U2 2. Sting 3. Sarah McClaghlan 4. Robbie Williams … daars erg baie, te veel om op te noem!

AKTEUR: Jack Nicholson, Anthony Hopkins, Edward Norton

AKTRISE: mmmm, ek kan sweerlik aan niemand dink nie??? Charlise Theron kom op…

BLOM: Tulip

LOCAL PERFORMER: Casper de Vries

LOCAL ARTIST: Antoinette Kellermann

LOCAL MUSIEK/GROEP: Parlotones/Tree 63

BOEK: Power of One

TYDSKRIF: House & Leisure/Tuis

MEUBELSTUK: My seun se antiek hangkas

PROGRAM [komedie]: Friends

PROGRAM [drama]: Prison Break, Greys Anatomy

HELD: Nelson Mandela

CARTOON: Winnie-the-Pooh

MOOISTE MAN [plaaslik]: ok behalwe my eie, dit tel nie! Mmm as ek hieroor moet dink is dit ‘n probleem! So, my man wen 😉

MOOISTE MAN [nie-plaaslik]: Sting, Bono, Matt Damon,

ERGSTE CELEB [plaaslik]: Patricia Lewis/Nicholas Louw

ERGSTE CELEB [nie-plaaslik]: Tom Cruise, Paris Hilton, Coutrney Love

So! Daar is dit nou! Oor die naweek raak ek biekie dieper, maar hierdie was al die vlak dinge 😉

Lekke vrydag,

Bye

Ren

Advertisements

4 Comments

Filed under Uncategorized

4 responses to “girls in white dresses and blue satin sashes…

  1. mielie

    Hi Sami,
    Ek’t werklik ‘n traan in my oe gekry toe ek jou comment gelees het – ek kan nie eers se ek verstaan hoe jy voel nie. Ek kan nie myself indink hoe dit sal wees die dag as die baby uit die huis is nie. Op die oomblik draai ons lewens en ons bestaan om ons kinders [daai deel sal seker nooit anders wees nie]. Maar ek het ook besef dat die lewe wat ek gegee is nie vir my gaan stilstaan nie. Die realiteit van die saak is, more kan ek doodgaan. Dis ‘n feit soos ‘n koei! Maar ek het ook besef dat ek NOU die beste van hierdie lewe wil maak. Ek sal iets hier in Jozi begin, en as ons trek [albeit uit jozi of uit die land] dan begin ek weer van vooraf. Ek weet nie, miskien het ek dinge te maklik gehad in my lewe dat ek nou wag dat dinge MOET gebeur. Die tyd het gekom dat ek dinge gaan LAAT gebeur.

    tata sami, ons praat weer xx

  2. Sami

    Mielie/Deffie/Ren

    Jy weet as ek so kyk wat besig is om in hierdie land te gebeur kan ek verstaan dat ons voel soos ons voel. Ons wil net die beste vir ons kinders hê en dit behels maar groot opofferinge, beide emosioneel en geldelik.
    Die groot ding is net ons self weet wat die beste vir ons eie omstandighede is. Laat niemand jou vertel wat reg is vir julle nie. Volg jou hart, dis mos waar ons Helper woon, jy sal verbaas wees hoe deure oop en toe gaan wanneer jy dit glo.
    Partydae is ek sielsmoeg vir die feit dat ons as Afrikaners/blankes so gemarginaliseerd word, veral wanneer ek my grootseun moet terugneem lughawe toe…landuit…dan tjank/vloek ek hierdie leiers van ons tot by die huis. In stil oomblikke daarna luister ek weer na my hart en ek weet Hy wil hê ek moet hier wees en my kinders daar ver…Hoekom?… weet nie nou nie maar het al geleer as ek so terugkyk dat daar vir alles ‘n rede is.

    Laat dit goed gaan met jou, elke dag so stukkies beter.
    Sami

  3. marat

    Dis so weird: ek hou ook van blou, medium-rare fillet, Jack Nicholson, tulpe, Casper de Vries, Power of One, Grey’s Anatomy en NIE van Patricia of Nicholis nie.

  4. mielie

    Great minds meraai, great minds 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s