my klein swart boekie…

Na my amper 30 jaar van dienslewering op moeder aarde het ek al ‘n klomp lessies van die lewe geleer.  Baie moes ek ‘n paar keer deurmaak voor ek verstaan het hoekom dit ‘n les is en sommige net een keer se foolishness…Hiermee deel ek graag ‘n paar van my lesse uit my persoonlike swart Lewenslessies boekie met julle. En dis gratis, pasella lesse, en glo my, ek praat uit ondervinding:

Verhoudings [tussen man en vrou]:

  • Moet nooit se “I told you so” nie        
  • As jy [werklik] hoofpyn het, laat hom vroeg in die aand weet, net so voor lig afskakel tyd werk nie vir hulle  nie…
  • As jy stront aangejaag het, maak sy gusnteling bord kos VOOR jy hom vertel
  • As iets R499 kos en jy koop dit, se altyd “dit was vierhonderd en iets rand” want dis mos die waarheid?
  • As iets R1000 kos en jy koop dit op UITVERKOPING, praat altyd eerste van die merkwaardige waarde vir geld uitverkoping en dan oor die prys
  • As hy in sy familie se karakters inklim, moenie saampraat nie…NET hy mag praat oor die familielid wat almal wegsteek
  • Indien jy ooit jou/sy motor stamp/krap….hehe sterkte! Ek’t nie advies vir daai een nie
  • Indien HY die motor stamp/krap, se NIKS. Sien punt nommer 1…
  • Intoxicated mans is nie in staat om in ‘n verskil ENIGE sin te maak nie – ignoreer tot more oggend. Dan, speel horende doof vir kinders wat vroeg op is 🙂
  • Moet nooit, maar nooit vorige kerel-ondervindings met jou huidige een verwar nie, ie. “onthou jy daai keer by my ouma se huis…..?” Uhm, nee dit was seker iemand anders….ouch.
  • Vind by voorbaat uit wie speel elke Saterdag rugby. Moet nooit vra wie speel nie.

Kinders:

  • Moenie ooit noem hoe lekker slaap die kinders nie…hulle sal binne die volgende 2 minute wakker word. Njannies, trust my
  • Moenie over cautious wees as jy by die kamer probeer uitsluip nie. Wees gewaarsku, jy SAL in die tafel vasloop, jy SAL op ‘n squeeky toy trap of jou enkel SAL click maak
  • Die boks is regtig die gunsteling speelding. Regtig.
  • Moenie die blaas-effek-oulike-ding probeer bevorder by babas nie. Hul sal dit slegs beoefen en bemeester tydens ‘n maaltyd
  • Goue reel: As hulle stil raak, doen onmiddellike ondersoek. Soos in Onmiddellik
  • ‘n Loperige verrassing in die luier is wonderlike verf vir ‘n kot…
  • Moenie worry nie, jou kind is werklik liewer vir jou as vir die bediende. Hulle gee net voor om jou hart te breek
  • Katte krap kinders wat aanhoudend hulle sterte trek
  • Indien jy die oulike bad kryte gaan koop, moenie by my kom huil as kind nie uit die bad wil klim nie. Wat my by die volgende punt bring;
  • Maksimum 2 speeldinge in die bad. Anders word badtyd speeltyd, word skree tyd, word uur en ‘n half in diee badkamer tyd
  • Wit leuens is ok vir kinders. Mamma word ‘n monster as my kinders stout is, is ok. Veiligheids gordels vas ten alle tye [selfs in vliegtuie] anders sluit die polisie jou toe en dis brood en water vir ewig mannetjie – ook ok

In die kombuis:

  • Raspers kan ook naels/vingers/kneukels rasper
  • Maak ALTYD seker die handvatsel van die pan is nie oor die vlam van die ander plaat nie…derde graadse brandwonde gewaarborg. Weereens, vertrou my
  • SUURLEMOEN EN WYN LAAT MELK GIS
  • Tamatie laat melk gis
  • Die stoompot KAN regtig ontplof…
  • ‘n Kenwood chef Master is ‘n ander naam vir die perefekte vrou, so JA ELKE VROU MOET EEN HE!!!
  • Blaas die kos koud voor jy proe – die verbrande verhemelte en tong vat sowat 4 dae om gesond te word
  • Moenie die houtlepel in die pan los terwyl die pan warm is nie, hy sal brand
  • In fact moenie eers met ‘n houtlepel werk nie, alles proe naderhand soos hout
  • MOENIE vrugte op dieselfde voorbereidings bord sny as uie nie…oooo een van my pethates
  • Zucchini = Baby Marrow
  • Koop soles wat klaar skoon gemaak is – dis nie mooi wat daar uitkom nie. Dieselfde gaan vir garnale
  • Garnale = Prawns 😉
  • Moet nooit die verpakking glo as dit se die spinasie is ‘washed and ready to cook’ nie. Spinasie moet, dink ek, deur die karwas borsels gaan, altyd
  • Fish sauce is ‘n wonderlike bestanddeel. Waarskuwing, MOET NIE inhoud van bottel ruik nie. Nooit nie. Jy mag dalk berading nodig he daarna…

Algemeen:

  • Hadedas is regtig balhorige gediertes
  • Praat altyd eerder die waarheid. ‘n Leuen kom trug en zap jou in die foefenjolletjie
  • Moenie die lemoen sakkie eers probeer ontknoop nie. Sny daai bleddie toutjie met ‘n sker
  • Hou maar die beenhaartjies kort. Mens weet nooit…
  • Dit is welliswaar nie moontlik vir iemand om hul eie elmboog te lek nie – ek probeer al vir die beste deel van my lewe
  • Dis wel moontlik om ‘n klein eendjie wat verdrink het, mond-tot-mond asemhaling te gee en dan leef hy. Ek het – maar dan kyk die eienaars nie na hom nie, en die volgende dag verdrink hy in sy drinkwater….goeie liewe donner. Berading. Ek se jou
  • Leer om vir jouself te lag

In Afrika:

  • Eish het 58 verskillende betekenisse
  • Daar is werklik iets soos afrika-tyd. Dit is tyd wat absoluut van geen betekenis is nie
  • Ja-nee beteken eintlik Wel
  • Ag shame het ook 58 verskillende betekenisse
  • En Fect is ‘n GROOT sin-beginner. Mense dink jy is baie geleerd as jou sin met daai 2 woorde begin
  • As geweld jou tref en jy leef, dan word jy as gelukkig bestempel – seriaaaas
  • In die winter word jou gras bruin op kolle. Die skuldiges vir die bruin-wording noem ‘n mens truck-and-trailers. Dit is ‘n insek wat soos ‘n Mazda bakkie lyk met ‘n 10 voet trailer. Wag vir ‘n warm dag. Versuip jou gras in water. Strooi bokse vol Surf wasgoed poeier op die gras….en wag!!! Truck-and-trailers by die duisende!!!! En nuwe, groen gras – dis die reine reine waarheid, weereens getuig ek daarvan

Daarsy! My jare lange gedagtes op een vel papier…maar dis wyshede hierdie gehoor!

Ek begin more om resepte hier te sit.  Meestal my eie aanmekaar-slaan-goete vir ‘n quick-dinner-recipe. Ek gaan dit onder del.ici.ous file. Kyk uit vir die lekkerste tjoklit koek resep in die wereld 😉

Mag julle in vrede leef vir die res van die middag, en more oggend nog ‘n sonnige dag hier in Afrika beleef

Ciao

Ren 

Advertisements

8 Comments

Filed under Uncategorized

8 responses to “my klein swart boekie…

  1. Dankie
    Het jou wyshede baie geniet.
    Ek hou van jou manier van dink en redeneer en ook dat jy oopkop genoeg is om die waarheid van die lewe in te sien.
    Mense soos jy is skaars en sal hopelik die pilare van Suid Afrika bly.

    Groetnis
    Karl

  2. marat

    Lekker gelag vir van hierdie mededelings, notas gemaak van ander. 😀 Kan nie wag vir die tjoklit-koek resep nie, deel gerus enige ander maklike, smaaklike reseppies met ons – ons soak alles op (mens is nooit te oud om te leer nie).

    PS: Omo laat jou klere krimp en na die winter pas niks van jou somers-klere nie (werklik! serious!)

  3. BB

    Jinne maar jy IS slim vir 30!! Ek sit met ‘n heerlike smile op my gesig – ek het nou die dag Liefie se kar in ‘n paal ge-reverse – en hom (amper) oortuig iemand het by die mall se parkeerarea in my moes vasgery het terwyl ek in die winkel was, want toe ek weer sien… ‘n blinde met ‘n wit stok sal kan voel dat daardie eina deur ‘n square-tubing paal veroorsaak is, maar Helge reken so ewe “die Bl!ksem!” ;o) Ai, wat het ek tog gedoen om die man te verdien?!
    LMGA@Marat se Omo-feit – ek kan daardie een bevestig!
    Terloops – mens kan mond-tot-mond op ‘n skilpad ook toepas – ek het my ‘Ouvrou’ uit die swembad gered! en wat doen sy ‘n uur later toe ek my g@t draai?? Kaplons!!!

  4. mielie

    hehe! BB en Marat, julle laat my lag. BB ek wou aanvanklik eers se ‘as jy die motor stamp, jok ONMIDDELIK daaroor, en gee iemand anders die skuld…’ maar dit sou my purpose totaal en al defeat oor die reel van ‘vertel altyd die waarheid!!! Hehehe!
    Marat, nou ja toe, dis dan wel die rede hoekom ek altyd ‘n nuwe somerskassie moet gaan aanskaf – ABSOLUUT niks te doen met die feel-good stews, pannekoek, horlicks en roomsop nie 🙂

    Ons praat weer xx

  5. lanaba

    Ek het nou omtrent die post geniet…..!!!!

    Hoop jy het n wonderlike dag!

    troedelkies
    xxxxx

  6. Baie oulik! Het my alie afgelag! Nou weet ek ook hoekom my klere nie wil pas in die winter nie. hehe

  7. Koeksuster

    Grapjas – dis duidelik dat jy al n paar jaar in die omtes is. Ek is mal oor hadedas comment – ook al agter gekom die bliksempies het nie ore nie!

    Koeks

  8. Wat op dees aarde moet gebeur dat mens uitvind suurlemoen en wyn laat melk gis?? 😀
    Whahahaha….

    …en die resvan jou opmerkings is net so oulik!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s