Rookwalms, Trompie en clap gewere…

Ek’t grootgeword op ‘n klein dorpie in die Oos Transvaal, naamlik Witbank. Vandag is die dorpie ‘n stad en hy bevind hom tans in Mpumalanga. Ek’t verneem sy naam het ook verander, maar wie weet wat hy homself deesdae noem? Vir my sal hy altyd die klein dorpie Witbank bly…

Ek’s die jongste van 3 dogters – en ek hoor die gossip dat ek ook die balhhorigste en bederfste was….gmpf se ek…Ek het net ‘n goeie selfbeeld gehad en was die cuteste – 🙂

As ek dink aan my kindertyd oppie dorp dan kom daar oor en oor dieselfde gedagtes op by my: my skooldae, my maaikies [almal seuns I’ll have u know…] my trokke, treine en gewere, my 2 ouer sussies ens ens. Ek deel hiermee graag my herrinneringe met my screen, want dis so lekker om aan hierdie memories te dink!

Soos ek gese het, het ek meestal net seuns as maats gehad. Die meisies was moerse veeleisend en hulle kon nie ‘n regterhaak slaan so goed soos ons ‘manne’ nie. Daai rokkies was dan ook erg ongemaklik, wat met die bene toe, maggie op die glyplank gaan nie, beentjies wat koud kry. Nee hel, uit die staanspoor het ek maar eerder gestem vir cuorduroys en tekkies.

In die kleuterskool het ek 2 maatjies gehad, Tommie en Ruan. Ekt nog ‘n ander maatjie gehad, sy naam was Jacobus…Nou Jacobus was NET my maatjie…hy was ‘n special seun…hy’t elke dag ‘n ander houertjie van sy ma se make-up skool toe gebring en dan gaan ons badkamer toe [met daai kleeeein toiletjies] en ek moes vir Jacobus opmaak met die make-up…Ja ja, ek weet, ek moes die tekens al daai tyd gesien het. Maar wats dan nou beter vir ‘n tomboy as haar maaitjie ‘n seun is EN hy dra make-up!!! Kosie, mog jou grimering skills en sykous stelery jou vandag die BESTE ‘part in the parade’ bekostig, jy verdien dit vriendin…

Witbank het nog altyd opslae gemaak vir die hoeveelheid rookwalms in die lug. Die stad is omring deur mynhope en groot fabrieke. Daar rook die mense vir vars lug – regtig. Ten minste dan weet jy presies wat in jou longe ingetrek word. Die nie-rokers se longe is vrot van die staal walms. Ek onthou dae toe my susters van die skool afgekom het [hulle was in die Tegniese skool, reg langs een van die groter fabrieke] dan lyk hulle of hulle sopas ‘n shaft laat sak het – appies met swart stoffies op hulle bo-lip. Ek aan die ander kant, was in die akademiese skool aan doeriekant van die dorp. Weg van die shaft-sakkers.

My grootste herrinneringe was in die middae, na skool. Laerskool en Hoerskool was bietjie van ‘n non-entity vir my – nie my beste 12 jaar van my lewe nie. Ek was konstant in die moeilikheid. Ek onthou een dag in Std1 toe noem ‘n ene Willem Abrie [be afraid Willem, be very afraid] my pa ‘n k*****boetie. Voor jy kon se DP toe wiks ek vir Willem so hard met ‘n regter dat hy bo-oor die skool bank vlieg en op sy gaai te lande kom! Obviously, more moes ma en pa skool toe kom om die rasse geding uit te sorteer. Pa se antwoord was toe tromp-op ‘as iemand dit weer se dan gee ek haar die volsste reg om weer te donner. En die onderwyser wat sy hand lig vir my dogter sal nie weer in die onderwys werk nie…’ Ai ja jai, miskien is dit waar die moeilikheid begin het?

Ek onthou ‘n episode toe ek in Std3 was en daar was ‘n outjie in Std5 wat ek “kwaai gelike” het! Die dag met die jaarlikse skoolkonsert was ek ‘n blom of iets – HOEKOM WAS EK ALTYD ‘N BLEDDIE PROP??????? Nooit was ek die hoofspeler nie….gmpf….Anyway, my beurt kom toe op om te ‘warrel’ oor die verhoog en Moederaarde sluk my in…aan die onderkant van die blaar se 3e aar steek 2cm van my wit flennie panty uit en DIE seunskind sien dit en vertel vir almal en almal begin lag…en ek hardloop alla-Juliet van die verhoog af…die gedagte daaraan laat my sidder. Nou ja, dink ek, daai tipe gedrag verdien 1 times roomys in ‘n cone in die man se gesig, en EK PRAAT NOOIT WEER MET JOU NIE!!!! En ek dink jy’s vet, se ek hom ook voor sy pelle. Eina. Maar ekt beter gevoel 🙂

Afrikaanse middae op tv, 16h00 elke Dinsdag was Trompie op. Trompie was my lewe, my held my alles-wat-ek-eendag-wou-wees! Ek het nooit 1 episode gemis nie. Ek’t myself so in daai program ingeleef, en natuurlik het ek ook my eie bende gehad met ‘private membership boekies’ en weeklikse vergaderings in ‘n GROOT asblik – nee moenie vra nie…En ek was die leier van die bende, Duh? Solank ek die leier kon wees was ek happy. Ons het tamatie kissie stoele gehad, ‘n vlag en geheime kodes. Maar ons was nie regtig stout nie…wat ek wel onthou is die dag toe ek en ‘n ander, baie loyal maatjie van my, Pierre, hulle huishulp met lemoene gegooi het van haar fiets af…julle dit was ‘n donker dag in Witbank…ek het een van die grootste pakslaes van my lewe gekry. Ekt nie gedink dit was sooo erg nie, maar in daardie jare het ek NIKS van apartheid geweet nie, en ekke het maar net gedog, fietsryer=teiken=pret…huh, NOT as jou pa die leier van die DP in die tagtigs IN Witbank is nie!!! Ai Pierre, bless you seun. Hy was regtig ‘n goeie seun. Hy’t in ons straat gebly en ek het daar geboer. As ek terugdink aan daai tyd onthou ek hul huis wat soos sigaretrook ruik, doodse stilte altyd, baie sagte radio in die agtergrond en grasgroen matte deur die huis. Daai was goeie mense met diepe probleme van hulle eie maar kinders weet mos niks op daai ouderdom nie? Dit was my lekkerste tyd! Hy was die enigste kind en het die meeste speelgoed gehad van al my maats. Sy huis was net agter ons ander maatjie, Jaco. Jaco se ouers was loaded en hulle huis baie prim en proper. Een van daai wie se bediende gekook het, middag en aand, kosblikke was altyd vol biltong, cheese wedges en regte boks sappies…Maar ek’t ook ‘n geheime crush gehad op Jaco – en ek, as een van die ‘boys’ kon dit mos nie erken nie. So, om my te spaar om al die pad om die blok te stap om by Jaco te gaan speel, het ek na Pierre toe gegaan. Hulle het ‘n leer teen hulle muur gehad waarop ons oor mekaar se heinings kon spring. Dan gaan ek na Pierre en ek ‘challenge’ hom – elke keer dieselfde storie. As ek vir Pierre met 1 skop in die maag kan laat huil, dan mag hy nie saam met my na Jaco se huis gaan nie. Goed se hy, go for it. Ek line op, ek staan trug, en ek round-house hom in die gut dat die mannetjie trek!!! En dan kom die trane, en dan se ek ok bye, sien jou later! En dan gaan jol ek by Jaco! Slim ne? Blerrie kinners…die wiel draai…

Ek en Pierre het ook clap gewere gehad. Daai tyd kon mens nog by Checkers regte staal gewere gekoop het wat kwaliteit was en soos ‘the real mccoy’ gelyk het. Dan, as ek of hy sakgeld het, stap ons Checkers toe en gaan koop claps met al ons geld. Claps innie sak, loop ons dan so kruip-kruip agter die bosse terug huis toe, en elke siel wat verby kom en ons nie gewaar nie, trek ons op los! Dat ons nie in die moeilikheid gekom het daaroor nie, is beyond me! Maar dit was die dae…

Ek kan boeke vol skryf oor hierdie magical tyd in my lewe. Dit was die fantastieste tye ooit. Die vryheid, die onskuld, die stoutigheid, die ware ware pelle, die atletiek en kerrie en rys en dik, meestal rou pannekoek, seer maag na atletiek, son verbrande wange en v oppie bors…ai, dit sit hier vlak in my hart en siel. Dis herrinneringe wat my altyd sal by bly. Herrinneringe wat ek so wens vir my kinders. Die onskuld, die vryheid. Vir ewig in my hart.

Pierre, Tommie, Jaco, Jacobus – julle was goeie pelle. Pierre, skies man ou tjom, nie bedoel om daai round-house hier van agter uit te haal nie 😉

En pakslae was SO die moeite werd!

Ciao

Rene 

Advertisements

12 Comments

Filed under pitte

12 responses to “Rookwalms, Trompie en clap gewere…

  1. platterfuss

    Hehe!!! Me like!!! G’n wonner ek ‘laaik’ jou ook nie!! Klink of ons pakslae OOK in gemeen het!! Jou blog = brilliant!!!

    E

  2. Sonstudio

    Met hierdie storie was ek terug in my kinderdae… Rene, dit het nou lekker gelees. Ek wens so my kinders kan ook sulke herrinneringe hê eendag. Maar hoe? Agter hoë mure en staalhekke. Kan amper nie eers alleen in hulle eie erf speel nie, wat nog van stap na ‘n maatjie toe. As ek so terugdink aan hoe lekker dit was om kind te wees, dan voel ek sommer lus om platteland toe te trek. (Weet nie of dit enigsins beter gaan daar nie…?)

  3. Ag dit was nou heerlik om te lees! Seuns was ook my beste pels en ons het ook ‘n bende gehad, die “Krummels” (weet nie hoe ons by daai naam uitgekom het nie!) met swart capes en al! Dan sluip ons in die aande rond met swart gesmeerde gesigte en steel vrugte, nogal by ons eie huise! Maar die idee was daar…

  4. marat

    Dit was nou chuckle-lekker! Nice om meer van die mens te hoor.

    PS: Is ons nie ‘n doodvreetlekker-tjoklitkoek resep belowe nie?

  5. Ek wens ek kan so goed onthou…ek weet net ek was meeste van die tyd in die moeilikheid, maar dit was nogsteeds lekker! Hoop nie my kinders lees hier nie.

  6. mielie

    AANDAG ALLE LESERS: Die tjoklit koek resep is oppad. My man is erger as oorle tannie ester van egoli – hy is heilig op die reseppie…ek werk aan hom, ek belowe. Ek sal more terug rapporteer aangaande tjoklit resep

    Rene is now known as Rene-werk-aan-manlief

  7. lanaba

    Ai dit was nou n mooi kinderdae storie-ek wens ek kon myne so goed onthou-ek onthou net n paar dinge…al wat ek weet is-ek was in die koshuis en man was dit lekker.

    Het jou post terdee geniet.

    troedelkies
    xxxx

  8. Ja… sou dit nie lekker gewees het as ons kids nog enige plek kon speel en jy weet hulle gaan teen sononder veilig by die huis wees nie?

  9. mengelmoes

    Deffels, jou devil…

    Jy het sommer my dag met ‘n smile begin, dankie hoor…

  10. Willem

    Brilljant!

    Het nou die dag in Jaco en Pierre vasgeloop, dit gaan goed met hulle.

    Sal dan maar ligloop vir jou 🙂

  11. mielie

    Willem? Is jy Willem Abrie? Goeie goeiste, a blast from the past! Hoe op aarde het jy op hierdie blog afgekom? Kom kuier weer hier, vertel my van jou lewe na skool! Jel, dis great. Thanks vir die comment

    Rene

  12. zewa

    dink nie wilem is so bad nie dink hy is n cool dude, hy is soooo n great pa!!!!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s