Elke pot het ‘n …. skeppende siel

Of hoe gaan daai stelling?

Ek dink ek was ‘n pottebakker [of ceramacist of iets] in my vorige lewe – NEE daai was NIE die cue vir ‘n reinkarnasie-debat nie…for heaven’s sake…

Ek het sowat ‘n jaar gelede opgehou potte maak toe die swanger maag te groot geraak het vir my werksarea. Die weke wat daarop gevolg het, het ek absoluut leeg gevoel. Dit was vir my baie emosioneel dat ek nie kon doen waar my hande my lei nie. Toe, gister gaan ek terug na my klei toe…’n nuwe studio, nuwe mense, nuwe ‘teacher’, maar dieselfde tuis gevoel wat ek so inniglik gemis het.

Ek se altyd, ek wens entertaining en koskook was nie my passie! Dis lang ure en die fisiese werk is erg, but once the bug has bitten, it’s tickets! My passie vir die potte [die selfgemaakte potte, that is!] is ewe groot. Ek verloor myself in daai studio. Dis iets wat ek nie aan iemand kan verduidelik nie – maar ek weet my ceramics onnie verstaan die gevoel. Ek hou haar dop as sy werk, sy verdwyn in ‘n ander wereld in. Die kunswerke wat sy optower is onbeskryflik. Daar gaan soveel passie, liefde, tyd, talent in haar stukke. Ek se gister vir haar, hoe de hel kan sy hierdie goed maak en dit verkoop? Jel, dis soos om ‘n orgaan te skenk! Die stukke se soveel van die mens, dis amazing. Daar is ‘n paar mense in die klas, en as ek kyk wat hulle maak, kan ek min of meer hul persoonlikheid opsom, net deur te kyk na die finale produk. Once the name has been put on the bottom, die persoon is opgesom.

My eerste twee stukke waarmee ek gister begin het, is twee koppies en 2 pierings vir my dogter. Ek werk nie op ‘n wiel nie – het al 2 keer probeer, kon dit nie regkry nie, en summier opgegee! Tong in kies, koes vir vlieende voorwerpe, persoonlik verkies ek handgeboude kunswerke van klei baie eerder as iets wat gegooi is op die wiel. Jy sien, die wiel is nie vir my soveel van ‘n ‘achievement’ soos iets wat van die begin af gebou, gepolish, reggemaak, geshape, gepinch ens. is nie. Daar is nou weer baie ‘wielwerkers’ wat geheel en al nie saamstem nie! Die idee van ‘n bol klei wat ‘n beeldskone pot word oor weke se werk is vir my bitter verryklik [daar so ‘n woord?].

Ek het ‘n pot hier in my kombuis. Hy is gedoop die ‘Armani’ pot toe hy uiteindelik klaar is. Die stukkie kuns het my seker 3 maande gevat om klaar te maak. Ek kan op een hand tel die kere wat ek met ‘n set idee begin het en daarmee geeindig het! Die Armani creation het begin as ‘n koelronde bak – toe kry ek hom nie koelrond nie, toe dog ek, as jy nie koelrond gaan wees nie, dan gaan jy so crooked wees, jy gat wens jy was nie so hardegaai in die begin nie! Die pot is baie special – ongeveer 600mm hoog, ‘n snaakse groen kleur en lyk soos ‘n katplank Armani skepping – gedraai, amper soos ‘n St. Josef lelie…pragtig. Hy loop van nou aan die onderkant, wyer na boontoe – ek moet ‘n foto van hom oplaai…Ek werk aan meer as een pot op ‘n slag, so dis nie asof ek net 3 potte ‘n jaar maak nie! Sien, die studio is nie myne nie so ek kan elke Dinsdag net 3 ure aan die skeppings werk – soos die een se ‘coils’ droog word deur die week, werk ek aan die ander potte. My vorige pot-samajoor was ‘n wereld klas ‘ceramacist’. Die man het kunste vir die Conran Shop in London geskep, en hy het slegs op die wiel gewerk. Hy is fenomenaal. As hy sit en werk dan maak hy altyd sy oe toe, hy voel sy pad van begin tot einde, en by george, elke keer as die skepping klaar is, is dit perfek.

Ek’t oor die jare ook geleer om eerder met toe oe te werk. ‘n Werk met die hand gemaak moet nie perfek wees nie – anders kan ons mos net sowel die goed by Loads of Living gaan koop of hoe? Gister se koppies is toe-oe gemaak. ‘n Mens se oe is bedrieglik, jy sien dinge wat jy nie eintlik veronderstel is om te sien nie, net wat die vingers kan voel. Soos ek gister daar in die nuwe plek gesit het, het ek ‘n punt daarvan gemaak om uit die venster te kyk – my uitsig was die mosbedekte muur van ‘n stokou rekreasie sentrum in Norwood. En dit was so mooi. Die absolute natuurlike skoonheid van God – die mos, groen en swart. Die reuk van skool en potlode en klei. Ou boek bladsye…ek’t myself amper verloor!

Ek kan boekdele skryf my vriende. Van die gevoel, die liefde, die skeppende ek. Om te skep is my passie, be it in die potte van staal of met potte van klei…

Ciao

Rene

Advertisements

10 Comments

Filed under Uncategorized

10 responses to “Elke pot het ‘n …. skeppende siel

  1. Ek dink die lewe is jou passie. Nie net ‘skep’ nie want jy (ek dink…dit lyk vir my so) ervaar alles intens en dis so mooi. Kan nie wag om jou skeppings te sien nie. Wat van ‘n paar foto’s?

  2. mielie

    scary hoe hierdie gekrywery soveel van mens verklap he? ek sal ‘n foto plaas roer. Gedink ek sal van volgende week elke week die art in motion afneem en hulle sodoende hier volg…

    tks
    R

  3. Daar is niks so intens bevredigend as om iets met jou hande te skep nie.

  4. Boendoebasher

    Suster,wat van ‘n boek “skep”? Jy kry dit reg om my die mos te laat sien en die ou boek bladsye te ruik! Baie mooi, hoor!

  5. BB

    Kan jy nou imagine met hoeveel oorgawe die liewen Heer JOU gemaak het?! En dit, soos al Sy ander werk, ook ‘n masterpiece!!
    Bx

  6. kokkewiet

    Ek verstaan hoe jy voel Def. Ek is net so – is mal om met my hande iets te maak uit niks. Pottebakkery is iets wat ek nog altyd wou doen, ek gaan beslis nog doen!

  7. Ons het nie net dieselfde name nie – maar ook dieselfde passie … klei- en staalpotte! Ek leef nog net nie die kleipot-passie uit nie! My eie slegte-geit! Miskien moet ek ‘n plan maak … jy het so ‘n manier van iets beskryf dat dit mens inspireer om nuwe dinge aan te pak en jou passies te LEEF!! Dis ‘n ongelooflike mooi eienskap!

  8. Ek is MAL oor die reuk van ou boeke se bladsye…

  9. Dirkltjie

    Haai Def

    So mooi gestel: Ek moet se, hierdie is een van die mooistes wat ek nog gehoor het!

    ….omdat daar HORDES desperate housewives op hierdie blog is wat drup soos koshuis geysers oor die ou (Steve Hofmeyr)….

  10. mielie

    Haha Dirkltjie! So waar, so waar…

    Ek gaan more weer pottery toe, dan sal ek fotos neem van die werk in aksie – soos ‘a before’ ‘during’ en ‘after’ ding.

    Ekt vandag ‘n vergadering met my partner vir die kontrak vir die restaurant. Ek se vir my man dis so maklik om net my rug te draai en dinge te heroorweeg en te se nee, ek kan dit nie deurvoer nie…My grootste bekommernis oor die restaurant is my kinders – die bitter lang ure vir die eerste klomp maande gaan my tref, ek weet. Ek ly aan vreeslike ‘mother’s guilt’ – voel baie vinnig skuldig as ek nie genoeg tyd saam met die kinders spandeer nie. Te veel tyd aan myself spandeer en hulle dan sodoende ‘afskeep’. Ai, ek bid maar hieroor. En ek wens maar op die verskietende sterre hier buite – vir een of ander rede kry ons nogal baie van hulle by ons?

    Anyway, ek sal laat weet hoe dit gegaan het vandag, en sal terug rapporteer oor my gemoedsbekakking…

    Lieflike koue dag vir almal
    Rene

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s