Monthly Archives: July 2007

Die wat die queue HEELEMAL gemis het toe breinselle uitgedeel is…

Ek kan partykeer vir mense sit en luister en net lag. Die dinge wat mense kwytraak is somtyds so bleddie stupid, it’s worth repeating! Ek stel hier ‘n paar insidente wat ek al eerstehands ondervind het…ek gaan maar probeer antwoorde bymekaar maak vir sommige van die vrae net ingeval julle al dieselfde ondervinding sou he in die toekoms.

1. Jy kom terug van ‘n begrafnis. Jy’s terug by die kantoor en die eerste vraag is die klassieke “Shym, hoe was dit?”….uhm, so nou antwoord jy in die vervolg so om die stupid persoon 2 maal te laat dink:

“Dit was FANTASTIES!!! Die beste bleddie begrafnis waar ek al was! Die dekor was fab, die overlays het so flippen mooi gepas by die oorledene se uitrusting, en AL die mense was defni-flippen-tief 100% committed met emmers vol trane”. Daar dom vent, gaan sit nou in die hoek.

2. Jy eet elke dag dieselfde broodjie by die werk – salmon en cream cheese op ‘n bagel. Jy bestel hom van die plekkie in die mall [die een is gebasseer op ‘n ware verhaal…]. Derek dumb-ass kom eendag by jou en vra “Hey, ek sien jy eet elke dag daai bagel, is dit lekker?” Ek sweer. Goed. “Uhm, weet jy, nee. Dit proe soos ooouuuu gemufte gymsokkies en elke keer as ek dit klaar geeet het dan word ek siek. Maar ek gee die restaurant elke dag nog ‘n kans en miskien, miskien eendag dan sal dit beter proe. Idiot”. Gaan weg dom persoon.

3. Iemand het nou net die Nobel Peace Prize/Academy Award/Beautician of the month Prys gewen, en die MC vra, “Hoe voel dit, is jy bly?”…..Aaah, ‘n pearler! “BLY??? WAT BEDOEL JY BLY???? Ek is DE MOER IN!!!! Ek’s so depressief oor hierdie award dat ek wil vrek. Ek wil eerder ‘n gat in my kop he as die Nobel Peace Prize DUH!!!!!!!!!! Ek HAAT dit om die beste te wees, en ek is absoluut disgusted in myself as ek wen!!!!…..”. Liewe hel. Gaan in die politiek in of iets.

4. So, jy word nog ‘n jaar ouer. Die eerste vraag van Sannie die vriendin is “Hoe voel jy? Voel jy 40?”. Liewe Sannie, Hoe op die moer se aarde voel dit om 40 te wees? Hoe kan dit menslik moontlik wees om verskillend te voel van GISTER toe ek 39 was tot VANDAG op my 40e verjaardag? Is daar ‘n switch erens wat ek misgedruk het? Is daar ‘n “tonnel-van-40” waardeur ek nie gekruip het nie? So, Sannie, baie dankie vir jou gelukwense, maar bel my weer as jou breinselle verdubbel het na 5. Dankie. Drink iets.

En my laaste een is my gunsteling gunsteling….

5. Nou ek het al gesien dat dit SLEGS hier in ons land gebeur. Nerens in die wereld, eerste wereldse lande that is, het ek al hierdie phenomenon raakgedrink nie. Net hier. Ek’s in ‘n restaurant en ek bestel my koffietjie. Ek bestel altyd dieselfde ” A Skinny cuppachino”. En dan kom die gesogte vragie “Eh, with cream or froth?”. En dan kry ek so ‘n klein twitch hier agter my regteroor, en ek se “skinny please…” En dan weer, “Yes but with cream or froth ON TOP?” Asof ek nie die vraag verstaan het nie, haha dom ek! “I would like FAT FREE milk inside my coffee but please do take care to put DOUBLE cream on the top because I’m an idiot!!” NEEEEE, olifant neushaar, skinny beteken vry van vet. Moenie, ek herhaal, moenie my vra of ek room of skuim verkies nie!!!! Wat’s fout met hulle? En behoed die een se onskuldige siel as hulle my op ‘n slegte dag in hulle koffie kroegie kry….ai ai ai. Ek stap sommer saam agter in die kombuis is en gaan blend die eienaar se tsoggos.

Maar! Helaas!!! Vandag is ‘n goeie dag so miskien moet ek ‘n koffie kroegie gaan besoek. En ‘n dubbel espresso bestel en wag dat hulle vra “with hot or cold milk?”…….. 🙂

Ciao

Def

Advertisements

11 Comments

Filed under Uncategorized

Die lang afwagtende, omgekrapte inskrywing. Sorry.

Vandag is ek amptelik moereloos. Ek’s moeg, geirriteerd, moeg, hiper-gestres, moeg, bitter kort van draad en het ek al gese ek’s moeg? So, na die laaang gewag vir ‘n nuwe inskrywing, is hierie een ultra-depressing. Deal with it.

Ek luister vandag RSG oppad huis toe. Ek was van Woensdag by my ouers gewees met die kinders. Nie ‘n vreeslike vrugtevolle 3 dae “af” nie…Ek was alles behalwe af gewees. Sonder my man en bediende om te help met die kinders was dit redelik chaos. By die tyd wat die baby gaan slaap in die aand [so 8 uur] was ek stokflou. My seun is moeilik. Hy is drie en ‘n half. Hy’s seker maar soos enige ander outjie sy ouderdom, maar ek is ongelukkig die tipe mens wat nie ‘room for adjustment or imperfections’ het nie. Ek raak gestres as die outjie so opspeel. Hy’s ongeskik met sy ouma – my ma. Hy IDOLISE sy ander ouma en oupa en ek weet nie wat om te doen nie. Hy’s so hardegat soos ek – en dis nie ‘n mooi gesig nie. Kinders grootmaak is nie speletjies nie. En omdat ek die ma is en heeldag saam met hom is, raak ek ‘desensitised’ vir stoutigheid. Mens skree meer en dissiplineer minder. Mens sien goed oor waaroor jy al 10 keer op dieselfde dag gepraat het. Mens raak die grap van die huis en hulle is nie stupid nie. Tot SuperDad by die huis kom, dan word mamma chopped liver. En dit irriteer die rook uit my uit! Ek se altyd vir my man hy is Fun Bobby – hy is die ou wat al die fun goed doen, die ou wat net 2-3 ure saam met hulle spandeer in die aand nadat hul magies vol is en badtyd is verby. Die ou wat net 1 keer praat en hulle luister…gmpf, irriteer understatement, PISS AF more like it.

Anyway, toe luister ek RSG. Nicky praat oor die idiote wat op die vloed vlaktes hul huise bou. En ek praat nie net oor die swartes wat in Diepsloot en in KZN binne-in die Jukskei en Natalse riviere onderskeidelik bou nie. Ten minste het daai ouens ‘n goeie verskoning – hulle het nie geld nie, en hulle is nie educated nie. Maar die assholes op die kus?!?! I ask you. Almal tef so na aan die water soos wat hulle kan om ‘n beter uitsig te he. Die verdomde see en riviere was eerste daar assholes. Ek dink die hele bohaai oor globale verwarming het nie ALLES uit te waai met almal wat wegspoel nie. Neem Engeland. Die pommies is mos eerste werelds. Hulle weet mos van aardrykskunde en van vloeiende water en reen. Nou hoekom gaan tef hulle nog steeds op die oewer van die damme om hulle huisies te bou??? En dan kom die reen vir 6 weke en NIEMAND kom agter die rivier voor hul huise raak wyer by die minuut nie? Niemand sien ‘n verskil van vandag tot more as daai cobble road voor die local pubby vandag bedek is met water nie….idiots.

Ek is moeg omdat ek min slaap. Die baby het by my in die kamer geslaap en eks nie gewoond daaraan nie. Met elke geluid of woord word ek wakker. En albei oggende was sy 05h30 uit die vere…geen man om my af te los nie. Niemand. Dan staan ek maar slaafs op, ruil ‘n HUGE doek [op ‘n baie nugter maag…not nice] en daar begin my dag tot vanaand 12h30 wanneer ek die lig afskakel en dan sukkel om te slaap want ek’s nie by my eie huis nie en die baby se nuwe gunsteling geluide maak my wakker….vicious freaking circle. Moes eintlik eers more terug gekom het maar tussen die tense lug en die min slaap het ek my kuiertjie kort geknip. Nee magtig man. Ek sal maar eerder die res van die gedagtes in my eie persoonlike dagboekie gaan skryf, soveel soos hierdie my blog is, is dit ook die res van die wereld se forum.

In ‘n neutedop, dis hoe dit met my gaan. My kuiermense is nog steeds hier. Dit gaan goed met almal van ons so onder een dak. Ek dink my grootste stres op die oomblik is om my kind uit te sorteer, ons 3 opkomende trips agter die rug te kry en tussen-deur ‘n restaurant oop te maak….ja, dit alles voor einde September. Alhoewel, ek het besluit om die restaurant se launch uit te skuif tot volgende jaar. Ek gaan myself tot in ‘n maag-borrelende-seer innie hospitaal stres, en dis mos nie die moeite werd nie? Ek’s seker daar’s beter dinge om oor te stres. Soos die famine is Somalie.

Hierdie inskrywing is erg deurmekaar. Maar weereens, deal with it.

Hopenlik rus ek vanaand uit en dan pos ek miskien more of Sondag ‘n ietsie meer opgewek.

He ‘n fab naweek. Moenie drink en bestuur nie en soen jou kinders en se vir hulle jy’s lief vir hulle. Often.

Ciao

Ren

1 Comment

Filed under Uncategorized

Quick update…

Ek is besig, siek, gestres, bekommerd, aan-die-gang. Die dat ek so stil is. Ek wag ook vir ‘n gedagte om op te kom waaroor ek kan skryf – sien, ek skryf nie net oor die bollie wat die stemme in my kop my voer nie 🙂

 Ek oorweeg dit om fotos hier te sit, maar ek weet nie of ek moet nie. Is die geheim agter die skrywer nie maar deel van die lekker nie? Ek weetie, ek herkou nog aan daai idee.

Hoop dit gaan goed met almal. O ja, dan kan ek maar ook hier se dat ek vreeslik lief is vir my ma en pa – sommer net vir sommer 😀

Ek praat weer, regtig.

Ciao

Ren 

13 Comments

Filed under Uncategorized

Voorgevoelens, God se stem en daai naarheid oppie maag

Voorgevoelens is een van daai dinge wat ek nog altyd met ‘n tong innie kies-houding probeer verstaan het. Miskien is dit omdat ek al soveel artikels in die Huisgenoot gelees het waar die naasbestaande se ‘Ek’t daai oggend ‘n snaakse gevoel gehad’ of as iemand in ‘n ongeluk betrokke was sou dit wees ‘Die oggend van die ongeluk het ek geweet iets gaan gebeur daai dag…’. So het ek dan altyd gedink as ons rerig iets soek NA die ondervinding gaan ons dit kry, be it ‘n teken, maagwerkings of daai stem die aand voor die tyd.

Sowat 6 jaar gelede toe bel my man my een oggend op kantoor en se vir my Asb ry versigtig huistoe want iets voel nie reg nie. Ekt ook al geleer dat hy sy premonitions SLEGS hardop sal se as hy regtig bekommerd is, want waarseers en glasballe freak my uit – sal NOOIT een van die goed gaan raadpleeg nie. So, teen huistoe gaan tyd gaan klim ek in my motor onder in die parkering en maak reg vir my ultra-veilige journey huis toe. Soos ek toe ewe versigtig uit my parkeer gaatjie ry, kom ‘n vrou met ‘n moerse gejuig verby my en tef reg agter in my kar in….needless to say, so het my ongeloof in voorgevoelens bietjie sterker geword!

‘n Ruk later was ek op ‘n werksfunksie by Zimbali Lodge. Ons het op ‘n Vrydag daar aangekom en ek het baie weird gevoel. Dit was ‘n gevoel wat ek nie kon beskryf nie, maar my man was die heeltyd in my gedagtes. Ek’t ‘n bekommernis gehad oor hom. So 8uur die aand toe bel ek sy pel wat saam met hom die aand uit is. Al wat ek vir hom gese het was, asb kyk mooi na my man, eks bekommerd oor hom. 15 Minute later verloor ‘n bakkie beheer oor sy voertuig en ry voor my man in, op die hoofweg. Genadiglik het niemand seergekry nie, maar albei voertuie was afgeskryf. Ek’t nie geweet wat gebeur het tot na ek 5 dae later by die huis gekom het nie [liewe man weet ek sou dadelik terugvlieg!], maar toe ek uitgevind het hoe laat die ongeluk gebeur het, het ek besef direk na die ongeluk het my gevoel verdwyn en ek het geweet my man is fine – freaky ne?

Maart 2007. Dis ‘n Donderdagaand en ek kan nie slaap nie. Ek le in my bed en besluit om weer te bid, bietjie geselskap te soek met die Grootbaas! Soos ek my oe toemaak en begin bid, praat ‘n Stem met my…’n stem wat nie in my kop was nie, ‘n regte stem wat se ‘…..gaan ‘n ongeluk maak, dis nader as wat jy dink’. Ek skrik my boeglam en maak dadelik my oe oop. My man vertrek die volgende oggend erens heen vir ‘n sfspraak en ek is buite myself van bekommernis. Ek probeer die woorde onthou ‘…….gaan ‘n ongeluk maak, dis nader as wat jy dink….’. WIE gaan ‘n ongeluk maak? Wat beteken dit????

Die volgende oggend vertel ek vir hom van die Stem. Hy verstaan die tipe van ding en sien die bekommernis in my oe. Hy belowe om stadig te ry en te konsentreer. Ek se, bel my elke 15 minute. Ongeveer 11h15 lui my foon, dis my suster uit London, in trane – haar man het die kar afgeskryf en die kinders was in die kar…almal is GENADIGLIK ok [die guardian angels het ‘n nes hier in ons familie!!!]. Ek’s in trane, oor die ongeluk maar die emosie oor die droom was onbeskryflik. Ek vertel haar, ek bel my man [hy’s maar te bly dis nie hy nie, en ry toe maar 120km met ‘n geruste hart]. Ek was stomgeslaan, en bid toe dadelik. Ek se dankie dat DIT die voorgevoel was en dat almal ongedeerd is, dankie dat die gevoel verby is en almal is ok. Ek dink weer aan die woorde …’dis nader as wat jy dink…’ en ek besef dit was ‘n definitiewe teken. God weet my eerste gedagte aan ‘n moontlike victim is my man. My laaste bekommernis is my suster en haar familie want hulle bly in ‘n veilige village buite London, hulle is die veiligste van al die familie. Ek vermoed die raaisel was al die tyd, dis ‘n nadere familie as wat jy dink – jy dink hulle is ok want hulle bly in London, maar hulle ongeluk is nader as wat jy dink…maak dit sin? Ek dink so….

Ek vertel almal hiervan! Haha, dis vir my soos ‘n belydenis. Onlangs het ‘n vriendin dit so vir my verduidelik: God laat hierdie dinge gebeur – die boodskappe en stemme. Hy doen dit sodat ons kan bid as die tekens of stemme by ons opkom. Ek is seker dit gebeur met baie van ons, party mense kan dit net nie ‘sien’ of ‘hoor’ nie. Ek glo ek het dit beleef omdat God my in ‘n mate nodig gehad het om daaroor te bid – vir iemand wat ‘n ongeluk gaan oorkom. Nou weet ek. Dis vir my ongelooflike ondervindinge, wonderwerke selfs. Dat God met Sy mense kommunikeer! Is dit nie amazing nie?

Lekker dag grotbewoners 🙂

Rene

16 Comments

Filed under Uncategorized

Nog ‘n week, nog 2 kinders vermoor…

Wat gaan aan? En die realiteit van die saak is dat dit maar net 2 kinders is waarvan ons weet – daar mag nog wees wat 1. die ouers nie van bewus is nie, 2. die media nie van bewus is nie of 3. die ouers van bewus is en deel daarvan is…

Ek kan nie my kop daarom kry nie. Ek kan nie begin verstaan watter tipe ouer hul kinders uit hul sig laat nie. Ek vermoed al van 3 Mei 2007 af dat die Here ‘n doel gehad het met die verdwyning van Madeleine Mccann – in Protugal, 100m van haar ouers af. ‘n “gegoede” land, Potrugal, ‘n familie vriendelike vakansie-oord, 2 hoogs gekwalifiseerde ouers…en die arme dogtertjie verdwyn spoorloos vir amper 2 maande al…Maar ek was nog nooit een van die mense in die kamp rondom “dis die ouers se skuld nie”. Die ouers is al deur die ERGSTE skuld wat enige ouer kan tref – “Ek as ouer is verantwoordelik vir leed wat aan my kind gedoen is” – daar is nie groter skuld in die lewe as dit nie. My hart gaan uit na hulle toe, ek bid elke dag vir daai 2 mense. Ek bid nou al dat, as die arme kindjie dan wel nie meer leef nie, gee net vir die ouers haar lykie. Die ouers leef nou net vir hul ander 2 kinders – ek kan amper waarborg dat selfmoord al deur hulle gedagtes is…

En vandag 10h00 is die lykie van Sonja Brown, 2 jaar oud, 15m van haar ouerhuis gevind. Sy het Saterdagmiddag weggeraak – haar ma het toestemming gegee dat sy saam met ouer kinders winkels toe mag gaan…ek kan nie daai konsep verstaan nie! Ek gee nie om WIE jy is of waar jy vandaan kom nie. Ek val nie vir die ‘ek’s swart ek ongeletterd en ongeskool en self mishandel nie”. JY het gekies om ‘n kind in die lewe te bring, dit is JOU verantwoordelikheid om jou kind met jou lewe te bewaar. Wat besiel ‘n ma van ‘n 2-jarige dogtertjie om haar kind se lewe in die hande van ander kinders te plaas??? Ek besef dat in die “settlements” is daar nie speelplek nie, daar is nie groen gras en glyplanke en coffee shops met speelparke nie, so die kinders moet entertained bly. Ek probeer ook my kop daar rondom kry en ek kan myself nie indink hoe ouers met kinders in sulke omstandighede lewe nie. MAAR die oplossing is, MOET nie kinders in die lewe bring nie!!!!! Dis so maklik soos dit. Die kinders wou nie hier gewees het nie, hulle het nie gekies om gebore te word en in ‘n shack groot te word met geweld, verkragting, moord, diefstal, ingebore vrees…dis ‘n vieslike wereld waarin ons leef, hoekom KIES die ouers om NOG kinders hieraan bloot te stel??????

Ons het 2 kinders van ons eie. Ons kort nie veel in die lewe nie. Ons wou nog altyd ‘n halwe rugby span gehad het. Ek oorweeg die derde een vir die laaste paar dae. Maar ek dink ek gaan maar die 2 wat ons klaar het reg probeer grootmaak en net by 2 stick. Ek wil nie die selfsulgtige route gaan en nog kinders aan die wereld bloot stel nie. Ek wil nooit eendag met die wete sit dat die kinders nie gevra het om hier te wees nie. Ek wil op die hoogste berg klim en vir die hele wereld skree: “IS JULLE BEDONNERD OF WAT?????????”. Jou kinders is nie joune nie, hulle is net VAN jou, hulle behoort nie aan JOU nie, julle is gekies om net na hulle om te sien. Doen dit. En doen dit tot die beste van jou vermoe. Hoe kan jy jou kind in iemand anders se hande toevertrou??? Hoe kan jy jou kinders alleen laat……ek verstaan dit nie. Ek verstaan nie hoe ‘n ma haar 2-jarige dogtertjie alleen kan los nie. Sy’s ‘n baba. Sy’s soos ‘n weerlose klein mensie wat net almal en alles vertrou. En dan steel iemand haar. En iemand maak haar dood….

My hart is regtig baie seer vandag. Ek kyk na ons 2 kosbaarste besittings, en ek voel hoe my hart wil breek as ek dink dat die 2 leed aangedoen kan word. En ek kan nie my kop daarom kry nie.

R

8 Comments

Filed under Uncategorized