Nog ‘n week, nog 2 kinders vermoor…

Wat gaan aan? En die realiteit van die saak is dat dit maar net 2 kinders is waarvan ons weet – daar mag nog wees wat 1. die ouers nie van bewus is nie, 2. die media nie van bewus is nie of 3. die ouers van bewus is en deel daarvan is…

Ek kan nie my kop daarom kry nie. Ek kan nie begin verstaan watter tipe ouer hul kinders uit hul sig laat nie. Ek vermoed al van 3 Mei 2007 af dat die Here ‘n doel gehad het met die verdwyning van Madeleine Mccann – in Protugal, 100m van haar ouers af. ‘n “gegoede” land, Potrugal, ‘n familie vriendelike vakansie-oord, 2 hoogs gekwalifiseerde ouers…en die arme dogtertjie verdwyn spoorloos vir amper 2 maande al…Maar ek was nog nooit een van die mense in die kamp rondom “dis die ouers se skuld nie”. Die ouers is al deur die ERGSTE skuld wat enige ouer kan tref – “Ek as ouer is verantwoordelik vir leed wat aan my kind gedoen is” – daar is nie groter skuld in die lewe as dit nie. My hart gaan uit na hulle toe, ek bid elke dag vir daai 2 mense. Ek bid nou al dat, as die arme kindjie dan wel nie meer leef nie, gee net vir die ouers haar lykie. Die ouers leef nou net vir hul ander 2 kinders – ek kan amper waarborg dat selfmoord al deur hulle gedagtes is…

En vandag 10h00 is die lykie van Sonja Brown, 2 jaar oud, 15m van haar ouerhuis gevind. Sy het Saterdagmiddag weggeraak – haar ma het toestemming gegee dat sy saam met ouer kinders winkels toe mag gaan…ek kan nie daai konsep verstaan nie! Ek gee nie om WIE jy is of waar jy vandaan kom nie. Ek val nie vir die ‘ek’s swart ek ongeletterd en ongeskool en self mishandel nie”. JY het gekies om ‘n kind in die lewe te bring, dit is JOU verantwoordelikheid om jou kind met jou lewe te bewaar. Wat besiel ‘n ma van ‘n 2-jarige dogtertjie om haar kind se lewe in die hande van ander kinders te plaas??? Ek besef dat in die “settlements” is daar nie speelplek nie, daar is nie groen gras en glyplanke en coffee shops met speelparke nie, so die kinders moet entertained bly. Ek probeer ook my kop daar rondom kry en ek kan myself nie indink hoe ouers met kinders in sulke omstandighede lewe nie. MAAR die oplossing is, MOET nie kinders in die lewe bring nie!!!!! Dis so maklik soos dit. Die kinders wou nie hier gewees het nie, hulle het nie gekies om gebore te word en in ‘n shack groot te word met geweld, verkragting, moord, diefstal, ingebore vrees…dis ‘n vieslike wereld waarin ons leef, hoekom KIES die ouers om NOG kinders hieraan bloot te stel??????

Ons het 2 kinders van ons eie. Ons kort nie veel in die lewe nie. Ons wou nog altyd ‘n halwe rugby span gehad het. Ek oorweeg die derde een vir die laaste paar dae. Maar ek dink ek gaan maar die 2 wat ons klaar het reg probeer grootmaak en net by 2 stick. Ek wil nie die selfsulgtige route gaan en nog kinders aan die wereld bloot stel nie. Ek wil nooit eendag met die wete sit dat die kinders nie gevra het om hier te wees nie. Ek wil op die hoogste berg klim en vir die hele wereld skree: “IS JULLE BEDONNERD OF WAT?????????”. Jou kinders is nie joune nie, hulle is net VAN jou, hulle behoort nie aan JOU nie, julle is gekies om net na hulle om te sien. Doen dit. En doen dit tot die beste van jou vermoe. Hoe kan jy jou kind in iemand anders se hande toevertrou??? Hoe kan jy jou kinders alleen laat……ek verstaan dit nie. Ek verstaan nie hoe ‘n ma haar 2-jarige dogtertjie alleen kan los nie. Sy’s ‘n baba. Sy’s soos ‘n weerlose klein mensie wat net almal en alles vertrou. En dan steel iemand haar. En iemand maak haar dood….

My hart is regtig baie seer vandag. Ek kyk na ons 2 kosbaarste besittings, en ek voel hoe my hart wil breek as ek dink dat die 2 leed aangedoen kan word. En ek kan nie my kop daarom kry nie.

R

Advertisements

8 Comments

Filed under Uncategorized

8 responses to “Nog ‘n week, nog 2 kinders vermoor…

  1. marat

    Dis die hele probleem volgens my: die mense (almal ongeag kleur) hou net aan kinders kry en kan nie vir hulle sorg nie. Hulle het nie die vermoëns om die kinders te voed en te klee nie, hulle kan nie die skoolgeld en die buitemuurse aktiwiteite bekostig nie. Hulle kan nie die kinders universiteit/technikon/kollege toe stuur vir verdere studie nie. Die kinders/volwassenes dink ambag is benede hulle (daar is ‘n helse tekort aan geskoolde ambagsmanne in ons land), en lê rond vir kwaadgeld eerder as om te moet werk vir ‘n appy-pay.

    En ja, jou kinders is JOU verantwoordelikheid! JY is verantwoordelik vir wat met hulle gebeur. Hoe kan mense nog dink dis veilig om in vandag se tye jou kind saam met ‘n maatjie en die se “oom” parkie toe te laat gaan of saam met ander kinders winkel toe? Catch a fkng wake-up! FFS!

  2. Boendoebasher

    Def,
    Ek stem, dis vreeslik. Ek het al gewonder wat die etiese implikasies sal wees as mens vir jou kind ‘n microchip (soos troeteldiere s’n) insit sodat jy kan track waar die kind is. Die tegnologie is daar. So iets sou baie gehelp het met die Madeleine McCann verdwyning. Mens dink net dit sal nooit met jou kind gebeur nie, tot dit gebeur.

  3. Dit maak my net so siek as ek lees van mense wat vere voel vir hulle kinders. Stop geld in die hand, laai by die mall af en gaan doen jou eie ding. NEE!! My seun word 18, maar as hy sy voetjies by hierdie huis uitsit, beter daai selfoon aan en gecharge wees. Ek wil weet waar hy heen gaan, hoe lank hy daar gaan wees, en wanneer hy terugkom. En ek wil hom in die hande kan kry as ek moet. En as hy nie terug is op sy tyd nie, en hy het nie laat weet nie, soek ek hom. En hy weet as ek hom moet soek, het hy probleme! Baie nagte LAN hy en sy pels deurnag in my sentrum, die plek lyk die volgende oggend asof orkane hier deur was, maar ek verkies dit so want ek WEET waar hy is.
    Hy is al wat ek het, ek wil nie eers daaraan dink wat ek sal doen as hy iets moet oorkom nie. Baie mense reken dis selfsugtig om net een kind te hê. Maar dit was nie my keuse nie. Ek het twee miskrame gehad. En vandag verstaan ek dat ek miskien nie vir die ander dieselfde geleenthede sou kon gee nie. So ek het berus daarin dat net een kind aan my toevertrou is. En ek moet vir hom die beste gee wat ek kan. Ek sal my arms stompies werk vir hom.

  4. lanaba

    Ai die wêreld van ons……n kindjie is die kosbaarste geskenk wat n mens ooit in die lewe kan kry……daar is ouerpare wat smag na n kindjie….terwyl ander ouerpare onverantwoordelik na hulle geskenkies om sien….dis unfair!

    hoop jy het n mooi dagie
    ♥ies
    ekke

  5. Ek is met jou. Ek wil nie eers daaraan dink dat een van my kids iets moet oorkom nie…

  6. Boendoe, wat is fantastiese idee! Ek se, laat waai met daai idee, patent hom. As vrouens [en ek is een van hulle] die Mirena kan laat insit vir ‘n voorbehoedmiddel en met DAAI foreign object vir die res van hul lewens kan function, kan ‘n micro chip mos ook werk? Ek staan in die queue…
    Marat, ek stem, ongeag van kleur, maar die realiteit van die saak is dat in meeste gevalle in ons land IS dit die anderkleuriges wat die ‘culprits’ is. Dieselfde ‘sense of responsibility’ is nie ingebou nie [in meeste gevalle]. Dit kom net eenvoudig nie natuurlik nie, en dis ‘n vicious circle…die ouma, die ma, die kinders en kleinkinders word almal so grootgemaak – leef in die shacks en moet na hulself kyk. Ek verstaan omstandighede is nie ideaal nie, maar daar is GEEN verskoning vir neglect nie, niks. Jou kinders is JOU verantwoordelikheid en as iets met hulle gebeur en jy kon dit verhoed het, well, I have no sympathy for you.

  7. Moeder Teresa

    Liewe Def

    Ek is jammer, maar ek dink anders. Kinders is jou rykdom. Hoekom anders sal die minderbevoorregte mense dan so baie kry? Hulle vervul jou lewe en gee jou rede om te lewe! Jy het nie baie kos of geld nodig om ‘n absolute fantastiese dag saam met jou kinders deur te bring nie, inteendeel, hulle is tevrede met baie min! Ons bevoorregte mense vergeet soms wat rerig saak maak….en ek dink daardie ma se pyn wil jy nie nou voel nie… Ja, ek stem saam, sy moes beter gekyk het na haar dogtertjie…se vir my, was jou kinders nog nooit buite in die tuin besig om te speel nie? Dit is nie onrealisties om te dink dat sy buite gespeel het nie! As jy so dink, wat van Sheldean? Is haar ma ook skuldig? Dit is my grootste vrees ook in my lewe….dat my kinders (6 en 2) moet verdwyn, maar voordat ek vinger wys, moenie die arme ma /ouers die skuld gee wat die donnerse varke toekom wat die kinders in die eerste plek gesteel het, verkrag het en vermoor het nie! Ek beplan volgende jaar nog ‘n mensie, as dit Sy wil is, in volle vertroue dat: “people make love, but only God make life”, en ELKE kind moet gebore word, met ‘n doel. Groete, Teresa

  8. mielie

    Liewe Moeder Teresa,

    Ek hoor wat jy se, ek stem saam met jou – geen ouer laat hulle kinders enige iets toe met die wete dat hulle ontvoer, leed aangedoen word, of vermoor kan word nie – daar is wel diegene wat hul eie kinders vermoor, but that’s beside the point…Ek laat my kinders ook toe om in die tuin te speel, ek gaan ook na restaurante en laat my seun toe om op die klimrame te klouter, MAAR my punt is, ek verstaan nie hoe ‘n ouer haar 2-jarige kind saam met ‘ouer kinders’ winkel toe kan laat gaan nie. Ja, ek weet nie wat is die omstandighede daar nie, miskien werk die ma 16 ure ‘n dag, het geen ander persoon wat na die kind kan kyk nie, en vertrou die ouer kinders. Dis net MY persoonlike gevoel oor MY kinders. Almal het ander omstandighede. In vandag [9 Julie] se Beeld is daar ‘n berig oor ‘n wit vrou wat haar kind by ‘n dagmoeder dood aangetref het. Die kind was 6 weke oud. Sy was bewus van vorige gevalle by dieselfde dagmoeder van kinders wat ‘bene gebreek het, kneusplekke opgedoen het, lam ledemate opgedoen het’…steeds het sy haar eie kind daarnatoe gestuur. My immediate reaksie is HOE KON JY??? Maar ek ken nie die omstandighede nie. Nie almal dink dieselfde nie. Miskien moet sy voldag werk en die spesifieke dagmoeder is die naaste aan haar en die goedkoopste…wie weet? Ek het self ‘n vriendin wat ‘n privaat creche kan bekostig en het haar eie kind in ‘n dodgy creche gesit. By die tyd toe sy hom daar uitgehaal het het hul agtergekom hy is emosioneel en fisies ‘aangerand’. Ek, sou die tekens al vroeer gesien het. Ek, het die tekens by haar eie kind gesien en vir haar gese haal hom daaruit – maar dis ek. Sy het gese dis net die aanpassing….jy sien, SULKE dinge maak my de moer in. Sulke dinge kan ek nie aanvaar nie.

    Ten slotte, ek van alle mense, weet almal het ander omstandighede, maar kinders? Vir my is daar GEEN grys area nie, niks. Geen verskoning nie. Hulle is prioriteit no1 – hulle is deur jou gemaak dus hulle is jou verantwoordelikheid, altyd. In dieselfde asem, gaan my hart uit na die McCanns wie se Maddie nog steeds weg is. Ek glo in my hart hulle is goeie ouers, en so gebeur sulke onvoorsiene dinge ook. Weereens, sou ek nie my kinders gelos het nie, MAAR ek verwyt hulle geensins nie. Ek bid net vir hulle pyn ek skuld gevoelens, want dis die ergste ding wat enige iemand kan oorkom. Om te weet dat EK as ouer was verantwoordelik vir die pyn van my kind. Vat my eerder as om my kind leed aan te doen.
    Lekker dag Moeder
    🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s