Voorgevoelens, God se stem en daai naarheid oppie maag

Voorgevoelens is een van daai dinge wat ek nog altyd met ‘n tong innie kies-houding probeer verstaan het. Miskien is dit omdat ek al soveel artikels in die Huisgenoot gelees het waar die naasbestaande se ‘Ek’t daai oggend ‘n snaakse gevoel gehad’ of as iemand in ‘n ongeluk betrokke was sou dit wees ‘Die oggend van die ongeluk het ek geweet iets gaan gebeur daai dag…’. So het ek dan altyd gedink as ons rerig iets soek NA die ondervinding gaan ons dit kry, be it ‘n teken, maagwerkings of daai stem die aand voor die tyd.

Sowat 6 jaar gelede toe bel my man my een oggend op kantoor en se vir my Asb ry versigtig huistoe want iets voel nie reg nie. Ekt ook al geleer dat hy sy premonitions SLEGS hardop sal se as hy regtig bekommerd is, want waarseers en glasballe freak my uit – sal NOOIT een van die goed gaan raadpleeg nie. So, teen huistoe gaan tyd gaan klim ek in my motor onder in die parkering en maak reg vir my ultra-veilige journey huis toe. Soos ek toe ewe versigtig uit my parkeer gaatjie ry, kom ‘n vrou met ‘n moerse gejuig verby my en tef reg agter in my kar in….needless to say, so het my ongeloof in voorgevoelens bietjie sterker geword!

‘n Ruk later was ek op ‘n werksfunksie by Zimbali Lodge. Ons het op ‘n Vrydag daar aangekom en ek het baie weird gevoel. Dit was ‘n gevoel wat ek nie kon beskryf nie, maar my man was die heeltyd in my gedagtes. Ek’t ‘n bekommernis gehad oor hom. So 8uur die aand toe bel ek sy pel wat saam met hom die aand uit is. Al wat ek vir hom gese het was, asb kyk mooi na my man, eks bekommerd oor hom. 15 Minute later verloor ‘n bakkie beheer oor sy voertuig en ry voor my man in, op die hoofweg. Genadiglik het niemand seergekry nie, maar albei voertuie was afgeskryf. Ek’t nie geweet wat gebeur het tot na ek 5 dae later by die huis gekom het nie [liewe man weet ek sou dadelik terugvlieg!], maar toe ek uitgevind het hoe laat die ongeluk gebeur het, het ek besef direk na die ongeluk het my gevoel verdwyn en ek het geweet my man is fine – freaky ne?

Maart 2007. Dis ‘n Donderdagaand en ek kan nie slaap nie. Ek le in my bed en besluit om weer te bid, bietjie geselskap te soek met die Grootbaas! Soos ek my oe toemaak en begin bid, praat ‘n Stem met my…’n stem wat nie in my kop was nie, ‘n regte stem wat se ‘…..gaan ‘n ongeluk maak, dis nader as wat jy dink’. Ek skrik my boeglam en maak dadelik my oe oop. My man vertrek die volgende oggend erens heen vir ‘n sfspraak en ek is buite myself van bekommernis. Ek probeer die woorde onthou ‘…….gaan ‘n ongeluk maak, dis nader as wat jy dink….’. WIE gaan ‘n ongeluk maak? Wat beteken dit????

Die volgende oggend vertel ek vir hom van die Stem. Hy verstaan die tipe van ding en sien die bekommernis in my oe. Hy belowe om stadig te ry en te konsentreer. Ek se, bel my elke 15 minute. Ongeveer 11h15 lui my foon, dis my suster uit London, in trane – haar man het die kar afgeskryf en die kinders was in die kar…almal is GENADIGLIK ok [die guardian angels het ‘n nes hier in ons familie!!!]. Ek’s in trane, oor die ongeluk maar die emosie oor die droom was onbeskryflik. Ek vertel haar, ek bel my man [hy’s maar te bly dis nie hy nie, en ry toe maar 120km met ‘n geruste hart]. Ek was stomgeslaan, en bid toe dadelik. Ek se dankie dat DIT die voorgevoel was en dat almal ongedeerd is, dankie dat die gevoel verby is en almal is ok. Ek dink weer aan die woorde …’dis nader as wat jy dink…’ en ek besef dit was ‘n definitiewe teken. God weet my eerste gedagte aan ‘n moontlike victim is my man. My laaste bekommernis is my suster en haar familie want hulle bly in ‘n veilige village buite London, hulle is die veiligste van al die familie. Ek vermoed die raaisel was al die tyd, dis ‘n nadere familie as wat jy dink – jy dink hulle is ok want hulle bly in London, maar hulle ongeluk is nader as wat jy dink…maak dit sin? Ek dink so….

Ek vertel almal hiervan! Haha, dis vir my soos ‘n belydenis. Onlangs het ‘n vriendin dit so vir my verduidelik: God laat hierdie dinge gebeur – die boodskappe en stemme. Hy doen dit sodat ons kan bid as die tekens of stemme by ons opkom. Ek is seker dit gebeur met baie van ons, party mense kan dit net nie ‘sien’ of ‘hoor’ nie. Ek glo ek het dit beleef omdat God my in ‘n mate nodig gehad het om daaroor te bid – vir iemand wat ‘n ongeluk gaan oorkom. Nou weet ek. Dis vir my ongelooflike ondervindinge, wonderwerke selfs. Dat God met Sy mense kommunikeer! Is dit nie amazing nie?

Lekker dag grotbewoners 🙂

Rene

Advertisements

16 Comments

Filed under Uncategorized

16 responses to “Voorgevoelens, God se stem en daai naarheid oppie maag

  1. Moeder Teresa

    Hi Rene

    Ek is seker die GROOTSTE 6de-sintuig- agtervolger wat ek ken! So ek verstaan jou blog baie goed! Daar is soveel voorbeelde van drome wat waar geword het, mense wat my “snaaks” en onrustig laat voel, (of fantasties al doen hulle niks!) dinge wat ek NOOIT net ignore nie….nee, my 6 de sintuig is my maatstaf en ek neem nie ‘n besluit sonder om te “luister” nie. Skeep dit af, en jy laat jouself oop vir groot en onnodige ongelukkigheid. Goeie blog! Hou aan luister!

    Groete

    Teresa

  2. Boendoebasher

    ‘n Mens wil nie graag erken jy glo in daai goete nie, ne?! Anders dink die mense jy is koekoes en weird! Maar ek kan ook getuig van ‘n paar insidente wat my laat wonder het. En warm om die hart laat voel het. Juis omdat dit nie elke dag, elke week of selfs elke maand gebeur nie, maak dit so besonders. Iets wat jy ONTHOU!

  3. BB

    Laat dié wat ore het hoor… jy’s reg – ek dink dit dien as ‘reminders’ (soms stil en soms oorverdowend) om te bid en op te dra – telkemale dink mens soms aan die een of ander persoon – en ek dink nie dis aldag random gedagtes of memories nie, maar wel soms ‘n ligte aansporing om juis op daardie oomblik vir God te vra vir Sy aandag, beskerming, genade oor daardie spesifieke persoon – hoeookal jy gelei voel. Ek bid gereeld dat my ore en oë ‘oop’ moet wees vir Hom – nevermind ‘real’ sig en gehoor… die dag as jy Hom nie meer kan sien en hoor nie – dan is dit éérs nag!!

  4. Meneer

    Ek het so gevoel gekry ek gaan iets sê….

    Nee.. dit is so… die Here se maniere om iets vir ons te sê is beperk omdat ons al afgestomp is, en verleer het om te luister…. ons moet weer leer luister….

  5. Ek het presies ‘n jaar gelede, terwyl ek in IndiE was, gedroom ons restaurant brand af. My droom was nie baie akkuraat nie, want dit was toe al die tyd my vriendin se huis wat in puin gelE het.

    Soms wens ek dat ek eerder van niks weet nie, want die voorgevoelens is gewoonlik te vaag om iets aan die saak te verander. Dan veroorsaak dit net twyfel en bekommernis.

  6. Koeksuster

    Laat elkeen wat ore het, hoor!

    Dit is die naarste gevoel om te weet iets gaan gebeur, jy voel dit op die krop van jou maag, en dan begin jy rond bel. Ugh!

    R

  7. Ek glo ook nie, MAAR ‘n paar jaar terug het my man ‘n nare gevoel gekry iets is fout met my (en hy glo ook nie) en het dit vir sy kollega vertel. ‘n Rukkie later moes hy verneem 3 mans het by die huis probeer inbreek (ek het iemand se huis opgepas) en hulle wou my aanrand…lang storie, maar daar is dit nou…’n voorgevoel.

  8. mengelmoes

    Deffels, believe it or not girl, maar voor ek vandag jou blog gelees het, het ek dieselfde onderwerp aangeroer op myne. Skryf al 2 dae aan dit, erase en tik, erase en tik…

    Moa voel ok allerhande snaakse goed aan, droom drome wat ander droom, voel dinge is nie lekker nie, daai tipe goed.

    Mwah

  9. Fairydust

    Ek glo beslis aan dit! En dis wonderlik dat jy en jou man so na aanmekaar is dat julle voel wanneer iets met die ander een skort.
    Dis mos wat mens “sielsgenote” noem,
    julle is baie bevoorreg! My boetie het, na sy vrou doodgeskiet is, tot bekering gekom. Hy het in hulle kamer gele en ‘n stem sy naam herhaaldelik hoor roep, en hy is oortuig dit was God.

  10. Is so bly om te weet daar is nog ander soos ek. In ons familie is dit net ‘n normale ding. My ma het my al soveel kere gebel as ek “down” was of as iets regtig verkeerd gegaan het in my lewe. Gewoonlik was daar GEEN manier wat sy daarvan kon weet nie, maar as ek die telefoon antwoord, dan vra sy; “Is als okay met jou? Ek het net gevoel ek moet bel.”

    Ek het ook al geleer om te luister as ek daai gevoel kry. ‘n Ruk terug was ons oppad na ‘n eiendomsagent oor ‘n huis. Oppad kry ek skielik hierdie aaklige bedrukte gevoel en ek weet net ek wil nie nou daar gaan waarheen ons oppad is nie, maar ek bly stil, want ek wil nie vir my man sê ons moet omdraai nie. Toe ons later uit die eiendomsagent se kantoor loop, het hulle, voor sy deur, by my kar ingebreek en my laptop gesteel. Nou ignoreer ek NOOIT weer daai stem nie!

  11. Nee genade! Eers kry ‘n mens jou mond nie toe nie en dan raak jy sommer stil vir weke. Wat gaan aan!? Ons mis jou. Kom, babbel daar weer so ietsie toe. Samblief.

  12. Daai goed het ek al baie gekry. Daai dejavu-ding…En partykeer maak dit net nie sense nie. Maar jy WEET: weet dat dit ‘n boodskap/teken is. Dit gee jou ‘n rilling langs jou ruggraat af. Laat jou hare regop staan. En ek dink partykeer wil mens nie luister nie of is net nie ingestel op daai stemmetjie nie. Dan vra jy: hoekom het ek nie dit of dat gedoen nie? Maar in die meantime het jy die waarskuwing/boodskap/teken gekry…maar dit geignore.
    Lekker dag.

  13. Henriette

    Voorgevoelens, God se stem en daai naarheid oppie maag…..

    Sjoe, dis absoluut amazing. Was verlede Saterdag aand by ‘n Valentynsbal. ‘n Vriending vra my toe om vir haar te bid, want sy voel verskriklik “down” en daar rus ‘n geweldige swaar las op haar en sy kan dit nie verklaar nie. Ek het toe gebid en vir my man ook vertel en ons het weer saam gebid. Sondag omstreeks 13:45 kry ons ‘n oproep dat hulle oppad terug huistoe lomerig geword het en agter in ‘n stilstaande taxi vasgery het op die pad tussen Bloemfontein en Steynsrus. Was die swaar gevoel/las die ongeluk? Eks intersessor by AGS kerk. En dit is wonderlik hoe die Heilige Gees werk.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s