Die lang afwagtende, omgekrapte inskrywing. Sorry.

Vandag is ek amptelik moereloos. Ek’s moeg, geirriteerd, moeg, hiper-gestres, moeg, bitter kort van draad en het ek al gese ek’s moeg? So, na die laaang gewag vir ‘n nuwe inskrywing, is hierie een ultra-depressing. Deal with it.

Ek luister vandag RSG oppad huis toe. Ek was van Woensdag by my ouers gewees met die kinders. Nie ‘n vreeslike vrugtevolle 3 dae “af” nie…Ek was alles behalwe af gewees. Sonder my man en bediende om te help met die kinders was dit redelik chaos. By die tyd wat die baby gaan slaap in die aand [so 8 uur] was ek stokflou. My seun is moeilik. Hy is drie en ‘n half. Hy’s seker maar soos enige ander outjie sy ouderdom, maar ek is ongelukkig die tipe mens wat nie ‘room for adjustment or imperfections’ het nie. Ek raak gestres as die outjie so opspeel. Hy’s ongeskik met sy ouma – my ma. Hy IDOLISE sy ander ouma en oupa en ek weet nie wat om te doen nie. Hy’s so hardegat soos ek – en dis nie ‘n mooi gesig nie. Kinders grootmaak is nie speletjies nie. En omdat ek die ma is en heeldag saam met hom is, raak ek ‘desensitised’ vir stoutigheid. Mens skree meer en dissiplineer minder. Mens sien goed oor waaroor jy al 10 keer op dieselfde dag gepraat het. Mens raak die grap van die huis en hulle is nie stupid nie. Tot SuperDad by die huis kom, dan word mamma chopped liver. En dit irriteer die rook uit my uit! Ek se altyd vir my man hy is Fun Bobby – hy is die ou wat al die fun goed doen, die ou wat net 2-3 ure saam met hulle spandeer in die aand nadat hul magies vol is en badtyd is verby. Die ou wat net 1 keer praat en hulle luister…gmpf, irriteer understatement, PISS AF more like it.

Anyway, toe luister ek RSG. Nicky praat oor die idiote wat op die vloed vlaktes hul huise bou. En ek praat nie net oor die swartes wat in Diepsloot en in KZN binne-in die Jukskei en Natalse riviere onderskeidelik bou nie. Ten minste het daai ouens ‘n goeie verskoning – hulle het nie geld nie, en hulle is nie educated nie. Maar die assholes op die kus?!?! I ask you. Almal tef so na aan die water soos wat hulle kan om ‘n beter uitsig te he. Die verdomde see en riviere was eerste daar assholes. Ek dink die hele bohaai oor globale verwarming het nie ALLES uit te waai met almal wat wegspoel nie. Neem Engeland. Die pommies is mos eerste werelds. Hulle weet mos van aardrykskunde en van vloeiende water en reen. Nou hoekom gaan tef hulle nog steeds op die oewer van die damme om hulle huisies te bou??? En dan kom die reen vir 6 weke en NIEMAND kom agter die rivier voor hul huise raak wyer by die minuut nie? Niemand sien ‘n verskil van vandag tot more as daai cobble road voor die local pubby vandag bedek is met water nie….idiots.

Ek is moeg omdat ek min slaap. Die baby het by my in die kamer geslaap en eks nie gewoond daaraan nie. Met elke geluid of woord word ek wakker. En albei oggende was sy 05h30 uit die vere…geen man om my af te los nie. Niemand. Dan staan ek maar slaafs op, ruil ‘n HUGE doek [op ‘n baie nugter maag…not nice] en daar begin my dag tot vanaand 12h30 wanneer ek die lig afskakel en dan sukkel om te slaap want ek’s nie by my eie huis nie en die baby se nuwe gunsteling geluide maak my wakker….vicious freaking circle. Moes eintlik eers more terug gekom het maar¬†tussen die tense lug en die min slaap het ek my kuiertjie kort geknip. Nee magtig man. Ek sal maar eerder die res van die gedagtes in my eie persoonlike dagboekie gaan skryf, soveel soos hierdie my blog is, is dit ook die res van die wereld se forum.

In ‘n neutedop, dis hoe dit met my gaan. My kuiermense is nog steeds hier. Dit gaan goed met almal van ons so onder een dak. Ek dink my grootste stres op die oomblik is om my kind uit te sorteer, ons 3 opkomende trips agter die rug te kry en tussen-deur ‘n restaurant oop te maak….ja, dit alles voor einde September. Alhoewel, ek het besluit om die restaurant se launch uit te skuif tot volgende jaar. Ek gaan myself tot in ‘n maag-borrelende-seer innie hospitaal stres, en dis mos nie die moeite werd nie? Ek’s seker daar’s beter dinge om oor te stres. Soos die famine is Somalie.

Hierdie inskrywing is erg deurmekaar. Maar weereens, deal with it.

Hopenlik rus ek vanaand uit en dan pos ek miskien more of Sondag ‘n ietsie meer opgewek.

He ‘n fab naweek. Moenie drink en bestuur nie en soen jou kinders en se vir hulle jy’s lief vir hulle. Often.

Ciao

Ren

Advertisements

1 Comment

Filed under Uncategorized

One response to “Die lang afwagtende, omgekrapte inskrywing. Sorry.

  1. Boendoe

    Ek kan sien jy is ‘n vrou in nood. Geen raad nie, maar ek voel vir jou, vrou. ‘n Mens se werpsel kan jou na drank dryf, ek weet uit eie ondervinding. Sterkte!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s