Quicker update…

Ja goed, ek kry die boodskap! Ek weet my blog is due vir ‘n nuwe inskrywing, maar julle sallie verstaan watter tipe week ek agter die rug het nie! Goeie donner.

More vlieg ek en my man Namibie toe tot Dinsdag. Ons gaan dune biking, dune surfing, haaie vang [ok hy gaan vang, ek gaan seker shop…] en Saterdagaand oornag ons in die woestyn in tented camps! Ek sien nogal uit daarna, miskien net wat ek nodig het na my week van hel…ek vat die kamera en ek gaat lekker fotos neem en hier post.

Volgende week Vrydag vlieg ons PE toe. My swaer het ‘n plekkie daar – as close to heaven as you would find. Teen ‘n berg. Ons uitsig vorentoe is die see, agtertoe berge – ek dink amper dis deel van die tsitsikamas?. Tussen die golwe honderde dolfyne, agter teen die berg bokke. Op die rotse bly daar 2 robbe. Daar is walvisse. Dit is fenomenaal! Ek vat weer summier die kamera en post vir julle lekker jaloerse kiekies van ons tien dae by die see wanneer ons terug is. Die Namib fotos sal ek volgende week post – belowe, njannies.

Tot volgende week dan. Skies dis net ‘n stupid update-inskrywing. Ek’s besig om positively my kop te verloor.

 Ciao

PS Boendoe, nee jy’t lekke baie breinselle 🙂

Rene

Advertisements

6 Comments

Filed under Uncategorized

6 responses to “Quicker update…

  1. boendoe

    Geniet die blaaskans – hopelik sonder die kennertjies?! Ek het nou nie tyd/lus om deur DD se argiewe te gaan nie, maar wat se akkies het jy aangejaag dat ons tweetjies nou in die groot boks se slegte boekies is???!! Ek pleit absoluut onskuldig, weet nie van jou nie! 😀

  2. mielie

    Hehe Boendoe! Ek weetie wat die bleeksiel se probleem is nie! Oo ja, gister toe comment ek op sy inskrywing op SSSB van “Dankie Steve vir die foto van ons op Loftus….”. Bwhaaaa!!! Vomit! Toe se ek maar net [ewe onskuldig?] Frank, jy’t vergeet om jou blog adres onder by jou naam te sit? Goed, so ek’t gestir maar ek kan nie daai klein boksie hanteer nie! En ek hoor hy vat ons aan op sy blog? Daag ons uit om hom aan te vat? Wat die iriot nie ook alles sal doen vir hits nie? Hy’s shocking verby. En anders as hy, sal ek sy comments publish as hy dalk die brein kapasiteit het om eendag my blog te lees – miskien sal hy nie, want hier’s nie genoeg prentjies nie…

    Ciao, ek’s oppad Namibie toe
    Def

  3. Jeep

    Ek wil ook graag weet wat het julle aan DD gedoen, hy daag jule uit maar die “comments are closed”???? Hoe nou!!!!

  4. Jeep

    Ek sal ook graag wil weet wat het julle aan DD gedoen?

  5. marat

    Snaaks dat DD almal uitnooi om hom aan te vat, maar sy comments is toe? Hoe fnokken dig kan jy wees? Ek sou graag die fight wou sien – hoe DD deur ander bloggers gebitchslap word . . .

    Geniet jou vakansie Deffie, ons sien uit na die foto’s . . . 😀

  6. Jis, hoe jaloers is ek! Jy moet die trippie baie geniet, ek kan nie wag vir die foto’s nie!

    Ek het ook daai storie gesien dat DD nou kastig vir julle uitdaag, maar die comments is toe! hehe, ek het daai ene gelike toe jy hom daarop wys dat hy vergeet het om sy adres onder aan te sit… nee jong, die stof het nou gaan lê rondom hom, nou moet hy weer iets doen om aandag te trek. Shame.

    Geniet die trip!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s