I LOVE NAMIBIA!!!

Ons is terug van die groot tog na die moerse sandput. My eerste keer in die Namibie, en by george, ek’t regtig nie geweet daar is oral NET sand nie – dis ongelooflik! met die landing Saterdag oggend was daar net 2 dinge wat nie sand was nie – die vliegtuig en die klein teer aanloopbaan, ek was effe senuweeagtig toe ek die size van die aanloopbaan sien…maar die pilot het ons saggies neergesit. Ek gaan hieronder die 4 dae in ‘n nutshell probeer sit, maar die fotos doen nie die almagtigheid van die duine en sand en skoonheid justice nie. Die plek is asemrowend en meer intimiderend as die oseaan…

Saterdag middag 16h00 Namib tyd geland. En route na die woestyn het ons by die see gestop waar Luderitz oesters en franse sjampanje op ons gewag het…ok eintlik sand, met bietjie oesters en sjampanje! Die wind het ons amper oor die duine gewaai!

dsc_0610.jpg    dsc_0611.jpg 

Hier bo foto 1 is ek en foto 2 ek en Deon – letterlik windverwaaid!

Van die beach af het ons ongeveer ‘n uur en ‘n half in die woestyn in gery. Die duine het verander na berge, kraters, dongas, panne, klippe, goed wat lyk soos vuurspuwende berge – alles binne ‘n radius van ongeveer 40 km! Ons het springbokke en duikers gesien, in die middel van nerens.  Aangekom by ons “kamp” het daar 22 tente gestaan. 3 mobiele toilette [ek’s nie groot op porta potties nie, maar die goed was skoner as jou standaard toilet by ‘n restaurant! Elke tent het sy eie “stort” gehad – een van daai kamp storte uit ‘n sakkie, warm water de lot. Onder, foto 1 is die tented camp skemer. Die kampwagters het kersies in sakkies gesit en oral aangesteek waar die paadjie loop – beautiful!

dsc_0628.jpg                   dsc_0616.jpg

Op die eerste foto, die berge aan die linkerkant het, net om daai draai daar voor, ook kersies in sakkies gehad, tot amper halfpad teen die berg op! Ek’s nie seker hoe hulle tot daar gekom het nie…

Ons het nie die kamera saamgeneem aandete toe nie, maar met ons aankoms het ons die mooiste gedekte tafels, liggies, kerse, kandelare en ‘n bonfire met kussings in ‘n sirkel om dit gehad! Toe ons instap begin Impi speel en daar staan 2 mense en doen vuurdanse – spectacular! Dit het aan gegaan vir 4 liedjies. Amazing. Dit was hipnoties.

Die volgende oggend is ons vroeg op en toe ry ons omtrent ‘n halfuur na ‘n ander deel van die woestyn – die deel met die actual sand en DuInE…daar was alreeds ‘n “kamp” opgeslaan met quad bikes, ‘n voertuig vir Extreme Dune Driving, parasailing en sand boarding. Die parasailing kon toe nie gebeur nie want die wind was te kalm – ek sweer, 4 seisoene in 1 dag in namibie. Ons het afgeskop met quads toe sandboarding en daarna die extreme driving:

dsc_0651.jpg                   dsc_0692.jpg

Fotos hierbo: foto 1 die duin waar ons af gery het met die quads – daai bleddie ding is hoer as wat hy lyk, trust my. Foto 2, ekke in my sandput!

Na die quads het ons gaan sandboarding doen. Die duin waar ons opgeloop het [met ‘n hout bord wat in die begin so 3kg weeg en as jy bo kom voel hy soos 50 kg…], wat maar moer styl! Bo gekom is daar so ‘n 60cm ledge waarop ons dan moes loop na die begin van die sandboarding – aan die anderkant van die ledge is daar ‘n afgrond van minder as 45o! Ek was effe skrikkering. My bene was jellie van die stap en toe ons eers bo is toe besef ons, die enigste manier af is op die bord. Geen tyd vir uitchicken nie, jy le op die bord, posisie jou lyf en die sandboard ou [Jay, pragtige Amerikaanse surfer boy mannetjie] gee jou so ‘n stootjie en daar gaaaaaaaaaaat jy!!!!!!!!! Ek het 2 keer gegaan, die adrenalin was amazing!

dsc_0671.jpg               dsc_0684.jpg    Foto 1 is ek in aksie en foto 2 is Deon – hy’t 3 keer gegaan want daar was ‘n rekord om te breek…

Hierdie was nogal fasinerend vir my. Tussen die sand in die duine is stukkies metaal. Dis soos splinters swart metaal. As jy ‘n magneet oor die sand beweeg bring dit die metaal boontoe en die effek is amazing. Die tweede foto het my asem weggeslaan – ek moes weer en weer kyk om myself te maak verstaan dat dit regtig is en nie ‘n prentjie nie…

dsc_0688.jpg                        dsc_0693.jpg                          dsc_0696.jpg

Van die woestyn af het ons ingebook by Swakopmund Hotel – ‘n heerlike welkome heenkome na die aand in die woestyn – en suite badkamers met baddens, TV’s [ek’s groot op TV’s en room service], balkonne etc. Lekker lekker! Sondagaand het ons by ‘n fab visrestaurant gaan eet en Maandag oggend was ‘free’ dag gewees. Deon het gaan see visvang, ‘n 30kg haai en 2 kabeljoue. Hul maak die kabeljou skoon, verpak en stuur saam terug op die vliegtuig. Die haai obviously getag en release. Ek het ‘n fantastiese relaxing dag gehad in die klein [ekskuus, donners klein] swakopmund dorp. Die bliss van rondloop, middagete eet in vrede, Sarie lees, koffie drink, slaai eet, nog venster kopies maak, dit was wonderlik –

dsc_0750.jpg

Maandagaand by De Brauhaus gaan eet – baie lekker Duitse restaurant. Hulle bedien die grootste Eisbein wat ek nog gesien het! Dis meer soos ‘n halwe vark. Ek dink nie een van ons het ons varkie klaar geeet nie, maar dit was lekkeeeeeer! Duitse salami, bier en Jagermeister…ouch.

En Dinsdagoggend vroeg[erig] uit die vere. Tasse gepak, ontbyt gaan eet en so 11h00 vertrek terug SA toe. Daar was ‘n totaal van 1 klein [klein soos in 3x4m] grote winkel by die lughawe…die hele lughawe is kleiner as die restaurant waar ons Maandagaand was! Hehe. Maar dit was fun fun fun. Fantastiese pragtige plek, die sandput. Ek sal weer gaan. Die keer vat ons die kids, spring op die errie [ek doenie sulke lang landvervoer ekskursies nie, sorry] en huur daar ‘n uhm Defender, obviously, en ry die wereld plat!

Tot volgende week. Ons vlieg more PE toe na een van die mooiste plekke in die land…ek sal na ons terug is kiekies oplaai. Dis asemrowend. See voor, berg agter, walvisse, dolfyne en robbe voor ‘n oranje sonsondergang en agter staan die steenbokkies by die agterdeur….ai al hierdie vakansie. Iemand moet dit doen!!!!

 Ciao,

Rene

Advertisements

11 Comments

Filed under pitte

11 responses to “I LOVE NAMIBIA!!!

  1. boendoe

    Dit lyk lekker, lekker, lekker! En jy lyk nogal presies hoe ek jou voorgestel het!

  2. BB

    Ek weet nie hoe om ‘n groen smiley op te sit nie… 😦
    (ek is gebore in Swakop!) what can I say but: Ai!!
    Be safe, skat! x

  3. Heimwee! Ek het grootgeword in Namibie, is daar weg toe ek 13 was. Pragtige land wat onder jou vel inklim. Bly jy het dit geniet!

  4. Namibië is beslis `n plek wat ek nog wil verken en na hierdie mooi foto’s en beskrywing van jou gaan ek dit defnitief nog eendag doen.

  5. Sal graag meer wil weet soos bv ‘n website. Sal lekker wees om so vakansie vir liefie te reel.

  6. R…. so ‘n paar dae meer in Nam en jy gaan sien daar’s ongelooflik baie meer as net sand! Dis een van DIE mooiste lande in die wereld…. met soveel kontraste, en nog meer mooi…..

    🙂

  7. die brein

    Hi Defender

    Dit klink moers lekker, ons was ook al oral in die land behalwe Noord Kaap (Uppington se kant) Ons dreig nou al vier jaar om Namibie toe te gaan, maar elke keer gaan ons maar Kaap toe, want ek het nie `n 4×4 nie.Laat weet biet jie wat kos die vlug en vanwaar na waar en waar gaan jul tuis.Dis waar fotos bring nie alles tot sy reg nie.Lekker naweek vir jou en Deon.

  8. boendoe

    Gaan jy nooooiiit weer iets post nie??

  9. Ando

    Bokka
    Stunning !!!!

  10. Elni

    Beste Rene, my dogtertjie (10) doen ‘n taak oor sand in Namibia. Mag ons asb. jou foto v ‘I love Namibia’ gebruik vir haar taak.

    Groete uit Swakop

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s