Monthly Archives: September 2007

Less is more.

Soos ek my dertigs bekruip, kry ek elke dag meer visie en insig oor die mensdom. Ek verstom my aan hoe sommige mense se koppe werk. Ek vergaap my aan mense en hul prioriteite. Ek wonder waarop baseer die mensdom vriende, rykdom, liefde en die reg-en-verkeerd in die alledaagse lewe.

Ek het besluit om my binnekamer te gaan besoek. Die een tussen my ribbes, nie die een waar my TV staan nie. Oor die jare is ek [ons as familie eerder] deur diepe water. Trou issie perde koop nie, en van dag een af het ons besef ‘n huwelik het ALTYD twee pole, gee en neem. So elke dan en wan leer mens maar op die harde manier, maar dan klim jy die heuweltjie uit en daar bo is die lug weer blou en die “probleempie” lyk maar weer klein. Toe die eersteling gebore is het ons lewe ‘n ommekeer geneem. Ons is tussen besluite geslinger na sy geboorte. Ons is deur dokters, sjirurge, hospitale, tweede opinies, ‘n lewensgevaarlike operasie….en dis DAAR waar my “journey” begin het. Dis daar waar ek besef het mense is nie wat hulle se hulle is nie.

In tye van nood het ons besef watter vriende deel was van die familie, watter familie “daai” vriende maar kan gaan join, en wat is liefde. Liefde vir jou kind, jou familie, jou ouers, vreemdelinge, dokters, jouself en vir God. Toe ek nog geswot het is ons geleer van die “trial and error approach”. Met ander woorde, wanneer jy uit die hotelskool gradueer gooi iemand jou in ‘n kombuis en se “kook jou bliksem!!!”. Glo my, daar’s geen beter leerskool ter wereld nie! Die druk van die hele situasie maak jou sterk in jouself en gee vir jou natuurlike insig op die onderwerp. Jy’s gedwing om te gebruik wat vir jou werk en om uit te werp wat jou terughou….so kom ek terug by my binnekamer.

Die mense in my lewe. Daar is twee groepe [uitsluitende my onmiddelike familie], naamlik:1.  DIE wat iets beteken vir MY in my lewe, die wat iets bydra tot my lewe. En 2. DIE wat net daar is…hul nommers is op my foon, hulle name is op my gastelys, ek sien hulle wanneer daar ‘n rugbygame is. Maar dis waar dit eindig. Is dit verkeerd om hierdie mense nou agter in die ry te sit? Is dit onmenslik om ‘n besluit te neem, in sommige gevalle na ‘n paar jaar, dat hierdie mense nie meer bydra tot my lewe nie? Want dis wat ek wil doen. Ek’s moeg gegee. Ek’s moeg gewag vir neem. Ek’s moeg om in sommige gevalle te smile net om die vrede te bewaar. Want, trust my, dis nie in my nie. Soveel soos wat ek nog altyd se EENDAG gaan ek nog ‘n aktrise wees, soveel kan ek maar net nie pretend in die regte lewe nie. As ek nie van jou hou nie, gaat jy dit agterkom, en vinnig ook! Ek sal Nie ‘n onregverdige opinie maak oor iemand nie. Ek sal altyd self uitvind. As daar ‘n rumour is sal ek my bes probeer om verby die rumour te kyk. Ek sal ondersoek instel en dan sal ek ‘n besluit maak. Ek kyk neer op niemand. Ek gee nie om WIE jy is, waar jy vandaan kom, waar jy bly, hoeveel $ jy onder bestuur het of wie jou myn-magnaat pa is nie. I like, I give. You asshole, I give nothing. Maklik ne?

Want, quite frankly. Ek’s net vir EEN leeftyd op hierdie aarde. EEN kans. Hel, ek’t al baie foute gemaak in my lewe. Niks waarvan ek sal erken nie natuurlik – joke. Ek sal darem van dit erken….die ander is ek te embarassed oor! Daar is ‘n paar situasies in my lewe wat ek wens ek kon oorhe. ‘n Paar kanse wat ek wens ek kon weer kry. Nou vra ek myself die vraag: Hoekom moet ek MY een kans mors op iets waarvan ek nie approve nie? Op iemand wat nie bydra tot my geluk nie? Op iemand wat nie daar is vir my nie? Gmpf. Ek sallie. Ek’s 3 maande van 30 af. Ek kan dalk nie eers 30 sien nie? Wie weet? Dan het ek ‘n goeie deel van my 29 jaar hier vermors op trivial toneelspel. Om die res van die party gelukkig te hou. Nee wat. Hier’s dit nou, nog ‘n pledge: Ek stap die binnekamer in, ek kyk rond, en By George, ek begin spring clean!!!!

Less is more, of hoe se ek?

Ciao

R

Advertisements

10 Comments

Filed under Uncategorized

Bouing, bouing, gone

Soos ek vanmiddag my kind sit en aan die slaap maak dink ek aan verlede jaar hierdie tyd. Ek was 37 weke swanger. Lente het ons weereens nie bekruip nie – dit was koud 31 Augustus en 1 September het ons geskye van die hitte! Fisies was dit ‘n goeie swangerskap. Alles het goed verloop, baba mooi gegroei ek lekker gesond….maar emosioneel was hierdie Mamma nie wat sy moes wees nie. In ‘n neutedop: Hier was bouers. En baie van hulle. Laat ek begin by Junie 2006:

Met albei my swangerskappe het ons besluit om aan te bou. Huis is nou te klein en daar’s nog ‘n baby oppad. Die eerste aanbouings was maar soos meeste aanbouings, niks was ooit 100% nie, maar effe leefbaar. Toe, met die tweede een het ons enorme renovations aangegaan – die huis is letterlik verdubbel. En elke, ek bedoel ELKE kamer in die huis het deurgeloop. Laat ek net gou byvoeg, ons het deur 5 bouspanne gegaan….5 bouspanne in 4 maande.                                                           My spaarkamer het ‘n gat ingehad waar die nuwe en-suite spaarkamer gebou is. Bo-op die spaarkamer het ons boeta se nuwe kamer aangebou. Maar sy kamer is gebou aan die existing badkamer wat ons s’n was – so, die een badkamer bo het ‘n gat ingehad. Die kombuis….o my liewe hemeltjie. Die kombuis se eenkant is toegebou. Die kombuis, tv kamer en eetkamer is oop. So ook die trappe wat van die portaal af opgaan. Toe die kombuis aan die bou was was DIE HELE huis vol stof. Moenie vergeet nie, ek’s 37 weke swanger en dis warm. Ons hoofslaapkamer het ‘n nuwe badkamer aangekry. Met die gevolg, DAAR WAS ‘N GAT IN DIE KAMER. Daar was stof oral. IN die kamer, IN die kaste, OP die klere, IN die bed. Die matte was vol sement. Bietjie bouers informasie: ‘n bouer weet nie wat’s die verskil tussen gras, teels, matte, hout of grond nie. As daar ‘n oppervlak is, sal daar dagga aangemaak word op oppervlak. Dagga is aangemaak op my matte……Kyk, in die woorde van die meester Spike, “I can tell you stories that will make your balls shrink to the size of raisins!!!” 

Bouspan nommer 1 het ongeveer 2 maande gehou. Wonderlik weggespring. Ons het gedink “Hey! Waaroor moan almal nou so oor die arme bouers? Hulle is so goed ons bou sommer iets anders ook aan!!”. Fout nommer een. Een oggend toe daag daar 12 verskillende bouers op. En hulle praat nie engels nie. Hulle praat nie zulu of afrikaans nie. Hulle praat nie. Hulle is 3ft5 en hulle verstaan niks. Note to reader, ek’s 37 weke swanger en heeldag alleen saam met die bouers. Nou het ek bouers wat nie praat nie. Kyk, om dit goed te stel, ek het op meer as een geleentheid ‘n prentjie van ‘n bouer in my geestesoog gehad wat le en spartel met ‘n tuinvurk in sy linkerbeen (want die regterbeen is lankal al afgesaag met ‘n graaf deur my…). Ek was woes. Ek het op 2 geleenthede amper in kraam gegaan. Die dag toe die poefies die waaier geslaan het, was die laaste strooi. My man moes kom. Ek’t gebel en gese, kom asseblief. Ek gaan dit vandag aanrand of iets erger. Adrenalien en ek werk mooi saam. En gemeng met swanger hormone is ek soos een van daai proefbuise met groen goed in wat borrel en dan skielik net ontplof. Die dat ek toe maar my man bel om te kom. Dit was so erg dat die carpenter na my toe gekom het om te se ek moet kalmeer want “die baby hy gaat kom hier in die tuin…”. Ten minste was een van hulle attentative…

In alle geval, soos ek gese het, the size of raisins. Na bouspan 1 nie die werk kon klaarmaak nie, en ons ‘n hofsaak aanhangig gemaak het teen hulle, moes ons plan B inroep. Probleem was, ons het nie ‘n bleddie plan B gehad nie!!! Dis toe die poef die waaier slaan en ons frentieklie bouers begin opspoor. Die een se dieselfde as die volgende een: “Ons maak nie ‘n ander ou se kakka reg nie”.  Ek kraam oor 2 weke, daar is steeds ‘n gat in my kamer en my gang is so skeef ek raak seesiek as ek by die trap oploop[waggel]. Span 2 het toe nie gewerk nie. Span 3 was een dag hier en nie terug gekom nie [ja, die skade was so erg…]. Span 4 het meeste van die werk gedoen in so min tyd as moontlik maar het ‘n plaas se prys gevra. Letterlik, hul fooitjie vir die week was duurder as AL die bouery saam…maar hoes moes ons hoes, ek kraam oor ‘n week. Span 5 het letterlik amper by ons ingetrek. Hulle het 7 dae van die week gewerk. Hulle moes alles klaarmaak binne ‘n week.

Op hierdie stadium van die geveg was almal bang vir my – ek was effens bang vir myself by tye…Die arme voorman van Span 5 het nie ‘n spier verroer sonder om met my te check nie! Shame…he was truly a Godsend.

Die dag voor my beplande keiser het ek my ginekoloog gebel, in trane. Ek was toe al siek vir ‘n week en ek kon nie meer in hierdie huis funksioneer nie. Ek dink sy het die desperaatheid in my stem gehoor en dadelik vir my gese kom in, ons boek jou oornag in en sit jou op ‘n drip. Bless you.

Ek het 2 dae na my keiser myself uitgeboek…Ja, so ek’s ‘n sucker vir punishment, maar ek kon nie meer ‘n dag langer sonder my man en seun nie. Maar die deal was, WANNEER ek by die huis kom en ek sien ‘n bouer [of iets wat soos ‘n bouer lyk] gaan ek hom aanrand. Ek verneem die laaste vrag boumateriaal is 20 minute voor my aankoms verwyder!

Was daar al tye in jou lewe wat SO erg was dat jy ‘n mental blok teenoor dit het? So erg dat die skade letsels gelos het? Serias!!!! Julle lag. Dit was wel so. Njannies, as iemand my vandag vra, so is al die bouery al klaar, dan sluit my brein af en ek kry so vaagweg ‘n beklemming om my baarmoeder……

More kom die swembad kwoteerders….ja. Die swart kringe sit al om my oe. My nekspiere staan soos een van daai WWE ouens. My eetlus het vergaan. En my baarmoeder krimp ineen.

Why oh why?????????? Wens my sterkte toe. Nee, wens die swembad manne sterkte toe. Dank die goeie Vader my hormone is nie op hol nie, want anders was daar ‘n raaiselagtige lyk onder ons houtdek oor ‘n maand…

Ciao vir eers

Def

8 Comments

Filed under Uncategorized