Bouing, bouing, gone

Soos ek vanmiddag my kind sit en aan die slaap maak dink ek aan verlede jaar hierdie tyd. Ek was 37 weke swanger. Lente het ons weereens nie bekruip nie – dit was koud 31 Augustus en 1 September het ons geskye van die hitte! Fisies was dit ‘n goeie swangerskap. Alles het goed verloop, baba mooi gegroei ek lekker gesond….maar emosioneel was hierdie Mamma nie wat sy moes wees nie. In ‘n neutedop: Hier was bouers. En baie van hulle. Laat ek begin by Junie 2006:

Met albei my swangerskappe het ons besluit om aan te bou. Huis is nou te klein en daar’s nog ‘n baby oppad. Die eerste aanbouings was maar soos meeste aanbouings, niks was ooit 100% nie, maar effe leefbaar. Toe, met die tweede een het ons enorme renovations aangegaan – die huis is letterlik verdubbel. En elke, ek bedoel ELKE kamer in die huis het deurgeloop. Laat ek net gou byvoeg, ons het deur 5 bouspanne gegaan….5 bouspanne in 4 maande.                                                           My spaarkamer het ‘n gat ingehad waar die nuwe en-suite spaarkamer gebou is. Bo-op die spaarkamer het ons boeta se nuwe kamer aangebou. Maar sy kamer is gebou aan die existing badkamer wat ons s’n was – so, die een badkamer bo het ‘n gat ingehad. Die kombuis….o my liewe hemeltjie. Die kombuis se eenkant is toegebou. Die kombuis, tv kamer en eetkamer is oop. So ook die trappe wat van die portaal af opgaan. Toe die kombuis aan die bou was was DIE HELE huis vol stof. Moenie vergeet nie, ek’s 37 weke swanger en dis warm. Ons hoofslaapkamer het ‘n nuwe badkamer aangekry. Met die gevolg, DAAR WAS ‘N GAT IN DIE KAMER. Daar was stof oral. IN die kamer, IN die kaste, OP die klere, IN die bed. Die matte was vol sement. Bietjie bouers informasie: ‘n bouer weet nie wat’s die verskil tussen gras, teels, matte, hout of grond nie. As daar ‘n oppervlak is, sal daar dagga aangemaak word op oppervlak. Dagga is aangemaak op my matte……Kyk, in die woorde van die meester Spike, “I can tell you stories that will make your balls shrink to the size of raisins!!!” 

Bouspan nommer 1 het ongeveer 2 maande gehou. Wonderlik weggespring. Ons het gedink “Hey! Waaroor moan almal nou so oor die arme bouers? Hulle is so goed ons bou sommer iets anders ook aan!!”. Fout nommer een. Een oggend toe daag daar 12 verskillende bouers op. En hulle praat nie engels nie. Hulle praat nie zulu of afrikaans nie. Hulle praat nie. Hulle is 3ft5 en hulle verstaan niks. Note to reader, ek’s 37 weke swanger en heeldag alleen saam met die bouers. Nou het ek bouers wat nie praat nie. Kyk, om dit goed te stel, ek het op meer as een geleentheid ‘n prentjie van ‘n bouer in my geestesoog gehad wat le en spartel met ‘n tuinvurk in sy linkerbeen (want die regterbeen is lankal al afgesaag met ‘n graaf deur my…). Ek was woes. Ek het op 2 geleenthede amper in kraam gegaan. Die dag toe die poefies die waaier geslaan het, was die laaste strooi. My man moes kom. Ek’t gebel en gese, kom asseblief. Ek gaan dit vandag aanrand of iets erger. Adrenalien en ek werk mooi saam. En gemeng met swanger hormone is ek soos een van daai proefbuise met groen goed in wat borrel en dan skielik net ontplof. Die dat ek toe maar my man bel om te kom. Dit was so erg dat die carpenter na my toe gekom het om te se ek moet kalmeer want “die baby hy gaat kom hier in die tuin…”. Ten minste was een van hulle attentative…

In alle geval, soos ek gese het, the size of raisins. Na bouspan 1 nie die werk kon klaarmaak nie, en ons ‘n hofsaak aanhangig gemaak het teen hulle, moes ons plan B inroep. Probleem was, ons het nie ‘n bleddie plan B gehad nie!!! Dis toe die poef die waaier slaan en ons frentieklie bouers begin opspoor. Die een se dieselfde as die volgende een: “Ons maak nie ‘n ander ou se kakka reg nie”.  Ek kraam oor 2 weke, daar is steeds ‘n gat in my kamer en my gang is so skeef ek raak seesiek as ek by die trap oploop[waggel]. Span 2 het toe nie gewerk nie. Span 3 was een dag hier en nie terug gekom nie [ja, die skade was so erg…]. Span 4 het meeste van die werk gedoen in so min tyd as moontlik maar het ‘n plaas se prys gevra. Letterlik, hul fooitjie vir die week was duurder as AL die bouery saam…maar hoes moes ons hoes, ek kraam oor ‘n week. Span 5 het letterlik amper by ons ingetrek. Hulle het 7 dae van die week gewerk. Hulle moes alles klaarmaak binne ‘n week.

Op hierdie stadium van die geveg was almal bang vir my – ek was effens bang vir myself by tye…Die arme voorman van Span 5 het nie ‘n spier verroer sonder om met my te check nie! Shame…he was truly a Godsend.

Die dag voor my beplande keiser het ek my ginekoloog gebel, in trane. Ek was toe al siek vir ‘n week en ek kon nie meer in hierdie huis funksioneer nie. Ek dink sy het die desperaatheid in my stem gehoor en dadelik vir my gese kom in, ons boek jou oornag in en sit jou op ‘n drip. Bless you.

Ek het 2 dae na my keiser myself uitgeboek…Ja, so ek’s ‘n sucker vir punishment, maar ek kon nie meer ‘n dag langer sonder my man en seun nie. Maar die deal was, WANNEER ek by die huis kom en ek sien ‘n bouer [of iets wat soos ‘n bouer lyk] gaan ek hom aanrand. Ek verneem die laaste vrag boumateriaal is 20 minute voor my aankoms verwyder!

Was daar al tye in jou lewe wat SO erg was dat jy ‘n mental blok teenoor dit het? So erg dat die skade letsels gelos het? Serias!!!! Julle lag. Dit was wel so. Njannies, as iemand my vandag vra, so is al die bouery al klaar, dan sluit my brein af en ek kry so vaagweg ‘n beklemming om my baarmoeder……

More kom die swembad kwoteerders….ja. Die swart kringe sit al om my oe. My nekspiere staan soos een van daai WWE ouens. My eetlus het vergaan. En my baarmoeder krimp ineen.

Why oh why?????????? Wens my sterkte toe. Nee, wens die swembad manne sterkte toe. Dank die goeie Vader my hormone is nie op hol nie, want anders was daar ‘n raaiselagtige lyk onder ons houtdek oor ‘n maand…

Ciao vir eers

Def

Advertisements

8 Comments

Filed under Uncategorized

8 responses to “Bouing, bouing, gone

  1. boendoe

    Nee, nou het ek my wit geskrik! Sowaar ‘n nuwe possie?! 😀 Maar sterkte aan jou EN die swembadmanne! En welkom terug…

  2. Jaco

    Bou is nie vir sissies nie. Ek het amper ‘n 3 dubbele hartomleiding nodig gehad toe ons laasjaar laat plaveisel insit het. . . en ek kom self uit die boubedryf!

    My raad aan jou, gaan lê vir ‘n rukkie totdat daai gevoel om iets te wil bou oorwaai. hehehe 😎

  3. mielie

    Lol Boendoe en Jaco! Haai Boendoe, jy sit my al op ‘n guilt trip! Hierdie possie was hoeka geinspireer deur jou wat my vra of ek nog leef. Dinge begin stadig maar seker weer in plek val. Ek begin weer reelings tref vir die teetuin, maar intussen het ek bediende moeilikheid opgetel en moet ‘n nuwe een aanstel voor 1 November…it never ends. Lo and behold! Ek moan oor niks, my lewe is perfek behalwe vir so ‘n paar hic-ups wat ek moet uitstryk.
    Jaco, sterkte met daai All-bran. Maak dit lekker man, sit piesang of aarbeie by dan smaak dit darem soos soet karton 🙂
    Ciao
    Ren

  4. boendoe

    Net ‘n tip! Die teetuinreelings en die bediendemoeilikheid klink ook na goeie poskos.
    (Net ingeval jy uit idees hardloop, soos ek!)

  5. BB

    Hahaha!!…en jou volgende inskrywing se opskrif gaan wees: Boeing, boeing, gone?? Hoor jy’s op pad RWC toe? Skryf, girl, skryf!! x

  6. Ek kry saam met jou so beklemming om my baarmoeder as ek aan aanbou dink – weet PRESIES hoe jy voel!

    Sterkte en geniet die RWC!

  7. rb

    Ek wonner net, die nuwe bouery, is jy nie dalk weer swanger nie? Klink of jy sulke goed so saam-saam beplan? Vra ma net!!

  8. mielie

    Rb, jy’s lekker snaaks ne??? Skielik is die skok van die bouers nie meer so groot soos die gedagte aan nog ‘n swangerskap nie – dankie!

    R

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s