Less is more.

Soos ek my dertigs bekruip, kry ek elke dag meer visie en insig oor die mensdom. Ek verstom my aan hoe sommige mense se koppe werk. Ek vergaap my aan mense en hul prioriteite. Ek wonder waarop baseer die mensdom vriende, rykdom, liefde en die reg-en-verkeerd in die alledaagse lewe.

Ek het besluit om my binnekamer te gaan besoek. Die een tussen my ribbes, nie die een waar my TV staan nie. Oor die jare is ek [ons as familie eerder] deur diepe water. Trou issie perde koop nie, en van dag een af het ons besef ‘n huwelik het ALTYD twee pole, gee en neem. So elke dan en wan leer mens maar op die harde manier, maar dan klim jy die heuweltjie uit en daar bo is die lug weer blou en die “probleempie” lyk maar weer klein. Toe die eersteling gebore is het ons lewe ‘n ommekeer geneem. Ons is tussen besluite geslinger na sy geboorte. Ons is deur dokters, sjirurge, hospitale, tweede opinies, ‘n lewensgevaarlike operasie….en dis DAAR waar my “journey” begin het. Dis daar waar ek besef het mense is nie wat hulle se hulle is nie.

In tye van nood het ons besef watter vriende deel was van die familie, watter familie “daai” vriende maar kan gaan join, en wat is liefde. Liefde vir jou kind, jou familie, jou ouers, vreemdelinge, dokters, jouself en vir God. Toe ek nog geswot het is ons geleer van die “trial and error approach”. Met ander woorde, wanneer jy uit die hotelskool gradueer gooi iemand jou in ‘n kombuis en se “kook jou bliksem!!!”. Glo my, daar’s geen beter leerskool ter wereld nie! Die druk van die hele situasie maak jou sterk in jouself en gee vir jou natuurlike insig op die onderwerp. Jy’s gedwing om te gebruik wat vir jou werk en om uit te werp wat jou terughou….so kom ek terug by my binnekamer.

Die mense in my lewe. Daar is twee groepe [uitsluitende my onmiddelike familie], naamlik:1.  DIE wat iets beteken vir MY in my lewe, die wat iets bydra tot my lewe. En 2. DIE wat net daar is…hul nommers is op my foon, hulle name is op my gastelys, ek sien hulle wanneer daar ‘n rugbygame is. Maar dis waar dit eindig. Is dit verkeerd om hierdie mense nou agter in die ry te sit? Is dit onmenslik om ‘n besluit te neem, in sommige gevalle na ‘n paar jaar, dat hierdie mense nie meer bydra tot my lewe nie? Want dis wat ek wil doen. Ek’s moeg gegee. Ek’s moeg gewag vir neem. Ek’s moeg om in sommige gevalle te smile net om die vrede te bewaar. Want, trust my, dis nie in my nie. Soveel soos wat ek nog altyd se EENDAG gaan ek nog ‘n aktrise wees, soveel kan ek maar net nie pretend in die regte lewe nie. As ek nie van jou hou nie, gaat jy dit agterkom, en vinnig ook! Ek sal Nie ‘n onregverdige opinie maak oor iemand nie. Ek sal altyd self uitvind. As daar ‘n rumour is sal ek my bes probeer om verby die rumour te kyk. Ek sal ondersoek instel en dan sal ek ‘n besluit maak. Ek kyk neer op niemand. Ek gee nie om WIE jy is, waar jy vandaan kom, waar jy bly, hoeveel $ jy onder bestuur het of wie jou myn-magnaat pa is nie. I like, I give. You asshole, I give nothing. Maklik ne?

Want, quite frankly. Ek’s net vir EEN leeftyd op hierdie aarde. EEN kans. Hel, ek’t al baie foute gemaak in my lewe. Niks waarvan ek sal erken nie natuurlik – joke. Ek sal darem van dit erken….die ander is ek te embarassed oor! Daar is ‘n paar situasies in my lewe wat ek wens ek kon oorhe. ‘n Paar kanse wat ek wens ek kon weer kry. Nou vra ek myself die vraag: Hoekom moet ek MY een kans mors op iets waarvan ek nie approve nie? Op iemand wat nie bydra tot my geluk nie? Op iemand wat nie daar is vir my nie? Gmpf. Ek sallie. Ek’s 3 maande van 30 af. Ek kan dalk nie eers 30 sien nie? Wie weet? Dan het ek ‘n goeie deel van my 29 jaar hier vermors op trivial toneelspel. Om die res van die party gelukkig te hou. Nee wat. Hier’s dit nou, nog ‘n pledge: Ek stap die binnekamer in, ek kyk rond, en By George, ek begin spring clean!!!!

Less is more, of hoe se ek?

Ciao

R

10 Comments

Filed under Uncategorized

10 responses to “Less is more.

  1. Eerder een opregte vriend/in as tien vals vriende. Dis reg. Maak daai binnekamer skoon. Jou inskrywing laat my dink aan daai ‘I did it my way’ liedjie. Welkom terug ‘by the way’. 🙂

  2. boendoe

    Eina! Jy laat 30 klink soos die einde van die paadjie!! Maar ja, gooi uit die oorbodiges! Mens travel beter lig.

  3. Jaco

    Life is too short om jou op te hou met goed wat jou terughou.

  4. Gooi weg, maak skoon, en hou net dit wat vir JOU belangrik is.

  5. BB

    Always remember that though you aim to be honest and upfront your higher aspiration should above all be, to be kind about it – daar is maniere om skoon te maak, sonder om ‘n ‘vullishoop’ te genereer.
    And by the way: 40 is the new 30!!
    (is ons op die gastelys?? 😉 of moet ons maar net die persente aanstuur? 🙂
    Take care! xx

  6. SHARKS

    Ek gaar nie op nie, smyt weg!! Hou wat vir JOU van die grootste belang is.

  7. boendoe

    Less is more, en absence makes the heart grow fonder!

    Nee, jinne, jy’s te stil!

  8. Hiermee lê ek offisiëel ‘n klag van blog afskeping. Jou verhoor begin onmiddelik. Jou verhoor en moontlike skuldigbevinding kan afgeweer word deur iets te post.

    I am your Judge and Jury and I will be back.

  9. Ja, mense kan ‘n ou se lewe maak of breek! Ongelukkig het ons almal mense nodig om ons! Ongelukkig leef die meeste net vir hulself!
    Liefies

  10. mengelmoes

    Was jou blog deel van die groooooooot skoonmaak?

    We miss you Deffels!!!

Leave a reply to Roer Cancel reply