Die jurie die prinses en die 3-ton bul…

Goeiedag liewe bloglesers,

Ek kom in vrede. Ek verneem ek is voor die jury geplaas agv blog neglect…ok, so laat ek my saak stel:

3 Maande terug het ek ‘n nuwe laptop gekoop. ‘n Maand terug het die komper se ethernet gaatjie die gees gegee. R600 later vir ‘n nuwe modem het die ding steeds nie gewerk nie. Intussen het ek toe “Fujitsu” (ek sit dit in ” ” want ek dink dis ‘n skim maatskappy…) gekontak en hulle het toe die kompertjie kom oplaai vir intensiewe sorg. 2 Weke later (vandag) is die kompertjie steeds op binneaarse voeding. Ek het nou ‘n leen-komper van “Fujitsu” (nogal ‘n mooi ee….ag my hel daar breek die n koppie!!!!!). Ok so die n knoppie werk nie….daar werk hy nou weer….so dis aan en af met die n koppie πŸ™‚

In elk geval….hehehe, ek skeer my hool oor die n knoppie!!! Prinses het intussen ‘n nuwe slaap triek opgetower…elke aand (verskillende tye, sy hou ons op ons tone…) word sy vir 2 ure wakker!! Wakker soos in wakker…Agv die nuwe triek het ek akute rug en heup pyn ontwikkel. Ek vermoed dit is ‘n kombinasie van ‘n harde vloer, ‘n abnormale skuins posisie met ‘n abnormale gedraaide arm binne in die kot en met my nek op die rug van ‘n pienk perd met ‘n harde saal op…ek weet nie, ek vermoed so? Met die gevolg, my slaaptyd is drasties verminder en deur die dag is die kind soos een op speed. Soos daai oulike pienk hasie in die duracell advertensie? Dis my prinses!! En ek is die vrou wat op die bank le met swart kringe om haar oe, ‘n geheue wat nie meer werk nie, ore wat nie meer mamma hoor nie. Ek het aansoek gedoen by die Departement van Naamsveranderinge om my Mamma titel te verander na Supercalafradulisticexpialidocious πŸ™‚ Sal like om te sien HOW THEY PULL THAT ONE OFF!!!!! Mwhahahahahaha!!!!!

Terug na my verhoor…Ek skuld nog ‘n Spanje opstel ek weet. Op hierdie stadium is Spanje so ver in die verlede ek kan nie meer othou (koppie weer gebreek…) dat ek daar was ie!!! Wat ek wel kan terugrapporteer is dat ek…..’n regte egte….bul gefight het in ‘n bulring!!! Njannies! Dis die reine waarheid. Die enigste girl in die ring en ek het die bul aangepak. Ok so dit was ‘n kleiner bul as die in die “regte” (lees skim) bulrings maar glo my, dit was die mees angsvullende 10 miute van my lewe. Met die eerste probeerslag het die bul reguit op my afgestorm en in die adrenalien-gevulde-oomblik het ek, geheue-verlies-mamma, binne toe beweeg sodat die bul my reg in die gut stamp! Needless to say was ek effe skrikkerig daarna maar moes toe maar my trots sluk en die toeskouers entertain! My liewe man aan die ander kant het, soos dit ‘n ware boertjie betaam, die bul, nadat hy gevaarlik vinnig op hom afgestorm het en die lap vasgetrap het, die bul letterlik by die horings gegryp en hom weggestoei! Ek moet bieg, my eerste gedagte was, o my teef, die arme bul se horings gaan afgeruk word!! Maar hy het die bul onder gehou en met die eerste kans wat hy kon kry gedraai en gehardloop agter die skuiling in die ring! Dit was magical! Een van daai stories wat jy vir jou kinders oor en oor vertel, die fotos met elke geleentheid uitruk en elke keer word die bul groter en so elke nou en danΒ wys jy ‘n ou wond en ja wel, dan verander die storie maar weer.

So, siende dat hierdie die leen komper is is daar geen fotos van my bulgeveg hierop nie, maar by george, sodra ek my “fujitsu” terugkry laai ek my kiekies en julle sal sien ek was daar in vlees en bloed (baie bloed… πŸ™‚ )

Intussen lawe ek my gewonde rug en heupie en spasma in my nek. Wanneer julle vanaand 8 ure se slaap inkry dink aan my op die vloer, heupbene in die grond, steekpyne in die rug, ‘n dooie arm en ‘n stywe nek op ‘n pienk perd se harde saal.

Lekke slaap amigos!

Ciao. Torro torro!

R

Advertisements

11 Comments

Filed under 1

11 responses to “Die jurie die prinses en die 3-ton bul…

  1. boendoe

    What the..!! Ek het nou van my stoel afgeval! Jy is terug! Ek is nou so verstom, ek kan glad nie simpatiseer met jou seer rug, nek en heupe nie. Dis nou nuus wat van die dakke af verkondig moet word!

  2. mielie

    Boendoe, hou nou op om my so sleg laat voel! Ek’t nie ‘n komper nie ou maat! Wat moet een doen sonder ‘n komper??? Die ou by “fujitsu” het my hoeka laat verstaan dat ek baie bevoorreg is om ‘n leen komper te kry “because it’s not company policy…” company my ass!

    Lekkaaaaa om terug te wees!!!
    ciao πŸ™‚

  3. mengelmoes

    She’s Alive!!!

    Daai mense moet begin lewe kry of vir jou ‘n ander pc gee, ons wil ons deffels terug he met foto’s en al!

    Sterkte met dolla, elke dag is sy ‘n dag nader aan deurslaap πŸ˜‰

  4. Welkom terug! Geleende komper of de nie. Het ook ‘n slegte nag agter die rug en my laaitie is 3 en ‘n half!! so deurslaap nader? Miskien. πŸ˜‰ (bygese^, die arme bloedjie het verkoue). Die bul storie is amazing. Kan nie wag vir die pics! Moet nou nie weer so lank verdwyn nie. My magtig!

  5. Synde dat jy nou terug is, Onskuldig!Case dismissed! Next! Goed om jou terug te hΓͺ.

    Maak met daai fujitoetsi soos ek die week met ons dvd player gaan maak. Vat hom terug na waar jy hom gekoop het, wetter die ding stukkend op die vloer voor die manager se voete en loop uit. Dis sal vir jou ‘n reaksie kry!

  6. Rene

    Gits frits, Jaco dis bietjie hectic! Jy’t issues ou maat! Arme dvd speler…Ek’t komper by Makro gekoop en hulle “moet hom terugstuur na die manufacturer…” Ek vermoed as ek die ding stukkend gaan gooi gaan hulle my dalk toesluit? Nee wat, siende dat ek nou hulle opgegradeerde laptop leen sal hulle miskien ‘n plan maak om die ding hier uit te kry – ek override hierdie n knoppie, so die saak is reg!

    Ciao
    Def

  7. Welkom terug! Na al jou wedervaringe, klink dit of jy al amper weer ‘n breek nodig het… πŸ˜†

    Hoop jou kompertjie word gou gesond, ons wil daai foto’s sien van die bullfight!

    Sterkte met die slaap sessies, gelukkig is my beurt verby…

  8. Jy LEEF nog???

    En ek wag nog in spanning om by julle ‘coffee shop’ te kom kuier??!!?? En as jy ‘hier’ wil kom ‘pizza’ beter jy jou alie roer… ek’s amper klaar hierso!

    (((Deffie)))

  9. BB

    Bienvenida corazon!! My keyboard is ok spukkend!!! elke keer as ek ‘n p wil pik, pik hy ‘n p!!! maar ek is alpe bly dap jy perug is op die woeste wye web!! ek hep laasnag ook so sleg geslaap – en myne is al 21!! Hehehe!!
    Kannie wag vir jou spiergevegpics nie! x

  10. Welkom terug Def!! Was julle in Majorca ook? As my skip eendag kom, wil ek graag soontoe!
    Liefies Tersia

  11. mielie

    Tersia, ons was nie die keer in Mallorca nie, maar ek was al daar. Daai plek is beautiful! The playground of the rich and famous. Die yachts in daai baai is ongelooflik. My suster -hulle het ‘n plek in Mallorca, ons maak planne om daar te gaan kuier, sal jou op hoogte hou!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s