Monthly Archives: December 2007

Geseende Afrika Kersfees. Op Hoop, voorspoed en vertroue

Ek stres wonder oor die toestand van ons land. Eergister is Zuma verkies as die nuwe leier van die ANC. Gister is dit aangekondig dat daar genoeg bewyse teen hom is om hom in hegtenis te neem…what the ?????? Dis ‘n sirkus. Dis so belaglik dis eintlik amusant. Amusant op ‘n baie bekommerde manier natuurlik. Suid Afrika se kandidaat vir presidensie is ‘n krook. ‘n Minder slim een at that…een wat niks weet van Vigs nie. Een wat so korrup is soos sy gavemant coleegs. Een wat tien teen een die volgende hoof van ons land gaan word. Die besluite moet maak. Vir ONS gaan moet besluit. Vir ons gaan moet besluit wat is die beste vir ONS. Wat dinge gaan moet regmaak in Suid Afrika. ‘n Oplossing vir geweld moet opdink. ‘n Voorbeeld moet wees vir ons jeug.

Wat se ek vir my kinders? Die leier van die land waarin julle woon verdien om daar te wees? Hy’s ‘n man van eer, respek, morele waardes, intelligensie….ek weet nie. Ongelukkig weet ek nie genoeg van hom as leier om hom te veroordeel as President van die land nie, maar sy verlede laat veel te wense toe.

Ek weet nie wat om te dink nie. Ek’s nie een van daai mense wat leef vir vandag nie. Ek’s ‘n ewige pessimis, ek verwag altyd die ergste en dit werk vir my. Sodoende word ek amper nooit teleurgestel nie. Maar die probleem is, ek sien my lewe in vyf jaar en ek is so bekommerd oor die toekoms van my kinders. Ek glo daar is geen toekoms vir ons hier nie. Dit breek my hart om te dink ons sal eendag, in die nabye toekoms, hierdie land moet verlaat. Ek’s lief vir hierdie land. Vir die mense. Maar ek HAAT die omstandighede. Ek haat die korrupsie, die armmoede, die onregverdigheid van sommiges se lewens, die gevoel van absolute vrees in my hart, die blattante ongevoeligheid vir ‘n lewe. I can go on for days….

Ek haat die wete dat ek uit my eie land gedryf word omdat ek nie meer veilig is nie. Omdat my en my familie se lewens niks werd is nie. Omdat my kinders oor ‘n paar jaar nie ‘n “normale” lewe soos myne sal kan lei nie. En dit maak my so ongelooflik hartseer. Ons het geen waarborg dat ons eers uit hierdie land SAL kan kom nie. Waarheen vlug ons? Probleem met ons Suid Afrikaners is dat ons geen ander plek in die wereld ons tuiste sal kan noem nie, omdat ons die beste van die beste het. Hier. Ons het alles wat enige ander mens se hart begeer. Vir 30 jaar van my lewe het ek die beste van die beste land beleef. My kinderdae was wonderlik, my ondervindings was onvergeetelik. My mense…ek raak hartseer aan die denke van emigreer. Afrika is my plek. Afrikaners is ons mense.

Die dag wanneer ons hierdie hemelse land verlaat sal die swaarste dag wees van my lewe, dit weet ek. Want ek weet dit sal finaal wees. En ek sal aanpas in die verte. Ek sal dit seer sekerlik haat vir ‘n lang ruk (ever-the-pessimist-speaking…) maar ek sal dit namate aanvaar. Ek sal slaap in die aand sonder ‘n slaappil. My kinders kan miskien normaal leef. Ons kan stap en speel en lag en vertrou en leef. Maar my hart sal altyd hier in Afrika wees. Hier waar ek gebore is. Hier waar ek nie wil doodgaan nie.

My seun sing Hakuna Matata, dag in en dag uit. Hy lyk so gelukkig en sorgvry. Ek wens dit vir almal toe hierdie Kersfees. Ek bid en hoop en vertrou dat dinge moet regkom. En in ‘n mate kry ek skaam omdat ek soos ‘n lafaard voel wat wil vlug. Maar ons sal moet as ons gedwing word daartoe. Vir eens in my lewe sal ek my trots in my sak steek en nie terugkyk nie.

Intussen beplan ons ‘n tradisionele Afrika Kersfees! Dis 280C, die braaivleis marineer, die biertjies word koud, die kinders swem en die grootmense vereer Afrika vir wat hy was. Hemel op aarde. I salute you.

Geseende Kersfees almal, wees veilig, maak julle harte oop en se vir jou kinders “ek’s lief vir jou” 10 keer ‘n dag!

Ciao

Rene 🙂

5 Comments

Filed under 1

‘n Ongetitelde mini-opstel deur ‘n 29-jarige Boogskutter.

06 Desember 1977. Ek is gebore. So, ja, more word ek dertig….en in die woorde van Montel, is ek bietjie ge-AAIRA!!!!!! Ek’t gedog ek was ok met die loop van sake om my dertigs te betree.  Gedog 30 is ongelooflik overrated – al hierdie stupid mense wat kamma kastig depressief raak aan die gedagte om 30 te word het my regtig geirriteer….tot so, mmm, Maandag?

En skielik toe besef ek “oor 2 dae sal ek al vir 30 JAAR op hierdie aarde wees” – en ek was ge-AAIRA!!!!!  Jy weet mos as mens sien iemand se lewe flash voor hulle verby in die fliek net voor hulle doodgaan? Wel, so was dit met my Maandag…30 jaar van my lewe flash voor my en ek wonder “Wat de moer het ek al bereik?????????????” En ek’s ge-AAIRA.

So, ek’t 3 jaar geswot om my N.Dip te kry in sjef skool. So ek kan kook – en ek doen, elke dag! Vir my man en 2 kids. Restaurant bedryf is, quite frankly, nie vir my nie. Behalwe as die ou plekkie aan myselwers behoort, sloof ek voor die stoof af vir NIEMAND. Ek supervise niemand se hotel staf nie en ek smile vir geen customers as hulle nie aan my behoort nie. Punt klaar. Probleem is, plekkie behoort nie aan my nie en ek dink ook nie dit sal sommer gebeur dat ek EWE SKIELIK besluit, “O, ek’s lus om 12 ure ‘n dag te werk!!”. Gaan nie gebeur nie.

So, soos my lewe verby my shooooowwssh! stop hy hier by die geboorte van die eersteling, en ek’s tevrede. Ek smile selfs. Nie ‘n slegte werkie met hom gedoen nie, hy’s nogal bleddie oulik! Daarna, so 2.5 jaar later, nog ‘n baby, en ek smile (effe skeef, want ek wonder nog oor haar). En dan fast forward alles en dit slaat my hier tussen die oe “EK WORD 30 EN AL WAT EK NOG GEDOEN HET IS 2 KINDERS PROBEER GROOTMAAK!!!!!!!!!”. My teef, en ek’s ge-AAIRA!!!!!

Goed, so, die laaste paar weke het seker nie veel gedoen om dinge makliker te maak vir my nie. Wat met sussie wat tande sny wat toe lei tot mangelonsteking wat inevitably lei tot bitter min slaap vir my. Met die gevolg is, ek was nie op ‘n goeie plek vir die laaste paar weke nie. Intussen probeer ek ‘n partytjie reel vir die groot gebeurtenis van my. Ek kan nie ‘n venue bevestig nie, maar ek stuur uitnodigings uit 2 maande voor die groot joligheid. Almal kom, behalwe 4 mense wat baie goeie verskonings het – 1 paartjie is oor die water en die ander paartjie kraam daai dag – goeie verskonings. Stelselmatig begin die verskonings al hoe meer word en die redes al hoe flouer…uiteindelik is my gastelysie van 40 afgemaai tot 21…Ek skrik wakker in die aand in ‘n koue sweet met “nobody loves me everybody hates me” wat deur mal mense met verdraaide gesigte in my kop sing!!!! Bliksems. Julle is na my kortlys gestoot. Daai lysie wat SLEGS sal uitkom wanneer ek MENSE NODIG HET OM MY NOMMERS OP TE MAAK!!!! Ek vergeet nie….

Vandag is amptelik my laaste aand van twenty something. Ek tick my lysie 1. Kry ‘n kwalifikasie agter jou naam 2. Trou 3. He albei kinders in die wereld 4. Kry albei kinders op die bottel en 5. ALLE babavet moet afgeskud wees. 5 ticks. Ek word 30 en ek het 5 ticks.

Miskien sal more beter wees, maar hoor my, VANAAND IS EK GE-AAIRA!!!!!!!

Aan al julle boogskutters daar buite, julle is fab mense! Ek like julle kwaai. Stop net julle control freakiness en plaas ‘n wag voor jou mond. Then you’re ready to take on the world 🙂

Ciao for now.

Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29 ens.

Rene xxx

6 Comments

Filed under 1