‘n Ongetitelde mini-opstel deur ‘n 29-jarige Boogskutter.

06 Desember 1977. Ek is gebore. So, ja, more word ek dertig….en in die woorde van Montel, is ek bietjie ge-AAIRA!!!!!! Ek’t gedog ek was ok met die loop van sake om my dertigs te betree.  Gedog 30 is ongelooflik overrated – al hierdie stupid mense wat kamma kastig depressief raak aan die gedagte om 30 te word het my regtig geirriteer….tot so, mmm, Maandag?

En skielik toe besef ek “oor 2 dae sal ek al vir 30 JAAR op hierdie aarde wees” – en ek was ge-AAIRA!!!!!  Jy weet mos as mens sien iemand se lewe flash voor hulle verby in die fliek net voor hulle doodgaan? Wel, so was dit met my Maandag…30 jaar van my lewe flash voor my en ek wonder “Wat de moer het ek al bereik?????????????” En ek’s ge-AAIRA.

So, ek’t 3 jaar geswot om my N.Dip te kry in sjef skool. So ek kan kook – en ek doen, elke dag! Vir my man en 2 kids. Restaurant bedryf is, quite frankly, nie vir my nie. Behalwe as die ou plekkie aan myselwers behoort, sloof ek voor die stoof af vir NIEMAND. Ek supervise niemand se hotel staf nie en ek smile vir geen customers as hulle nie aan my behoort nie. Punt klaar. Probleem is, plekkie behoort nie aan my nie en ek dink ook nie dit sal sommer gebeur dat ek EWE SKIELIK besluit, “O, ek’s lus om 12 ure ‘n dag te werk!!”. Gaan nie gebeur nie.

So, soos my lewe verby my shooooowwssh! stop hy hier by die geboorte van die eersteling, en ek’s tevrede. Ek smile selfs. Nie ‘n slegte werkie met hom gedoen nie, hy’s nogal bleddie oulik! Daarna, so 2.5 jaar later, nog ‘n baby, en ek smile (effe skeef, want ek wonder nog oor haar). En dan fast forward alles en dit slaat my hier tussen die oe “EK WORD 30 EN AL WAT EK NOG GEDOEN HET IS 2 KINDERS PROBEER GROOTMAAK!!!!!!!!!”. My teef, en ek’s ge-AAIRA!!!!!

Goed, so, die laaste paar weke het seker nie veel gedoen om dinge makliker te maak vir my nie. Wat met sussie wat tande sny wat toe lei tot mangelonsteking wat inevitably lei tot bitter min slaap vir my. Met die gevolg is, ek was nie op ‘n goeie plek vir die laaste paar weke nie. Intussen probeer ek ‘n partytjie reel vir die groot gebeurtenis van my. Ek kan nie ‘n venue bevestig nie, maar ek stuur uitnodigings uit 2 maande voor die groot joligheid. Almal kom, behalwe 4 mense wat baie goeie verskonings het – 1 paartjie is oor die water en die ander paartjie kraam daai dag – goeie verskonings. Stelselmatig begin die verskonings al hoe meer word en die redes al hoe flouer…uiteindelik is my gastelysie van 40 afgemaai tot 21…Ek skrik wakker in die aand in ‘n koue sweet met “nobody loves me everybody hates me” wat deur mal mense met verdraaide gesigte in my kop sing!!!! Bliksems. Julle is na my kortlys gestoot. Daai lysie wat SLEGS sal uitkom wanneer ek MENSE NODIG HET OM MY NOMMERS OP TE MAAK!!!! Ek vergeet nie….

Vandag is amptelik my laaste aand van twenty something. Ek tick my lysie 1. Kry ‘n kwalifikasie agter jou naam 2. Trou 3. He albei kinders in die wereld 4. Kry albei kinders op die bottel en 5. ALLE babavet moet afgeskud wees. 5 ticks. Ek word 30 en ek het 5 ticks.

Miskien sal more beter wees, maar hoor my, VANAAND IS EK GE-AAIRA!!!!!!!

Aan al julle boogskutters daar buite, julle is fab mense! Ek like julle kwaai. Stop net julle control freakiness en plaas ‘n wag voor jou mond. Then you’re ready to take on the world 🙂

Ciao for now.

Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29. Ek’s nog 29 ens.

Rene xxx

Advertisements

6 Comments

Filed under 1

6 responses to “‘n Ongetitelde mini-opstel deur ‘n 29-jarige Boogskutter.

  1. mengelmoes

    HAPI BIFDY DEFFELS!!!!

    Veels geluk met die herdenking van jou 30’ste geboortedag. Ek wens jou alle voorspoed en beste wense vir n fantabulously lekker jaar wat voorle toe, en maak die jaar, JOU jaar….

    *Hugs*

  2. Happy 30th Birthday René. May all your wishes come true now and in future, and may everything you take on turn out a success.

  3. mollie

    Hi

    Jou blog vandag eerste keer gelees. Lekker gelag maar was ook deur die 3o ding. Hoop jy het ‘n lekker dag gehad

  4. boendoe

    Ag, ek het dit gemis! Het my eie mishoop gehad om oor te ween, en het nie baie geblog nie. Maar ek hoop jy het dit oorleef? En dat jy weet die dertigs is die allerbeste jare van ‘n vrou se lewe? Al die insecurities van jou jeug kan jy nou agterlaat. Nou begin die fun! Jy sal sien.

  5. Heyta! Nou’s jy in jou Dirty Thirties. Hoop dis hope fun! Geluk (jammer dis laat)!

  6. En hoe voel dit toe om 30 te wees? Nie anders as 29 nie, né! 😆 Geluk hoor, die pret begin nou eers!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s