Geseende Afrika Kersfees. Op Hoop, voorspoed en vertroue

Ek stres wonder oor die toestand van ons land. Eergister is Zuma verkies as die nuwe leier van die ANC. Gister is dit aangekondig dat daar genoeg bewyse teen hom is om hom in hegtenis te neem…what the ?????? Dis ‘n sirkus. Dis so belaglik dis eintlik amusant. Amusant op ‘n baie bekommerde manier natuurlik. Suid Afrika se kandidaat vir presidensie is ‘n krook. ‘n Minder slim een at that…een wat niks weet van Vigs nie. Een wat so korrup is soos sy gavemant coleegs. Een wat tien teen een die volgende hoof van ons land gaan word. Die besluite moet maak. Vir ONS gaan moet besluit. Vir ons gaan moet besluit wat is die beste vir ONS. Wat dinge gaan moet regmaak in Suid Afrika. ‘n Oplossing vir geweld moet opdink. ‘n Voorbeeld moet wees vir ons jeug.

Wat se ek vir my kinders? Die leier van die land waarin julle woon verdien om daar te wees? Hy’s ‘n man van eer, respek, morele waardes, intelligensie….ek weet nie. Ongelukkig weet ek nie genoeg van hom as leier om hom te veroordeel as President van die land nie, maar sy verlede laat veel te wense toe.

Ek weet nie wat om te dink nie. Ek’s nie een van daai mense wat leef vir vandag nie. Ek’s ‘n ewige pessimis, ek verwag altyd die ergste en dit werk vir my. Sodoende word ek amper nooit teleurgestel nie. Maar die probleem is, ek sien my lewe in vyf jaar en ek is so bekommerd oor die toekoms van my kinders. Ek glo daar is geen toekoms vir ons hier nie. Dit breek my hart om te dink ons sal eendag, in die nabye toekoms, hierdie land moet verlaat. Ek’s lief vir hierdie land. Vir die mense. Maar ek HAAT die omstandighede. Ek haat die korrupsie, die armmoede, die onregverdigheid van sommiges se lewens, die gevoel van absolute vrees in my hart, die blattante ongevoeligheid vir ‘n lewe. I can go on for days….

Ek haat die wete dat ek uit my eie land gedryf word omdat ek nie meer veilig is nie. Omdat my en my familie se lewens niks werd is nie. Omdat my kinders oor ‘n paar jaar nie ‘n “normale” lewe soos myne sal kan lei nie. En dit maak my so ongelooflik hartseer. Ons het geen waarborg dat ons eers uit hierdie land SAL kan kom nie. Waarheen vlug ons? Probleem met ons Suid Afrikaners is dat ons geen ander plek in die wereld ons tuiste sal kan noem nie, omdat ons die beste van die beste het. Hier. Ons het alles wat enige ander mens se hart begeer. Vir 30 jaar van my lewe het ek die beste van die beste land beleef. My kinderdae was wonderlik, my ondervindings was onvergeetelik. My mense…ek raak hartseer aan die denke van emigreer. Afrika is my plek. Afrikaners is ons mense.

Die dag wanneer ons hierdie hemelse land verlaat sal die swaarste dag wees van my lewe, dit weet ek. Want ek weet dit sal finaal wees. En ek sal aanpas in die verte. Ek sal dit seer sekerlik haat vir ‘n lang ruk (ever-the-pessimist-speaking…) maar ek sal dit namate aanvaar. Ek sal slaap in die aand sonder ‘n slaappil. My kinders kan miskien normaal leef. Ons kan stap en speel en lag en vertrou en leef. Maar my hart sal altyd hier in Afrika wees. Hier waar ek gebore is. Hier waar ek nie wil doodgaan nie.

My seun sing Hakuna Matata, dag in en dag uit. Hy lyk so gelukkig en sorgvry. Ek wens dit vir almal toe hierdie Kersfees. Ek bid en hoop en vertrou dat dinge moet regkom. En in ‘n mate kry ek skaam omdat ek soos ‘n lafaard voel wat wil vlug. Maar ons sal moet as ons gedwing word daartoe. Vir eens in my lewe sal ek my trots in my sak steek en nie terugkyk nie.

Intussen beplan ons ‘n tradisionele Afrika Kersfees! Dis 280C, die braaivleis marineer, die biertjies word koud, die kinders swem en die grootmense vereer Afrika vir wat hy was. Hemel op aarde. I salute you.

Geseende Kersfees almal, wees veilig, maak julle harte oop en se vir jou kinders “ek’s lief vir jou” 10 keer ‘n dag!

Ciao

Rene 🙂

Advertisements

5 Comments

Filed under 1

5 responses to “Geseende Afrika Kersfees. Op Hoop, voorspoed en vertroue

  1. Mollie

    Geseende Kersfees vir julle. Ek is net so bekommerd, het nie kinders nie maar hoe dit in die land gaan het ‘n groot invloed daarop.Is reeds besig om op die Internet rond te krap vir opsies.

    Maar kom ons vergeet vir ‘n oomblik daarvan en hou Kersfees. Hoop die weer speel saam!

  2. Baie geseende feestyd vir julle almal.

    See ya on the other side!

  3. boendoe

    Bosveldbitch (http://bosveldbitch.iblog.co.za) het my mindset oor Zuma nogal verander. Hy is dalkies net die beste ding wat met die land gebeur het. Gaan lees haar gerus.

    En ja, vergeet die bekommernisse vir eers. Hou ‘n wonderlike Afrika Kersfees!

  4. Deffie,

    Ek glo dat God ‘n spesiale plan met Suid Afrika het! En dat ons as Afrikaners deel van daardie plan is!

    So, terwyl ek partymaal stres, is ek nie moedeloos oor ons toekoms nie!

    Geseende Kersfees!

  5. Mag jy die jaar uitgaan met n BANG, en mag 2008 vol mooi, goed en lekker wees, n jaar waarin jy drome sal verwesenlik, waar jy gaan lag dat jou tone krul, jou trane gevul met blydskap wees, en mag jy in die jaar wat kom, net vreugde, vrede, liefde en geluk ervaar.

    :p

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s