Ek wil iets se, en ek gaan iets se, so daar…. :)

Verlede week sit ons op die stoep, ek my man en my middelste sus. Hulle is gedwee lesers van my blog. Sy lag toe en se: “Shame jy kan nooit iets van ons skryf nie want ons lees elke inskrywing!”. Ek neem toe aan sy bedoel niks beledigend nie? Ok, so dis waar. Maar anyway, kan die twee van ons gelukkig met mekaar praat as sy my irriteer of andersom. En glo dit of nie, ons sorteer elke keer die toevalletjie uit sonder vlieende glase of uiters hittige voornaamwoorde 🙂

Maar toe besluit ek, ek KAN iets van julle skryf as ek wil, en ek SAL! Ek sal vanaand vir jou skryf hoe my hart voel oor jou:

Die dag toe julle in Mei 2005 Suid Afrika verruil het vir Engeland, het dit vir die eerste keer in my lewe gevoel of ‘n stuk van my hart uitgeruk word. My hartseer daai aand by julle huis was so eg en diep dat ek fisiese pyn deur my hele lyf gevoel het. Ek wou heeldag huil. Ek wou heeldag skree en slaan en baklei. Ek wou vir jou se asseblief bly, jy kan my nie los nie. Ek het gewens julle planne val deur die mat en julle bly. Ek het selfs by tye gedink dit was ‘n droom. Maar ek het my bes gedoen om braaf te wees. Om ‘n front op te sit vir almal wat kom baai se het. Voor die res van die familie (want ek huil mos nie). Dit was die tweede langste dag van my lewe (storie vir ‘n ander dag!). Toe julle shuttle daar aankom toe voel dit of my wese binne my skud. Toe besef ek, julle gaan weg…miskien vir altyd…

Jy het teruggekom buite toe waar ek alleen gesit het en my vasgehou. En ons het gehuil en gedruk en gehuil en gehuil. En ek wou jou nie laat gaan nie. My seuntjie was toe maar 15 maande oud. Hy het nie geweet wat gaan aan met mamma nie. My man, bless him, het maar net geduldig gewag. En geweet dat niks wat hy kan se dit beter sal maak nie. Dat ek niks wou hoor nie. Dat ek niemand wou sien nie. En julle was weg.

Ek mis jou elke dag sussie. Ek dink aan jou in alles wat ek doen. My kinders verlang na julle. Ons harte is altyd by julle wanneer ons iets beleef of nuus hoor van ‘n opkomende gebeurtenis vir julle. Al stamp ons somtyds kop as julle kom kuier, weet dat dit seker ‘n goeie teken is. Ons is lief genoeg vir mekaar om mekaar te aanvaar en oor dinge te praat. Om raad te vra en ‘n skouer te leen. Ons konneksie is iets wat ek altyd sal koester. Jy ken my goed sussa!

Maar weet dat ons julle ondersteun in julle besluit vir die toekoms. Amerika, Australie. Waarookal julle gaan settle. Ons wens vir 2008 is sukses, vreugde, geluk, liefde. En buckets vol geduld vir daai RV in yankee town!!! Geniet dit. Dink aan ons, weet dat ons julle onvoorwaardelik lief het. Herinner die kindertjies aan hul oom tannie niggie en nefie hier in sonnige Afrika. Wie weet, miskien eendag is ons weer saam.

Al ons liefde,

Die 4 Pienaartjies  x x x x

Advertisements

2 Comments

Filed under 1

2 responses to “Ek wil iets se, en ek gaan iets se, so daar…. :)

  1. Daleen

    Vandag het ons weer in ‘n baie koue en nat Engeland geland na ‘n 5 weke vakansie in Suid Afrika. Ek’t nou net vir die eerste keer ‘n kansie gehad om weer jou blog te lees en na ‘n emosionele bye se want ons weet nie regtig waar ons gaan wees vir die volgende 6 maande nie, lees ek toe die inskrywing wat my dierbare sussie oor my geskryf het.

    Vir almal van julle wat net vir Rene ken van haar blog af, al wat ek kan se is dat ek haar al haar hele lewe ken. Sy is ‘n deel van my hart soos een van my kinders en ek wens julle sal ook eendag die geleentheid kry om haar te ontmoet.

    En soos jy se in jou inskrywing Ny, die dag toe ons Afrika verruil het vir die modder eiland en jou en jou familie moes agterlos het dit gevoel of ‘n stukkie van my hart afbreek en 2 keer ‘n jaar vir ‘n kort tydjie voel ek weer heel as ons vir julle kom kuier.

    Alles wat ons die afgelope 3 jaar gedoen het in Engeland en Europa en vir die volgende paar jaar in Amerika, Kanada en Australia is die geleentheid van ‘n leeftyd, maar dit voel tog altyd of daar een verlepte blaartjie aan my bos rose is want jys nie saam met my nie.

    Lief vir julle.

    Linx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s