Sommer net ‘n by-the-way update

In ‘n vorige inskrywing (many moons ago it seems…) het ek geskryf dat 2007 DIE jaar van verander sou wees vir my. Ek sou iets doen om my lewe drasties te verander. Ek het werk daarvan begin maak en planne in plek gekry om ‘n tee tuin oop te maak. Dinge het goed gelyk. Baie goeie vergaderings gehad, quotes gekry, planne begin maak vir die kinders. Ek was opgewonde maar BITTER op my senuwees op dieselfde tyd. Senuwees omdat ek bekommerd was oor die kinders – soveel soos ek uit die huis wil kom en my eie ding wil doen en ‘n breek wil he van die pienkvoete, soveel kon ek nie elke dag sonder hulle indink nie! Catch 22….

Ek glo dinge gebeur vir ‘n rede. Al gebeur daai deng HOE OOK AL!! Teen die einde van verlede jaar het die eienaar van die plaas my laat weet dat hulle die plaas verkoop het – die plaas sou die area wees van die teetuin. Ek was eers geskok en teleurgesteld. Maar nadat ek dit deurdink het, het ek besef ek was nie reg daarvoor nie. Ek was nie reg vir al die stres, skuldgevoelens oor die kinders, en quite frankly, die 12 uur dae nie. Toe laat ek dit gaan. En die oomblik toe ek vrede daarmee gemaak het, het ek (ook effens geskok) agtergekom dat ek verlig was. Dat die besluit vir my gemaak is. Ek suig met besluite maak (vra enige iemand wat nog ooit saam met my gelunch het….).

So dis dit. Die teetuin is in die verlede. Dis ‘n nuwe jaar. Dis 2008. Die kinders is al heelwat ouer (ok, soos in 4 en 1.5, maar ouer!) En ek voel meer positief oor die lewe. Dis ‘n snaakse gevoel wat ek het op die oomblik. Behalwe vir die kloppende hoofpyn en die seer kniee en heupbene van 2 aande in ‘n ry op die matras langs sussie wat al vir ‘n week ‘n maag virus het – voel ek goed!!!! Ek voel goed in myself en lus vir die jaar. Ek maak geen voornemens nie. Maar ek gaan tyd maak vir myself sonder skuld gevoelens. En dinge sal op die lange duur beter wees vir my en die kinders. Want verlede jaar het hulle aan die korste end getrek…Nagmerrie-mamma-wat-nooit-erens-alleen-wil-gaan-sonder-ons-nie-oor-skuldgevoelens!!!! Siestog, arme goed…

Op daardie noot, laat ek my mediese matras gaan slaan. Ek dink ek gaan sommer more begin met alleen-tyd en slaap tot Donderdag 🙂 Ek wens.

He ‘n great week!

Ciao

RP

Advertisements

6 Comments

Filed under 1

6 responses to “Sommer net ‘n by-the-way update

  1. boendoe

    Sien, die dertigs is ‘n bevrydende tydperk… 😀

  2. boendoe

    Was dit nie jy wat nou die dag op Stejan se blog gebraak het oor die search engines nie?? Wel, iemand het jou vandag daar by my kom soek – kompleet met regte blogadres! Hoop hy/sy het jou toe gekry.

  3. Hoop jy het darem al bietjie slaap ingekry… 😉

  4. Snow Creature

    Hehehe, ja kinders groot maak is nie kinderspeletjies nie. Ek onthou die aande op die sitkamer bank as boeta se koors ski high is, en ons voor die fan le en slaap op n yskoue Secunda-middel-van-die-winter aand, en die enigste duvet onder sy koorsige velletjie vir my tong uitsteek. (Duvet was is makliker as matte was 😉 )As hy siek was wou hy not n dinges alleen slaap nie, so aangetrek asof ek die Alpe gaan bestuig le ek heelnag en Cartoon Network kyk, te bang ek raak in n diepe slaap meegevoer en sy koors tel op.

    Elke seer rug aand wat jy ervaar, is darem n dag nader aan weer in jou bed slaap…

  5. die brein

    Aan vaar jy my verskoning?

  6. mielie

    Ek aanvaar meeste keer in my lewe iemand anders se verskoning. So ja, ek aanvaar. Alhoewel ek ongelukkig nie weer op jou gaan reageer nie. No hard feelings.

    Ciao

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s