Doemprofeet? I can like to be Afrikaans.

Die ding met ‘n blog is dat die ding aan die gang moet bly! Tussen die kinders en siekte en na-skoolse goed en snot neuse en maagwerkings en dan, o dan nog die “normale” elke-dag-goed, sukkel ekke so bietjie…so asb, leen geduld aan die dag my mens!! Nou’t ek nog die stres van die blog ook! What to write what to write…

Ek wil nie net skryf omdat skryf tik is nie πŸ™‚ Ek lees partykeer van die ander blogs en so halfpad deur wanneer my kop die keyboard slaan van die slaap-geid dan X-ie ek maar na ‘n ander blog toe….asb, laat my weet wanneer jy aan die slaap raak voor my blog??? My suster stuur hoeka vir my “harassing” smse omdat hier niks aangaan nie…gmpf! Ek wag nog vir jou blog!

Toe dag ek, vanaand sal ek dan die groot AFRIKANER VS ENGELSMAN debat aanvat. So in die oog van die storm oor sal ons gaan of moet ons bly. Want dis al wat op almal in SA se lippe is: die GROOT vraag….gelukkig het ek dit al hier behandel, so dis uit die pad – alhoewel, ons nog nie ‘n besluit gemaak het nie.

Soos jyΒ by nou seker weet, is ek grootendeels in ‘n ingilse sosiale kring grootgemaak. Ek, kleindorpie Afrikaner. Maar geensins kleindorpie mentaliteit nie! Dit ook seker te danke aan die ingilse met kunsbeen? So daar’s julle geldjie – geldjie! Toe ek Johannesburg toe getrek het om my studie te begin was dit weer ingils. Ingilse tech, vriende, kerk, socials. Enigste Afrikaans wat ek gedoen het was om in Afrikaans te vry! My vlerkslepende kerel van toe het dan ook wel my eggenoot geword. Bless hom :-* Ek moes toe al besef het ek’s nie klaar met die Afrikaners nie…

Soos ons ouer geword het, het ons Engelse kring net groter geword. Amper soos as jy ‘n plat rivier klip in die water skiet en daai kringe word net groter en groter. Jy dink dit word vir ever net groter…en dan, skielik word dit weer plat? Ek weet nie, miskien kom hierdie ding al vir ‘n lang pad, miskien het die besef my getref toe ek in Desember 30 geword het. Ek vermoed die eersgenoemde.Β Die laasgenoemde het dit dalk net gefinaliseer.

Sal ek nou nie tjorts praat met julle nie, ons is almal mos vriende hier? So uit daarmee: Ek het nie baie regte pelle nie. Nog nooit eintlik gehad nie. Dit laat my darem effens beter voel oor myself hier op my start-life-crisis!!! Ons beweeg nog steeds meerendeels in Britse territory. Alles wat ons doen hier in die Noorde word noodgedwonge saam die Engelse gedoen. Die skool, swem, kerk, parkie, winkels, pottery, werk, dokters, ma-en-kleuter goed, you name it! Daar is nie EEN enkele sosiale geleentheid (ek praat daagliks, weekliks, maandeliks) wat ons saam met uitsluitlik Afrikaanse mense doen nie. Voorheen het dit my glad nie gepla nie. Dit was maar deel van my lewe. Soos ek grootgeword het. Moet my nie verkeerd verstaan nie: ek sal weer my kindertyd oordoen saam die Engelse. Die Afrikaners waar EK vandaan kom was nie my koppie tee nie…storie vir ‘n ander dag πŸ˜‰

Ons sien ons Afrikaanse vriende min – niemand van hulle bly hier in ons area nie. Seker oor al die Engelse! Haha, hulle was slimmer as ons. Maar wanneer ons hulle sien is dit net anders. Dis asof ons almal mekaar verstaan. Nie letterlik in die taal sin van die woord nie…duh! Dis net asof mens tuis is? Asof almal dieselfde groot gemaak is. Meestal klein dorpies – nie een van die stad nie. Nooit hope geld gehad as kinders nie. Vir ma en pa geluister (meeste van die tyd. Wanneer dit getel het). Respek vir ander. Lojaliteit aan jou vriende. Aanvaarding vir ander, afgesien van ENIGE omstandighede. Almal op dieselfde voet ervaar, dws, hier tussen die engelse praat hulle nie sommer met jou as jou kar enige iets onder R200 000 kos nie…seriaaaas!!! Njannies. Dis bisarre!! Toe ons seun die eerste 6 maande in sy nuwe kleuterskool was het my man gewonder hoekom niemand hom eintlik groet nie…tot hy ‘n Volvo gekoop het! Ewe skielik, Dis ‘n wonderwerk! Hy’t uit die hemele geval reg tot binne in die skool en niemand het hom al OOIT voorheen gesien nie! En hulle groet tot vandag nog. Weird ne? Nie so weird vir ons nie. Net weird hoe ons dit nou eers begin agterkom.

Ek yarayara nou. Die bottom line is. Dus. Ons is Afrikaans sprekende mense. Ons het baie Engels sprekende kennisse. ‘n Paar goeies. I’ll give them that. Maar ons boertjie vriende is ons mense. Ek hou nie van die se-ding Christen-huis nie. Dis so groot. So, verskriklik omvattend dat ek nie eintlik die lig of die betekenis daarin sien nie. Byvoorbeeld is daar baie “christene” wat maar verkieslik nie met my oor kerk moet kom praat nie. Sussie, my Christen en jou christen ken mekaar nie! So ek kan nie hier se ons is almal in “Christen huise” grootgemaak nie. Want dit was ook anders in ons dae. Maar ek glo dat in ons huis is daar sekere fundamentals (ja skuus vir al die Ingils, ek probeer ten minste!!) wat GEEN van hierdie Britte sal verstaan nie. Bygese, hulle het nie soos ons grootgeword nie. Daar was meer geld, meer vryheid, meer grootmens geselskap, meer klubs, meer musiek en ‘n Mall! Ons het nie eers ‘n mall gehad nie! Net ‘n checkers πŸ™‚ Goeie ou checkers. Room doughnuts, clap gewere, kondensmelk…..my hel. Waarheen gaan hierdie storie? Ek’s nie seker nie. Ek wou praat oor ons as Afrikaners vs Engelse. Nou praat ek oor Checkers. Ek vermoed my brein werk vinniger as my vingers of vice versa. Of iets werk GLAD nie? Dalk die laasgenoemde………………………

My punt wat ek wil maak. So op die rug van die voorlaaste post. Oor ons land. As ons ooit die land sou verlaat sal ons altyd hier wees. Nerens sal dit ooit 100% wees nie. Geen doemprofeet ek nie. Net realis. Iemand wat weet het die ander dag vir my gese: “‘n plek is wat jy daarvan maak”. Waar woorde. Ek hoor jou. Maar dis nie te se ek wil ‘n ander plek ooit myne maak nie. Ek’s van Afrika. Hel ons is uniek!!! Dis my bleddie land hierdie. Waar die Afrikaners (b)ly. Ek verag die wat ons hier uitdryf. Soos daai eg-Afrika-virus. So verag ek elke siel wat ons hier uitdryf.

Ciao.

11 Comments

Filed under 1

11 responses to “Doemprofeet? I can like to be Afrikaans.

  1. Hierdie is een van jou beste posts nog, en ek het definitief nie aan die slaap geraak nie πŸ˜†

    Ek weet SO presies hoe jy voel. Net, ek is jou ‘n paar jaar down the line en ek het lankal vrede gemaak dat ek nooit hier sal weggaan nie. Dis nou maar ons teen die wegdrywers en ons moet maar sien wie wen.

    Sterkte, sou julle besluit om tog te gaan.

  2. mielie

    Dankie sonkind 😐

  3. langtoon

    Uiteindelik weer bietjie beweging op jou blog. Ek hou van jou denkwyse – realisties, reguit, oopkop, met ‘n tikkie heimwee (emosie) ek kan identifiseer. Ek sien jy is omtrent op dieselfde onsekere, tog onvermydelike besluit as waar ons is.

    Ek vervloek almal wat veroorsaak dat ek nou moet oppak en gaan, maar dis die realiteit. Ek weet mens gaan nooit weer 100% kry nie, was daar (goeie ou US of A) en moet dit nou weer iewers (waar daar vir ons ‘n geleentheid oopgaan), gaan beleef. Maar ek is gereed. In my siel gereed. Vir my seuns gereed. Ek is net so bang ons kom nie weg nie, nie betyds nie. Dit voel asof ek op ‘n tydbom sit (geen oordrywing nie).

    Ek wil ook byvoeg jou post oor jou sussie so ‘n rukkie gelede het my diep geraak, want ons sussies is ook al deur sulke skeidings (sussies is onvervangbaar).

    Sterkte vir julle.

  4. mielie

    Dankie langtoon. Dit behoort ons almal beter te laat voel om te weet ons is almal in dieselfde boot, maar dit maak dit nie makliker nie ne? Ons vat dit maar een dag op ‘n slag – nie die moeite werd om heeldag daaroor te tob nie. Wat moet gebeur sal gebeur, ons moet net die wiel aan die rol sit?! Btw, het jy ‘n blog?

  5. langtoon

    Ek stem, beslis nie maklik nie, maar ek voel tog asof ek saam met ‘n stroom beweeg en dit maak dit bietjie minder scary. En wat my verder oortuig het, is dat mense (oa my sussie) altyd gesΓͺ het sy sal nie emigreer nie (bly lekker, werk lekker, leef lekker) en toe die eerste beurtkrag haar tref, gaan die lig aan: Want nou raak dit hulle direk. Ons gaan na die “Opportunities Aus Expo” in Jhb einde Maart. Weet jy daarvan?

    Nee, het nie ‘n blog nie, sweef en kuier maar rond op die ander se skrywes.

    Ja, my man sΓͺ ook dit sal gebeur soos dit moet. Maar ons het reeds begin om dinge agtermekaar te kry: huis is in die mark, is besig om ons paspoorte gereed te kry, karre is afbetaal, CV’s is op datum, ens.

    Ai, jong dit is bleddie sad, wat van al die familie en vriende wat nie kan of wil gaan nie?? Maar ek probeer om my fokus op my kids te hou om vir hulle ‘n beter, veiliger toekoms te skep.

    Praat weer.

  6. mielie

    Ons gaan na d expo ja. ‘n Mens moet die humor daarin sien – ‘n expo om dit makliker vir almal te maak om die land te verlaat! As ons nie ook lag nie then we’re DOOMED!! πŸ™‚
    Ons huis binnekort in die mark en gaan dan huur. Paspoorte moet gedoen word, die kinders het nie paspoorte nie. Ons was nog nie in Aus nie so my man sal in Junie gaan en dinge uitcheck…my teef, hier praat ons van emigreer…not in my wildest dreams!!!

    PS dis nie beurtkrag nie, dis Previously Lit Areas πŸ™‚

  7. boendoe

    Ai. Ek het ook nie aan die slaap geraak nie, net erg weemoedig. Sterkte.

  8. Sandra Dalene VanAlstine – Wanted to introduce myself

    Thanks
    Sandra Dalene VanAlstine

  9. Welcome Sandra! There hasn’t been much action around here lately but I’m hoping to put up a new post this coming week. Enjoy πŸ™‚

  10. Proud Mary Entertainment

    Hello,
    New here. Thanks

    Mary Aloe
    Proud Mary Entertainment

Leave a reply to Proud Mary Entertainment Cancel reply