Monthly Archives: March 2008

You fool. You fool. You FREAKING fool!!!!!

Alhoewel my week aansienlik beter geraak het in vergelyking met laas week hierdie tyd, was dit short-lived…

Jy sien, ek begin meer en meer glo in daai karma ding. Mind-over-matter, inner-thoughts, positive thinking whatyoumaycallit – dis realiteit. My man reis amper nooit sonder ons nie. Bitter min vir werk, en vakansie gaan ek of ons almal gewoonlik saam. Maar op die odd occasion wanneer hy moet uitslaap klop Murphy se freaking wet elke bleddie keer aan my deur – en hierdie keer was geen uitsondering nie. Ons is oppad op vakansie. Die pad is ver (14 ure) en ek doen nie 14 ure in iets met wiele saam met 2 kinders nie. Dan bly ek liewer hier vir altyd. Serias. So hierdie keer het ons besluit dat ek saam met die kinders vlieg en my man en skoonies ry af. Hulle ry dan sodat hulle ons op die lughawe kan oplaai. Met die “loss of memory/braincells” wat een ondervind wanneer jy kinders baar, kom ek toe eers Woensdag agter ons vlieg Sondag en nie Saterdag nie….maar die ander 3 moet maar nog steeds Vrydag oggend vroeg ry en dan weer terug ry lughawe toe Sondag om ons te kom haal. Met die gevolg, ek is vir die naweek alleen met die kinders – bediende werk net tot Vrydag middag.

So, Vrydag laat oggend toe ek en prinses terugkeer van die toddler groep het sy in die kar aan die slaap geraak. Hieroor is ek baie bly want nou kan ek haar vinnig in die huis bring, in die bed sit en doen wat ek moet in 1.5 uur terwyl sy slaap, die bediende hier is en boeta nog in die skool.

Hier aangekom, haal ek haar uit – baie versigtig dog haastig – hardloop op met die trappe en sit haar in die bed. Sy slaap nog – mission 1 accomplished! Hardloop af, verwittig die bediende van die planne en klim terug in die kar. Hier is my tydsberekening so goed ek het sommer die kar aangelos want dis soos ‘n hit-and-run jy sien! Enige moeder wat hierdie lees sal verstaan dat ‘n kind se middagslapie die verskil is tussen bliss en chaos. Gekookte aandete of Steers. Rustige koppie koffie of Oros-on-the-run…jy kry die prentjie?!

In elk geval. Af met die trappe, by die oprit, spring in die kar, kyk in die truspieeltjie terwyl ek die hek oopmaak – ek wil nie in die hek vasry nie!! O nee, daai krapmerkie op die kattebak kan GROOT skade berokken!!! Ek reverse. Ek hoor die honde langsaan blaf nogal “clear” in my oor – weird, miskien is die agter venster oop? Ek kyk of die venster oop is. Ek kyk. En kyk. Ek vries. Ek trap rem – ek trap in fact nie rem nie, maar koppelaar. Ek sien hoe die oop deur teen die pilaar vasgaan. Hoe die deur oop buig. Ek hoor hoe buig die metaal. Ek sien die agterdeur stop ongeveer 45grade van die voordeur af. Hier moes ek die handrem opgetrek het, ek weet nie. Iemand het. O my goeie verdoemde donner. Ek vries. Ek vloek (PG18). Ek klim uit (snaaks dat al hierdie goed so begin terugflits soos ek hier skryf!!). My skoen het afgekom in die kar. Ek trek hom aan (???) beur tussen die pilaar aan my kant uit die kar en loop om. Die deur hang. Ek vloek (PG21). Ek loop terug in die huis…loop weer terug kar toe. Klim in die kar. En hier besef ek meteens hoekom mens clutch control moes baasraak met K53. Ek K53 teen die oprit op, en wag vir die deur om af te val. Ek slaag my lisensie weer en die deur bly hang….

Die skade is goed en solid. Die deur het so ver gebuig dat hy nie kan toe nie – met die metaal wat gefrommel het, is die deur nou korter so hy haal nie die slot nie. Dank vader die voorste deur het net krapmerke aan die binnekant. Ek is finished. Ek kan dit nie glo nie. Dan slaan die gedagte my hier voor die hoof – ek moet my man bel en vertel. Ek probeer huil om die “blow” bietjie sagter te maak op my – ek kan nie eers huil nie! EK KAN NIE FREAKING HUIL NIE!!!! Useless drama queen, ekke. Ek bel, en vertel. Hy’s nie happy nie. Ek hoor iets van “…maandelikse premie gaan op…..no-claim-bonus in sy m**r in…..hoe kon jy nie die oop deur sien nie……”. Ek probeer steeds huil. Steeds useless.

Nou is ek nie net alleen met die kinders vir 2 dae nie. Ek is ook alleen met die kinders vir 2 dae SONDER ‘N KAR!!!! Geen Mugg & Bean rescue playground nie. Geen slegte koffie by restaurant wat klimrame het vir kinders nie! Niks. Nada. Net ek en die kinders. En manlief wat nie happy is nie. Ai. Ai. Die domgeid het my oorweldig en as my voet daar kon bykom het ek myself blou geskop op my gaai. Want daar IS nie pille vir stupidgeid nie!!!!! Ek kan steeds nie glo ek het dit gedoen nie. Stupid freaking fool. My eerste “ongeluk”. So freaking onprofessioneel! So mediocre! So tipies iets wat ‘n moeder sal doen. En miskien is DIT die ergste van als! Daai konvensionele dinge van ‘n moeder. Oh well, gister het ek in daai kategorie geval!!!

Wat ‘n avontuurlustige Vrydag! O, het ek vergeet om te noem dat ons krag ook af was vanaf 12pm tot 19h30? EN my modem werk nie? 10 Minute terug het hy gewerk en nou flikker hy weer. Ek tik hier op ys. Soos ek tik flits hy. Ek gaan hierdie moet copy en paste op Word en later moet post want as ek hierdie post verloor, ek sweer.

Ons vertrek more op vakansie. Ek is nou effens op my senuwees na hierdie hele naweek se dinge. Hulle se dinge gebeur in 3? My man se kar het verlede Vrydag van die paneel klopper af terug gekom – dieselfde deur, iemand het in hom in reverse uit hul oprit uit. Ek kan 2 linker agterdeure van die kar met duike in hanteer, maar as die derde een kulula.com s’n is, gat mamma nie happy wees nie!!

Miskien moet ek my skoonpa se linker agterdeur so ‘n krappie gaan gee dan is Murphy miskien gelukkig en loop….plan?

Ciao julle! Ek kom terug met ‘n tan – hopenlik

R 🙂

Advertisements

8 Comments

Filed under 1

Blog for sale

Daar is soveel wat in my kop aangaan op die oomblik. Ek’s nie seker of ek dit hier wil (moet) sit nie. Daai down gevoel. Ek haat dit. Alles is eintlik so perfek maar ek kan nie daai gevoel afskud nie. Ek mis niemand wie ek nie ken nie. Dis nie die weer nie. Dis definitief nie meer die toestand van die land nie – daaroor praat ek genoeg! Nou wat de hel? Ag ek weet seker wat dit is. Maar ek’s nie lus vir hierdie gevoel nie. Wens ek kan dit net afskryf. Laat gaan. Laat regkom. Sonder dat dit my consume. Die vet weet. Ek’s nie lus hiervoor nie. Gisteraand se 4 ure se slaap het seker bygedra hiertoe. Laat my eerder sonder kos gaan as sonder slaap. Pure torture. A slow Chinese torture method especially for me.

Is daar pille vir hierdie gevoel? Ek like nie pille nie. Ek wil praat met niemand. Wil niemand sien nie. Wil niks doen nie. Wil potte maak in fact. Of ‘n boks sak slaan. Of ietsie maak met hout. Miskien ‘n ou man se gesig uitkerf. Ek wil nie eers eintlik hier skryf nie. Of miskien moet ek hierdie plek toemaak. BLOG FOR SALE. 1 x Used blog for sale. Excellent condition. Needs a bit of TLC. It comes with a bit of personality but you can take that away. Like an old beautiful house on a big stand that is needed for development. Just knock down the big beautiful house. And build your development.

Laat ek eerder afsluit. Voor ek hierdie ou huis platslaan.

Ciao

R

7 Comments

Filed under 1

The hills are alive, with the sound of music, Laalala….

Laas week toe ek in die verkeer sit (:-|) toe speel daar ‘n liedjie op die radio wat my jaaaare terug gevat het! Ek sal nou by daai storie kom. Toe besef ek hoe ‘n ongelooflike rol musiek  in ons lewens speel?! Ek kan elke tyd in my lewe onthou en vereenselwig deur musiek van daai tyd. Daar is party liedjies wat ek hoor wat my so meevoer dat ek niks en niemand om my hoor nie. En daar is min dinge in die lewe wat my kan laat “switch off”. Maar as musiek speel en dit vat aan my, verloor ek myself geheel en al.

Die song wat die ander dag gespeel het in die kar was I just died in your arms tonight – ek weetie wie die kunstenaar is nie – help bietjie? Elkgeval. Ek was seker 5 of 6 jaar oud. My ma en pa was deel van ‘n organisasie genaamd Round Table. Dit was ‘n liefdadigheids organisasie waar al die maatjies se ouers gesing en gedans het!! En een keer ‘n jaar het hulle konsert gehou vir die publiek en so geld ingesamel. Dit was by ver die mees “memorable” tyd van my lewe. Hulle het ook elke nou en dan weggegaan saam met Round Table – vir so ‘n week dink ek. Dis waar die liedjie inkom….Oppad lughawe toe in die kar, het daai liedjie gespeel. Ek onthou ek het op die sitplek in die kombi gele (daai tyd hoef die kinders nie altyd gebuckle gewees het nie) en ek het gehuil en gehuil omdat ma en pa weggaan. Ek het nie besef hoe lank is ‘n week nie. Net dat ons oppad is lughawe toe en hulle gaan weg en ons moet by my oom-hulle gaan bly. Daar was ‘n ander song ook wat in die kar gespeel het. That’s all I ask of you – Cliff Richard en Sarah Brightman??? (help weer bietjie..). Nou daai song kan ek nie eers vandag luister nie! Ek voel daai kinderlike hartseer so “vividly”. Ek voel hoe seer is my hart dat ma en pa weggaan. Ai, my hart kry sommer regtig seer as ek daai songs hoor! En tot vandag as daai liedjies speel, dan raak ek sommer stil en kry ‘n knop in my keel.

Daar is ‘n paar liedjies wat my gevoelens so ophelder om net aan hulle te dink. Een van hulle is Apologise (Timbaland ft One Republic). Dis ‘n liedjie waaroor ek absoluut mal is en my sus het die hele Timbaland, One Republic, Justin Timberlake debakel aan my probeer verduidelik die aand van my 30ste!! In hindsight was dit eintlik skreeusnaaks want dit was redelik laaaaat in die partytjie in en my brein het nie meer lekker gekonsentreer nie en ek kon nie agter die kap van die byl kom oor die swart Timbaland en die wit Timberlake en die wit One Republic en dat Timberlake ABSOLUUT NIKS met die song te doen gehad het nie!!! Hahaha, dit was crazy. En dis die song. Wanneer ek kom hoor dink ek aan daai aand. Funny, daai gevoel…..Pulp se Common People is ook een van hulle.

Onthou julle 24/7??? Ek was in St8 en in Umhlanga op vakansie. Ek was vreeslik verlief op hierdie “prospective” kerel en het my beste flikkers vir hom gegooi in ‘n klub. All that she wants, Slave to the music – ons het heelaand op hierdie musiek gedans! In dieselfde tyd was daar musiek van Deep Forest, Sinead O’ Connor, Pink Floyd.

U2 Mysterious Ways. Martika & Prince se Love thy will be done. My suster het “tape singles” uit Amerika gebring met hierdie songs op. Ek het hulle suutjies “geleen”. Die jaar was 1992. Ek onthou ek sit in my kamer met my tape recorder en speel daai kassette oor en oor en oor!!! Ek onthou hoe haar bagasie geruik het toe sy haar tasse uitgepak het. Al die goodies wat sy vir my gebring het. Reese’s peanut butter cups. ‘n NY hoedjie (grrrr, wat pa op die viswater verloor het…..), ‘n silwer ringetjie wat ek nog steeds het met twee handjies wat mekaar vashou…….ai.

In the living years. Toe ek klein was het my pa eendag vir my gese daai liedjie is een van sy gunsteling liedjies. Dit het vasgesteek in my kop. Weer een van daai gevalle waar ek nie daai song kan luister sonder om die knop te sluk nie. In fact, ek moes al die radio kanaal verander in die kar! Belaglik hierdie emosies ne?

Keane – Everybody’s changing…As my sus hierdie post lees dan weet ek sy tjank sommer al klaar!!! Dis nou die een wat in hulle karavaan oor die States toer….daai liedjie het uitgekom net voor hulle die eerste keer UK toe gegaan het. Ons was albei mal oor hom. Dis nogal histeries as mens dit eerstehands aanskou (haar man en myne dink dis vreeslik snaaks). As hulle hier kuier (soos in ons sit almal om die braai en hulle is HIER, by ons) en daai song kom op, begin die twee van ons sommer spontaan huil! Ek lag my dood! Ons dink aan die tye wanneer ons albei mekaar mis en dan huil ons sommer byvoorbaat vir die toekoms!! Hahaha 🙂

Roxette vat my terug na St 4/5. Ek onthou die sokkies waarheen ons was by die skool. Daar was ‘n outjie met wie ek gekys wou wees. Ek onthou hy’t ‘n partytjie by sy huis gehad – ‘n swem partytjie – en die hele Roxette tape het gespeel. Daar was ‘n ander girl wat mooier en maerder as ek was en hy’t meer in haar belang gestel….needless to say, IS ROXETTE NIE MY GUNSTELING MUSIEK NIE!!! Gmpf.

So kan ek aangaan. Elke aspek in my lewe is ge”tie” met ‘n liedjie. Sias Reynecke, Neil Diamond, Billy Idol, Bruce Springsteen, AHA (ooooh ons het gevrek oor Morten Harket!!!!), Bonnie Tyler, Steve Hofmeyr, Anton Goosen, David Kramer….die lys is eindeloos. Maar dis ongelooflike herinneringe! Wat meer ongelooflik is, is hoe ek  getransform word wanneer ek hierdie musiek hoor. Hoe alles ‘n betekenis het in my lewe. Hoe ek alles net kan herroep wanneer ek die musiek hoor. En saam met die musiek ruik ek daai dag. Die reen, die tasse, die persentjies, iemand se parfuum, kospotte, swembad, son, restaurant. Sorry ek gaan so aan hieroor maar ek dink dis unbelievable! The magic of music.

Lekke dag.

R

5 Comments

Filed under 1