The hills are alive, with the sound of music, Laalala….

Laas week toe ek in die verkeer sit (:-|) toe speel daar ‘n liedjie op die radio wat my jaaaare terug gevat het! Ek sal nou by daai storie kom. Toe besef ek hoe ‘n ongelooflike rol musiek  in ons lewens speel?! Ek kan elke tyd in my lewe onthou en vereenselwig deur musiek van daai tyd. Daar is party liedjies wat ek hoor wat my so meevoer dat ek niks en niemand om my hoor nie. En daar is min dinge in die lewe wat my kan laat “switch off”. Maar as musiek speel en dit vat aan my, verloor ek myself geheel en al.

Die song wat die ander dag gespeel het in die kar was I just died in your arms tonight – ek weetie wie die kunstenaar is nie – help bietjie? Elkgeval. Ek was seker 5 of 6 jaar oud. My ma en pa was deel van ‘n organisasie genaamd Round Table. Dit was ‘n liefdadigheids organisasie waar al die maatjies se ouers gesing en gedans het!! En een keer ‘n jaar het hulle konsert gehou vir die publiek en so geld ingesamel. Dit was by ver die mees “memorable” tyd van my lewe. Hulle het ook elke nou en dan weggegaan saam met Round Table – vir so ‘n week dink ek. Dis waar die liedjie inkom….Oppad lughawe toe in die kar, het daai liedjie gespeel. Ek onthou ek het op die sitplek in die kombi gele (daai tyd hoef die kinders nie altyd gebuckle gewees het nie) en ek het gehuil en gehuil omdat ma en pa weggaan. Ek het nie besef hoe lank is ‘n week nie. Net dat ons oppad is lughawe toe en hulle gaan weg en ons moet by my oom-hulle gaan bly. Daar was ‘n ander song ook wat in die kar gespeel het. That’s all I ask of you – Cliff Richard en Sarah Brightman??? (help weer bietjie..). Nou daai song kan ek nie eers vandag luister nie! Ek voel daai kinderlike hartseer so “vividly”. Ek voel hoe seer is my hart dat ma en pa weggaan. Ai, my hart kry sommer regtig seer as ek daai songs hoor! En tot vandag as daai liedjies speel, dan raak ek sommer stil en kry ‘n knop in my keel.

Daar is ‘n paar liedjies wat my gevoelens so ophelder om net aan hulle te dink. Een van hulle is Apologise (Timbaland ft One Republic). Dis ‘n liedjie waaroor ek absoluut mal is en my sus het die hele Timbaland, One Republic, Justin Timberlake debakel aan my probeer verduidelik die aand van my 30ste!! In hindsight was dit eintlik skreeusnaaks want dit was redelik laaaaat in die partytjie in en my brein het nie meer lekker gekonsentreer nie en ek kon nie agter die kap van die byl kom oor die swart Timbaland en die wit Timberlake en die wit One Republic en dat Timberlake ABSOLUUT NIKS met die song te doen gehad het nie!!! Hahaha, dit was crazy. En dis die song. Wanneer ek kom hoor dink ek aan daai aand. Funny, daai gevoel…..Pulp se Common People is ook een van hulle.

Onthou julle 24/7??? Ek was in St8 en in Umhlanga op vakansie. Ek was vreeslik verlief op hierdie “prospective” kerel en het my beste flikkers vir hom gegooi in ‘n klub. All that she wants, Slave to the music – ons het heelaand op hierdie musiek gedans! In dieselfde tyd was daar musiek van Deep Forest, Sinead O’ Connor, Pink Floyd.

U2 Mysterious Ways. Martika & Prince se Love thy will be done. My suster het “tape singles” uit Amerika gebring met hierdie songs op. Ek het hulle suutjies “geleen”. Die jaar was 1992. Ek onthou ek sit in my kamer met my tape recorder en speel daai kassette oor en oor en oor!!! Ek onthou hoe haar bagasie geruik het toe sy haar tasse uitgepak het. Al die goodies wat sy vir my gebring het. Reese’s peanut butter cups. ‘n NY hoedjie (grrrr, wat pa op die viswater verloor het…..), ‘n silwer ringetjie wat ek nog steeds het met twee handjies wat mekaar vashou…….ai.

In the living years. Toe ek klein was het my pa eendag vir my gese daai liedjie is een van sy gunsteling liedjies. Dit het vasgesteek in my kop. Weer een van daai gevalle waar ek nie daai song kan luister sonder om die knop te sluk nie. In fact, ek moes al die radio kanaal verander in die kar! Belaglik hierdie emosies ne?

Keane – Everybody’s changing…As my sus hierdie post lees dan weet ek sy tjank sommer al klaar!!! Dis nou die een wat in hulle karavaan oor die States toer….daai liedjie het uitgekom net voor hulle die eerste keer UK toe gegaan het. Ons was albei mal oor hom. Dis nogal histeries as mens dit eerstehands aanskou (haar man en myne dink dis vreeslik snaaks). As hulle hier kuier (soos in ons sit almal om die braai en hulle is HIER, by ons) en daai song kom op, begin die twee van ons sommer spontaan huil! Ek lag my dood! Ons dink aan die tye wanneer ons albei mekaar mis en dan huil ons sommer byvoorbaat vir die toekoms!! Hahaha 🙂

Roxette vat my terug na St 4/5. Ek onthou die sokkies waarheen ons was by die skool. Daar was ‘n outjie met wie ek gekys wou wees. Ek onthou hy’t ‘n partytjie by sy huis gehad – ‘n swem partytjie – en die hele Roxette tape het gespeel. Daar was ‘n ander girl wat mooier en maerder as ek was en hy’t meer in haar belang gestel….needless to say, IS ROXETTE NIE MY GUNSTELING MUSIEK NIE!!! Gmpf.

So kan ek aangaan. Elke aspek in my lewe is ge”tie” met ‘n liedjie. Sias Reynecke, Neil Diamond, Billy Idol, Bruce Springsteen, AHA (ooooh ons het gevrek oor Morten Harket!!!!), Bonnie Tyler, Steve Hofmeyr, Anton Goosen, David Kramer….die lys is eindeloos. Maar dis ongelooflike herinneringe! Wat meer ongelooflik is, is hoe ek  getransform word wanneer ek hierdie musiek hoor. Hoe alles ‘n betekenis het in my lewe. Hoe ek alles net kan herroep wanneer ek die musiek hoor. En saam met die musiek ruik ek daai dag. Die reen, die tasse, die persentjies, iemand se parfuum, kospotte, swembad, son, restaurant. Sorry ek gaan so aan hieroor maar ek dink dis unbelievable! The magic of music.

Lekke dag.

R

Advertisements

5 Comments

Filed under 1

5 responses to “The hills are alive, with the sound of music, Laalala….

  1. Ami

    Ek kan ook nie sonder musiek bestaan nie. Anton Goosen se SMS….. sjoe, is baie mooi.

  2. BJF

    Hello. Ek kan SO relate met die liedjie ding, en die reuke. Daar is baie min dinge wat my gelukkiger maak as ‘n liedjie wat my aan iemand of iewers laat dink waarvoor ek lief is.

    Veral as mens ver van die huis af is en ‘n liedjie speel onverwags op die radio en dit voel of jy summier teruggegooi word na daai tyd toe, of jy’s terug by jou mense.

    Lekker slaap.

    BJF

  3. Jy weet, ek was net klaar met die Weermag toe Roxette so groot hit was… 😆

  4. Zee

    Ai, hoe laat jy my nou verlang daar na my nig in die USA, sy het die hoofrol in The sound of music gespeel so 4 jaar terug op Broadway! As haar webpage nou nie “under construction” was nie het ek vir jou die link gegee om na haar te luister. So ‘n suiwer stem.

    Ai, ek was darem mal oor ABBA!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s