Blog for sale

Daar is soveel wat in my kop aangaan op die oomblik. Ek’s nie seker of ek dit hier wil (moet) sit nie. Daai down gevoel. Ek haat dit. Alles is eintlik so perfek maar ek kan nie daai gevoel afskud nie. Ek mis niemand wie ek nie ken nie. Dis nie die weer nie. Dis definitief nie meer die toestand van die land nie – daaroor praat ek genoeg! Nou wat de hel? Ag ek weet seker wat dit is. Maar ek’s nie lus vir hierdie gevoel nie. Wens ek kan dit net afskryf. Laat gaan. Laat regkom. Sonder dat dit my consume. Die vet weet. Ek’s nie lus hiervoor nie. Gisteraand se 4 ure se slaap het seker bygedra hiertoe. Laat my eerder sonder kos gaan as sonder slaap. Pure torture. A slow Chinese torture method especially for me.

Is daar pille vir hierdie gevoel? Ek like nie pille nie. Ek wil praat met niemand. Wil niemand sien nie. Wil niks doen nie. Wil potte maak in fact. Of ‘n boks sak slaan. Of ietsie maak met hout. Miskien ‘n ou man se gesig uitkerf. Ek wil nie eers eintlik hier skryf nie. Of miskien moet ek hierdie plek toemaak. BLOG FOR SALE. 1 x Used blog for sale. Excellent condition. Needs a bit of TLC. It comes with a bit of personality but you can take that away. Like an old beautiful house on a big stand that is needed for development. Just knock down the big beautiful house. And build your development.

Laat ek eerder afsluit. Voor ek hierdie ou huis platslaan.

Ciao

R

Advertisements

7 Comments

Filed under 1

7 responses to “Blog for sale

  1. PMS is ‘n biets. 😀
    Hoop jy voel beter. ‘n Groot stuk cuppachino chocolate koek help gewoonlik. (((Def)))

  2. BJF

    Hey, cheer up. More lyk alles weer beter.

    Onthou net dat daar altyd meer is om oor positief te voel as die dinge wat jou laat negatief voel. Gaan deur ou fotos, dit laat my altyd beter voel en refer na jou vorige inskrywings, veral die oor die musiek.

    xx

  3. Ek kry ook die gevoel, veral die een waar ek niemand wil sien nie en myself wil afsonder “cabin-koors”. Ek gee nogal in aan my gemoed en laat gaan myself waar ek voel ek wil, dan gaan dit verby. Sterkte.

  4. 007Meisie

    Jy mater het dalk nodig:

    1 paar soenbare lippies
    baie body paint tjoklate
    en so bietjie tyd…

    Hehe!

    Nee maar wat van ‘n lekker moerawiese stuk kaaskoek of milo koek en sterk soet koffie! Njammies lekker! Maak enige mens weer pure klopdisselboom!

  5. Zee

    Ai Deffie, hiers ‘n sonstraaltjie vir jou, more skyn die son weer! ((Deffie))

  6. afrikafairy

    voel jy al beter????

  7. Helloooo 🙂

    Dankie, ek voel beter. Mens kry maar sulke dae ne? Hierdie keer was daar ‘n rede vir myne maar tyd maak baie dinge beter. Ek slaap sleg agv hierdie pyn in die gaai issue, maar my hart is beter. Dankie.
    Ons gaan Saterdag op vakansie. Ek sal probeer blog van my selfoon af. Sal sommer fotos ook probeer oplaai…probeer being the operative word…

    Voor ons vertrek gaan ek ‘n nuwe post opsit…wou amper se belowe, maar ek gaan probeer.

    Ciao
    R

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s