You fool. You fool. You FREAKING fool!!!!!

Alhoewel my week aansienlik beter geraak het in vergelyking met laas week hierdie tyd, was dit short-lived…

Jy sien, ek begin meer en meer glo in daai karma ding. Mind-over-matter, inner-thoughts, positive thinking whatyoumaycallit – dis realiteit. My man reis amper nooit sonder ons nie. Bitter min vir werk, en vakansie gaan ek of ons almal gewoonlik saam. Maar op die odd occasion wanneer hy moet uitslaap klop Murphy se freaking wet elke bleddie keer aan my deur – en hierdie keer was geen uitsondering nie. Ons is oppad op vakansie. Die pad is ver (14 ure) en ek doen nie 14 ure in iets met wiele saam met 2 kinders nie. Dan bly ek liewer hier vir altyd. Serias. So hierdie keer het ons besluit dat ek saam met die kinders vlieg en my man en skoonies ry af. Hulle ry dan sodat hulle ons op die lughawe kan oplaai. Met die “loss of memory/braincells” wat een ondervind wanneer jy kinders baar, kom ek toe eers Woensdag agter ons vlieg Sondag en nie Saterdag nie….maar die ander 3 moet maar nog steeds Vrydag oggend vroeg ry en dan weer terug ry lughawe toe Sondag om ons te kom haal. Met die gevolg, ek is vir die naweek alleen met die kinders – bediende werk net tot Vrydag middag.

So, Vrydag laat oggend toe ek en prinses terugkeer van die toddler groep het sy in die kar aan die slaap geraak. Hieroor is ek baie bly want nou kan ek haar vinnig in die huis bring, in die bed sit en doen wat ek moet in 1.5 uur terwyl sy slaap, die bediende hier is en boeta nog in die skool.

Hier aangekom, haal ek haar uit – baie versigtig dog haastig – hardloop op met die trappe en sit haar in die bed. Sy slaap nog – mission 1 accomplished! Hardloop af, verwittig die bediende van die planne en klim terug in die kar. Hier is my tydsberekening so goed ek het sommer die kar aangelos want dis soos ‘n hit-and-run jy sien! Enige moeder wat hierdie lees sal verstaan dat ‘n kind se middagslapie die verskil is tussen bliss en chaos. Gekookte aandete of Steers. Rustige koppie koffie of Oros-on-the-run…jy kry die prentjie?!

In elk geval. Af met die trappe, by die oprit, spring in die kar, kyk in die truspieeltjie terwyl ek die hek oopmaak – ek wil nie in die hek vasry nie!! O nee, daai krapmerkie op die kattebak kan GROOT skade berokken!!! Ek reverse. Ek hoor die honde langsaan blaf nogal “clear” in my oor – weird, miskien is die agter venster oop? Ek kyk of die venster oop is. Ek kyk. En kyk. Ek vries. Ek trap rem – ek trap in fact nie rem nie, maar koppelaar. Ek sien hoe die oop deur teen die pilaar vasgaan. Hoe die deur oop buig. Ek hoor hoe buig die metaal. Ek sien die agterdeur stop ongeveer 45grade van die voordeur af. Hier moes ek die handrem opgetrek het, ek weet nie. Iemand het. O my goeie verdoemde donner. Ek vries. Ek vloek (PG18). Ek klim uit (snaaks dat al hierdie goed so begin terugflits soos ek hier skryf!!). My skoen het afgekom in die kar. Ek trek hom aan (???) beur tussen die pilaar aan my kant uit die kar en loop om. Die deur hang. Ek vloek (PG21). Ek loop terug in die huis…loop weer terug kar toe. Klim in die kar. En hier besef ek meteens hoekom mens clutch control moes baasraak met K53. Ek K53 teen die oprit op, en wag vir die deur om af te val. Ek slaag my lisensie weer en die deur bly hang….

Die skade is goed en solid. Die deur het so ver gebuig dat hy nie kan toe nie – met die metaal wat gefrommel het, is die deur nou korter so hy haal nie die slot nie. Dank vader die voorste deur het net krapmerke aan die binnekant. Ek is finished. Ek kan dit nie glo nie. Dan slaan die gedagte my hier voor die hoof – ek moet my man bel en vertel. Ek probeer huil om die “blow” bietjie sagter te maak op my – ek kan nie eers huil nie! EK KAN NIE FREAKING HUIL NIE!!!! Useless drama queen, ekke. Ek bel, en vertel. Hy’s nie happy nie. Ek hoor iets van “…maandelikse premie gaan op…..no-claim-bonus in sy m**r in…..hoe kon jy nie die oop deur sien nie……”. Ek probeer steeds huil. Steeds useless.

Nou is ek nie net alleen met die kinders vir 2 dae nie. Ek is ook alleen met die kinders vir 2 dae SONDER ‘N KAR!!!! Geen Mugg & Bean rescue playground nie. Geen slegte koffie by restaurant wat klimrame het vir kinders nie! Niks. Nada. Net ek en die kinders. En manlief wat nie happy is nie. Ai. Ai. Die domgeid het my oorweldig en as my voet daar kon bykom het ek myself blou geskop op my gaai. Want daar IS nie pille vir stupidgeid nie!!!!! Ek kan steeds nie glo ek het dit gedoen nie. Stupid freaking fool. My eerste “ongeluk”. So freaking onprofessioneel! So mediocre! So tipies iets wat ‘n moeder sal doen. En miskien is DIT die ergste van als! Daai konvensionele dinge van ‘n moeder. Oh well, gister het ek in daai kategorie geval!!!

Wat ‘n avontuurlustige Vrydag! O, het ek vergeet om te noem dat ons krag ook af was vanaf 12pm tot 19h30? EN my modem werk nie? 10 Minute terug het hy gewerk en nou flikker hy weer. Ek tik hier op ys. Soos ek tik flits hy. Ek gaan hierdie moet copy en paste op Word en later moet post want as ek hierdie post verloor, ek sweer.

Ons vertrek more op vakansie. Ek is nou effens op my senuwees na hierdie hele naweek se dinge. Hulle se dinge gebeur in 3? My man se kar het verlede Vrydag van die paneel klopper af terug gekom – dieselfde deur, iemand het in hom in reverse uit hul oprit uit. Ek kan 2 linker agterdeure van die kar met duike in hanteer, maar as die derde een kulula.com s’n is, gat mamma nie happy wees nie!!

Miskien moet ek my skoonpa se linker agterdeur so ‘n krappie gaan gee dan is Murphy miskien gelukkig en loop….plan?

Ciao julle! Ek kom terug met ‘n tan – hopenlik

R 🙂

Advertisements

8 Comments

Filed under 1

8 responses to “You fool. You fool. You FREAKING fool!!!!!

  1. Ag moenie te sleg voel nie. Dis nou seker nie vir jou ‘n troos nie, maar ek het my splinternuwe kar net 3 maande gehad. Soggens moet ek my kar uittrek, sodat manlief sy kar kan uittrek en werk toe ry. Elke oggend doen ek dit nog in my japon, want ek werk eers heelwat later, en sonder my kontaklense. En toe mik ek een oggend bietjie verkeerd en skraap my hele linkerkant teen die hekmuurtjie.

    Ek kon darem huil, maar dit het nie veel gehelp nie. R2000 later toe lyk hy weer soos nuut, maar ek is nog steeds de hel in vir myself!

  2. Zee

    Ai, kan nie glo wat ek hier lees nie. Hoop jy voel al darem beter by nou. Pappa het altyd gese dis aardse goed en jy kan dit nie saamvat hemel toe nie. Maar tog, n mens se hart is baie seer as so iets gebeur. Hoop julle hou lekker vakansie by nou 🙂

  3. afrikafairy

    ai deffie, as die vakansie so begin het. troos jou daaraan, dit kan nie slegter nie. hoop jy geniet die ruskans! kom vars terug…

  4. BB

    Was jou boudjies nou al paneelklopper toe?? Ai Deffie – as jy maar wéét wat ek al als met ‘n kar aangevang het! – en ook nooit skouspelagtig nie – en kan ek vir jou liég as dit kom by hóé dit gebeur het 8) . EK wonder net altyd hoe de hel liefie die verskil kan sien tussen ‘n square-tube-paal en ‘n trollie in ‘n parkeer terrein??
    Die ergste was daai damn concrete cone wat by ons mall staan – ek dag dis plêstiek!!! 😆

  5. Dit gaan seker nie waardeer word nie, maar ek skeur my klere soos ek lag. Nie oor die feit dat jy jou kar gestamp het nie, maar oor die amusante manier waarop jy die storie vertel het.

  6. afrikafairy

    en wanneer blog jy weer? hoe was die vakansie?

  7. Dis hilarious! Askuus. Ek weet dit was seker nie vir jou snaaks nie, maar jy moet erken… ‘in retrospect’… dis freakin hilarious. Hoop dit gaan beter. 😉

  8. BJF

    hey, ek mis jou blog, waar is jy? gaan mediteer, die inspirasie sal jou vind.
    xxD

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s