Hello daar.
Hier’s ek alweer voor die deur met ‘n lys van verskonings…nee se gaai. Dis nie verskonings nie. Dis wat ek wil se. Ek is nie lus om te blog nie. Ek het nie ‘n onderwerp nie. Elke nou en dan kry ek ‘n onderwerp dan dink ek: “skryf die bleddie onderwerp neer. Skryf die gedagtes neer”. Maar nee. Dan more, dink ek aan dieselfde onderwerp en die gedagtes is net nie dieselfde nie – ek dink mens noem dit “right frame of mind…”. Wel, op hierdie stadium sal slegs “frame of mind” ‘n moerse accomplishment wees…
Wat doen ek: Ek:
Lees die vierde Paulo Coelho boek vir DIE MAAND
Ek reel ‘n funksie vir 8 Mei vir 200 mense
Ek peins en dink en wonder en skel en swets oor immigrasie. ONS immigrasie meer spesifiek
Ek peins en dink oor watter skool ons seun moet gaan….en hier gaan dit nie net oor skool nie. OOOO NEEEEEE!!!! Hier gaan dit oor: As hy na ‘n skool toe gaan in die Wesrand (wat op hierdie stadium nommer 1 is) beteken dit ons moet daarnatoe trek. Ons wil, maar ons wil nie verband skuld he nie. Ons wil ook nie R4.5miljoen betaal vir ‘n huis nie. Ek wil nie elke dag 2 ure in die verkeer sit nie. Ek wil. Ek wil nie. Ek wil. Ek wil nie…absolutely no selfcenteredness going on here!!!!!!!!!!
Ek doktor ‘n siek klein dogtertjie. Snot. Tande. Ek het self ‘n kuggie.
EK IS STEEDS SONDER ‘N FREAKING KAR……
So, in the greater scheme of things, het ek eintlik absoluut geen probleme nie, maar ek’s maar net bietjie naaf. Bear with me. O JA, my modem is so accountable soos Eskom. Say no more. Stupid ding.
Ciao
Rene
Ag ja. Ek ken daai gevoel. Dis wanneer ek die grootste aanval van blogale diarree kry. Plaas sharrap ek ook maar net soos jy!
ag klim in die bad met ‘n lekker boek en ‘n lekker bottel rooiwyn, eet ‘n hele boks sjokelade op.