“Eg-Afrika” is lankal meer nie die plaaslik vervaardigde produkte nie…

Dis 06h30. Ek is op, 2 kinders in tow. Ek maak koffie en sit die laptop aan. Terwyl ek my koffie drink en kinders se drinkgoed maak, maak ek die News24 bladsy oop. Nog deur die slaap, hoofpyn vir een of ander rede en sand oe, lees ek die eerste hoofopskrifte:

Grens “te erg vir polisie” – bottom line is die “onwettige” grens tussen SA en Mosambiek is besiger as die N4 hoofweg en die polisie kan dit nie patroleer nie…baie insiggewende, optimistiese nuus vir die mense van onder meer Nelspruit, Phalaborwa en omliggende gebiede…

Rowers skiet man in TV stoel dood – Middelburg, Mpumalanga. Hy was 33 jaar oud

China vlieg nog wapens – Direk na Zim…of te wel klein Suid-Afrika.

2 Sterf in gru-aanval by sentrum – ‘n kleuterskool waar die eienaar en hul bediende dood gemaak is. 2 ander is ernstig beseer…niks is gesteel nie

Rowers verbrysel man en sy ma se koppe glo teen huis se muur – ek kon nie hierdie een lees nie…

Man beken skuld op 105 onsedelike dade op dogter – kon nie lees nie

Moordverdagte ontsnap, breek in – klaar gelees by hierdie tyd, scan net opskrifte

Familie se huis geplunder nadat 12 rowers hulle oorval – liewe bliksem. 12 Rowers…ek scan

Wysigings gaan Manto “drakoonlike” regte gee – aaah, Manto. So ‘n spesiale eintjie mens…geldjie.

Beraad oor kragkrisis nodig, se ANC – WAT??????? Sense??? Die ANC???? Oor krag????? Maar daar’s mos nie ‘n probleem nie? Ons, nes ons kamerade in Zimbabwe is veilig. Ons leef in harmonie…Daar’s nie ‘n krisis nie. Ne Thabo? FFS

Rasvoorval by Loftus – Mmm, whatever, dis die Beeld. Ek lees steeds nie.

Tweeling blind na te veel suurstof – Goeie ou Medici.

Oooh, Brangelina trou glo binnekort! – wag, laat ek gaan lees…

Die punt wat ek wil maak is dus: Laat dit so aangaan en ons as Wit burgers van hierdie land voel al hoe minder skuldig om hier weg te gaan. Ons land verraai ons. Ons land verneuk ons. Dit word al hoe moeliker om ons guilt trip te justify. Om elke hoek en draai, by elke braai, om elke tafel in elke restaurant praat almal oor dieselfde verdomde onderwerp – sooo, wat’s julle planne? Ek se nou maar, ag ons praat nog maar daaroor. En elke keer hoor ek dieselfde ding: Ons gaan aansoek doen Oz toe, en wag vir die volgende 5 jaar. Kyk, Australie, julle het 5 JAAR om julle infrastruktuur reg te kry voor 8 miljoen Suid Afrikaners julle plek hulle eie gaan kom maak! Een ding is verseker, die werk gaan vinniger gedoen word. Die bier verskaffers se wins gaan deur die dak styg en Saterdae gaan nooit weer dieselfde wees nie!

En almal wag. En wag. Party wag vir Zuma. Ander vir Bob. Die een wag vir Nelson om te gaan. Party se hulle SAL NIE GAAN behalwe as iets met hulle gebeur nie????!!!! Dis seker ‘n valid comment maar maak minder as niks sin nie. Maar ek sien waar daai comment vandaan kom. Dis eintlik ‘n “barrier”. Ons almal woon op die oomblik met oogklappe oor ons oe. Ons het hierdie ongelooflike “rage” in ons. Ons wag dat een of ander bastard sy voet verkeerd sit. Mense vertel nou openlik vir hulle kinders wat in hierdie land aangaan. Ek het myself hoeka die ander dag gevang vir Spiderman se “seun, meeste mense wat taxis bestuur kan werklik nie ordentelik bestuur nie….”. Ek? Ek. Hy was nie gephase nie, maar hy sal dit nie vergeet nie. Ek ken hom.

Die punt wat ek wil maak hier vandag, en ek dink ek praat vir meerderheid Suid Afrikaners wat wil, kan, en moet planne maak vir emigrasie, is die volgende. Die besluit raak makliker. Die onmin teenoor die res van die land raak groter. Die onderverdigheid van veralgemening raak belaglik. Die realiteit van ek (ons) wat my geboorteland gaan verlaat, my kinders van hul toekoms in die mooiste plek op aarde beroof, oumas oupas tannies en ooms gaan agterlaat, sukses, geld, ondervinding – alles wat ons ken hier gaan los – is hier. Dis hier. Ons spandeer ons laaste paar jaar hier.

En elke nou en dan (meer nou as dan) wanneer die gedagte my fisies siek laat voel, tel ek net gou die naaste koerant op en lees 5 opskrifte op die voorblad. Terapie. Daar spaar ek almal nou baie geld.

Wat ‘n vars koue dag. En ek voel so bleddie swartgallig. Note to self: Do not read the paper first thing in the morning.

Ciao, ek’s oppad pottery toe. En vanmiddag begin ek iets nuut. Miskien vertel ek meer hiervan. Een dag 🙂

Rene

Advertisements

3 Comments

Filed under 1

3 responses to ““Eg-Afrika” is lankal meer nie die plaaslik vervaardigde produkte nie…

  1. Die oggendkoerant gee my sooibrand en maak my koffie bitter smaak. Ek skip die voorblad deesdae en lees eerder die travel section oor al nice plekke waar ek kon gebly het as ek dit kon bekostig.

  2. Jy sien, Jaco is slim! Beste idee wat ek nog hierdie maand gehoor het. Ek is jou een voor en skip sommer die HELE koerant? Beeld in elkgeval – The Star is ‘n baie meer insiggewende koerant anyway. Ek vind die Beeld erg negatief – moord en doodslag kry altyd voorblad spasie en die nice goed hier op bl 21 onder in die hoek…maar dis maar hoe die mens is ne?

  3. BJF

    ons is nou al vir drie jaar uit die land. Die verligting om nie oor my dierbare kinders 24/7 te worry nie is amazing, maar dit kom teen ‘n prys. Ons mis almal meer as wat ek woorde voor het. Dis ‘n catch 22.
    Ek hoop julle maak die regte besluit, maar moenie besluite maak in woede nie. Maak ‘n besluit omdat jy in jou hart glo dis die regte ding vir jou en jou gesin.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s