How many blondes does it take to….

Ek’s nie blond nie. Het nog nooit eintlik die begeerte gehad om blond te wees nie. Het nog nooit geglo dat blondes meer fun het as bruinkoppe nie. Maar, mees belangrik, het ek (thankfully) nog nooit in die spreekwoordelike dom blond kategorie geval nie! As ek se “nooit” bedoel ek tot onlangs…Onlangs soos in vars nadat die eersteling gebore is…What is that??? Vandag vereer ek al die blondes wat jare lank al gespot word omdat hulle “dom” is. Ek val nou amptelik in daai stadige kategorie.

En omdat ek ouer word is ek nou nie eers meer skaam om al die dinge te erken wat ek die afgelope ruk gedoen het wat POSITIVELY blond was nie! Here goes:

1. How many blondes does it take to change a lightbulb? Gedink dis ‘n myth? ‘n Siek grap? Ek het nuus vir julle. Ons het ‘n 8-gloeilamp chandelier in die sitkamer. Verlede week toe raak ek bietjie geirriteerd dat 4 van hierdie bulbs al vir maande geblaas is en my 6.4ft man ruil hulle nie. In my defense, die lampe was nie langs mekaar nie – die geblaasde lampe was “gescatter”. Om ‘n BAIE lang (en vernederende) storie kort te knip, dit het my ongeveer 8 probeerslae geneem om die regte lampe te vervang…ek kon dit nie glo nie! Halfpad deur die oefening kon ek net lag. Ek het bly die verkeerde lampe geruil want dan klim ek van die stoel af, sit die lig aan en, VOILA! Hulle werk steeds nie! Dan sit ek die lig af, probeer onthou watter werk nie en VOILA! Ruil ek die verkeerde lampe…dit was vreeslik embarassing. Gelukkig was die kinders nie daar om vir pappa te vertel nie…of seep in my bek te sit nie.

2. Ek gaan op by die trappe om haar doek te ruil. Nadat ek haar op die tafel neergele het draai ek om en kry ‘n doek. Sit doek langs kind neer op tafel. Ruil vuil doek…hier het my kop my klaar verlaat…ek kan nie onthou wat in hierdie 30 sekondes gebeur het nie…maar soos ek rondtrippel soek ek die vars doek. Ek soek ORAL op die tafel. Nou twyfel ek of ek ‘n nuwe doek gekry het? Miskien dink ek aan gister? Ek draai weer om en kry ‘n doek. Ek draai terug om die doek aan te sit. Ek kyk en kyk. Daar is klaar ‘n nuwe doek aan. Ek vries. Ek gather my thoughts (of watookal hier bo aangaan), maak of niks gebeur het nie. Sit die nuwe (tweede) doek terug en daar gaat ek. Voel effens mal. Maar hou weereens hierdie brokkie interessante verwikkellinge vir myself…moving on!

3. Ja, die motor se deur teen die pilaar vas. Say no more. Stupid freaking idiot.

4. Ek soek en soek my selfoon. Ek het klaar koffie gemaak en nou soek ek die foon want ek drink koffie en bel mense. Een van die kinders moes hom gevat het. Ek vra vir boeta hy se nee. Ek vra vir sussa sy se sappie…dit beteken baie vir ‘n 19 maande kind. Ek gee op. Ek dra my koffie buite toe. Ek sit. Ek sit my koffie langs my neer. Ek sit iets anders langs my neer. Dis die Clover long life 2% melk houer. Ek wonder hoekom ek dit doen? Ek peins. Ek staan op. Ek loop yskas toe. Ek maak die yskas oop. Ek haal my selfoon uit die yskas, sit die melk terug en stap weer uit. Swift. Non-chalant. Ek rep nie ‘n woord nie.

4. Aah, die hond. Oor naweke is die bediende nie by die huis nie, so tussen die 3 van ons (boeta ingesluit) moet ons probeer onthou om die hond kos te gee…ek is skaam om te se die 4-jarige onthou elke naweek. Op die odd geleentheid wanneer ek onthou kry die arme (gelukkige?) hond 2 keer kos. Want hoe op AARDE moet ek onthou dat ek hom reeds 10 minute terug kos gegee het!!?? Heeltemal te veel gevra…

5. Dan is daar natuurlike die klassieke oproepe wat ek maak. En wanneer my man antwoord het ek GEEN idee hoekom ek bel nie! Soos ek dan neersit onthou ek – obviously. Of die tye wanneer ek wil koffie drink, bel, kinders stil hou, deur toemaak, speelgoed uit die pad uit skop. Dan het ek al lank al speed dial gedruk op die foon. Die ander persoon het al geantwoord en neergesit. Maar ek het in ‘n split sekonde vergeet ek het actually al gebel…dit gebeur met die beste van ons.

Ek beter stop. Voor iemand my terapie gaan borg. Asseblief, die enigste comments wat ek op hierdie post soek is EXAMPLES OF ACTUAL EVENTS THAT ARE SIMILAR TO THESE. Ek wil weet dat julle ook blonde oomblikke het. ASSEBLIEF!!!!!!

Ek werk hierdie week. Baie lekker. Snaaks genoeg ek het nog nie EEN instruksie vergeet nie! Well I never 🙂 Die Office Plant persoon was nou net hier in my kantoor om te hoor of ek nog happy is met die plant hier in die kantoor…ek het maar net gese ja dankie…WANT EK’S NIE SEKER WAT HY WOU HOOR NIE!!!! No, uhm, it’s a rude plant. It’s too green. It’s too demanding. It’s lazy…Hier’s jou stupid sticker.

Ons gaan weg die naweek. My man se grot instinkte is uit en hy voel hy moet ‘n kudu gaan skiet.

Ciao

4 Comments

Filed under 1

4 responses to “How many blondes does it take to….

  1. Jaco

    Ek lag nie vir jou nie . . . naaaaa ek lieg, jy is skreeusnaaks. 😆

  2. Ek het ook bruin hare, maar van kleins af letterlik ‘n blonde streep. Ek blameer dit natuurlik vir alles. Want ek is verstrooid. Ek soek elke oggend of my huis of karsleutels. Ek bly alleen. Ek het nou die dag my sel verloor terwyl ek gemxit het. Dit het my ‘n uur gevat voor ek dit agter die bed gekry het, moet my nie vra hoe het dit daargekom nie.

  3. rb

    Ek is ‘n true genuine gebore blond, maar wraggies nog niks wat jy hier noem het my getref nie. HAHAHA, dalk is die brunette eintlik die blondes??

  4. neykie

    dis skreeu snaaks veral die een van die selfoon.

    Nou die aand kom ek by die huis, sluit my kar haal my wasgoed af. nou het ek my handsak ‘n klomp klere onder my arm en wasgoedpennetjies in die ander hand en nog ‘n sak- nou staan ek daar voor die deur en soek sleutels- nerens nie. Loop af kar toe dalk het ek dit laat val. dit was toe al die tyd in my baaidjie sak. ek dog amper ek word mal

Leave a comment