Ek sweer ek hoop hierdie is die laaste swartgallige post…

Vanoggend oppad pottery toe bel ek ‘n vriendin met wie ek maande laas gepraat het. ‘n Baie “long-delayed” oproep waaroor ek sleg gevoel het want ek praat te min met mense…ek bel gewoonlik my pa oppad pottery toe en het toe eers later vanmiddag uitgevind hy’t gewag vir sy oproep 🙂 Volgende week pa.

Sy’t nie haar foon geantwoord nie toe los ek maar ‘n boodskap. Wat ek nie baie graag doen nie want ek hou nie van my stem oor ‘n foon nie. Sy sal mos die missed call sien? Toe sy my later oppad terug huistoe weer bel, was haar eerste vraag:”Are you ok Ren?”. Ek se toe ja hoekom? Sy se toe ek het moeg geklink op die boodskap. Of moeg, of hartseer of in trane! Nou my stem vir myself is akkies, maar nie SO erg nie! Ek hou nie daarvan om dit te hoor nie…wat gaan aan? Hoekom lag ek so min deesdae? Hoekom slaap ek so sleg? Waar’s my energie? Ek skryf dit toe aan die algemene auro om my. Ek’s moeg vir al die vrae. Al die freaking dood. Al die onbenullige gemoor wat aangaan. My tuinier het verlede Donderdag hier weggejaag op sy fiets in trane. Hy’s ‘n Zimbabwier en sy 9maande swanger vrou en hul 2 kinders was op die vlug. Ons het ons huis vir hulle aangebied. Hy’t laat weet hul huis staan nog. Maar hulle is bang. Ek kan nie flippen cope met al hierdie dinge nie. Ek kan nie al hierdie mense se hartseer verwerk nie. Ek weet nie waar om te begin nie. Wat moet ons doen? Wie gaan hulle help? My kinders slaap sag. My man le onder die vere duvet. Ons magies is vol. Die ligte brand (net sommiges 🙂 ) Die motors staan hier voor. Moet ek ophou sleg voel? Moet ek aangaan asof alles ok is? Moet ek maak of Diepsloot en Alex op ‘n ander planeet is? Wat de hel moet ons doen?????

‘n Ander vriendin se broer het selfmoord gepleeg. Al jare terug – ek dink laat negentigs. Sy doodsbrief het gelui dat hy nie op hierdie aarde kan bly nie. Sy hart het gebreek vir ander se ellende. Hy kon nie meer leef nie. Hy het gevoel dat daar niks gedoen kan word vir armmoede, geweld, ellende, siektes en dood nie. Die onregverdigheid van hierdie land was te veel vir hom. Ek het al baie oor hom gewonder. Ek verstaan dat selfmoord ‘n sonde is, maar kan julle daai ellende verstaan? Kan julle al daai goedheid in sy hart comprehend??? Ek het al self hartgebroke gevoel oor ander – die afgelope paar weke het dit amper elke dag gebeur. Ek haat hierdie gevoel. Ek haat om elke keer sulke negatiwiteit op hierdie blog te sit. Ek wil weer lag demmit.

Dan gaan ek maar bed toe. Ek gaan soen my kinders. My pragtige perfekte klein lyfies. Die wonderlikste man waarvoor iemand kan vra. En ek se dankie. En ek vra asseblief. Asseblief help hierdie mense. Asseblief gee vir ons ‘n uitweg. Ai man. Help asseblief.

Ciao

 

Advertisements

4 Comments

Filed under 1

4 responses to “Ek sweer ek hoop hierdie is die laaste swartgallige post…

  1. boendoe

    Op die oomblik voel ek nes jy. Wat kan mens doen? Hoe gaan dit eindig? Dit voel na ‘n situasie wat nie ‘n happy ending gaan he nie.

  2. boendoe

    En is ek reg dat jou blog die maand verjaar??

  3. Willa

    Ja dit is baie hartseer. Hier in die Kaap by die hawe se uitgang aan die stad se kant het behoorlik 1 000 de oornag daar gearriveer en slaap hul daar. Daar is geen toilet geriewe nie en dit is koud snags hier. Waar dit als gaan eindig weet ‘n mens nie. Ons het so baie om voor dankbaar te wees, maar wil altyd met die brood onder die arm kla. Ek hoop jy voel al beter en begin lag weer. Sterkte.

  4. Ek wens ek het vir jou raad gehad, maar daar is tans ook so ‘n kombers van negatiwiteit oor my en ek is gewoonlik soos ‘n kurkprop, niks kry my onder nie.

    Soms wonder ek regtig of hierdie nou die tekens van die tye is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s