Dit is ek

Hey,

Welkom op my spasie. Hier plaas ek definitief nie elke dag ‘n inskrywing nie want, quite frankly het ek 1. nie tyd nie en 2. nie soveel idees nie. As daar iets is wat die moeite werd is om oor te dink dan sit ek dit hier. Ek besit nie ‘n dagboek nie, so consider this it!

Hierdie is my persoonlike spasie, so use it, don’t use it. Voel vry om jou mening te lug, but keep it clean please? :). Ciao

3 responses to “Dit is ek

  1. elsabe

    Ek het gou jou tjoklit resep afgeskryf. ek is belustig en het na ‘n lekker resep gesoek, kinders skryf matriek eindeksamen, en ek moet maar hulle belustigheid ook dophou.

    thanx in any case

    elsabe

  2. Patat

    My naam is nie van belang nie maar ek is ‘n etoholic, as daar so iets is. Punt is hulp het ek dringend nodig! Ouderdom uhum 40…. (my geheim) 1.65m kort en weeg …. ja wat ook al. Ek hou van sushi, vergryp my aan soetgoed en drink latte”s (veral ‘n sekere restaurant groep se valinje latte) asof die verbanning daarvan binne ‘n week van krag gaan word. Probleem is eenkant van my familie wil dooi (wanneer dit hom pas) aan hart en ander kant meen hulle het suiker (as hulle skuldig voel). Maar die feit van die saak is my niggie was so biedjie jonger as ek toe sy dood is aan haar hart en die ander is ek myself is gediagnoseer met insulien weerstandigheid, met ‘n ernstige weerskuwing teen tipe 2 diabetes.

    My meisiekind is 5 en oudste 20. op die vakansie het ‘n misplaasde werwel vir ‘n paar benoude oomblikke gesorg en ek het besef my lyf is te swaar. Nie net vir my hart nie maar vir my kniee en enkels ook.

    Iemand het jare terug gese dat ‘n vet persoon is altyd gelukkig. Ek dink dis die mistasting van die millenium! Ja baie van hulle lag altyd maar so ook ‘n nar met ‘n mombakkies op.. Ek myself is die bell of the ball maar daar is altyd ‘n traan.

    Ek het my drama kursus voltooi (suksesvol) maar kon tot nog toe nie my droom uitleef nie. Te duidelik sigbaar, jy weet. As ek nie te wide is nie is ek te white (blond ook nog!). Nou ja ‘n dieet kon ek tot nog toe nie voluit volg nie en die fondse vir ‘n personal trainer, met Baaaai geduld, was daar ook nog nie.

    Dus moet ek dalk ‘n advertensie plaas.

    Vakature beskikbaar vir ‘n persoon met goeie oorredings vermoee, deursettings vermoe wat vir die liefde van die saak sal werk om ‘n vrou te help om 40kg+ te verloor. Haar selfbeeld, selfrespek en selftrots te vind en ‘n droom te kan leef “om 5km met gemak te kan kafdraf!” Hy/sy sal ryklik beloon word, met liefde en bewondering!

    • Hello Patat. Ek lees jou inskrywing en ek voel vir jou innig. Ek kan lees dat jy erens wil begin om ‘n verandering aan jou lewe te maak want, soos jy se, vet mense is altyd vriendelik! Dit glo ek nie vir een oomblik nie. Ek glo nie mense wat oorgewig is WIL oorgewig wees nie. Ek glo ook nie oorgewig mense is gelukkig met hul voorkoms nie. Maar, ek glo dat elke mens verantwoordelik is vir hulle eie geluk. Makliker gese as gedaan, so weet ek alte goed myself. Ek kan ongelukkig nie vir jou se ek verstaan hoe jy voel nie. Ek het nog nooit ‘n gewigsprobleem gehad nie maar, aan die ander kant, ek het ander maniere om uiting te gee aan my geluk/ongeluk. In dieselfde asem het ek (nou eers) die volwassenheid bereik om te erken ek het definitief gewigs issues – my man se hoeka ek het Body Dismorphic Disorder!!! Ek is padantic oor my lyf. Ek voel goor as ek gewig opgetel het. Maar ek oefen baie hard en eet baie gesond.

      Patat, ek dink jy het net uithouvermoe nodig. Ek dink jou kop is al halfpad op die treadmill, maar jou hart moet nou net saamwerk. Die feit dat jy aan jouself erken jy is nie gelukkig nie en dat jy jouself vergryp aan kos is ‘n baie positiewe stap! Jy het iemand nodig wat jou gaan aanmoedig. Jou gaan ondersteun en vuur onder jou gaai moet maak 🙂 Iemand wat by jou gaan staan deur ‘n moeilike pad vorentoe maar ‘n pad wat jou lewe gaan verander. Jy gaan ‘n nuwe mens wees. Alles om en omtrent jou hoe jy dit ken, gaan verander. Dit gaan alles die moeite werd wees. Jou selfvertroue gaan herbou word. Jou selfbeeld gaan deur die dak gaan en, belangrikste van als, jy gaan jouself weer liefkry.

      Ek het, as deel van my spysenierings diploma by die Hotel Skool, Nutrition as ‘n byvak gehad. Ek stel BAIE belang is kos oor die algemeen en die “wellbeing” van mense, oud en jonk, en wat hulle eet. Jy kan my enige tyd hier kontak, ek sal jou help en ondersteun.

      Gaan sluit by die gym aan. Kry vir jou ‘n vriendin om saam mee te gaan en MOENIE enige verskoning gebruik nie!! Dis die moeite werd. Asb laat my weet as ek jou kan help met hierdie pad wat vir jou voorle.

      Baie stekte,

      Mielie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s