Category Archives: pitte

I LOVE NAMIBIA!!!

Ons is terug van die groot tog na die moerse sandput. My eerste keer in die Namibie, en by george, ek’t regtig nie geweet daar is oral NET sand nie – dis ongelooflik! met die landing Saterdag oggend was daar net 2 dinge wat nie sand was nie – die vliegtuig en die klein teer aanloopbaan, ek was effe senuweeagtig toe ek die size van die aanloopbaan sien…maar die pilot het ons saggies neergesit. Ek gaan hieronder die 4 dae in ‘n nutshell probeer sit, maar die fotos doen nie die almagtigheid van die duine en sand en skoonheid justice nie. Die plek is asemrowend en meer intimiderend as die oseaan…

Saterdag middag 16h00 Namib tyd geland. En route na die woestyn het ons by die see gestop waar Luderitz oesters en franse sjampanje op ons gewag het…ok eintlik sand, met bietjie oesters en sjampanje! Die wind het ons amper oor die duine gewaai!

dsc_0610.jpg    dsc_0611.jpg 

Hier bo foto 1 is ek en foto 2 ek en Deon – letterlik windverwaaid!

Van die beach af het ons ongeveer ‘n uur en ‘n half in die woestyn in gery. Die duine het verander na berge, kraters, dongas, panne, klippe, goed wat lyk soos vuurspuwende berge – alles binne ‘n radius van ongeveer 40 km! Ons het springbokke en duikers gesien, in die middel van nerens.  Aangekom by ons “kamp” het daar 22 tente gestaan. 3 mobiele toilette [ek’s nie groot op porta potties nie, maar die goed was skoner as jou standaard toilet by ‘n restaurant! Elke tent het sy eie “stort” gehad – een van daai kamp storte uit ‘n sakkie, warm water de lot. Onder, foto 1 is die tented camp skemer. Die kampwagters het kersies in sakkies gesit en oral aangesteek waar die paadjie loop – beautiful!

dsc_0628.jpg                   dsc_0616.jpg

Op die eerste foto, die berge aan die linkerkant het, net om daai draai daar voor, ook kersies in sakkies gehad, tot amper halfpad teen die berg op! Ek’s nie seker hoe hulle tot daar gekom het nie…

Ons het nie die kamera saamgeneem aandete toe nie, maar met ons aankoms het ons die mooiste gedekte tafels, liggies, kerse, kandelare en ‘n bonfire met kussings in ‘n sirkel om dit gehad! Toe ons instap begin Impi speel en daar staan 2 mense en doen vuurdanse – spectacular! Dit het aan gegaan vir 4 liedjies. Amazing. Dit was hipnoties.

Die volgende oggend is ons vroeg op en toe ry ons omtrent ‘n halfuur na ‘n ander deel van die woestyn – die deel met die actual sand en DuInE…daar was alreeds ‘n “kamp” opgeslaan met quad bikes, ‘n voertuig vir Extreme Dune Driving, parasailing en sand boarding. Die parasailing kon toe nie gebeur nie want die wind was te kalm – ek sweer, 4 seisoene in 1 dag in namibie. Ons het afgeskop met quads toe sandboarding en daarna die extreme driving:

dsc_0651.jpg                   dsc_0692.jpg

Fotos hierbo: foto 1 die duin waar ons af gery het met die quads – daai bleddie ding is hoer as wat hy lyk, trust my. Foto 2, ekke in my sandput!

Na die quads het ons gaan sandboarding doen. Die duin waar ons opgeloop het [met ‘n hout bord wat in die begin so 3kg weeg en as jy bo kom voel hy soos 50 kg…], wat maar moer styl! Bo gekom is daar so ‘n 60cm ledge waarop ons dan moes loop na die begin van die sandboarding – aan die anderkant van die ledge is daar ‘n afgrond van minder as 45o! Ek was effe skrikkering. My bene was jellie van die stap en toe ons eers bo is toe besef ons, die enigste manier af is op die bord. Geen tyd vir uitchicken nie, jy le op die bord, posisie jou lyf en die sandboard ou [Jay, pragtige Amerikaanse surfer boy mannetjie] gee jou so ‘n stootjie en daar gaaaaaaaaaaat jy!!!!!!!!! Ek het 2 keer gegaan, die adrenalin was amazing!

dsc_0671.jpg               dsc_0684.jpg    Foto 1 is ek in aksie en foto 2 is Deon – hy’t 3 keer gegaan want daar was ‘n rekord om te breek…

Hierdie was nogal fasinerend vir my. Tussen die sand in die duine is stukkies metaal. Dis soos splinters swart metaal. As jy ‘n magneet oor die sand beweeg bring dit die metaal boontoe en die effek is amazing. Die tweede foto het my asem weggeslaan – ek moes weer en weer kyk om myself te maak verstaan dat dit regtig is en nie ‘n prentjie nie…

dsc_0688.jpg                        dsc_0693.jpg                          dsc_0696.jpg

Van die woestyn af het ons ingebook by Swakopmund Hotel – ‘n heerlike welkome heenkome na die aand in die woestyn – en suite badkamers met baddens, TV’s [ek’s groot op TV’s en room service], balkonne etc. Lekker lekker! Sondagaand het ons by ‘n fab visrestaurant gaan eet en Maandag oggend was ‘free’ dag gewees. Deon het gaan see visvang, ‘n 30kg haai en 2 kabeljoue. Hul maak die kabeljou skoon, verpak en stuur saam terug op die vliegtuig. Die haai obviously getag en release. Ek het ‘n fantastiese relaxing dag gehad in die klein [ekskuus, donners klein] swakopmund dorp. Die bliss van rondloop, middagete eet in vrede, Sarie lees, koffie drink, slaai eet, nog venster kopies maak, dit was wonderlik –

dsc_0750.jpg

Maandagaand by De Brauhaus gaan eet – baie lekker Duitse restaurant. Hulle bedien die grootste Eisbein wat ek nog gesien het! Dis meer soos ‘n halwe vark. Ek dink nie een van ons het ons varkie klaar geeet nie, maar dit was lekkeeeeeer! Duitse salami, bier en Jagermeister…ouch.

En Dinsdagoggend vroeg[erig] uit die vere. Tasse gepak, ontbyt gaan eet en so 11h00 vertrek terug SA toe. Daar was ‘n totaal van 1 klein [klein soos in 3x4m] grote winkel by die lughawe…die hele lughawe is kleiner as die restaurant waar ons Maandagaand was! Hehe. Maar dit was fun fun fun. Fantastiese pragtige plek, die sandput. Ek sal weer gaan. Die keer vat ons die kids, spring op die errie [ek doenie sulke lang landvervoer ekskursies nie, sorry] en huur daar ‘n uhm Defender, obviously, en ry die wereld plat!

Tot volgende week. Ons vlieg more PE toe na een van die mooiste plekke in die land…ek sal na ons terug is kiekies oplaai. Dis asemrowend. See voor, berg agter, walvisse, dolfyne en robbe voor ‘n oranje sonsondergang en agter staan die steenbokkies by die agterdeur….ai al hierdie vakansie. Iemand moet dit doen!!!!

 Ciao,

Rene

11 Comments

Filed under pitte

Rookwalms, Trompie en clap gewere…

Ek’t grootgeword op ‘n klein dorpie in die Oos Transvaal, naamlik Witbank. Vandag is die dorpie ‘n stad en hy bevind hom tans in Mpumalanga. Ek’t verneem sy naam het ook verander, maar wie weet wat hy homself deesdae noem? Vir my sal hy altyd die klein dorpie Witbank bly…

Ek’s die jongste van 3 dogters – en ek hoor die gossip dat ek ook die balhhorigste en bederfste was….gmpf se ek…Ek het net ‘n goeie selfbeeld gehad en was die cuteste – 🙂

As ek dink aan my kindertyd oppie dorp dan kom daar oor en oor dieselfde gedagtes op by my: my skooldae, my maaikies [almal seuns I’ll have u know…] my trokke, treine en gewere, my 2 ouer sussies ens ens. Ek deel hiermee graag my herrinneringe met my screen, want dis so lekker om aan hierdie memories te dink!

Soos ek gese het, het ek meestal net seuns as maats gehad. Die meisies was moerse veeleisend en hulle kon nie ‘n regterhaak slaan so goed soos ons ‘manne’ nie. Daai rokkies was dan ook erg ongemaklik, wat met die bene toe, maggie op die glyplank gaan nie, beentjies wat koud kry. Nee hel, uit die staanspoor het ek maar eerder gestem vir cuorduroys en tekkies.

In die kleuterskool het ek 2 maatjies gehad, Tommie en Ruan. Ekt nog ‘n ander maatjie gehad, sy naam was Jacobus…Nou Jacobus was NET my maatjie…hy was ‘n special seun…hy’t elke dag ‘n ander houertjie van sy ma se make-up skool toe gebring en dan gaan ons badkamer toe [met daai kleeeein toiletjies] en ek moes vir Jacobus opmaak met die make-up…Ja ja, ek weet, ek moes die tekens al daai tyd gesien het. Maar wats dan nou beter vir ‘n tomboy as haar maaitjie ‘n seun is EN hy dra make-up!!! Kosie, mog jou grimering skills en sykous stelery jou vandag die BESTE ‘part in the parade’ bekostig, jy verdien dit vriendin…

Witbank het nog altyd opslae gemaak vir die hoeveelheid rookwalms in die lug. Die stad is omring deur mynhope en groot fabrieke. Daar rook die mense vir vars lug – regtig. Ten minste dan weet jy presies wat in jou longe ingetrek word. Die nie-rokers se longe is vrot van die staal walms. Ek onthou dae toe my susters van die skool afgekom het [hulle was in die Tegniese skool, reg langs een van die groter fabrieke] dan lyk hulle of hulle sopas ‘n shaft laat sak het – appies met swart stoffies op hulle bo-lip. Ek aan die ander kant, was in die akademiese skool aan doeriekant van die dorp. Weg van die shaft-sakkers.

My grootste herrinneringe was in die middae, na skool. Laerskool en Hoerskool was bietjie van ‘n non-entity vir my – nie my beste 12 jaar van my lewe nie. Ek was konstant in die moeilikheid. Ek onthou een dag in Std1 toe noem ‘n ene Willem Abrie [be afraid Willem, be very afraid] my pa ‘n k*****boetie. Voor jy kon se DP toe wiks ek vir Willem so hard met ‘n regter dat hy bo-oor die skool bank vlieg en op sy gaai te lande kom! Obviously, more moes ma en pa skool toe kom om die rasse geding uit te sorteer. Pa se antwoord was toe tromp-op ‘as iemand dit weer se dan gee ek haar die volsste reg om weer te donner. En die onderwyser wat sy hand lig vir my dogter sal nie weer in die onderwys werk nie…’ Ai ja jai, miskien is dit waar die moeilikheid begin het?

Ek onthou ‘n episode toe ek in Std3 was en daar was ‘n outjie in Std5 wat ek “kwaai gelike” het! Die dag met die jaarlikse skoolkonsert was ek ‘n blom of iets – HOEKOM WAS EK ALTYD ‘N BLEDDIE PROP??????? Nooit was ek die hoofspeler nie….gmpf….Anyway, my beurt kom toe op om te ‘warrel’ oor die verhoog en Moederaarde sluk my in…aan die onderkant van die blaar se 3e aar steek 2cm van my wit flennie panty uit en DIE seunskind sien dit en vertel vir almal en almal begin lag…en ek hardloop alla-Juliet van die verhoog af…die gedagte daaraan laat my sidder. Nou ja, dink ek, daai tipe gedrag verdien 1 times roomys in ‘n cone in die man se gesig, en EK PRAAT NOOIT WEER MET JOU NIE!!!! En ek dink jy’s vet, se ek hom ook voor sy pelle. Eina. Maar ekt beter gevoel 🙂

Afrikaanse middae op tv, 16h00 elke Dinsdag was Trompie op. Trompie was my lewe, my held my alles-wat-ek-eendag-wou-wees! Ek het nooit 1 episode gemis nie. Ek’t myself so in daai program ingeleef, en natuurlik het ek ook my eie bende gehad met ‘private membership boekies’ en weeklikse vergaderings in ‘n GROOT asblik – nee moenie vra nie…En ek was die leier van die bende, Duh? Solank ek die leier kon wees was ek happy. Ons het tamatie kissie stoele gehad, ‘n vlag en geheime kodes. Maar ons was nie regtig stout nie…wat ek wel onthou is die dag toe ek en ‘n ander, baie loyal maatjie van my, Pierre, hulle huishulp met lemoene gegooi het van haar fiets af…julle dit was ‘n donker dag in Witbank…ek het een van die grootste pakslaes van my lewe gekry. Ekt nie gedink dit was sooo erg nie, maar in daardie jare het ek NIKS van apartheid geweet nie, en ekke het maar net gedog, fietsryer=teiken=pret…huh, NOT as jou pa die leier van die DP in die tagtigs IN Witbank is nie!!! Ai Pierre, bless you seun. Hy was regtig ‘n goeie seun. Hy’t in ons straat gebly en ek het daar geboer. As ek terugdink aan daai tyd onthou ek hul huis wat soos sigaretrook ruik, doodse stilte altyd, baie sagte radio in die agtergrond en grasgroen matte deur die huis. Daai was goeie mense met diepe probleme van hulle eie maar kinders weet mos niks op daai ouderdom nie? Dit was my lekkerste tyd! Hy was die enigste kind en het die meeste speelgoed gehad van al my maats. Sy huis was net agter ons ander maatjie, Jaco. Jaco se ouers was loaded en hulle huis baie prim en proper. Een van daai wie se bediende gekook het, middag en aand, kosblikke was altyd vol biltong, cheese wedges en regte boks sappies…Maar ek’t ook ‘n geheime crush gehad op Jaco – en ek, as een van die ‘boys’ kon dit mos nie erken nie. So, om my te spaar om al die pad om die blok te stap om by Jaco te gaan speel, het ek na Pierre toe gegaan. Hulle het ‘n leer teen hulle muur gehad waarop ons oor mekaar se heinings kon spring. Dan gaan ek na Pierre en ek ‘challenge’ hom – elke keer dieselfde storie. As ek vir Pierre met 1 skop in die maag kan laat huil, dan mag hy nie saam met my na Jaco se huis gaan nie. Goed se hy, go for it. Ek line op, ek staan trug, en ek round-house hom in die gut dat die mannetjie trek!!! En dan kom die trane, en dan se ek ok bye, sien jou later! En dan gaan jol ek by Jaco! Slim ne? Blerrie kinners…die wiel draai…

Ek en Pierre het ook clap gewere gehad. Daai tyd kon mens nog by Checkers regte staal gewere gekoop het wat kwaliteit was en soos ‘the real mccoy’ gelyk het. Dan, as ek of hy sakgeld het, stap ons Checkers toe en gaan koop claps met al ons geld. Claps innie sak, loop ons dan so kruip-kruip agter die bosse terug huis toe, en elke siel wat verby kom en ons nie gewaar nie, trek ons op los! Dat ons nie in die moeilikheid gekom het daaroor nie, is beyond me! Maar dit was die dae…

Ek kan boeke vol skryf oor hierdie magical tyd in my lewe. Dit was die fantastieste tye ooit. Die vryheid, die onskuld, die stoutigheid, die ware ware pelle, die atletiek en kerrie en rys en dik, meestal rou pannekoek, seer maag na atletiek, son verbrande wange en v oppie bors…ai, dit sit hier vlak in my hart en siel. Dis herrinneringe wat my altyd sal by bly. Herrinneringe wat ek so wens vir my kinders. Die onskuld, die vryheid. Vir ewig in my hart.

Pierre, Tommie, Jaco, Jacobus – julle was goeie pelle. Pierre, skies man ou tjom, nie bedoel om daai round-house hier van agter uit te haal nie 😉

En pakslae was SO die moeite werd!

Ciao

Rene 

12 Comments

Filed under pitte

Conception…

So hierdie is die eerste pitjie van  my mielie! Vandag is ‘n goeie dag vir “conception” –  die sonnetjie skyn vir ‘n slag en die wind is op langverlof….al vir 3 dae in elk geval!

Ek het al my dae gehad met hierdie blog! Geswets, vuis-op-tafel-aksies, stoel-hard-uitgeskuif-aksies…dit het natuurlik als niks gehelp nie want die ding wou steeds nie werk nie! Toe gaan klets ek op ‘n chatroom, en swets maar toe daar – gelukkig was daar darem een ander ou wat bietjie verveeld was soos ek en hy het my gehelp! En siedaar! Hier post ek ‘n pit!

Kom loer hier in. Kom leer my beter ken. Maar soos die goudgeel vrug ook maar is, is hierdie pitkos ook onvoorspelbaar…party dae suikersoet, ander dae verbrand, rou, pap, vrot, bitter, suur….ie I WEAR MY PERSONALITY ON MY SLEEVE (OR COB?)

Lekker Maandag vir julle, mag julle sommer baie mense laat lag  vandag.

Elke keer as ‘n taxi vandag voor jou inry dink aan my –  en laat die man maar begaan, dis regtig nie die moeite werd nie!

Tot later en tot siens

RenPie

3 Comments

Filed under pitte