My huis.

Goeiedag liewe bloggers. Hier skryf ek mos net as ek iets skryfenswaardigs (nuwe woord vir HAT) het. En vandag het iets baie nostalgies in my lewe gebeur. Ek is vandag Witbank toe om die kinders te gaan oplaai wat vir die naweek by ouma en oupa was. My ouers is op die oomblik besig om te trek na ‘n ander huis in Witbank en vanoggend het ek besef dat vandag die laaste dag sal wees wat ek in my ouerhuis sal wees. Ek is daar gebore en het vir 18 jaar daar gebly. Ek dink my ouers bly al 32 jaar daar? My eerste 18 jaar van my lewe…

Die huis was alreeds opgepak toe ek daar aankom. My ma (seen haar) het al die kaste in bokse gepak.  Al drie haar dogters se lewens wat ons daar gelos het vir ons opgepak. Oor die jare het ek elke nou en dan ‘n tassie met briewe of blikkies of vrybriewe van haar af gekry, maar die boks wat ek vandag gaan oplaai het het dinge in gehad wat ek gemaak het toe ek 3 jaar oud was…die briewe, die skool klere, kunswerke, blikkies, fotos, jaarblaaie. Maar meeste van als, die kinder boeke. Kinder bybels, Saartjie boeke, Afrikaanse Disney boeke, kinder ensiklopediee, Casper comics! Ongelooflik. En soos ek deur die boeke blaai is ek terug in my bed, 5 jaar oud en ek sien daai prentjies. Heidi en Peter op die slee. Die slee gaan te vinnig teen die bult af en hulle tref ‘n groot klip. Peter vlieg af en stamp sy kop teen die klip…hy word nie wakker nie. Heidi hardloop teen die bult af en gaan roep haar oupa….die storie gaan aan en aan – gelukkig is daar ‘n gelukkige einde! Maar die gevoel wat ek kry wanneer ek daai boekie sien. Dis een wat ek nie kan beskryf nie. Ek wens dit toe vir almal. So ‘n gevoel van nostalgia. Goeie herinneringe. Daai kinderlike vrees oor arme Peter. Onskuld. Hoe ek gesukkel het met die Engelse boekies. Bybels wat my 2 susters vir my gegee het vir my verjaarsdag. My eerste posters teen my mure – Bono van U2. Gelukkig het die ander meer embarassing prente nie hulle plek in die boks gemaak nie – die van die ander “helde” toe ek jonk was *bloos*. Baie embarassing! Dankie ma 🙂

Ek kan eintlik nie glo die huis is nou sonder sy mense nie? Alhoewel ek al 13 jaar uit die huis is sal dit altyd my huis bly. Ons gesin se huis waar ons nou is is obviously my huis, maar daai huis…daai huis is waar ek groot geword het. Die boom wat ek geklim het. Die sand paaie vir my karre. Pierre wat af in die pad bly. Jaco net agter hom. Die dag toe ek ‘n bottel amonia in die motorhuis gekry het en in die bottel gesnuif het – note to self MOET DIT NOOIT WEER DOEN NIE!!! Die asbes pophuis met die rooi dak. Die teestelle in daai pophuis. Die dak het naderhand begin verweer. Eendag toe merk ek en Pierre ‘n groot gat in die dak en die reen kom in…ons moet ‘n plan maak?!?! Ons vat toe stukke hout en …… ooo! Onthou ek nou net! Sement! ‘n Sak sement wat daar rondgele het. Meng sommer die sement net so reguit uit die sak met water…met ons hande. Stukke hou bo-oor gat met sement bo-oor hout. Sement val tussen hout deur, deur gat in dak in pophuis…maar die meeste reen is uitgehou. Ons handjies was rou van daai sement maar ten minste kon ons weer speel sonder om nat te reen.

Die boom in die erf agter was my klim boom. Ek het hom so baie geklim dat ek sweer die takke ‘n tipe  “lounger” gevorm het vir my. Daai boom het die beste boomgom gehad in die straat! Ek was ‘n boomgom junkie 🙂 Soos ek insekte, klippe en blare geeet het, het ek ook boomgom geeet…die vet weet, dat ek nie vandag ‘n vegetarier is nie is ‘n freaking wonderwerk!

Ons het ‘n yster swaai gehad. Een van daai met twee sitplekke wat na mekaar toe kyk met die voet-rus in die middel onder, tussen ‘n yster raam. My ouers was slim, hulle het geweet daai tipe swaai het net een persoon nodig om hom te swaai so niemand het ooit gekla dat die ander een haar hoef te swaai nie! Slim gedink. Party dae was ek te wild op daai ding. Ek het die een swaai afgehaak, saam met die voetrus en myself so hoog geswaai dat die swaai in die lug afgekom het en ek getrek het….seer.

Aan die kant van die huis waar die swembad was, was daar ‘n tipe patio – dit was eintlik voor die swembad gebou was, so daar was net die patio en die grasperk. Daar het ek, my susters en 2 of 3 maatjies “kinders kinders hoe laat is dit” gespeel. Onthou julle dit!! Daai adrenalien rush as jy die kind is en die wolf gaat NOU enige tyd omdraai!! Ooo my tone het gekrul van die vrees! Daar was ‘n ander game ook – aftrekkertjie. Hoe hy werk is die aftrekker staan onder op die gras en die spelers bo op die boonste trappie. Dan trek die afterkker jou af en soos jy land moet jy vries. Die aftrekker moet dan raai wat is jy…nou die van julle wat my ken sal weet dat ek hierdie game gelove het! Soos ek land het ek skielik geval en soos ‘n tafel gaan staan…of soos ‘n hond wat slaap. Ek dink al die ander deelnemers het actually gevries soos hulle geval het, met die gevolg hulle aksies wat bitter onverbeeldingryk…teen myne in elkgeval!

Daai selfde stoep het leiklip op gehad. Partykeer wanneer die leiklip afkom (soos elke middag, miraculously het die klip sommer net “afgekom” wanneer ek daar verby geloop het…) was daar onder die klip so ‘n sagte oranje ander klip. Dan kap ek daai sagte klip uit en sit en verlustig my aan daai sagte klip wat soos bordkryt smaak…ja ok, as ek dit hier skryf klink dit BAIE erger as wat dit toe was, maar hier is ek eerlik!! Die consistency was soos bordkryt maar die smaak soos grond. Net skoner. Of iets. Of iets.

Die akkerboom langs die swembad. Met die gladde klein akkertjies. Dit het ek ook geeet. Ek se mos, probeer alles in die tuin en dit wat jou lighoofdig maak of jou mond doodmaak, don’t try that one again! En toe eindig ek wel op by Hotel Skool! Haha! Ek het die akker se doppie afgetrek en die sagte, liggeel akkertjie uitgehaal. As jy dan die akkertjie in die helfte breek is daar so ‘n klein stingeltjie in die akker vleis. Daai stingeltjie het ek eerste geeet en dan die res van vleis. Dit was nogal sleg onthou ek, maar ek het dit geeet. Vir die wat dalk hieroor wonder, ja daar was kos in die huis 🙂

Soos jy kan sien, ek raak meegevoer met hierdie onderwerp. Dis 10pm en ek kan hier sit en stories vertel tot more oggend toe. Maar ek gaan nou afsluit. Ek gaan hierdie onderwerp oophou en wanneer ek weer hier is gaan ek dit hervat. Al is dit net vir my. Want ek is nostalgies. Ek is hartseer en my trane sit vlak. Ek gaan jou mis ou huis. Die huis waar ek gevorm is. Grootgemaak is. Lief gewees was. Lief was. Gelag het, gehuil het. Van my eerste dag by my huis tot my laaste dag in matriek. My liewe ma, my liewe pa. My 2 kosbare susters. Hel, ons het mekaar MAL gehad in daai huis! 3 Susters! Oudste probeer vry en die 2 kleintjies irriteer die rook uit haar uit! Wow. Soveel ongelooflike herinneringe. Dankie Pa en Ma. Dankie vir ons huis. Dankie dat julle ons daar veilig gehou het. Dankie vir julle beskerming en liefde. Dankie vir julle ondersteuning. Dankie vir lekker verjaarsdae en kersfees. Dankie Pa vir toast met bacon en gesmelte kaas vir ontbyt. Dankie ma vir warm drukkies en ma wat soos handeroom ruik. Ma het “uitgaan parfuum” gehad. So lekker soos wat dit geruik het, kan ek onthou dat daai reuk my altyd hartseer gemaak het. Want dan weet ek ma en pa gaan uit en ek gaan hulle mis. Pa in sy pikkewyn soot en ma in haar mooi aandrok. Ai, die knop in my keel is weg want my trane vloei.

Ek bid dat my kinders hulle kinderhuis altyd sal onthou soos ek dit onthou. ‘n Avontuur. Liefde, geluk, warmte, sekuriteit, my beskerming.

Dankie Pa en Ma.

4 Comments

Filed under 1

Ek is terug! Van Zanzibar, met ‘n huppel in my stap :)

Hier is ek. Was nog nooit eintlik weg nie. MIA miskien. Maar hier. Dol, aan die gang, stil en rustig op dieselfde tyd. Ek het al ‘n paar keer ‘n post begin hier voor die rekenaar. Maar dit elke keer uitgevee “due to lack of substance”. Want, soos ek al voorheen gese het, ek gaan niks hier sit as ek nie regtig iets het om te se nie? En, ongelukkig, kan ‘n mens nie altyd presies hier se se wat jy WIL of VOEL nie…

MAAR!!! Ek is nou hier, en vandag het ek BAIE om te se!

Ons het gister teruggekeer van Zanzibar, Tanzanie. Ek en my man was daar van verlede Sondag tot gister. Dit is my vyfde Afrika land buite SA waar ek al was. En, obviously, die mooiste mooiste eiland waar ek myself nog ooit bevind het!!! Dit was hemels. Alles van die plek was hemels. Ok, wanneer ek se alles, bedoel ek, soos meeste ander eiland oorde alles binne die oord. Die oomblik wanneer jy uit die hek ry dan tref die realiteit van Zanzibar jou. Ek, met my “joodse skuldgevoelens”, voel skuldig wanneer ek by die hek uitry en sien wat daar buite aangaan. Sien waar die mense woon, waar hulle probeer woon. Wat hulle eet, of nie eet nie. Maar, soos enige Suid Afrikaner was een van ons eerste vra natuurlik, wat is die “crime stats” hier? En dit is amper nul. Toe die gids se “about 2 years ago…” toe kon ek nie help om te lag nie! 2 Jaar terug!?!? Het daar iets gebeur maar die situasie is vinnig stopgesit en tot dusver (waarvan hulle weet) was daar nog niks. Geen geweld nie. Geen misdaad. Absurd? Ongelooflik. Irriterend ongelooflik, want so iets mag nie ongelooflik wees nie. Maar dit is. Anyway, hierdie post gaan oor son, see, rus en eet! Al die wonderlike dinge in die lewe wat net so elke nou en dan gebeur.

Ons het in ‘n oord gebly, La Gemma d’ell Est – sover my Italiaans gaan dink ek dit beteken Jewel of the East? Ons het Sondagaand daar aangekom en dadelik iets gaan eet. Die kos was voortreflik! Ek het disse hierdie week geeet wat ek 1. nog nie van gehoor het nie en 2. nooit gedink ek sou eers probeer nie! Maar, when in Rome…! Daar was okra, blou marlyn, kerries, krewe, yams (yuk yuk yuk!!) mangostines, jack fruit, rooi piesangs, kremetart pit-sweets, gekookte groen piesangs, cocktails vir ‘n eerste plek, pasta met krap sous (voooortreflik!) en bielie prawns! Rooi vleis is baie duur in Zanzibar, hulle moet alles invoer vanaf Tanzanie. Die regering in Zan verhoed enige uitvoere (behalwe speserye) dus moet hulle dinge soos vrugtesap invoer vanaf Suid Afrika. Dis amper onheilig want die vrugtebome groei soos bossies in Zan. Daar is pynappel- pawpaw- en piesangbome net waar jy kyk. Die kremetart bome is hemels. Die plantegroei laat my dink aan Nelspruit Tzaneen area – net 100 keer meet ruig! Ons het plante gesien wat onbeskryflik is. Bougainvillas in rooi, pers, oranje en wit. Bome wat groei soos sambrele in lae tot bo. ‘n Mens sukkel om die volle prentjie oor te dra want dit is unbelievable.

Die strande is soos poeier. Die sand is spierwit en die seewater is deurskynend sover jou oe kan sien van die strande af. Ons was een dag uit op ‘n dhow – dis ‘n plaaslike vervoer bootjie wat die zanzi’s gebruik. Ons het uitgery tot op ‘n sandbank in die middel van die see. Toe ons daar aankom was dit 10am en omtrent 28oC! Daar was nie ‘n palm of skaduwee in sig nie maar daar was skadunette opgerig met ‘n strand braai en ‘n porta potty – ‘n tent met ‘n emmer en ‘n houtplank 🙂 teen die tyd wat ons vertrek het (omtrent 14h30) was die temp naby aan 37oC!! Dit was die warmste plek waar ek nog was! Die seewater was so warm ons kon nie afkoel nie. Soos jy in die see inloop het daar wit en silwer vissies om my voete geswem. Die skulpe het op die strand gele, onaagereaak, in perfekte toestand. ‘n Plaaslike Masai groep het gesorg vir die musiek. Die kos, weereens voortreflik. ‘n Perfekte dag.

Lewe terug by die oord was, in ‘n neutedop, slaap, eet, swem, cocktails, tan, eet, visvang, cocktails, mark ekskursies en eet! Ek kan nie ‘n tyd onthou wanneer ek so gerus het nie. Niksdoen niksdoen niksdoen. Dit was wonderlik.

Natuurlik het ons die kinders baie gemis, maar ons het geweet dit was tydelik en hulle was bederf en gelukkig by die huis by ouma en oupa. Met ons terugkoms by die huis was die kinders in ekstase! Ek was lanklaas so bly om twee bekende lyfies vas te hou, te soen en te druk. Vir die res van die dag was my skaduwee ‘n klein 2-jarige dogtertjie. Sy wou nie die risiko vat om my weer te laat gaan nie! Hulle soen ons nog steeds op. Maar na hulle hul weggaan-presentjies gekry het, was hulle somme stukke beter!

En nou, is ons terug in die werklikheid. En dis nodig. Maar dis ook lekker om elke nou en dan vir ‘n week nie ‘n horlosie te dra nie en nie oral selfoon opvangs te he nie. Nie om te gee of dit 10am of 5pm is nie. Nie weet as jy eers 9pm aandete eet nie. Jouself trommeldik te eet, koffie te drink, tv te kyk in die bed en aan die slaap te raak onder ‘n muskiet net. En al wat jy hoor is die golwe wat breek en besies wat sing in die hitte buite jou kamer.

Ek’s verlief op daai eiland. Die mense. Hulle sal ons weer sien, dis verseker!

Ons praat weer,

Ren

6 Comments

Filed under 1

Rocky VII…..

Vanoggend is ek 6uur wakker. Dit is BAIE vroeg vir my. Ek was nog nooit een van daai mense wat 5am elke dag opstaan en dinge begin doen nie. Nee. Ek staan so laat moontlik op (7uur is my laterig, 8am ‘n bonus!!). So toe is ek 6am op. Ek dog eers dis omtrent 4am toe sussie my roep. Maar toe ek die dummy gaan insit en sy draai om en se “hello mamma” toe weet ek – sy’t klaar geslaap! Ek’t toe maar die matrassie uitgetrek, haar uit die kot getel en by my gesit met ‘n klein kombersie op ons – bitter koud. Sy wou niks weet van verder slaap nie. Ek kon werklik nog nie my oe oopkry nie. So, toe ek uit my semi-koma toestand wakker geruk word met “I love you, you love me” toe dag ek, Barney, jou simpel skewe pers dinosaur!!!!!!!!!!!!!!! Ek en Barney het ‘n love-hate verhouding. As hy my kinders besig hou op die kassie dan kan ek hom stomach, maar as hy soos vanoggend, sy freaking irriterende politiese korekte liedjie in my oor kom sing dan haat ek die ding. Ai. Elk geval, toe’s ek wakker.

Dis toe dat ek ewe skielik die besluit maak dat as ek nie VANDAG begin met gym nie, gaan ek nooit nie. My verskoning verlede maand was dat ek nie halfpad deur die maand wil begin nie want dan betaal ek vir ‘n hele maand en blah blah blah. So, vandag was die dag. Ek kry my gym-gear aan, manlief vat vir boeta skool toe, en daar gaat ek. Ek’s so ‘n paar minute vroeg en die boks instrukteur verstik amper in sy oats toe hy my sien!! Ja toe toe, se ek, dis regtig ek. Laat ek probeer. Ek was meer as ‘n jaar laas by daai plek. Het skoon vergeet waar om die handbande op te rol. Om nie eers te noem dat ek nie my EIE bande eers kan opdraai nie – vra toe maar vir die instrukteur – ek sien hy wil lag en dink seker “Hehe, vandag skyt hierdie girl!!”.

10 minute touspring…het JY al ooit vir 10 MINUTE tou gespring????? Dis soos japanese torture! Jou longe brand. Jou bene willie. Jou arms wil self afskroef. Jou kop draai. En ek kan wragtig nie soos daai boksers sulke klein een-voet sprongetjies gee nie! Maar spring sal ek spring. Vir 10 minute lank…TIME!!! Skree die ou. Kry julle bokse. Bokse? Bokse. Ons gaan nou op en af bokse spring. Heen en weer. Oor. Sylangs. Voor na agter. Ek wil vrek. Die hele plek is vol spieels en daar is net 6 girls in die klas…so dis nie asof jy erens kan MAAK of jy oefen nie, jy moet oefen! TIME! Handskoene aan, sakke toe. Ek’s finished. Maar aangaan, sal ek aangaan. my hare is die wereld vol. My bene willie meer nie. Ek stap sakke toe.

“Combo 2 3 5 3!!!” Huh? Hy wys my. Linker reguit, regter reguit, Linker upper, regter haak. 1 Minuut. Ek doen dit. Liewe moer. Maar ek sallie stop nie. Vir 15 minute slaan ons sakke. Ek vang naderhand op wat beteken, 2 5 3 3 6 1 3 4 en so meer. Maar ek pyn. Daai sak voel vir my BAIE hard en die klub se handskoene is geskeur binne en ek gril my dood vir waar daai handskoene al was – *note to self, koop vandag eie handskoene.

Klaar met sakke, terug na die mat. Oppie rug, sit ups. Nog. Nog. Push-ups. Nog. Fietsry op die rug. Nog. Sit ups. VOL ARMY SIT UPS!!! Ek kan nie. Strek. Ek wil vrek.

Ek trek die handskoene uit en albei hande se kneukels bloei. O hel. Ek wys hom, sy oe rek! Watter sak was ek op, vra hy? Die laaste een. Ja, daai een is baie hard…maar hoe hard het ek geslaan? Hard se ek. Hy sien, se hy. Anger issues, vra hy? I suppose, se ek! Hy lag. Ek try maar tot my mondhoeke pyn. Maar ek dra my letsels met trots vandag! Terug by die gym! Ek moes net die stap gevat het vanoggend om fisies in die motor te klim, daarnatoe te ry en die wit waks uit iets gaan slaan het! En dit voel GREAT!!!!! Daar’s Woensdag weer ‘n klas, ek gaan my bes probeer om more uit die bed te kom. Ek voel alreeds hoe begin die suur in my spiere protesteer! Maar ek gaan dit doen. Ek voel regtig goed.

Hierdie maand is ‘n goeie maand. My ander “quest” waaroor ek tob al vir amper ‘n jaar gaan hierdie maand realiseer. Ek begin met drama klasse. Ek het die “acting class tutor” opgespoor. Ek moet 2 monoloe, een engels een afrikaans, vir hom gaan “Act”. Oefen dit, bel my dan praat ons weer se hy. Ek het ‘n engelse een, maar weet nie eers waar om te begin met die afrikaans nie??? Any takers? Niks op Google, Youtube, Aardvark…nerens! Raad asseblief!

Ciao for now,

Ek voel goed. Oor my onmiddelike situasie. Oor die land? Ek lees of luister nie meer nie. Ek kyk gisteraand ‘n fliek en iemand het ‘n t-hemp aan wat se Buck fUSH…I can do a lot with that…maak dit jou eie 🙂

Rene

10 Comments

Filed under 1

Ek sweer ek hoop hierdie is die laaste swartgallige post…

Vanoggend oppad pottery toe bel ek ‘n vriendin met wie ek maande laas gepraat het. ‘n Baie “long-delayed” oproep waaroor ek sleg gevoel het want ek praat te min met mense…ek bel gewoonlik my pa oppad pottery toe en het toe eers later vanmiddag uitgevind hy’t gewag vir sy oproep 🙂 Volgende week pa.

Sy’t nie haar foon geantwoord nie toe los ek maar ‘n boodskap. Wat ek nie baie graag doen nie want ek hou nie van my stem oor ‘n foon nie. Sy sal mos die missed call sien? Toe sy my later oppad terug huistoe weer bel, was haar eerste vraag:”Are you ok Ren?”. Ek se toe ja hoekom? Sy se toe ek het moeg geklink op die boodskap. Of moeg, of hartseer of in trane! Nou my stem vir myself is akkies, maar nie SO erg nie! Ek hou nie daarvan om dit te hoor nie…wat gaan aan? Hoekom lag ek so min deesdae? Hoekom slaap ek so sleg? Waar’s my energie? Ek skryf dit toe aan die algemene auro om my. Ek’s moeg vir al die vrae. Al die freaking dood. Al die onbenullige gemoor wat aangaan. My tuinier het verlede Donderdag hier weggejaag op sy fiets in trane. Hy’s ‘n Zimbabwier en sy 9maande swanger vrou en hul 2 kinders was op die vlug. Ons het ons huis vir hulle aangebied. Hy’t laat weet hul huis staan nog. Maar hulle is bang. Ek kan nie flippen cope met al hierdie dinge nie. Ek kan nie al hierdie mense se hartseer verwerk nie. Ek weet nie waar om te begin nie. Wat moet ons doen? Wie gaan hulle help? My kinders slaap sag. My man le onder die vere duvet. Ons magies is vol. Die ligte brand (net sommiges 🙂 ) Die motors staan hier voor. Moet ek ophou sleg voel? Moet ek aangaan asof alles ok is? Moet ek maak of Diepsloot en Alex op ‘n ander planeet is? Wat de hel moet ons doen?????

‘n Ander vriendin se broer het selfmoord gepleeg. Al jare terug – ek dink laat negentigs. Sy doodsbrief het gelui dat hy nie op hierdie aarde kan bly nie. Sy hart het gebreek vir ander se ellende. Hy kon nie meer leef nie. Hy het gevoel dat daar niks gedoen kan word vir armmoede, geweld, ellende, siektes en dood nie. Die onregverdigheid van hierdie land was te veel vir hom. Ek het al baie oor hom gewonder. Ek verstaan dat selfmoord ‘n sonde is, maar kan julle daai ellende verstaan? Kan julle al daai goedheid in sy hart comprehend??? Ek het al self hartgebroke gevoel oor ander – die afgelope paar weke het dit amper elke dag gebeur. Ek haat hierdie gevoel. Ek haat om elke keer sulke negatiwiteit op hierdie blog te sit. Ek wil weer lag demmit.

Dan gaan ek maar bed toe. Ek gaan soen my kinders. My pragtige perfekte klein lyfies. Die wonderlikste man waarvoor iemand kan vra. En ek se dankie. En ek vra asseblief. Asseblief help hierdie mense. Asseblief gee vir ons ‘n uitweg. Ai man. Help asseblief.

Ciao

 

4 Comments

Filed under 1

How many blondes does it take to….

Ek’s nie blond nie. Het nog nooit eintlik die begeerte gehad om blond te wees nie. Het nog nooit geglo dat blondes meer fun het as bruinkoppe nie. Maar, mees belangrik, het ek (thankfully) nog nooit in die spreekwoordelike dom blond kategorie geval nie! As ek se “nooit” bedoel ek tot onlangs…Onlangs soos in vars nadat die eersteling gebore is…What is that??? Vandag vereer ek al die blondes wat jare lank al gespot word omdat hulle “dom” is. Ek val nou amptelik in daai stadige kategorie.

En omdat ek ouer word is ek nou nie eers meer skaam om al die dinge te erken wat ek die afgelope ruk gedoen het wat POSITIVELY blond was nie! Here goes:

1. How many blondes does it take to change a lightbulb? Gedink dis ‘n myth? ‘n Siek grap? Ek het nuus vir julle. Ons het ‘n 8-gloeilamp chandelier in die sitkamer. Verlede week toe raak ek bietjie geirriteerd dat 4 van hierdie bulbs al vir maande geblaas is en my 6.4ft man ruil hulle nie. In my defense, die lampe was nie langs mekaar nie – die geblaasde lampe was “gescatter”. Om ‘n BAIE lang (en vernederende) storie kort te knip, dit het my ongeveer 8 probeerslae geneem om die regte lampe te vervang…ek kon dit nie glo nie! Halfpad deur die oefening kon ek net lag. Ek het bly die verkeerde lampe geruil want dan klim ek van die stoel af, sit die lig aan en, VOILA! Hulle werk steeds nie! Dan sit ek die lig af, probeer onthou watter werk nie en VOILA! Ruil ek die verkeerde lampe…dit was vreeslik embarassing. Gelukkig was die kinders nie daar om vir pappa te vertel nie…of seep in my bek te sit nie.

2. Ek gaan op by die trappe om haar doek te ruil. Nadat ek haar op die tafel neergele het draai ek om en kry ‘n doek. Sit doek langs kind neer op tafel. Ruil vuil doek…hier het my kop my klaar verlaat…ek kan nie onthou wat in hierdie 30 sekondes gebeur het nie…maar soos ek rondtrippel soek ek die vars doek. Ek soek ORAL op die tafel. Nou twyfel ek of ek ‘n nuwe doek gekry het? Miskien dink ek aan gister? Ek draai weer om en kry ‘n doek. Ek draai terug om die doek aan te sit. Ek kyk en kyk. Daar is klaar ‘n nuwe doek aan. Ek vries. Ek gather my thoughts (of watookal hier bo aangaan), maak of niks gebeur het nie. Sit die nuwe (tweede) doek terug en daar gaat ek. Voel effens mal. Maar hou weereens hierdie brokkie interessante verwikkellinge vir myself…moving on!

3. Ja, die motor se deur teen die pilaar vas. Say no more. Stupid freaking idiot.

4. Ek soek en soek my selfoon. Ek het klaar koffie gemaak en nou soek ek die foon want ek drink koffie en bel mense. Een van die kinders moes hom gevat het. Ek vra vir boeta hy se nee. Ek vra vir sussa sy se sappie…dit beteken baie vir ‘n 19 maande kind. Ek gee op. Ek dra my koffie buite toe. Ek sit. Ek sit my koffie langs my neer. Ek sit iets anders langs my neer. Dis die Clover long life 2% melk houer. Ek wonder hoekom ek dit doen? Ek peins. Ek staan op. Ek loop yskas toe. Ek maak die yskas oop. Ek haal my selfoon uit die yskas, sit die melk terug en stap weer uit. Swift. Non-chalant. Ek rep nie ‘n woord nie.

4. Aah, die hond. Oor naweke is die bediende nie by die huis nie, so tussen die 3 van ons (boeta ingesluit) moet ons probeer onthou om die hond kos te gee…ek is skaam om te se die 4-jarige onthou elke naweek. Op die odd geleentheid wanneer ek onthou kry die arme (gelukkige?) hond 2 keer kos. Want hoe op AARDE moet ek onthou dat ek hom reeds 10 minute terug kos gegee het!!?? Heeltemal te veel gevra…

5. Dan is daar natuurlike die klassieke oproepe wat ek maak. En wanneer my man antwoord het ek GEEN idee hoekom ek bel nie! Soos ek dan neersit onthou ek – obviously. Of die tye wanneer ek wil koffie drink, bel, kinders stil hou, deur toemaak, speelgoed uit die pad uit skop. Dan het ek al lank al speed dial gedruk op die foon. Die ander persoon het al geantwoord en neergesit. Maar ek het in ‘n split sekonde vergeet ek het actually al gebel…dit gebeur met die beste van ons.

Ek beter stop. Voor iemand my terapie gaan borg. Asseblief, die enigste comments wat ek op hierdie post soek is EXAMPLES OF ACTUAL EVENTS THAT ARE SIMILAR TO THESE. Ek wil weet dat julle ook blonde oomblikke het. ASSEBLIEF!!!!!!

Ek werk hierdie week. Baie lekker. Snaaks genoeg ek het nog nie EEN instruksie vergeet nie! Well I never 🙂 Die Office Plant persoon was nou net hier in my kantoor om te hoor of ek nog happy is met die plant hier in die kantoor…ek het maar net gese ja dankie…WANT EK’S NIE SEKER WAT HY WOU HOOR NIE!!!! No, uhm, it’s a rude plant. It’s too green. It’s too demanding. It’s lazy…Hier’s jou stupid sticker.

Ons gaan weg die naweek. My man se grot instinkte is uit en hy voel hy moet ‘n kudu gaan skiet.

Ciao

4 Comments

Filed under 1

In sad, miraculous, hopeful memory of you Maddie

It’s been a year. It’s been the worst year of the McCann’s existence. I cannot believe Maddie has been away for 365 days. I cannot fathom what those parents are going through. Tonight. For the past 12 months. Like any other parent, they cannot lose hope, faith, trust. They will never be able to move on unless they find her…or news of her.

I pray for you often. Some nights I forget, but you are never far away in my mind. I look at my children and I have to block thoughts of the nightmare you have been experiencing. I do, however, still believe that Maddie is alive. It’s a feeling of “life” when I think of her. And when I see her pictures.

Please don’t lose hope. If you have lost hope then you have lost everything. God exists. I am sorry to say this (as many many have probably done before), but God has a plan. I cannot answer the questions about the plan. But there is a plan.

I watched a movie called Faith like potatoes on Sunday evening. Why I haven’t watched this movie before is beyond me. It is one of the most inspiring flicks I have ever seen. It has such a wonderful message. It is not a straight forward message. It seems fairly straight forward – ie the acting is rather bad and it’s not a hugely high budget movie – but it is amazing. A true story about love, hope, faith, heartache, peace, miracles and the biggest test of all – the death of a child. The loss of a child. It is real. He is real. Angus Buchan. It has made me think a lot.

Kate and Gerry. I think it is safe to say that the whole world will be thinking and praying for you tonight. For tonight a year ago your Maddie was still with you.

I will pray and pray and pray. And I will not lose hope.

Rene

3 Comments

Filed under 1

“Eg-Afrika” is lankal meer nie die plaaslik vervaardigde produkte nie…

Dis 06h30. Ek is op, 2 kinders in tow. Ek maak koffie en sit die laptop aan. Terwyl ek my koffie drink en kinders se drinkgoed maak, maak ek die News24 bladsy oop. Nog deur die slaap, hoofpyn vir een of ander rede en sand oe, lees ek die eerste hoofopskrifte:

Grens “te erg vir polisie” – bottom line is die “onwettige” grens tussen SA en Mosambiek is besiger as die N4 hoofweg en die polisie kan dit nie patroleer nie…baie insiggewende, optimistiese nuus vir die mense van onder meer Nelspruit, Phalaborwa en omliggende gebiede…

Rowers skiet man in TV stoel dood – Middelburg, Mpumalanga. Hy was 33 jaar oud

China vlieg nog wapens – Direk na Zim…of te wel klein Suid-Afrika.

2 Sterf in gru-aanval by sentrum – ‘n kleuterskool waar die eienaar en hul bediende dood gemaak is. 2 ander is ernstig beseer…niks is gesteel nie

Rowers verbrysel man en sy ma se koppe glo teen huis se muur – ek kon nie hierdie een lees nie…

Man beken skuld op 105 onsedelike dade op dogter – kon nie lees nie

Moordverdagte ontsnap, breek in – klaar gelees by hierdie tyd, scan net opskrifte

Familie se huis geplunder nadat 12 rowers hulle oorval – liewe bliksem. 12 Rowers…ek scan

Wysigings gaan Manto “drakoonlike” regte gee – aaah, Manto. So ‘n spesiale eintjie mens…geldjie.

Beraad oor kragkrisis nodig, se ANC – WAT??????? Sense??? Die ANC???? Oor krag????? Maar daar’s mos nie ‘n probleem nie? Ons, nes ons kamerade in Zimbabwe is veilig. Ons leef in harmonie…Daar’s nie ‘n krisis nie. Ne Thabo? FFS

Rasvoorval by Loftus – Mmm, whatever, dis die Beeld. Ek lees steeds nie.

Tweeling blind na te veel suurstof – Goeie ou Medici.

Oooh, Brangelina trou glo binnekort! – wag, laat ek gaan lees…

Die punt wat ek wil maak is dus: Laat dit so aangaan en ons as Wit burgers van hierdie land voel al hoe minder skuldig om hier weg te gaan. Ons land verraai ons. Ons land verneuk ons. Dit word al hoe moeliker om ons guilt trip te justify. Om elke hoek en draai, by elke braai, om elke tafel in elke restaurant praat almal oor dieselfde verdomde onderwerp – sooo, wat’s julle planne? Ek se nou maar, ag ons praat nog maar daaroor. En elke keer hoor ek dieselfde ding: Ons gaan aansoek doen Oz toe, en wag vir die volgende 5 jaar. Kyk, Australie, julle het 5 JAAR om julle infrastruktuur reg te kry voor 8 miljoen Suid Afrikaners julle plek hulle eie gaan kom maak! Een ding is verseker, die werk gaan vinniger gedoen word. Die bier verskaffers se wins gaan deur die dak styg en Saterdae gaan nooit weer dieselfde wees nie!

En almal wag. En wag. Party wag vir Zuma. Ander vir Bob. Die een wag vir Nelson om te gaan. Party se hulle SAL NIE GAAN behalwe as iets met hulle gebeur nie????!!!! Dis seker ‘n valid comment maar maak minder as niks sin nie. Maar ek sien waar daai comment vandaan kom. Dis eintlik ‘n “barrier”. Ons almal woon op die oomblik met oogklappe oor ons oe. Ons het hierdie ongelooflike “rage” in ons. Ons wag dat een of ander bastard sy voet verkeerd sit. Mense vertel nou openlik vir hulle kinders wat in hierdie land aangaan. Ek het myself hoeka die ander dag gevang vir Spiderman se “seun, meeste mense wat taxis bestuur kan werklik nie ordentelik bestuur nie….”. Ek? Ek. Hy was nie gephase nie, maar hy sal dit nie vergeet nie. Ek ken hom.

Die punt wat ek wil maak hier vandag, en ek dink ek praat vir meerderheid Suid Afrikaners wat wil, kan, en moet planne maak vir emigrasie, is die volgende. Die besluit raak makliker. Die onmin teenoor die res van die land raak groter. Die onderverdigheid van veralgemening raak belaglik. Die realiteit van ek (ons) wat my geboorteland gaan verlaat, my kinders van hul toekoms in die mooiste plek op aarde beroof, oumas oupas tannies en ooms gaan agterlaat, sukses, geld, ondervinding – alles wat ons ken hier gaan los – is hier. Dis hier. Ons spandeer ons laaste paar jaar hier.

En elke nou en dan (meer nou as dan) wanneer die gedagte my fisies siek laat voel, tel ek net gou die naaste koerant op en lees 5 opskrifte op die voorblad. Terapie. Daar spaar ek almal nou baie geld.

Wat ‘n vars koue dag. En ek voel so bleddie swartgallig. Note to self: Do not read the paper first thing in the morning.

Ciao, ek’s oppad pottery toe. En vanmiddag begin ek iets nuut. Miskien vertel ek meer hiervan. Een dag 🙂

Rene

3 Comments

Filed under 1