Monthly Archives: November 2007

One-liner

Wat sal jy doen as jy die tyd kon terugdraai? As daar net een ding is wat jy kon regmaak in die lewe?

Ciao

11 Comments

Filed under 1

Die jurie die prinses en die 3-ton bul…

Goeiedag liewe bloglesers,

Ek kom in vrede. Ek verneem ek is voor die jury geplaas agv blog neglect…ok, so laat ek my saak stel:

3 Maande terug het ek ‘n nuwe laptop gekoop. ‘n Maand terug het die komper se ethernet gaatjie die gees gegee. R600 later vir ‘n nuwe modem het die ding steeds nie gewerk nie. Intussen het ek toe “Fujitsu” (ek sit dit in ” ” want ek dink dis ‘n skim maatskappy…) gekontak en hulle het toe die kompertjie kom oplaai vir intensiewe sorg. 2 Weke later (vandag) is die kompertjie steeds op binneaarse voeding. Ek het nou ‘n leen-komper van “Fujitsu” (nogal ‘n mooi ee….ag my hel daar breek die n koppie!!!!!). Ok so die n knoppie werk nie….daar werk hy nou weer….so dis aan en af met die n koppie ๐Ÿ™‚

In elk geval….hehehe, ek skeer my hool oor die n knoppie!!! Prinses het intussen ‘n nuwe slaap triek opgetower…elke aand (verskillende tye, sy hou ons op ons tone…) word sy vir 2 ure wakker!! Wakker soos in wakker…Agv die nuwe triek het ek akute rug en heup pyn ontwikkel. Ek vermoed dit is ‘n kombinasie van ‘n harde vloer, ‘n abnormale skuins posisie met ‘n abnormale gedraaide arm binne in die kot en met my nek op die rug van ‘n pienk perd met ‘n harde saal op…ek weet nie, ek vermoed so? Met die gevolg, my slaaptyd is drasties verminder en deur die dag is die kind soos een op speed. Soos daai oulike pienk hasie in die duracell advertensie? Dis my prinses!! En ek is die vrou wat op die bank le met swart kringe om haar oe, ‘n geheue wat nie meer werk nie, ore wat nie meer mamma hoor nie. Ek het aansoek gedoen by die Departement van Naamsveranderinge om my Mamma titel te verander na Supercalafradulisticexpialidocious ๐Ÿ™‚ Sal like om te sien HOW THEY PULL THAT ONE OFF!!!!! Mwhahahahahaha!!!!!

Terug na my verhoor…Ek skuld nog ‘n Spanje opstel ek weet. Op hierdie stadium is Spanje so ver in die verlede ek kan nie meer othou (koppie weer gebreek…) dat ek daar was ie!!! Wat ek wel kan terugrapporteer is dat ek…..’n regte egte….bul gefight het in ‘n bulring!!! Njannies! Dis die reine waarheid. Die enigste girl in die ring en ek het die bul aangepak. Ok so dit was ‘n kleiner bul as die in die “regte” (lees skim) bulrings maar glo my, dit was die mees angsvullende 10 miute van my lewe. Met die eerste probeerslag het die bul reguit op my afgestorm en in die adrenalien-gevulde-oomblik het ek, geheue-verlies-mamma, binne toe beweeg sodat die bul my reg in die gut stamp! Needless to say was ek effe skrikkerig daarna maar moes toe maar my trots sluk en die toeskouers entertain! My liewe man aan die ander kant het, soos dit ‘n ware boertjie betaam, die bul, nadat hy gevaarlik vinnig op hom afgestorm het en die lap vasgetrap het, die bul letterlik by die horings gegryp en hom weggestoei! Ek moet bieg, my eerste gedagte was, o my teef, die arme bul se horings gaan afgeruk word!! Maar hy het die bul onder gehou en met die eerste kans wat hy kon kry gedraai en gehardloop agter die skuiling in die ring! Dit was magical! Een van daai stories wat jy vir jou kinders oor en oor vertel, die fotos met elke geleentheid uitruk en elke keer word die bul groter en so elke nou en danย wys jy ‘n ou wond en ja wel, dan verander die storie maar weer.

So, siende dat hierdie die leen komper is is daar geen fotos van my bulgeveg hierop nie, maar by george, sodra ek my “fujitsu” terugkry laai ek my kiekies en julle sal sien ek was daar in vlees en bloed (baie bloed… ๐Ÿ™‚ )

Intussen lawe ek my gewonde rug en heupie en spasma in my nek. Wanneer julle vanaand 8 ure se slaap inkry dink aan my op die vloer, heupbene in die grond, steekpyne in die rug, ‘n dooie arm en ‘n stywe nek op ‘n pienk perd se harde saal.

Lekke slaap amigos!

Ciao. Torro torro!

R

11 Comments

Filed under 1