Monthly Archives: January 2008

Ons wil nie, maar ek dink ons gaan…

Ek hoor my seun huil hier buite op die stoep erens. Ek kan hoor dis ‘n hartseer huil en nie ‘n eina-huil nie. Ek reageer gewoonlik nie vreeslik op die aansit-eina-huil nie. Maar die hartseer huil, hom probeer ek altyd beter maak. Die traantjies loop al in sy nek en sy groen ogies is gras groen en rooi. Ek vra hom wat’s fout boeta? Hy mis vir ouma en oupa se hy. Ouma en oupa wie hy skaars 3 dae terug gesien het! Hulle het spesiaal deurgekom vir sy 4e verjaardag – bless hulle. Hy huil en huil. En vandag, meer as ooit tevore, gaan my hart uit na hom. Want oor die afgelope paar dae het my hart en siel begin verkrummel oor hierdie land. Ons land Suid Afrika. Ek het gesweer ek gaan nie weer galbraak oor die plek nie. Gesweer ek bitch nie weer oor die omstandighede op hierdie blog nie. Gesweer 2008 gaan ‘n positiewe een wees tov my inskrywings…maar ek moet my binnekamers hier uitspoel.

Vandag, 27 Januarie 2008. Voorblad van die Sunday Times. 5 gesigte. 4 swart 1 wit. Die eerste gesig – ons President, Thabo Mbeki. En die opskrif: The brightsparks responsible for the blackouts…ek vat maar altyd die media met ‘n sak sout. Maar soos ek nog ALTYD se, waar daar ‘n rokie trek…

Ek is bevrees dat ons binnekort besluite gaan moet maak. Ek dink nie ek het al met EEN mens gepraat wat kinders het (ek verwys na kinders onder die ouderdom van 18) wat nie bekommerd is oor die toekoms van ons jeug nie. Ons grootste angs (groter as die krag verlies, die geweld en en en) is om ons kinders weg te vat van hul 2 oumas en oupas. Die onregverdigheid van die skuif is so ongelooflik seer vir ons kinders. Waar begin ons om te verduidelik? Ons verlaat hierdie paradys. Hier waar die kinders gelukkig is. Waar die son skyn. Waar die mense fantasties is. Waar ouma en oupa ‘n oproep of ‘n 90 minute se kar rit weg is…Wat se ons vir hulle? Ons kan nie verduidelik van “badies” nie? Kan ons? My vierjarige seun verstaan van die krag. Haha, elke keer as die krag aankom se hy “dankie Liewe Jesus dat Jy die krag aangesit het!!!”. Kostelik. So bleddie onskuldig. So bleddie hartseer…

My hart is seer vandag. Want ons is nie vlugtelinge nie. Ons gee nie op op die lewe nie. Ons is ongelukkig ook nie meer die patriotiese Suid Afrikaners wat ons was 2 jaar (?) terug nie. Ons is nou realisties? Ons raak bang.

Ai. Ai ai ai. Ek het aansoek gedoen vir Australie – nog net die on-line competency toets. Die “preliminary” uitslag was goed. Hulle soek meer informasie oor my man se geskiedenis. Die gedagte om vir ma en pa te los ruk my hart uit. Hier waar ons bly loop ons nog in die strate na 6 met die kinders. Ons vergeet nog af en toe om die deure te sluit. Ek loop saam met boeta skool toe in die oggend terwyl hy sy fietsie trap. Sy skool onderrig is uitstekend. Ons vriende is die beste. Alles wat ons het kan geen geld in die wereld koop nie. En DIT maak dit soveel moeiliker om te gaan. Ha, ek dink aan die tyd toe boeta moes ingaan vir sy skedel operasie op 6 maande. Wat dit soveel erger vir my gemaak het is dat ons ‘n perfekte, normale pragtige babatjie moes instoot teater toe. Daar was ‘n kans dat alles ineen kon stort….so ook, 4 jaar later, sit ons in dieselfde bootjie. Waar ons alles wat perfek is moet los vir iets wat inmekaar kan stort. Maar nou, soos toe, moes ons die besluit maak voor dit te laat is………

Ek rapporteer terug wanneer ons gepraat het. Na vandag se opskrif oor myne wat Vrydag toegemaak het, het ek hoop verloor. Ai. Flippen hel. What a waste?

Ciao

Rene

12 Comments

Filed under 1

Sommer net ‘n by-the-way update

In ‘n vorige inskrywing (many moons ago it seems…) het ek geskryf dat 2007 DIE jaar van verander sou wees vir my. Ek sou iets doen om my lewe drasties te verander. Ek het werk daarvan begin maak en planne in plek gekry om ‘n tee tuin oop te maak. Dinge het goed gelyk. Baie goeie vergaderings gehad, quotes gekry, planne begin maak vir die kinders. Ek was opgewonde maar BITTER op my senuwees op dieselfde tyd. Senuwees omdat ek bekommerd was oor die kinders – soveel soos ek uit die huis wil kom en my eie ding wil doen en ‘n breek wil he van die pienkvoete, soveel kon ek nie elke dag sonder hulle indink nie! Catch 22….

Ek glo dinge gebeur vir ‘n rede. Al gebeur daai deng HOE OOK AL!! Teen die einde van verlede jaar het die eienaar van die plaas my laat weet dat hulle die plaas verkoop het – die plaas sou die area wees van die teetuin. Ek was eers geskok en teleurgesteld. Maar nadat ek dit deurdink het, het ek besef ek was nie reg daarvoor nie. Ek was nie reg vir al die stres, skuldgevoelens oor die kinders, en quite frankly, die 12 uur dae nie. Toe laat ek dit gaan. En die oomblik toe ek vrede daarmee gemaak het, het ek (ook effens geskok) agtergekom dat ek verlig was. Dat die besluit vir my gemaak is. Ek suig met besluite maak (vra enige iemand wat nog ooit saam met my gelunch het….).

So dis dit. Die teetuin is in die verlede. Dis ‘n nuwe jaar. Dis 2008. Die kinders is al heelwat ouer (ok, soos in 4 en 1.5, maar ouer!) En ek voel meer positief oor die lewe. Dis ‘n snaakse gevoel wat ek het op die oomblik. Behalwe vir die kloppende hoofpyn en die seer kniee en heupbene van 2 aande in ‘n ry op die matras langs sussie wat al vir ‘n week ‘n maag virus het – voel ek goed!!!! Ek voel goed in myself en lus vir die jaar. Ek maak geen voornemens nie. Maar ek gaan tyd maak vir myself sonder skuld gevoelens. En dinge sal op die lange duur beter wees vir my en die kinders. Want verlede jaar het hulle aan die korste end getrek…Nagmerrie-mamma-wat-nooit-erens-alleen-wil-gaan-sonder-ons-nie-oor-skuldgevoelens!!!! Siestog, arme goed…

Op daardie noot, laat ek my mediese matras gaan slaan. Ek dink ek gaan sommer more begin met alleen-tyd en slaap tot Donderdag 🙂 Ek wens.

He ‘n great week!

Ciao

RP

6 Comments

Filed under 1

Ek wil iets se, en ek gaan iets se, so daar…. :)

Verlede week sit ons op die stoep, ek my man en my middelste sus. Hulle is gedwee lesers van my blog. Sy lag toe en se: “Shame jy kan nooit iets van ons skryf nie want ons lees elke inskrywing!”. Ek neem toe aan sy bedoel niks beledigend nie? Ok, so dis waar. Maar anyway, kan die twee van ons gelukkig met mekaar praat as sy my irriteer of andersom. En glo dit of nie, ons sorteer elke keer die toevalletjie uit sonder vlieende glase of uiters hittige voornaamwoorde 🙂

Maar toe besluit ek, ek KAN iets van julle skryf as ek wil, en ek SAL! Ek sal vanaand vir jou skryf hoe my hart voel oor jou:

Die dag toe julle in Mei 2005 Suid Afrika verruil het vir Engeland, het dit vir die eerste keer in my lewe gevoel of ‘n stuk van my hart uitgeruk word. My hartseer daai aand by julle huis was so eg en diep dat ek fisiese pyn deur my hele lyf gevoel het. Ek wou heeldag huil. Ek wou heeldag skree en slaan en baklei. Ek wou vir jou se asseblief bly, jy kan my nie los nie. Ek het gewens julle planne val deur die mat en julle bly. Ek het selfs by tye gedink dit was ‘n droom. Maar ek het my bes gedoen om braaf te wees. Om ‘n front op te sit vir almal wat kom baai se het. Voor die res van die familie (want ek huil mos nie). Dit was die tweede langste dag van my lewe (storie vir ‘n ander dag!). Toe julle shuttle daar aankom toe voel dit of my wese binne my skud. Toe besef ek, julle gaan weg…miskien vir altyd…

Jy het teruggekom buite toe waar ek alleen gesit het en my vasgehou. En ons het gehuil en gedruk en gehuil en gehuil. En ek wou jou nie laat gaan nie. My seuntjie was toe maar 15 maande oud. Hy het nie geweet wat gaan aan met mamma nie. My man, bless him, het maar net geduldig gewag. En geweet dat niks wat hy kan se dit beter sal maak nie. Dat ek niks wou hoor nie. Dat ek niemand wou sien nie. En julle was weg.

Ek mis jou elke dag sussie. Ek dink aan jou in alles wat ek doen. My kinders verlang na julle. Ons harte is altyd by julle wanneer ons iets beleef of nuus hoor van ‘n opkomende gebeurtenis vir julle. Al stamp ons somtyds kop as julle kom kuier, weet dat dit seker ‘n goeie teken is. Ons is lief genoeg vir mekaar om mekaar te aanvaar en oor dinge te praat. Om raad te vra en ‘n skouer te leen. Ons konneksie is iets wat ek altyd sal koester. Jy ken my goed sussa!

Maar weet dat ons julle ondersteun in julle besluit vir die toekoms. Amerika, Australie. Waarookal julle gaan settle. Ons wens vir 2008 is sukses, vreugde, geluk, liefde. En buckets vol geduld vir daai RV in yankee town!!! Geniet dit. Dink aan ons, weet dat ons julle onvoorwaardelik lief het. Herinner die kindertjies aan hul oom tannie niggie en nefie hier in sonnige Afrika. Wie weet, miskien eendag is ons weer saam.

Al ons liefde,

Die 4 Pienaartjies  x x x x

2 Comments

Filed under 1