Monthly Archives: April 2008

“Eg-Afrika” is lankal meer nie die plaaslik vervaardigde produkte nie…

Dis 06h30. Ek is op, 2 kinders in tow. Ek maak koffie en sit die laptop aan. Terwyl ek my koffie drink en kinders se drinkgoed maak, maak ek die News24 bladsy oop. Nog deur die slaap, hoofpyn vir een of ander rede en sand oe, lees ek die eerste hoofopskrifte:

Grens “te erg vir polisie” – bottom line is die “onwettige” grens tussen SA en Mosambiek is besiger as die N4 hoofweg en die polisie kan dit nie patroleer nie…baie insiggewende, optimistiese nuus vir die mense van onder meer Nelspruit, Phalaborwa en omliggende gebiede…

Rowers skiet man in TV stoel dood – Middelburg, Mpumalanga. Hy was 33 jaar oud

China vlieg nog wapens – Direk na Zim…of te wel klein Suid-Afrika.

2 Sterf in gru-aanval by sentrum – ‘n kleuterskool waar die eienaar en hul bediende dood gemaak is. 2 ander is ernstig beseer…niks is gesteel nie

Rowers verbrysel man en sy ma se koppe glo teen huis se muur – ek kon nie hierdie een lees nie…

Man beken skuld op 105 onsedelike dade op dogter – kon nie lees nie

Moordverdagte ontsnap, breek in – klaar gelees by hierdie tyd, scan net opskrifte

Familie se huis geplunder nadat 12 rowers hulle oorval – liewe bliksem. 12 Rowers…ek scan

Wysigings gaan Manto “drakoonlike” regte gee – aaah, Manto. So ‘n spesiale eintjie mens…geldjie.

Beraad oor kragkrisis nodig, se ANC – WAT??????? Sense??? Die ANC???? Oor krag????? Maar daar’s mos nie ‘n probleem nie? Ons, nes ons kamerade in Zimbabwe is veilig. Ons leef in harmonie…Daar’s nie ‘n krisis nie. Ne Thabo? FFS

Rasvoorval by Loftus – Mmm, whatever, dis die Beeld. Ek lees steeds nie.

Tweeling blind na te veel suurstof – Goeie ou Medici.

Oooh, Brangelina trou glo binnekort! – wag, laat ek gaan lees…

Die punt wat ek wil maak is dus: Laat dit so aangaan en ons as Wit burgers van hierdie land voel al hoe minder skuldig om hier weg te gaan. Ons land verraai ons. Ons land verneuk ons. Dit word al hoe moeliker om ons guilt trip te justify. Om elke hoek en draai, by elke braai, om elke tafel in elke restaurant praat almal oor dieselfde verdomde onderwerp – sooo, wat’s julle planne? Ek se nou maar, ag ons praat nog maar daaroor. En elke keer hoor ek dieselfde ding: Ons gaan aansoek doen Oz toe, en wag vir die volgende 5 jaar. Kyk, Australie, julle het 5 JAAR om julle infrastruktuur reg te kry voor 8 miljoen Suid Afrikaners julle plek hulle eie gaan kom maak! Een ding is verseker, die werk gaan vinniger gedoen word. Die bier verskaffers se wins gaan deur die dak styg en Saterdae gaan nooit weer dieselfde wees nie!

En almal wag. En wag. Party wag vir Zuma. Ander vir Bob. Die een wag vir Nelson om te gaan. Party se hulle SAL NIE GAAN behalwe as iets met hulle gebeur nie????!!!! Dis seker ‘n valid comment maar maak minder as niks sin nie. Maar ek sien waar daai comment vandaan kom. Dis eintlik ‘n “barrier”. Ons almal woon op die oomblik met oogklappe oor ons oe. Ons het hierdie ongelooflike “rage” in ons. Ons wag dat een of ander bastard sy voet verkeerd sit. Mense vertel nou openlik vir hulle kinders wat in hierdie land aangaan. Ek het myself hoeka die ander dag gevang vir Spiderman se “seun, meeste mense wat taxis bestuur kan werklik nie ordentelik bestuur nie….”. Ek? Ek. Hy was nie gephase nie, maar hy sal dit nie vergeet nie. Ek ken hom.

Die punt wat ek wil maak hier vandag, en ek dink ek praat vir meerderheid Suid Afrikaners wat wil, kan, en moet planne maak vir emigrasie, is die volgende. Die besluit raak makliker. Die onmin teenoor die res van die land raak groter. Die onderverdigheid van veralgemening raak belaglik. Die realiteit van ek (ons) wat my geboorteland gaan verlaat, my kinders van hul toekoms in die mooiste plek op aarde beroof, oumas oupas tannies en ooms gaan agterlaat, sukses, geld, ondervinding – alles wat ons ken hier gaan los – is hier. Dis hier. Ons spandeer ons laaste paar jaar hier.

En elke nou en dan (meer nou as dan) wanneer die gedagte my fisies siek laat voel, tel ek net gou die naaste koerant op en lees 5 opskrifte op die voorblad. Terapie. Daar spaar ek almal nou baie geld.

Wat ‘n vars koue dag. En ek voel so bleddie swartgallig. Note to self: Do not read the paper first thing in the morning.

Ciao, ek’s oppad pottery toe. En vanmiddag begin ek iets nuut. Miskien vertel ek meer hiervan. Een dag 🙂

Rene

3 Comments

Filed under 1

Ek’s getag – al menigte kere, but here goes!

Nou laat ek hierdie tag voltooi:

8 Goed waaroor ek passievol is:

1. My man 2. My kinders 3. My familie 4. Kinders oor die algemeen 5. Justice 6. Musiek 7. Kreatiewe talent 8. Frankryk

8 Goed wat ek wil doen voor ek die emmer skop:

1. My man Jamaica toe vat 2. By my kleinkinders se troues wees 3. ‘n Betekenisvolle verskil in ‘n ander
mens(e) se lewe maak (“over and above” die wat ek HOOP ek nou maak) 4. Gaan ski in Switserland 5. My eie bistro/deli besit 6. Ons eie droomhuis ontwerp en laat bou 7. My droom van aktrise speel verwesenlik 8. Saam met Gordon Ramsay te kook 🙂

8 Segoed eie aan my:

1. Flippet 2. Liewe moer 3. Ek’s finished 4. Ek gaan jou ‘n pakslae gee 5. Nee 6. Seuna/Engel 7. My skat (vir sussie) 8. My lief (vir my man)

8 Boeke wat ek onlangs gelees het:

1. The Zahir 2. The manual of the Warrior of light 3. The Alchemist 4. Eleven Minutes (almal deur Paulo Coelho) 5. Gordon Ramsay Biography 6. Losing my Virginity (Richard Branson) 7. The diary of a demented housewife 8. Kite Runner

8 Liedjies wat ek oor en oor na kan luister:

1. Gabriella’s song (Helen Sjoholm) 2. Bleeding love (Leona Lewis) 3. Apologise (Timbaland ft One Republic) 4. Cent Mille chan (Frida Boccara) 5. Chasing cars (Snow Patrol) 6. Die hele Amelie album 7. When we dance (Sting) 8. I grieve (Peter Gabriel)

8 Flieks wat ek al meer as 8 keer gesien het:

Tricky een, daar’s nie baie nie, maar hierdie tel onder my favourites:

1. Dirty Dancing (ok omtrent al 30 keer…) 2. Grease 3. What lies beneath (Ons was op ‘n Carribean cruise, een kanaal, een fliek, 7 dae…) 4. Shrek 1 5. Napoleon Dynamite 6. Amelie 7. Angels in the outfield 8. Fiela se Kind

En that, is that! He ‘n great naweek, ek gaan verseker lui wees hierdie naweek. My kinders en my man opsoen, wag vir ‘n “reply e-mail” waarna ek baie uitsien, sushi eet, pizza bestel, wyn drink, dankie se, en sommer net lekkerrrrr wees!!!

Ciao

Rene 🙂

1 Comment

Filed under 1

Any other world, cheers Humphrey

Verlede jaar toe ek die eerste keer Mika se Grace Kelly gehoor het, het ek nogal van die song gehou. Slim liedjie, goeie beat, lekker saam-sing in die kar in die verkeer en so meer. Maar soos dit maar is met goeie songs en radio stasies, is die liedjie doodgemaak en ek het naderhand stasies verander as Kaching, Humphrey we’re leaving op was…

Met die gevolg, ek was effe keelvol vir Mika en sy Grace Kelly. Het nooit weer gedink oor Mika nie. Gehoor sy hele CD was goed maar ek kon nie my kop om “great CD” en “sanger van Grace Kelly” kry nie. Gedog die hele CD was Kachingerig…jy kry my punt?

Soos ek hierdie laaste paar dae in my swaer se wa ry,  was die Mika CD onder andere in die shuttle. Die antenna van die radio is af so ek kon radio luister nie 🙂 Nie altyd ‘n slegte ding nie. En daar stumble ek toe op Track 6 – Any other world. Ek kan nie glo dis dieselfde sanger as Grace Kelly, Betty, Big Girl ens nie. Mika is talentvol. Any other world is beautiful. Ek luister nie sommer na woorde van liedjies nie – die stemme is te besig om met my te kommunikeer 🙂 en die stippellyne op die pad te veel om te tel! Maar daai song is pragtig. Diep, egte, waar woorde. Ek glo enige een kan doen daarmee wat hulle wil. Ek weet wat ek daarmee kan doen. Ek sit die woorde hier. Lees dit en lees dit weer. Gaan luister die song – hard in jou kar wanneer daar niemand saam is nie. Geniet dit: PS ek smile weer :))))

In any other world
You could tell the difference
And let it all unfurl
Into broken remenance

Smile like you mean it
And let youreself let go

Cos its all in the hands
Of a bitter bitter of man

Say goodbye to the world
You thought you lived in
Take a bow
Play the part
Of a lonely lonely heart
Say goodbye to the world
You thought you lived in
To the world you thought you lived in

I try to live alone
But lonely is so lonely
So human as I am
I had to give up my defences

So I smile and try to mean it
To make myself let go

Cos it’s all in the hands
Of a bitter bitter man

Say goodbye to the world
You thought you lived in
Take a bow
Play the part
Of a lonely lonely heart
Say goodbye to the world
You thought you lived in
To the world you thought you lived in

Cos it’s all in the hands
Of a bitter bitter man

Say goodbye to world
You thought you lived in
Take a bow
Play the part
Of a lonely lonely heart
Say goodbye to the world
You thought you lived in
Say goodbye to the world
You thought you lived in
Say goodbye to the world
You thought you lived in
Say goodbye to the world
You thought you lived in
Say goodbye to the world
You thought you lived in

To the world you thought you lived in

In any other world
you could tell the difference

Leave a comment

Filed under 1

Ek vra geduld asb. En Lucozade of iets…

Hello daar.

Hier’s ek alweer voor die deur met ‘n lys van verskonings…nee se gaai. Dis nie verskonings nie. Dis wat ek wil se. Ek is nie lus om te blog nie. Ek het nie ‘n onderwerp nie. Elke nou en dan kry ek ‘n onderwerp dan dink ek: “skryf die bleddie onderwerp neer. Skryf die gedagtes neer”. Maar nee. Dan more, dink ek aan dieselfde onderwerp en die gedagtes is net nie dieselfde nie – ek dink mens noem dit “right frame of mind…”. Wel, op hierdie stadium sal slegs “frame of mind” ‘n moerse accomplishment wees…

Wat doen ek: Ek:

Lees die vierde Paulo Coelho boek vir DIE MAAND

Ek reel ‘n funksie vir 8 Mei vir 200 mense

Ek peins en dink en wonder en skel en swets oor immigrasie. ONS immigrasie meer spesifiek

Ek peins en dink oor watter skool ons seun moet gaan….en hier gaan dit nie net oor skool nie. OOOO NEEEEEE!!!! Hier gaan dit oor: As hy na ‘n skool toe gaan in die Wesrand (wat op hierdie stadium nommer 1 is) beteken dit ons moet daarnatoe trek. Ons wil, maar ons wil nie verband skuld he nie. Ons wil ook nie R4.5miljoen betaal vir ‘n huis nie. Ek wil nie elke dag 2 ure in die verkeer sit nie. Ek wil. Ek wil nie. Ek wil. Ek wil nie…absolutely no selfcenteredness going on here!!!!!!!!!!

Ek doktor ‘n siek klein dogtertjie. Snot. Tande. Ek het self ‘n kuggie.

EK IS STEEDS SONDER ‘N FREAKING KAR……

So, in the greater scheme of things, het ek eintlik absoluut geen probleme nie, maar ek’s maar net bietjie naaf. Bear with me. O JA, my modem is so accountable soos Eskom. Say no more. Stupid ding.

Ciao

Rene

2 Comments

Filed under 1

Ai bleddie tog.

Ek het ‘n hele nuwe post geskryf. Het Vrydag daarmee begin. Vandag klaargemaak. Toe ek wou PUBLISH toe verneem ek WordPress het hulle site intussen verander….hele bleddie post weg.

Ek’s finished. Ek gaat nie weer vandag daai post skryf nie. Bliksement.

Sal my leer. Begin en maak klaar. Persoon-wat-stupid-ongeluk-maak-en-haar-post-verloor.

Ciao

Stupid ek

6 Comments

Filed under 1