Ek antwoord ‘n paar vrae

Gister het ek ‘n comment gelos op SSSB. Granted, dit was ‘n comment made in a moment of emotional rage. Ek is daarop gewys deur ‘n blogger – een wat gewoonlik my skryfstyl verstaan, maar nie met my saamgestem het nie. Ek het gedink oor haar comment en toe besluit om vandag hierdie inskrywing te maak.  Dis ‘n lange, so as jy werk het om te doen, hou maar nou op met lees.

Ek het al voorheen op my blog sowel as op SSSB bietjie van my agtergrond vasgele, so ek gaan nie in die detail in gaan nie. Ek dink wat meeste mense vergeet is dat ek in TOTAAL en al verskillende omstandighede grootgemaak is as jou standaard afrikaans sprekende SAer. As ek se ek HET NIE APARTHEID GEKEN as ‘n kind nie, dan lieg ek nie. Ek’t nie geweet die regering en wit mense in die algemeen hou nie van swart mense nie. Ek’t nie verstaan dat swart mense in ‘swart skole’ is omdat hulle swart is nie – ek’t maar aangeneem hulle gaan skool erens anders want hulle bly in ander gebiede. Ek het van die pas-wet gehoor toe ek ouer as 18 was…ek’t uitgevind swart mense is gejag in plakkers kampe deur polisie en die weermag toe ek reeds skool verlaat het. Ek’t met ongelooflik emosie en onaanvaarding verneem dat kaspirs bo-oor shacks gery is en dat mense so vermoor is. En toe gaan swot ek by Wits. 

Ek’t grootgeword met swart mense om my, op my pa se plot, dwarsdeur my kinderlewe saam met my ouers deur ‘n liefdadigheids program naamlik Round Table, en daarna Rotary International. Ek is ook geleer dat swart mense in die algemeen minder bevoorreg is as ons wit mense en dat ons vir hulle moet omsien – my pa het dit so vir ons verduidelik, ek neem aan die hele apartheid ding was nie van pas om aan ons te verduidelik nie. Die punt wat ek wil maak, in kort, is dat ek nog altyd net die goeie dinge geleer is van swart mense. Geleer is dat hulle mense is soos ons. Dat hulle onderdruk was vir meeste van hulle lewe.

Maar, ek is nie blind vir hulle foute nie. Ek is nie blind vir enigiemand se foute nie – in fact, ek sal erken, ek sien menslike foute nogal vinnig raak…is daar ‘n woord soos fout-soekig? Maar die verskil is, ek is nie kleur-krities nie…goed, daar contradict ek myself! Ek sien wit foute vinniger raak as swart foute. Ek veralgemeen nie sommer nie – MAAR as dit kom by rasse-moord/aanranding, en die slagoffer is swart, is die kans dat die skuldige ‘n wit afrikaanse persoon is, bitter goed. Ek wil se opgevoed, maar ek se eerder geskoolde, wit previously-advantaged afrikaanse suid afrikaners. Ek het voorheen in my lewe, toe ek veel jonger was, nie erken aan Engels [en Afrikaanse] mense dat ek Afrikaans is nie – ek was skaam vir Afrikaners. Die stigma van rassisme was te veel vir my. Die klein-dorpie erfenis, die eg Boere nooiensvan, die Afrikaanse skole. Ek het gese ek is Engels. Toe ek in Johannesburg kom het ek ‘n  paar afrikaanse mede-studente en lecturers gehad. Ek het stadig maar seker die front laat val en besef nie alle Afrikaners is dieselfde nie. Tog, die toekoms in, was die meeste van my vriende en kollegas steeds Engels sprekend. Haha, toe trou ek met ‘n dutchie! En vandaar my effort met Afrikaners…

Ek het ‘n baie goeie, spesiale ‘swart’ vriendin. Uit respek vir privaatheid, kan ek nie haar naam noem nie. Wat ek in konteks moet se, is dat sy ‘n hoe profiel televisie persoonlikheid is. Ek spandeer baie funksies, kuiers en familie ‘do’s’ saam met haar. Granted, sy is nie die ‘run of the mill’ swart afrika persoon nie, maar die hoeveelheid wat ek al by haar geleer het, is dekades se kennis. Eerstehandse kennis wat ek nerens ooit sou raaklees nie. Ons het al funksies gedoen vir privaat, semi-privaat en regering beheerde maatskappye. Ons is albei deur dieselfde emosies met die funksies. Maar vir haar is ek ‘n vriendin en vir my is sy ‘n vriendin. Ons deel akkommodasie, kos, drank, trane, geluk, mamma-wees, you name it!

Gisteraand was dit haar 40e verjaarsdag partytjie. Ek verneem daar was omtrent 80 mense, waarvan ongeveer 14 van hulle wit was – die vrou het ‘n enorme familie!! En ek kan sonder om ‘n oog te knip se, dat dit een van die genotvolste parties was wat ek nog bygewoon het. En die verskil was: Ek het alleen gegaan, en ek was skaars 5 minute daar of 3 mense het na my toe gekom, hulself voorgestel en net gepraat en gepraat en gepraat. 2 van daai ‘swart’ mense, het met my NET in Afrikaans gepraat – en hulle was tussen die ouderdom van 30 en 35…ek was absoluut stomgeslaan! En soos ons almal saam in een saal gesit het, ons almal anders, van verskillende plekke, anders grootgemaak, verskillende tale, 1 swart en 1 wit, het ek so emosioneel geraak oor die toestand van ons land. Want wat ‘n fantastiese plek kan hierdie nie wees nie. En dit begin by die individu. By elkeen van ons wat dink ons is beter as die volgende swart mens wat in die straat loop. Dieselfde mense wat ons kinders grootmaak, wat altyd vriendelik is by vulstasies, wat dit ONGELOOFLIK waardeer as ons hulle in zulu groet…hoe kan mens neerkyk op ander???? Ongeag van hulle kleur…ek kan nie, ek kan nie.

Ek weet ook dat sekerlik 90% van geweld in hierdie land deur swart mense gepleeg word – hulle maak afterall 84% van Suid Afrika se bevolking uit en die meerderheid leef in armmoede, ongeleerd, siekte, geweld van hul eie. Ek verafsku wat in ons land gebeur in terme van totaal en al chaos tov geweld bekamping – en ek blameer die regering daarvoor, deur en deur. Maar die verskil is, ek blameer nie die swart regering nie, ek blameer die REGERING wat nie bevoeg is om hul werk te doen nie. Ek dink regstellende aksie is ‘n pot snot, dit werk nie, dit sal nooit werk nie. Maar ek kritiseer die aksie, nie die mense nie. Wat ek nie kan kleinkry nie, is die wete dat geskoolde, behuisde, volwasse, previously-advantaged wit afrikaner mans nog STEEDS op ‘n swart-rampage kan gaan, met die gedagte om onskuldige swart mense dood te maak. ‘n 8 Jarige seuntjie sterf in sy pa se arms en volgens hul reaksie, selfs na die dood, kon hul steeds nie ‘verstaan wat hulle verkeerd gedoen het nie’…DIT my vriende, is die tipe ding wat die ‘volksgebonde eerbied aan ons afrikaner volk’ vir my, in stukke laat spat. Dis dan dat ek weer bietjie terug kruip in die Afrikaner erkenning. Dat ek voel ek is nie trots om Afrikaans te wees nie. Want net as die stigma sy kloue effe begin losmaak, dan gebeur so iets, en dis weer daar, van voor af. As ek nie planne gehad het om vanaand te slaap nie, het ek deurnag hier geskryf. Woorde op papier doen wondere, maar in party gevalle is die aangesig tot aangesig verduideliking beter. Soos in hierdie geval.

Ek hoop wat ek hier bo gese het maak die prentjie duideliker. Ek respekteer mense se opinies, selfs op die geloofs debat. Maar my denke oor menswees, oor leef en laat leef, het GEEN grys areas nie. By all means, lug jou mening, ek kan dit vat – ek veg hiervoor al vir baie jare. Ek gaan nie met jou saamstem nie, maar voel vry.

Tot ons weer praat,

Def

16 Comments

Filed under Uncategorized

16 responses to “Ek antwoord ‘n paar vrae

  1. Sami

    Nounet kom kliek hier, Def, toe ek op SSSB was en gelees het wat jy vir Boendoe sê. Net ‘n vinnige antwoord aan jou. My kinders is self grootgemaak sonder kleur assosiasie, maar hulle kan nie help om te sien hoe vinnig ons land agteruit gaan nie. Ek stem met jou saam oor die leierskorps en dat mens NOOIT kan veralgemeen nie, maar ongelukkig is dit so dat wat op die media is (in hierdie einste land wat almal goedgesind behoort te wees) ons normale mense goed die duiwel in maak. Ek was amper uit my skool geskors oor ‘n liberale debat wat ek gelei het, maar die haat wat ek sien opbou teenoor ons, maak my bang. Ons kan wel uitreik en ‘n verskil maak, maar die nommers is teen ons.
    Lekker slaap
    Sami

  2. Def, ek verstaan, maar soos my nie-blanke buurman laas maand vir my gesê het toe ons weer die land se probleme probeer oplos het “moenie jou ‘issues’ aan my probeer verduidelik nie en ek sal my ‘issues’ ook nie aan jou probeer verduidelik nie, want ons gaan nie mekaar se ‘issues’ verstaan nie. Jy was nie daar om myne te waardeer nie en vice versa.” Ek weet nie wat is die oplossing nie, maar ek het agtergekom kritiek is nie een van hulle nie. Ek sê dit met alle respek, want ek voel jou frustrasie ook teenoor sekere mense op SSSB. Probeer maar net objektief wees en soveel empatie met die wit Afrikaner ook hê. Lekker aand.

  3. Boendoebasher

    Hi Deffie,

    Dankie vir die antwoord! Ek wil nie jou blog hijack nie, maar wil tog net ‘n paar woordjies se.

    (Ek het nou soveel keer geskryf en gedelete, my gedagtes vloei nie so mooi soos joune nie!)

    Jy se self jy heg nie waarde aan kleur nie – solank wit Afrikanermans net nie betrokke is nie. My bietjie psigiatrie wil vir my se dat jy erens ‘n Afrikanerkompleks het!

    En dis eintlik so eenvoudig. Hou op om alles in terme van kleur te sien. Ek dink ook as twee mans op ‘n rampage gaan en ‘n kind vermoor, dit verskriklik is. Regtig. Maar om altyd die Afrikaner se sonde uit te lig, is ook nie regverdig nie.

    Want dan moet jy ook uitpak ook ‘n swarte se rassisties gemotiveerde aanval op ‘n blanke. (Enige voorbeeld) Of die Afrikaners wat regtig ‘n verskil, ten goede, in die land maak, ook noem. Want genuine, Deffie, daar is baie, nie net jy nie. (En dis met baie respek en liefde gese)

    Jy het niks om oor skaam te wees nie. As jy ‘n Afrikaner is, kan jy daarop trots voel. Jy is deel van ‘n nasie soos enige ander nasie op aarde, vrot appels en al. Net in die hemel sal jy ‘n gemeenskap kry wat geen weak links het nie!

  4. marat

    Ek moet met jou saam stem en verskil. 90% van die misdaad in die land word deur swartes gepleeg want hulle is in die meerderheid en die meeste van hulle is baie armmoedig.

    Ek kan egter glad nie glo dat die moorde en verkragtings gebeur omdat hulle honger is nie . . . steel dan as jy moet sodat jy iets het om te verkoop. Maar as jy moor en verkrag (waarvan die meeste swart teenoor wit is), en jy is nog nooit direk benadeel deur ‘n blanke persoon nie, maak JY dit rassisties en verdien jy die doodstraf.

    Ek weet daar is baie kommin Afrikaners wat baie vieslik is teenoor anderskleuriges. Dis egter ONS taak om die jeug van vandag op te lei sodat die mishandelings aan beide kante agtergelaat kan word en ons verdraagsaamheid vir almal om ons kan kweek. Ons is die voorbeeld vir die kinders – monkey see, monkey do.

  5. Hi Rene,
    Ons twee het nou al by verskeie geleenthede vasgesit en saamgestem oor van die issues wat jy hier aanraak. Gun my die kans om ‘n klein deeltjie van die ander kant te skets.

    Jy gevoel oor wat ‘n fantastiese plek die kan wees is presies die rede hoekom landuit vlug nooit vir my ‘n opsie sal wees nie.

    Nie almal van ons was moordenaars wat met Casspirs oor mense se huise gejaag het nie. In fact dit was geisoleerde gevalle gepleeg deur ‘n groepie vrot appels. Moenie ‘n volk oordeel op sy slegste elemente nie.
    Wit Afrikanerseuns het net so min soos jy geweet van Apartheid af, maar ons is op 18 uit ons ouerhuise geruk, ‘n geweer in die hand gestop en staangemaak voor ‘n baie kwaai skare van 10 000 plus. Ons het nie geweet wat aangaan nie, hier was duisende mense wat jou vloek en wil doodmaak oor jou bruin uniform en vaal velletjie, en ons het nie verstaan hoekom nie.
    Ons was ook bang, maar jy is geleer om bevele te gehoorsaam. Ons het gedoen wat ons gesê is om te doen, maar nie noodwendig verstaan hoekom nie. Jou sal jy ook vertsaan hoekom so baie SA mans effe sielkundig opgefo….hehe jy het gedink ek gaan sê fok ne?…opgefoeter is. Jy moes dinge doen aan mense wat lynreg teen jou calvanistiese opvoeding indruis, vir redes wat jy nie verstaan het nie.

  6. mielie

    Dankie vir die comments. Sami, ek hoor wat jy se, en ek moet jou glo want my kinders is nog net 3 en 9 maande. Ek kan nie vir jou se dat hul lewens al beinvloed is deur wat hier aangaan nie. Soos ek gese het, ek is nie blind vir hulle foute nie, maar ek dink die punt wat ek wil maak is eenvoudig [dit het sopas by my opgekom, ek kon baie energie gespaar het!]: ek is in die minderheid van wit afrikaanse mense wat nie veralgemeen nie. Dis maklik om logika te gebruik en AAN TE NEEM dat, sou misdaad gepleeg word, die skuldige swart is, agv die nommers in die land. Maar daar is HORDES mense wat elke liewe swart persoon – behalwe dan natuurlik die ‘engele’ wat hulle vertrou om hul kinders groot te maak – oor dieselfde kam skeer. Wat swart mense kaffirs noem, wat die dood van ‘n swart kind nie so tragies ag soos die dood van ‘n blanke kind nie. En totdat dit nie verander nie, is daar nie ‘n toekoms vir ons in hierdie land nie.
    Marat jy praat van dat dit ons taak is om die jeug van vandag op te lei…daar is duisende wit suid afrikaanse ouers soos die van die Waterkloof 4. Daai seuns is nog nie eers 20 jaar oud nie, en hulle is geindoktroneer dat swart mense kaffirs is. My gevoel daaroor is dat, hul ouers veronderstel is om ‘gesiene’ mense te wees, ‘opgevoede’ geskoolde suksesvolle afrikaners wat steeds nie hul eie kinders kan opvoed met integriteit en morele waardes nie.
    Marat, ek stem volkome saam met jou, geweld in ENIGE situasie is onaanvaarbaar, be it swart, wit, bruin of indier. Ek sal nooit enige geweld of misdaad goedpraat nie, nooit sal ek se wie dit getref is het dit verdien nie. En hiermee verwys ek na ‘n mede-blogger op sssb naamlik van zyl wat my punt gestaaf het deur te se, van die 8 jarige seun wat deur die van der walt broers doodgeskiet is, quote “soos ek nou voel, gee vir daai broers ‘n medalje…” en quote.

  7. Boendoebasher

    Hi Def,

    Weet nie hoe jy dit reggekry het nie, maar ek stem weer saam met jou! (alhoewel ek tog nog voel jy’s bietjie rigid oor ons Afrikaners!)

    Oor die Waterkloof 4, dink dit het baie te doen met hulle “gesiene” ouers. Ek het self ‘n nefie wat die profile goed pas. Ryk, vername pappie en boetie dink hy is verhewe bo wet en orde. Want pappie krap altyd die kaiings uit die vuur. Ongelukkig het sulke “gesiene” belhamels gewoonlik ‘n groot houvas op hul pelle, wat nie noodwendig self soveel stront sou aanjaag nie.

    Ja, kinders moet geleer word om die regte besluite te neem, ens, ens. Maar ai, ek het probeer om die regte waardes in my kinders te prent, en tog sal my seun (17) eerder saam met sy maters aanjaag as om te doen wat reg is. (Nou nie steel of moor nie, mense!) Druk is groot om “in ” te wees, en nie almal is sterk genoeg om op te staan teen die ryk/gewilde/cool mater wat eintlik ‘n vrot appel is nie. Dus, ek het in ‘n mate simpatie met VAN die Waterkloof 4 ouers (let wel, party ouers was regte varke).

    Oor Van Zyl. Ja, hy maak my briesend. En dit is ontstellend dat daar wel 1000e mense is wat dink soos hy. Ek hoop maar daar is miljoene wat NIE soos hy dink nie.

    Lekker dag!

  8. mielie

    Thanks jaco, daar is dan wel goed wat ek nie letterlik kon sien oor die weermag en sapd nie. Ek erken dat my siening geisoleerd is omdat ek steeds nie al die kennis van die flip-side of the coin ken nie, dus die afleiding oor die weermag en sapd. Boendoe, ek lees ouers met ouer kinders se opinies en ek word bang – bang oor my eie kinders se toekoms en die groepsdruk wat lurk by die skole. Die dat ek nie sommer sal vinger wys as ek nie die hele storie agter die storie ken oor kinders in skole onder groepsdruk nie. My babies is nog baie klein, en ons elkeen doen net ons bes oor wat ons HOOP en BID is die regte manier van grootmaak.
    Def

  9. Kobus

    Hallo Rene

    Jou punte is baie waar. Jou stellings is goed verduidelik maar niemand gaan jou glo as jy se “jy het nie geweet nie”. Weet jy wat ? Ek glo jou want ons is onder dieselfde omstandighede groot gemaak. Ek is Trots om te se ek is Afrikaans! Ek het niks om oor skaam te voel nie. Ek word ook kwaad en dink nie daar is fout mee nie. Ek skel dan die persoon wat my kwaad maak of wat soos sy Gat redeneer. Ek kan nie omgee van waar, hy kom of wat sy velkleur is nie. Die issue wat ek het is, sou ek die persoon aanvat oor of swak diens of `n fout wat hy per ongeluk maak dan word die Ras element genoem. Hier vind ek baie eensydigheid.

    Groete

    Kobus

  10. Cisca

    Hi julle

    Ek stem saam met die comment dat dit die manier is waarop jy grootgemaak is, dit was net ek en my ma en ek het geleer dat jy almal met ewe veel respek behandel. Swart, wit, gekleurd, woud of jonk. Ek het net soos wat ek verder verstand gekry het self besluit respek is nie iets wat jy verniet kry nie, jy moet dit verdien. Te veel al met ouer persone te doen gekry wat reken dat jy as jonger persoon MOET respek hê vir hulle, ongeag gedrag. Jammer, dit werk nie vir my so nie.

    Ek leer ook my meisiekind dat sy moet respek hê vir ander, ongeag kleur. MAAR, ek leer haar ook dat dit vir my totaal aanvaarbaar is om maatjies van kleur of ander kulture te hê, maar wanneer dit kom by lewensmaat is dit beter om by jou eie kultuurgroep te hou. En nou praat ek nie van rassisme nie, ek praat van dat dit moeilik genoeg is om ‘n verhouding te laat werk sonder die aparte stres van ‘n ander kultuur.

  11. Sami

    Deffie
    Ek het ‘n groot man vir ‘n seunskind, pragtige Afrikanerseun wat amper 25 jaar oud is, hy hou dit uit in annerland vir ‘n paspoort (net ingeval) sy hart is hier maar sy logika hou hom daar. Hy is nooit deel gewees van die vorige regering se maatstawwe nie, maar kon slegs ‘n werk na ‘n B.Com in 3 rigtings in ‘n call centre kry teen R4000pm.
    My laaitie is 14 en hy is in Michaelhouse (duur skool en heeltemal engels) hy’s die engelkind in die familie, die een wat nooit ooit na kleur verwys het nie. Sy beste pêl is Kopano, saam wil die twee ‘n boek skryf oor die Anglo-boere oorlog. Weet jy hoekom, want hulle neem die eertydse Britte kwalik vir ons skeiding in SA. Daardie tyd toe 27 000 van ons kinders en vrouens en 20 000 swartes in konsentrasie kampe omgekom het aan die geldgierige Britte se hande. Aparte konsentrasie kampe. Chris wil die storie uit ‘n kind se oogpunt vertel.
    Hoekom gee ek bg inligting in ‘n openbare forum?
    Hy en Kopano voel saam met van die ander seuns daar dat daar nie ‘n toekoms in die land vir beide kante is nie, nie slegs oor rasse aangeleenthede wat in ons almal se kele afgedruk word nie, maar oor MISDAAD en die onvermoë van die regering om dit uit te sorteer.
    Elke gesin bekyk dinge anders en moenie dat bg jou swaai na ‘n anderste denkwyse wat in jou hart is nie. Onthou net, ons almal reageer oor ons ondervindinge van wat in ons verledes plaasgevind het. Soos elke mens sy eie duimdruk het, so sal ons langs die pad hand kan vat oor die oorvleuende belange in ons lewens.
    Ek voel vir jou en wens jou en jou gesin wysheid toe.
    Liefdegroete
    Sami

  12. mielie

    Thanks Sami, baie mooi storie. Dit laat ‘n mens dink ne?
    Def
    PS ek weet nou nie of ek die laaste sin as ‘n goeie wens of ‘n belediging moet vat nie 😉

  13. Sami

    Nee Deffie
    Nie my styl om mense te beledig nie, ek bedoel dit werklik…wysheid is iets wat werk vat en kom nie sommer maklik nie. Met dit hoop ek julle sal die regte besluite oor jul toekoms neem.
    Mooi bly

  14. mielie

    dankie sami 🙂

  15. Hi…nice post def. En ja, party van die sssb bloggers is wat ek sal noem typies Huisgenoot Personalities. Before I get shot down, let me quantify that statement. I have been online since day one. Years of reading and making/partaking in forums and online chat systems.

    The big failing of all of these systems is you cannot hear the persons “Tone of Voice” when he/she has written a comment. If you are a typical Soap personality, then the slightest hint of criticism you receive from someone else like on sssb will be taken up as a direct insult, so be prepared for WWIII…and bend over 🙂
    Nice blog btw

  16. Deffie – the “tribe” has spoken…! 😉

Leave a reply to mielie Cancel reply